Printer Friendly

Weer eens liefde vit Daniel Hugo.

Van der Merwe, Daan. 2005. Saad uit die septer. Pretoria: Protea Boekhuis. 60 p. Prys: R150,00. ISBN: 1-86919-099-8.

Hierdie digbundel, oorspronklik in 1981 deur P.J. de Villiers uitgegee, beleef sy tweede druk--in 'n beperkte oplaag--deur Protea Boekhuis ter viering van Daniel Hugo se vyftigste verjaardag. 'n Duidelike invoeging in hierdie druk is die openingsgedig vir Carina--die vrou wat redelik onlangs in Hugo se lewe gekom het.

Die opdraggedig is ook heel gepas, aangesien die gedigte in die bundel suiwer om die liefde of oor seks gaan. Dit stel ook die aanslag van die werk bekend en gee 'n aanduiding van die trant van die gedigte:
 destyds het ons meisies skere genoem
 want hulle kon jou glo 'n knippie gee--hiermee
 skenk ek jou 'n sker, my naaister
 omdat jy so uitstekend naaldwerk doen


Interne organisasie bestaan uit 'n proloog, epiloog en vyf "boeke" waarvan vier elk vyf gedigte huisves en die ander (Boek Vier) nege. In die bundel kom erotiek of wellus onder die woord. Die indruk word geskep dat die liefdesdaad kort en kragtig is en vinnig tot uiting of vervulling kom in beskrywing. Verstegnies word die snelheid ondersteun deur die bou, hoofsaaklik tersines en kwatryne. Langer, meer besadigde besinning oor die liefde ontbreek in hierdie versameling.

Inhoudelik is daar 'n duidelike organisasie te bespeur. In die proloog word 'n apologie of verdediging aangebied vir 'n "normale", manlike man wat gedigte skryf oor die liefde wat hy met 'n vrou deel. Die pseudoniem, Daan van der Merwe, is 'n gewone of algemene naam vir 'n doodgewone man ("ene") wat sou kon liefde maak.

Boek Een skets die bewuswording van of aanloop tot fisiese liefde, Boek Twee die erotiek en opwinding, Boek Drie die vaste verbinding met 'n vrou, die "tuismaak", en Boek Vier weerspieel die rustigheid van 'n later tydperk in die (huweliks-)verhouding. Boek Vyf handel oor bevrugting en die Epiloog wys daarop dat die handelingsreeks kind sowel as gedig tot gevolg het.

Metatekstuele skakels word deur die digter self gele: verse is "vir Omar (Khayam) en Opperman" (p. 11) of Leipoldt (p. 23), of ander skrywersname word in titel of vers gebruik; die Glaukus-figuur word in vier van die Boeke as metafoor gebruik, terwyl Odysseus, Vondel en Koeblai Khan ook plek kry in hierdie kort gedigte. Bybelse gegewens (Adam, Noag, Daniel en die duiwel) kom ook voor. Die spreker maak in volkome vereenselwiging ook gebruik van die ruimte van Rembrandt en sy Saskia:
Rembrandt verbrand sy kwas

 nou is ek klaar met portrette skep
 onder inspirasie van Bois het ek
 die kwas laat glip--dit het gedrup
 en my Saskia 'n streep getrek


Dit is vanselfsprekend dat falliese metafore hierin 'n algemene gebruik sal wees. Enige skerp of puntige instrument dien hierdie doel, byvoorbeeld "penharpoen" (Glaukus duik, p. 10), "'n stokkie gesteek (in die sluitspier) / van die roosrooi anemoon" (Glaukus bieg, p. 16), Adam slyp sy mes (p. 19), septer (Koeblai Daan, p. 44) en teleskoop (Omar sink in 'n koma, p. 45).

Die "septer" van die titel hou egter nie net verband met die fallus en "saad" met die bevrugting wat lei tot die "sewe maande fetus" (p. 58) nie; dit hou ook verband met die skryfaksie waaruit die gedigte as skepping ontstaan. Verdere kommentaar is egter dat 'n septer die teken is van 'n koning se mag oor sy onderdane; dat hierdie gedigte 'n totaal chauvenistiese uitkyk verteenwoordig. In Koeblai Daan lui dit: "met my septer saans / regeer ek jou: / is jy onder-daan".

Die speelse, spulse verse gaan oor seks, wat 'n spesifieke soort leser in die vooruitsig sou stel. Die intertekste sou dit egter hoofsaaklik ontoeganklik maak vir 'n gewone (nie-letterkundige) leser. Uit die 60 bladsye is slegs 35 bedruk met, bykans deurgaans, gedigte van drie of vier reels, een (gereedskapskou, p. 47) wat volledig lui: "Koeblai Khan : septerkop / Dingaan : kierieknop / Daan : besemstok". Dis te betwyfel of hierdie bundel, veral onder 'n skuilnaam, teen hierdie prys maklik sal verkoop. 'n Mens moet dus aflei dat die herdruk gedoen is met die oog op die versamelaar van Africana of die gesoute Hugo-aanhangers. 'n Publikasie vir die ope mark is dit beslis nie.

Resensent: Salomi Louw

Skool vir Tale en Kommunikasie, Universiteit van Limpopo
COPYRIGHT 2005 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2005, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Saad uit die septer
Author:Louw, Salomi
Publication:Literator
Article Type:Book review
Date:Nov 1, 2005
Words:698
Previous Article:Die Afrikaanse poesie sedert die 1980's ondenkbaar sonder Hambidge.
Next Article:Wat word van die meisie wat altyd alleen bly? (1), of, tegnologie van liefde en vergange.
Topics:


Related Articles
Verse oor verganklikheid en dood.
Nog 'n omdigting van Bybelse onthougoed.
Gefnuikte verwagtings.
Die digter as kartograaf.
Woestynruimte en die onkenbaarheid van mens en werklikheid.
Ongekarteerde Afrikaanse literatuur word verken.
Die Afrikaanse poesie sedert die 1980's ondenkbaar sonder Hambidge.
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly? (1), of, tegnologie van liefde en vergange.
Komrij se poetiese reikwydte vertaal?
Met 'n ystergreep.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2019 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters