Printer Friendly

Unity-in-multiplicity as structural framework in the poetry of T.T. Cloete, with emphasis on volume construction/Eenheid-in-veelheid as struktuurstramien in die poesie van T.T. Cloete, met klem op bundelbou.

Close-knitted coherence or iconic 'co-communicativity' is an outstanding characteristic of 20th-century poetry, and the oeuvre of Afrikaans poet T.T. Cloete. This characteristic, which has also become a dominant literary reading convention, is not only manifested on the micro- and intermediate textual levels, but also on the macrotextual (on the level of poetry volume construction). In Afrikaans, compared to what has happened In a language like Dutch, relatively vibrant and profound theorising on poetry volume construction has occurred. Raidt's 1962 dissertation and Strydom's 1976 thesis serve as two of the landmarks in the Afrikaans literary field In this regard. T.T. Cloete, apparently, has played a mediating role in this theorising process. In this article, an overview was given of the manifestation of 'co-communicativity' on the micro-, intermediate and macro-textual levels of Cloete's own poetry oeuvre. It is viewed as a poetic iconisation of the way in which God makes himself known through the phenomenon of dynamic earthly and cosmic unity-in-diversity (as perceived by Cloete). The focus was on characteristic ways of poetry volume construction by Cloete. It is concluded that his poetry oeuvre primarily takes on a series construction character, and that it is provisionally to be divided into three groups of three volumes each--but which, seen as a three-deckered whole, also showed a certain cyclic nature because of the 'narrative' it thereby embodies.

Vervlegte samehang of ikoniese 'ko-kommunikatiwiteit' is 'n uitstaande kenmerk van die twintigste-eeuse poesie, ook die digktms van die Afrikaanse digter T.T. Cloete. Die kenmerk, wat ook 'n dominante literere leeskonvensie geword het, manifesteer nie slegs op mikro- en mesotekstuele vlakke nie, maar ook op die makrotekstuele (digbundel-) vlak. In Afrikaans is daar, gesien teen wat byvoorbeeld in Nederlands gebeur het, relatief lewendig en diepgaande geteoretiseer oor digbundelbou. Raidt se 1962-verhandeling en Strydom se 1976-proefskrif is twee bakens hiervan in die Afrikaanse literere veld. T.T. Cloete het in hierdie teoretisringsproses klaarblyklik 'n bemiddelende rol gespeel. In hierdie artikel word die neerslag van 'ko-kommtmikatiwiteit' op die mikro-, meso- en makrotekstuele vlakke van Cloete se eie digoeuvre oorsigtelik ondersoek. Dit word beskou as 'n digterlike verikonisering van die Godopenbarende, dinamiese samehang-in-verskeidenheidsfenomeen wat hy in kosmiese en aardse verskynsels waarneem. Klem val op die bundelboukenmerke in sy digoeuvre. Die gevolgtrekking word gemaak dat sy digoeuvre oorheersend 'n reeksaard aanneem en voorlopig in drie reekse van drie btmdels elk manifesteer--maar wat, gesien as 'n geheel-in-drie-dele, ten slotte iets siklies ver toon vanwee die 'verhaal' wat daardeur vergestalt word.

Ten aanvang: Die 'samewerkingsbeginsel' in die poesiebeskouings van T.T. Cloete

Sentraal aan die poesiebeskouings en -praktyk van T.T. Cloete staan wat al as die sa mewerkingsbeginsel (Viljoen 1984:85), of die kenmerk van vervlegte samehang of 'homomorfisme' (Viljoen 1984:85) in 'n poetiese ktmswerk beskryf is. Hy streef in sy werk onmiskenbaar daarna om die verskillende individuele vlakke van gelyksoortige tekens (byvoorbeeld klank, ritmiese verskynsels, sinsbou, tipografie, ensovoort) ikonies op mekaar te laat reflekteer (Odendaal 1991, 1997:61-67; Du Plooy 2008).

Alle elemente in 'n geslaagde gedig vertoon in ooreenstemming hiermee 'n samehangstruktuur. Alles is dus 'konfiguratief en kokommtmikatief' (Wybenga & Cloete 1992:181)--al gaan dit oto wesenlik onhaalbare 'ontdekkings van insinjes as sweempies van Goddelikheid' en die poesie 'as uitdrukking daarvan', soos in die geval van Cloete se digoeuvre (Robinson 2009:533). Cloete (1982a) skryf self iets met hierdie strekking in Hoe oto "n gedig te ontleed:
   Die 'oogmerk' van die literere werk is dan nie bloot om hierdie of
   daardie idee te verkondig of te kommunikeer nie maar om te toon
   in hoeveel kommunikasievorme dit integraal gekommunikeer
   word. Die idee, emosie of intensie van 'n literere werk het alleen
   waarde as idee, emosie of intensie as dit 'totaal' gemanifesteer
   is. (bl. 51)


Die eis van integrale kommtmikasie is nie uniek aan Cloete se poetikale beskouing nie. Viljoen (1984:93-97) en Heynders (2001:77) onder meer bestempel, letterlik of by implikasie, ook die koherensie-eis as die mees dominante leeskonvensie van die twintigste eeu.

Ook is die neerslag van hierdie 'eis' in Cloete se poesie--in sy geval, soos verderaan aangedui sal word, 'n poetiese vergestalting van die eenheid-in-veelheidsverskynsel wat syns insiens die skeppingsgegewe ten grondslag le--reeds deur talle navorsers en kritici belig. In hierdie artikel maak ek dankbaar van sulke navorsingsverslae en ander kritiese geskrifte (waaronder van my eie proefskrif 'Retoriese strategiee in die poesie van T.T. Cloete' [Odendaal 1997]) gebruik, behalwe ten aansien van sy mees onlangse bundel (Onversadig 2011) tydens die skrywe van hierdie artikel. Die steun op bestaande bevindings, kan 'n voelvlug-oorsig van strukturele patroonmatighede in groter verbande as enkelgedigte, of selfs enkelbundels, bied.

Die ondersoek na die patrone van bundelstrukturering blyk 'n baie belangrike fokuspunt in hierdie benadering tot Cloete se digwerk te wees. Ek bespreek derhalwe eers getuienis van Cloete se (betrokkenheid by) teoretiese insette oor bundelboubeginsels en lig daarna enkele relevante teoretiese uitgangspunte oor die skep van bundeleenheid in die algemeen uit.

Getuienis van die roi van T.T. Cloete in die teoretisering oor bundeleenheid in Afrikaans

Heynders (2001:78-80) voer aan dat twintigste-eeuse literatuurteoretici hulle kwalik met die begrip bundelbou besig gehou het en eerder uitsprake gemaak het oor die koherensie of eenheid van die afsonderlike gedig as die komposisie waarin die gedig opgeneem is (reeks, afdeling of bundelgeheel). Hoewel die neiging om gedigtegroepe te skryf, en om digbundels 'vollwichtigen Buchcharakter' [volwaardige boekaard] te gee, 'n kenmerk van moderne poesie geword het (Kayser 1967:169), het aandag vir die digbundel as verskynsel hoofsaaklik uitgegaan van sekere filoloe en teksedisie-redakteurs. Hulle het by nabetragting van 'n digterskap egter meer in die ontstaansgeskiedenis van spesifieke bundels belang gestel, of hulle met die genese van een bepaalde oeuvre besig gehou.

In die Afrikaanse literatuursisteem het daar egter wel belangrike teoretisering oor bundelbouprinsipes voorgekom. Ad Zuiderent, bekroonde Nederlandse digter en afgetrede letterkundehoogleraar aan die Vrije Universiteit in Amsterdam, getuig hieroor in 'n biografies-beskoulike artikel wat in 2000 in die Afrikaanse literere tydskrif Stilet verskyn het (Zuiderent 2000). Hy was toe al enkele jare as medewerker binne 'n sogenaamde Onderzoekschool Literatuurwetenschap in Nederland met navorsing oor die komposisie van digbundels besig. Afgesien van enkele gevallestudies uit uiteenlopende taalgebiede, was 'n tweetal Afrikaanse studies van 'n paar dekades voorheen volgens hom (Zuiderent 2000:35-36) rigtinggewend in die Onderzoekschool se teoretiese besinning oor die saak. Die eerste is 'n artikel deur Edith Raidt wat in 1965 onder die titel 'Die bundel as eenheid' opgeneem is in Dietse studies, 'n huldigingsbtmdel aan J. du P. Scholtz opgedra. Raidt se artikel behels 'n bondige weergawe van haar ongepubliseerde M.A.skripsie aan die Universiteit van Kaapstad in 1962 (wat nie deur Zuiderent in sy ar tikel vermeld word nie). Die tweede is Leon Strydom se gepubliseerde proefskrif Oor die eenheid van die digbundel. 'n Tipologie van gedigtegroepe (Strydom 1976), wat aan die Universiteit van Pretoria onder studieleierskap van A.P. Grove voltooi is, met D.J. Opperman en T.T. Cloete as eksterne eksaminatore.

Twee Afrikaanse bronne waarin oor gediggroeperingsprinsipes geteoretiseer word, naamlik Edna Deudney se M.A.-verhandeling 'Die siklus as kompositoriese probleem met besondere verwysing na twee siklusse van D.J. Opperman' wat in 1971 aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) in Johannesburg voltooi is en die inskrywing 'Siklus in die poesie' deur Lina Spies wat in 1992 in die Afrikaanse literatuurwetenskapnaslaanwerk Literere terme en teoriee, onder redakteurskap van T.T. Cloete gepubliseer is, word uie deur Zuiderent vermeld nie. Spies (1992:480) meen in haar vermelde bydrae dat die belangrikste besinning oor die siklus in Afrikaans tot op daardie stadium 'n artikel deur T.T. Cloete (1963) was, naamlik oor Van Wyk Louw se 'Vier gebede by jaargetye in die Boland' uit Die halwe kring.

Hoewel Cloete hom, sover vasgestel kon word, nie uitgebreid oor spesifiek bundelbou uitgelaat het nie, getuig sy betrokkenheid by enkele van die bogenoemde navorsingsverslae (as eksterne eksaminator van Strydom se proefskrif, as redakteur van die naslaanwerk waarin Spies se stuk oor digsiklusse gepubliseer is) implisiet van sy hoogskatting van gediggroep- of bundeleenheid as estetiese konvensie.

Daar bestaan ook eksplisiete getuienis in hierdie verband. In 'n uitspraak soos die volgende le Cloete (1994) klem op die deurmekaarheid van die 'lewe' wat hy in die of sy poesie gereflekteer wil sien. Terselfdertyd benadruk hy egter ook die eenheid-in-veelheidsbeginsel wat volgens hom daaragter verskuild is en wat volgens hom derhalwe ten grondslag van (sy eie) bundelsamestellings 'moet' le:
   Dit moet in die digkuns gaan soos in die gewone lewe: dit
   moet gaan om die deurmekaar lewe, en hierdie lewe is nie in
   kompartemente in te deel nie. 'n Bundel moet nie noodwendig
   'n bundel van net een 'tema' wees nie. 'n Bundel moet wel 'n
   eenheid wees, maar sodra ons van eenheid praat, veronderstel
   ons veelheid, en hierdie veelheid is alles en nog wat [...]. Die
   digter orden, maar hy moet desnietemin ook iets van die
   deurmekaarheid bly behou. (bl. 7)


In aansluiting hierby noem Cloete (2007b) in 'n internetonderhoud met Andries Visagie na aanleiding van die verskyning van sy voorlaaste btmdle tot op hede (Heilige nuuskierigheid 2007) dat hy 'graag [wil] he die mense moet die gedigte in die bundel in hulle gesprek met mekaar lees'. Daarmee bedoel hy dat sowel die samehange as die teenstrydighede wat die gedigte vertolk en vertoon, raakgesien moet word (Cloete 2007b). Uitsprake soos die oor sy eie btmdelboupraktyk wortel in sy bepaalde lewensen wereldbeskouing en toon volgens Viljoen (1995:43-59) verwantskappe met Edmund Husserl se fenomenologie, wat breedweg die beginsel van dinamiese eenheid-in-veelheid genoem kan word. Later bestempel Viljoen (2009:588) die beskoulike beginsel as 'n 'deologisering' van die simbolistiese werklikheidsbeskouing: 'God [word] in ailes sowel bewus [waargeneem] as spontaan ontdek'. Die eenheid-in-veelheidsbeginsel ten grondslag van Cloete se beskouings is gefundeer in sy wesenlik Christelike geloofsoortuigings --hoewel laasgenoemde nie van tradisionele aard is nie, en derhalwe ook ruimte vir die akkommodering van byvoorbeeld evolusieleer laat (kyk onder meer Bosman 1989:285-286; Odendaal 1997:207-208; Marais 2009:561 en Viljoen 2009:588).

In studies soos die deur Bosman (1989), Odendaal (1997) en Marais (2009) word aangevoer dat Cloete se bepaalde geloofsoortuigings hom noop om in die verweefde verskeidenheid van die skeppingsdinge die vingermerke van God waar te neem. Met 'verwondering' (Marais 2009:547) en kennishonger gaan hy daarom as 't ware deur die komplekse, dikwels teenstrydige werklikheid--al is dit met die beperkthede van ons menslike vermoens--op soek na die Godsopenbaringe. Die beheerste dinamiek wat sy versktms kenmerk, word 'n verstegniese illustrasie van die soektog. Dis 'n dinamiek wat hy onder meer bewerkstellig deur, op die mikrotekstuele vlak (vlak van byvoorbeeld fonologiese, morfologiese, sintaktiese, prosodiese, verstegniese en tipografiese verskynsels--kyk Odendaal 1997:90), tipies van langer, veelvuldig uitgebreide sinskonstruksies gebruik te maak, waarin die opnoemingstegniek, die stuwende klankherhalings en ook 'n stylmiddel soos die anafoor (Robinson 2009:520-521) prominent is en die sinsmomentum sterk oor die versreeleindes heenstroom (Odendaal 1997:267-286). Die volgehoue maar gevarieerde patrone van die eindrym is weer 'n 'dissiplinerende', betomende tegniek (Gr/ibe 1984a:36-37; Odendaal 1997:255-260).

Uit wat ek hierna sal aantoon, blyk duidelik dat die motief van dinamiese eenheid-in-veelheid nie net op die genoemde mikrotekstuele vlakke van Cloete se digkuns neerslag gevind het nie, maar ook op die vlakke van gedigreeks- en bundelafdelingvorming (mesotekstueel) en bundel- en oeuvrebou (makrotekstueel--kyk Odendaal 1997:5, 90). Cloete (1994) se uitspraak oor bundelbou, wat vroeer aangehaal is, maak dit dus duidelik dat ordening en vorrngewing op hierdie vlakke vir Cloete 'n ooreenkoms met die waargenome werklikheid moet vertoon en metaforiesikonies daarvan moet wees. Kritici gettfig dat die samehange in sy digoeuvre die opvatting weerspieel. Vergelyk Venter (1991):

Elke gedig van Cloete is [...] deel van 'n geheel: van 'n aangroeiende oeuvre wat volgehou besig is met 'n indringende kyk na en "verbeel aan" die geskakeerde skepping. In [sy bundels --BJO] 'rinneweer', 'rekonstrueer' en 'genereer" die spreker/ digter se 'gekweste oog' (verbaal volgens 'landskap" in Allotroop [...]) die waargenome werklikheid. (bl. 74)

Rena Pretorius (1994) vat in hierdie verband as volg saam:

Die totaalindruk van [Cloete se] poetiese produksie is die van 'n sluitende oeuvre [...] ('n) besondere 'poetic unity'[.] (bl. 110)

Die poetiese vergestalting van eenheid-in-veelheid: Basiese retoriese vorme wat Cloete benut

Een van die mees basiese retoriese vorme in die algemeen is volgens Hauser (1986) die van assosiatiewe bondeling [associational clusters], waar terme en idees mekaar as't ware saamtrek (samehangend met assosiatiewe argumentasiepatrone):

They modify one another, delimit the view of the world advanced by the speech or the text, articulate values, and establish intellectual, emotional, and value relationships as a basis for identification. [Huile wysig mekaar, ontgrens die wereldbeskouing wat deur die rede of die teks voorgehou word, en vestig intellektuele, emosionele en waardeverhoudings as "n grondslag vir identifikasie.] (bl. 169, [outeur se eie vertaling])

Dit is die tipiese wyse waarop retors huile gedagtes, gevoelens en die tekstuur van hul appelle ontwikkel:

By looking at messages in search of these clusters, we can gain insight into how a message orchestrates various elements of thought and expression to shape responses. Associational clusters will tell us what goes with what in the speaker's or writer's mind.) [Deur boodskappe te fynkam vir sulke bondelings, kry ons insig in hoe 'n boodskap verskeie gedagte- en uitdrukkingselemente orkestreer oto response te vorm. Assosiatiewe bondelings sal verklap wat by wat hoort in die spreker of skrywer se gedagtegang.] (Hauser 1986:170, kursivering oorspronlik, [outeur se eie vertaling])

In digwerk vind die argumentasiepatroon volgens Strydom (1976:23) liefs neerslag in reeksmatige gediggroeperings, met hul assosiatiewe of dissosiatiewe struktuur [...] Die reeks kan begin deur die premis of konstante aan te kondig waarop vervolgens gevarieer gaan word. Wat volg, is 'n voortgesette metamorfose, is ten slotte 'n samehangende konstruksie van liriese improvisasies waarin die verskiilende dele elkaar oproep en bepaal.

Cloete se gebrnik van veral die ennmerasietegniek of herhalingsvorm in sy digoeuvre, as patroon om lesersverwagtinge te wek (Odendaal 1997:302), kan in samehang met die 'oproepende' effek van assosiatiewe bondeling as retoriese vorm gesien word. Die enumeratiewe is 'n argumentasiepatroon waarby 'n bepaalde beginsel gehandhaaf word deur dit op verskillende wyses aan te bied. Dit gebeur byvoorbeeld wanneer 'n beginsel gestel word en dit dan deur middel van ('n) voorbeeld(e) bevestig word. Detrr beginsel en voorbeeld te laat ooreenstem, word die ontvanger gelei om te verwag dat die uitgespelde of gesuggereerde beginsels of waardes in die res van die teks gehandhaaf sal bly (Burke 1953:124-128).

Bosman (1989:232-233) beweer dat 'juis herhaling [...] skering en inslag' van Cloete se digterskap vorm. Daardeur eggo sy 'n stelling wat Strydom (1976:20) oor digkuns in die algemeen gemaak het. In woorde soortgelyk aan wat Brink (1980:120) aangaande die mistieke poesie van Sheila Cussons gebruik het, skryf Bosman (1989:233) voorts: 'Dit gaan immers daarom om soos Gezelle se rinkelende winkelende waterding oor en oor die onsegbare naam van God te skryf[.]'

Enkele voorbeelde van retoriese vorme op die mesotekstuele vlak in Cloete se digkuns

Cloete bou verskeie vorme van herhaling en assosiatiewe bondeling op die mesotekstuele vlak (die vlak van gedigreekse en bundelafdelings) in sy oeuvre in (Odendaal 1997:302-304). Ter illustrasie word hier net enkele voorbeelde genoem.

Grabe (1984a:39-40) toon aan hoedat Cloete gedigte in Jukstaposisie laat aaneenskakel deur middel van eindryme. So word die rymwoord 'kraak' tussen die gedigte 'Huis oordag' en 'Huis snags' en die rymwoord 'bloei' tussen 'Gesprek met Rhea' en 'Toe-eiening' gekontinueer. Uit Driepas val die volgehoue gebruik van die tersinevorm met sy vooruitgrypende rympatroon, na die voorbeeld van Dante, in die afdeling 'Trigloop' op (Cloete 1993a:18); asook die strofiese struktuur na die voorbeeld van Maerlant (Cloete 1993a:18) in die afdeling 'Nou en dan', en die navolging van die strenge strofebou- en rympatroon van Adriaan Roland Holst se Een winter aan zee (Cloete 1993a:18) in die afdeling 'Stokkiesdraai'. Trouens: die wyse waarop Cloete byna dwarsdeur sy oeuvre met eindryme in wisselende patrone volhou, is by uitstek 'n demonstrasie van die eenheid-in-veelheidsbeginsel in die vormgewing van sy poesie, en wat dan ikonies verband hou met die waargenome dinamiese deel-geheel-verhouding tussen die skeppingsdinge (Odendaal 1997:303).

Verbande tussen gedigte word in Cloete se oeuvre soms ook deur sintaktiese ekwivalensies gele. Beukes (1989:128-131) wys byvoorbeeld op die opvallende ooreenkomste in sintaktiese opbou tussen die gedigte 'I fisika' en 'III voorsienigheid' in Allotroop (ble. 109; 111). Sintaktiese ooreenkomste binne variasies is voorts opvaUend in die reekse 'rubrikator. I modifikasies' en 'miniature. I modifikasies' --eweneens uit Allotroop (ble. 21;23-26, onderskeidelik). In hierdie verband kan ook gewys word op hoe kleiner en groter groepe gedigte in Cloete se oeuvre soms dieselfde (soort) aanvangswoorde het:

* In die afdeling 'God is digter' uit Driepas begin 'n aantal gedigte met 'Daar is ...'

* In die eerste drie afdelings van Idiolek is daar 'n klompie gedigte waarvan die aanvangswoorde eiename is.

* In die eerste afdeling van Met die aarde praat is die gebruik van superlatiewe in die openingsreel opvallend in 'n paar gedigte.

* Die briefaanhef kenmerk gedigte soos 'Leipoldt 100' (Jukstaposisie 19), 'Hommage a CM vd Heever' (Jukstaposisie 21) en 'Allofrasie' (Allotroop ble. 81-83).

* 'n Groot getal gedigte in Cloete se oeuvre is in die gebedstrant geskryf, dit wil se met aanspreking van die Opperwese.

Cloete se geneigdheid oto gedigreekse te skep, versterk sulke vorme van herha]ing en assosiatiewe bondeling. Reeksvorming is 'n voorliefde by hom as digter wat Pretorius (1981:80) reeds in sy debuutbtmdel raakgesien het, en wat hy in min of rneer toenemende mate openbaar, met 'n hoogteptmt wat in Driepas bereik word. Dikwels is die gedigreekse genommer sodat hulle maklik uitkenbaar is. Die gedigte in sulke genonmlerde reekse volg ook meestal op mekaar, maar hulle kan ook verspreid in bundels voorkom. Ander kere is die reekse nie genommer nie, wat die nitkenning moeiliker maak. Soms volg sulke gedigte ook op mekaar in 'n bundel, soins nie. Meer nog: daar is by Cloete 'n sterk neiging om gedigte oor bepaalde onderwerpe of temas oor bundelgrense heen op te neem: gedigte oor fatma en flora; gedigte oor (sy verhouding met) sy huweliksmaat, Anna--waarvan in 2010 'n aparte bloemlesing, naamlik Uit die wit lig van my land gesny, saamgestel is; 'Job-gedigte' (Buscop 2002:19); gedigte oor Marilyn Monroe (kyk byvoorbeeld Hambidge 2007); gedigte oor (die seggingskrag en status van) Afrikaans; gedigte oor die droer, noordwestelike dele van ons land; ensovoorts.

Aan die ander kant, as heenwysing na die elemente van verskeidenheid en uiteenlopendheid in die waargenome kosmos, staan die neiging om gedigte of gediggroepe kontrasterend met mekaar te jukstaponeer (Odendaal 1997:304).

Bundelbou in die oeuvre van Cloete

Strydom (1976:13) tref nuttige onderskeide en oorvleuelings tussen wat hy twee 'ideaaltipes' ('teoretiese of ideele konstruksies') van gedigtegroep- en, by uitbreiding, btmdelopbouwyses of -prinsipes noem (kursivering van die aangehaalde frases deur hom):

* Die siklus, met die neiging tot die 'ontwikkeling van "n tema" in "kontinue tyd en ruimte' sodat die gedigte in 'volgorde onverzoisselbaar" is.

* Die reeks of serie--die "herhaling van 'n tema" in 'diskontinue tyd en ruimte" sodat die gedigte onderling in 'volgorde verwisselbaar' is.

Daar skuil dus iets inherent verhaalmatigs in die siklus as struktuurbeginsel (Strydom 1976:15), terwyl herhalingmet-variasie ten grondslag van die serie-struktuur le (Strydom 1976:21). In werklikheid vertoon gedigtegroepe en digbundels 'n 'samegestelde of komplekse struktuur' iewers tussen hierdie (dialekties teenoorstaande) ideaaltipies (Strydom 1976:25)--hoewel serie-struktuur kennelik na die meer geskikte een ter vergestalting van die sentrale tematiek in Cloete se poesie-oeuvre lyk. Ek haal Strydom (1976) se beskrywing van die funksionaliteit van die serie-struktuur aan ter motivering van hierdie afleiding:

Enersyds [is] die SERIE uitermate geskik vir die uitbeelding van die onderskeid in die ooreenkoms, van die heterogeniteit, diskrepansie en absurditeit van lewenservarings. Andersyds kan die SERIE-struktuur juis weer benut word om die eenheid in die veelheid, die ooreenkoms in die verskil, die versoening van (oenskynlike) teenstrydighede te vergestalt. [...] Daarbenewens het die herhaling dikwels 'n oorredende effek. Dit vergroot die waarskynlikheid van wat beweer word. Dit bevestig die leser se eerste ervaring en verkry sodoende 'n groter geldigheid. (ble. 21-22)

Die blik wat ek in die oorblywende deel van hierdie artikel op die (ontwikkelende) struktureringspatrone op die makrotekstuele vlak (bundel- en oeuvrebou) van Cloete se huidige oeuvre van nege oorspronklike digbundels wil bied --die bloemlesings Die baie ryk ure (2001) en Uit die wit lig van my land gesny (2010) buite rekening gelaat--vereis dat 'n benadering wat bondige samevatting moontlik maak, gevolg word.

Soos elke gedig, het elke (eenheids-) bundel--met 'n 'unity of esthetic purpose' [eenheid van die estetiese doel] (Jakobsonaangehaal deur Raidt 1965:111)--sy eie 'eenheidskonstituerende faktore' (Raidt 1965:112). Die 'kristallisasiesentrum' of 'immanente idee' (Strydom 1976:45) --in semiotiese terme: die 'hiperteken' (vergelyk Viljoen 1984) --van 'n literere werk trek al sy konstituerende elemente en strata in hom as struktuurprinsipe saam. Die kategoriee tema en tydruimte het in die tipering van die ooreenkomste en verskille op die kontinuum REEKS--SIKLUS uitgestaan; dit is daarom (soos ook Strydom 1976:45, in hierdie verband konkludeer) dat van 'n parafraserende beskrywingsmetode, gebaseer op bevindinge in meer omvattende besprekings van die bundels deur my en ander kritici, gebruik gemaak kan word om die 'immanente idee' van die Cloete-bundels wat eksemplaries onder bespreking kom, vas te stel.

Die bundeltitel is meestal 'n primere aanduider van sodanige bundel-idee (Strydom 1967:47; Zuiderent 2001:13). Ander belangrike komposisieaandniders is inhoudsopgawes (as weerspieeling van die volgorde en groepering van gedigte in afdelings en dergelike), asook paratekstuele merkers soos motto's, flaptekste en moontlike voor- en nawoorde (Zuiderent 2001:13).

In die lig van bogenoemde wil ek dan aantoon hoe Cloete in sy bundels hoofsaaklik die funksies van die reeksgroeperingstruktuur wat hierbo aan die hand van Strydom se verdnideliking geidentifiseer is, benut. Die samehange en opbou van al nege die bundels wat tot en met Onversadig (2011) verskyn het, kan nie binne die bestek van 'n enkele arfikel gedek word nie.

Die reeds vermelde, besonderse eenheidsindruk wat Cloete se oeuvre maak, spesifiek ook in die wyse waarop tematiese aspekte vormlike en stilisfiese beslag daarin kry, maak egter besprekings van die eksemplariese strukturering van 'n keuse uit die bundels moontlik. Soos verderaan in die artikel sal blyk, lyk dit of die bestaande digoeuvre van Cloete in drie siklusse van drie bundels elk ingedeel kan word. Vandaar dat die kollig eers op die volle eerste siklus van drie bundels sal val, dit wil se op die bundels waarin die kenmerke van Cloete se digterskap gevestig geraak het; terselfdertyd sal iets van die patroon van siklusvorming deur hom belig word. Daarna sal een bundel elk uit die twee daaropvolgende siklusse aan die beurt kom, naamlik as verteenwoordigend van die tematiek en ander kenmerke van daardie siklusse.

Angelliera (1980)

Smuts (1993:120-124) gee die omvattendste uiteensetting van die betekenismoontlikhede van die titel van Cloete se debuutbundel, Angelliera, en integreer in die proses ander kritici se interpretasies van die bundel by haar eie. Die wyse waarop in die enkelwoordtitel 'n hele aantal woord-(dele) saamgevat is (angelier + angel + lier [plukinstrument] + lira [strykinstrument]), en waarop sodoende 'n groot betekenisveld kernagtig betrek word (romantiese liefde + erotiek + estetisisme + pyn + satire + kuns + hersirkulering (lier/lira [right arrow] intertekstualiteitsverskynsel), is reeds 'n opvallende verikonisering van die eenheid-inverskeidenheidsverskynsel. Soos Bosman (1989:241-242) en Jansen van Rensburg (1990:44) ondermeer egter aandni, is die feit dat die gedigte in die bundel nie in afsonderlike afdelings ingedeel is nie, in ooreenstemming met die oorheersende idee dat 'n mens jou 'stuk-stuk verbeel / aan die geheel' (Angelliera, bl. 46)--dat die verskeidenheid en disparaatheid van die waargenome dinge en gebeure tog in 'n grootse samehangende verband met mekaar staan; dat hulle dus openbarend ftmksioneer van die Skepper en Bestierder daarvan.

Jukstaposisie (1982)

Jukstaposisie is nie 'n neologisfies saamgestelde woord soos die debuuttitel nie, maar eweneens semanties meerduidig (naasmekaarstelling + teenoormekaarstelling + ooreenplasing of ooreenskuiwing + ineenskuiwing tot simbiose). Voorts is dit aanduidend van 'n tegniek wat Cloete aanwend ter verikonisering, of stflistiese en verstegniese vergestalting, van die waargenome verskynsels in die skepping. Anders as Angelliera is Jukstaposisie in agt afdelings ingedeel. Cloete self (luidens Van Wyk 1983:18) het die indelings soos volg verduidelik:

* Afdeling 1: Oor die kunstenaar as skepper/ herskepper.

* Afdeling 2: Oor vernietiging in die skepping, maar tog ook behoud.

* Afdeling 3: Oor die wondere van God en die mens saam.

* Afdeling 4: Oor die liggaam.

* Afdeling 5: Oor die liefde in sy verskillende vorme.

* Afdeling 6: Oor die dood, soins met respek behandel en soms nie.

* Afdeling 7: Oor natuurwondere waarby die mens betrokke is.

* Afdeling 8: Oor die heerlikheid van God se skepping.

Grabe (1984b:94-95) beskryf hoe die verskeidenheid en die samehang in die skepping in die jukstas in die bundel beslag kry. Eerstens word hele afdelings teenoor mekaar geplaas (byvoorbeeld afdeling 1 teenoor 8; of afdeling 1 en 8 teenoor 2; of afdeling 5 teenoor afdeling 6). Tweedens word gedigte binne afdelings teenoor mekaar geplaas, byvoorbeeld 'Huis oordag' en 'Huis snags', of 'landwandeling' en 'Strandwandeling' en 'Hemelse wandeling'). Derdens word aspekte binne indiwiduele gedigte gejukstaponeer.

Die gevolg is eerstens 'n na en naas mekaar plaas van enersyds die mooie en aangename (lewensgenieting, kleurrykheid in die skepping, vreugdevolle voortplanting, kreatiwiteit) en andersyds die lelike en onaangename (siekte en pyn, banaliteite, doodsvrees, onsensitiwiteit). Dit is egter nie net 'n na en naas mekaar plaas van teenpole nie, maar terselfdertyd ook 'n illustrasie van die onvermydelike ineenstrengeling en noodwendige interafhanklikheid tussen oenskynlik wyd uiteenlopende, maar dan tog op mekaar aangewese sake (Grabe 1984b:95).

Die verdeling in 8 afdelings neem dus nie weg van die essensiele eenheid van die btmdel nie. Daarom dat Jansen van Rensburg (1990:45) kon meen dat die verskille tussen die afdelings eerder 'klemverskuiwings' verteenwoordig van die 'oorheersende faktor', naarnlik--soos sy dit verduidelik --'die teenstrydige jukstaposisie tussen menslike waan en die groter kosmiese magte, sy dit die natuttr, sy dit dood, sy dit God'. Ook ten opsigte van die struktuur van Jukstaposisie dus: dinamiese eenheid-in-veelheid.

Allotroop (1985)

Die titel van Allotroop, die derde bundel in die oeuvre, is eweneens ter karakterisering van sowel Cloete se waameming van skeppingsverskynsels as sy poetiese vormgewing (verikoniserend van die waargenome fenomene) gekies. Grondliggend daaraan is weer eenheid-inverskeidenheid: variasie terwyl die substansie, die essensiele geheel, dieselfde bly (Venter 1991:74)--die saambestaan van 'eenderse andershede', soos Brink (1985:17) dit stel.

Cloete bevestig met hierdie btmdel die soeke en vergestalting van verbande tussen uiteenlopendhede wat in die vorige bundels aangevoer is. Soos Grabe (1985:6) egter uitgewys het, gaan Cloete in Allotroop "n stap verder: uiteenlopende sake is nie slegs interafhanklik of komplementerend nie, maar is inderdaad herleibaar tot dieselfde grondvorm'.

Die 'bundel van pyn', soos die digter dit self bestempel het (Cloete 1993b:7), is in die negentien-tagtigerjare geskryf toe die digter lewensgevaarlik siek was. So 'n ontstaansagtergrond sou maklik 'n verhaalkarakter--van gesondheid, siekte en herstel--kon aanneem; 'n sikliese bou dus. Maar ook hierdie keer kies Cloete vir die reeks as oorwegende struktuurprinsipe. Lyding, aftakeling en verganklikheid is prominente motiewe, maar paradoksaal ook motiewe soos lewenslus en -vreugde, liefde, genade, skoonheid, dankbaarheid en kreatiwiteit. Die ervaring van die 'negatiewe' intensiveer die ervaring van die 'positiewe', stimuleer dit selfs. Die 'eendersheid" van die 'andershede', die 'grondvorm' waartoe die uiteenlopendhede herleibaar is, is die Goddelike fanerosis, dit wil se die wyse waarop God hom selfs in teenstrydige verskynsels aan die mens openbaar en hom met die mens bemoei.

Die gedigte in Allotroop is in die volgende (ongenommerde) afdelings ingedeel (Tabel 1), met die tematiese inhoude soos deur my geparafraseer (Odendaal 1997:307-308).

Pretorius (1994:113) beskryf Allotroop as Cloete se bundel 'met die grootste onderlinge samehang tussen die gedigte' maar die samehang oor bundelgrense heen is ewe duidelik.

Driepas (1989)

Driepas is die vyfde bundel in Cloete se digoeuvre, derhalwe die middelste (terselfdertyd die omvangrykste) in wat ek verderaan as die middelste van sy poesiesiklusse identifiseer. Blykens minstens drie uitlatings deur Cloete self (Kruger 1990:11; Van Jaarsveld 1993:17; Cloete 1997) wou hy met Driepas 'n woordkatedraal bou, naamlik oto sy 'skopus' te gee wat '[v]an die onderaardse af tot in die sterre' strek. Die strukturering van die bundel is dus gemik op 'n verikonisering van die Gotiese katedraal-argitektuur, spesifiek die van Chartres (Van Jaarsveld 1993:21). Dis 'n poging om "n Goddelike woning' op te rig (Van Jaarsveld & Gouws 1995:167), "n intensionele geloofsdaad om God ruimtelik te probeer "betrap"' (Van Jaarsveld 1993:17--haar kursivering). Meer nog: 'Dit is ook beeld van God, 'n natreksel, 'n vergelyking waarin God 'gesien' kan word.' (Van Jaarsveld 1993:19--weer haar kursivering.)

Die bundeltitel hou verband met die titel van die gedigreeks 'Trigloop' (Driepas, ble. 159-175), wat drielob beteken--'n verwysing na die klawerembleem in blou binne 'n rooi sirkel wat op die bundel se buiteblad verskyn. Die klawer, met sy versnyding van drie sirkels, is tekenend en simbolies van talle aspekte wat in die btmdel teruggevind kan word:

* die nie-heilige aardse, die heilige aardse en die geopenbaarde goddelike (luidens die uitgewer se persvrystellingsbrief)

* die onlosmaakbare verbintenis van God, mens en aarde

* hel, vaevuur en hemel

* die goddelike Drie-Eenheid

* vrugbaarheid, hernuwing (lente), ywer en geluk

** ook dit waarvan in die bundelmotto sprake is: 'a humble love of earthly and divine things' ['n nederige liefde vir aardse en goddelike dinge] (kyk onder meer Van Zyl 1990:5; Gouws 1990:44).

** dit is voorts 'n geometriese motief wat dikwels voorkom in die Gotiese argitektuur.

'Driepas' betrek ook die belangrike musiekmotief in die bundel--wat weer verband hou met argitektuur, aangesien die Middeleeuse begrip van orde gegrond was op Augustinus se opvatting dat daar 'n goddelike verband tussen musiek en argitektuur bestaan, aangesien albei op getalle gegrond is (Van Jaarsveld & Gouws 1995:168).

Van Jaarsveld (1993) wys voorts in besonderhede uit dat die struktuur van Driepas 'punktuele ooreenkomste' toon met die van die Gotiese Chartres-katedraal. Sy het die verbande tussen die bundel en die katedraal nagevors aan die hand van die digter se tematiese rangskikking en enumerasie-tegniek.

Soms kom daar meer definitiewe aanduidings in die gedigte self na vore, soos byvoorbeeld na die 'rooswolk' (roosvenster), die 'dun tonneltjies van vergissing' (doolhof) en die 'koepel' (gewelf of dak). Daarvolgens is die lokaliteit van die 'pelgrim' (op sy verkenningstog deur die katedraal--artikelouteur) bepaal (Van Jaarsveld 1993:221).

Selfs net so gesien--sonder om byvoorbeeld ook die 'kokommunikatiewe' waardes van die stilistiese, verstegniese, tipografiese en vormlike lae van die gedigte in die bundel te verreken--verteenwoordig Driepas 'n besonder ambisieuse digprestasie. Dit is 'n poetiese konstruksie wat op 'n selfs groter skaal as die vorige bundels die stramien van die dinamiese samehang van disparaathede tot onderbou het, 'n eenheid wat spruit uit die oortuiging dat alles deur God geskape is en daarom sy handewerk verklap.

Onversadig (2011)

Soos genoem, bereik Cloete se voorliefde om in gedigreekse te werk, 'n hoogtepunt in Driepas. Tot in sy mees onlangse bundel, Onversadig, bly die neiging egter opvallend. Ses van die dertien afdelings in Onversadig word oorheers deur (genommerde of ongenommerde) reekse.

Selfs op 87-jarige leeftyd bly hy 'onversadig' van die kennisname en belewing van die Godopenbarende skepping. Daardeur het die gelowige mens een groot vuur in [zijin] ziel ['n groot vuur in sy siel], al komt er [niemand] zich aan warmen [al is daar niemand om warm te maak] en al gaan die verbygangers ongeerg huns weegs [hul gang] (luidens Vincent van Gogh in die bundelmotto).

Die twee openingsgedigte van die bundel stel laasgenoemde, kontrasterende lewensingesteldhede teenoor mekaar. In 'helen keller' (ble. 11-13) word iemand geteken wat, ten spyte van ernstige sintuiglike beperkings, gretig--soos "n eerste mens'--die werklikheid verken en sodoende 'erfgenaam' word 'van daardie Naam / wat alle werelde gemaak het'. Daarteenoor, in 'helen martins' (ble. 14-16), staan 'n inkennige belyer wat 'mure om my huis bou / teen wat my uit myself wil sweep'. Maar ook sy word ten slotte oorrompel deur 'n 'Dit' wat nie die afsluiting wil gedoog nie:

[...] een wat toe wil maak in glas, beton, in draad en yster, word opgespoor en oopgebreek en met 'n tong van meer as een kant af gestroop[.] ('helen martins', afdeling 1, ble. 14-16)

Bondig saamgevat, gaan die 13 afdelings in hierdie bundel oor die volgende, soos aangedui in Tabel 2.

Afdeling 1, afdeling 6, afdeling 7 en afdeling 9 van die bundel is, met verskillende nuanseringe, in die besonder gewy aan die verkenning- en verwonderingsdrang na dit waarvan "no one understands completely how it works' [niemand begryp heeltemal hoe dit werk nie] ('n gedigreekstitel uit afdeling 6; ble. 99-103). Ons word derhalwe soos volg opgeroep :

vier die kuns om te traag om te sloer[.] ('brief', afdeling 9, ble. 132-133)

Selfs intense leed word 'n volstrekte belewing van die bestaan, word 'n 'roes' ('stilhuil', 'n gedig uit afdeling 1; bl. 23).

'n Hiermee samehangende motief wat voorheen nie so sterk beklemtoon is in die Cloete-oeuvre nie, is dat dit 'n 'seen' (titel van 'n gedig uit afdeling 11; bl. 168) is dat hierdie lewe ons 'pynlik honger en gesond' laat vanwee soveel wat vir ons on(ver)kenbaar moet bly (afdeling 2)--dit wil se ook 'n 'seen' in die betekenis van 'n 'trekvisnet' wat toelaat dat sekere dinge ontglip deur 'die gate van die seen', soos in die woordverklarings agterin die bundel verduidelik word. Daarom kan selfs ons 'eenvoud', ons weerloosheid en onvermoe, iets positiefs inhou (afdeling 3). Selfs al verrinneweer ons die woestyne met ons Dakar-tydrenne, geskied dit tog met iets soos 'n 'soet wrede koitus van die brein met die masjien' (afdeling 8).

'n Seening is voorts die ontoereikendheid van die mens se digvermoe:

aan die maak van baie gedigte om die steeds uitdyende onvoltooidheid van die steeds groeiende onversadigde Gedig in te haal kom daar geen einde nie[.] ('fragmente van die onvolledige gedig', afdeling 11; ble. 159-163)

Soos voorheen in Cloete se Allotroop (1985) is sterflikheid 'n sentrale tematiese gegewe in Onversadig (2011). Die dood is 'n toets wat ons almal moet skryf, die finale beproewing ('uitkomsgerigte onderrig', afdeling 12; ble. 173-179)--maar ook die hergeboorte van 'die begeerlike mens' (titel van die slotgedig in die bundel; bl. 191). Die 'deursigtige opvoutent van [die] ouderdom' word hier, op die grens tussen hiermaals en hiernamaals:

'n fragiele begeerlike plek wat ruik na vrede en na vars nat nageboorte en moederkoek. ('die begeerlike mens', afdeling 13, bl. 191)

Herinnerings- en rougedigte oor gestorwe geliefdes is in afdeling 9 en afdeling 10 van die bundel gegroepeer. Laasgenoemde afdeling het die titel "L'amor che move il sole e l'altre stelle" [Die liefde wat die son en die ander sterre laat beweeg], 'n aanhaling van die slotwoorde uit Dante Alighieri se Die goddelike komedie. Daarin word gefokus op die digter se gemis aan sy oorlede vrou (soos ook in die sewende afdeling van Heilige nuuskierigheid [Cloete 2007a] die geval was).

Dis een van slegs drie afdelings in Onversadig wat titels het. Die ander twee is afdeling 7 ('kardoes'--om die saamhou van uiteenlopendhede, as kenmerk van die skepping, te suggereer) en afdeling 5. Laasgenoemde, 'saamsing', bevestig die opvallendmaking van intertekstualiteit in Cloete se bundels. Dis nie net 'n verdere vergestalting van die sentrale samehang-in-veelheid-motief in sy werk en in sy lewens- en wereldbeskouing nie, maar ook 'n bepaalde uiting van die lofprysingsmotief as opgaaf van die gelowige digter. Hierdie lofprysing het juis die goddelike 'liefde wat die son en die ander sterre laat beweeg' tot onderwerp.

Deur die drie afdelingtitels word drie sentrale motiewe in Cloete se poesie uitgehef.

Retoriese vorm op die makrotekstuele vlak van Cloete se verskuns

Syne is, soos meer as een maal hierbo beklemtoon, 'n korpus werke wat 'n besonder sterk eenheidsindruk maak, waarvan die uitbreiding van bundel tot bundel 'n afwisselende, betreklike beklemtoning van bepaalde fasette in die uitbouing van die tematiese en beskoulike kerb behels. In haar resensie oor Heilige nuuskierigheid beklemtoon ook Bezuidenhout (2008:211) hierdie aspek van sy digterskap. Sy oeuvre het daardie "oneness" waarvan hy in die gedig 'Vir wie wil weeg, meet en tel' (Met die aarde praat [1992:5]) skryf, en wat sy digktms uniek maak.

Soos uit die voorafgaande eksemplariese uiteensetting van die bundelstrukture blyk, is daar ook nuanseverskille tussen die bundels. Die patrone van assosiatiewe bondeling en herhaling waarvan gewag gemaak is, is egter deurslaggewend. Soos ook voorheen aangetoon, word op hierdie wyse 'n sterk appel aan die leser van sy poesie gerig om hom met Cloete se sienings en oortuigings te vereenselwig.

Aan die gevare van die reeks as struktuurprinsipe waarop onder meer Strydom (1976:19; 22) wys, ontkom Cloete nie heeltemal nie: dat die voortdurende herhalings (van motiewe, segswyses, wendinge en tegnieke soos intertekstualiteit), asook die toenemende neiging tot eksplisitering van beskouinge en werkswyses (in epigrammatiese, eksegetiese en aforistiese formulerings), die didaktiese inslag van sy poesie te sterk laat uitstaan; dat daar soms 'n indruk van versletenheid intree. Hierop het 'n aantal kritici weldeeglik gewys (kyk Odendaal 1997:348-366 vir 'n bespreking van die resepsie van Cloete se bundels tot en met Met die aarde praat; ook Hugo 1996:9, 2001:13; Van Vuuren 1999:292-293; Werkman 1999; Pieterse 2001, 2007; Crous 2007). Myns insiens is egter sodanig daarop klem gele dat die tematieknuanseringe wat Cloete deurlopend in sy oeuvre le, nie genoegsaam in die kollig gekom het nie.

Bets Bosman (1989:312-318) het wel probeer aantoon dat Cloete sy eerste vier bundels (sy oeuvre tot op die stadium toe sy haar proefskrif geskryf het) 'gekomponeer' het op die grondvorm van die sonate. Angelliera sou dan die 'eksposisie' en 'aankondiging van die hooftema in die hooftoonaard' wees, Jukstaposisie en Allotroop 'die ontwikkeling of verwerking in verwante toonaarde', en Idiolek die derde deel, 'die herhaling of samevatting'. Intussen het Cloete nog vyf nuwe bundels die lig laat sien, sodat die sonate-metafoor nie kon steekhou nie.

Myns insiens besit elk van die huidige nege oorspronklike digbundels van Cloete se oeuvre 'n eie tematiese kern, hoewel as 'n relatiewe fokus binne die tematiese kompleks wat uit die staanspoor in sy oeuvre volkome teenwoordig is (die eenheid-in-veelheid-gedagte). Soos ten opsigte van bundelafdelings in die bundelbesprekings hierbo gedemonstreer is, kan ook die tematiese kerne van die indiwiduele bundels parafraserend saamgevat word, telkens met die bundeltitel as primere duider van die bepaalde bundel-idee.

Soos ek hierna sal aantoon, laat blyk die werkswyse dat 'n bepaalde bundelreeks-opbou in drie dele uit Cloete se bestaande digoeuvre na vore tree. Die drie bundelreekse neem, tesame gesien, weer 'n eenheid met 'n siklusaard aan, aangesien die drie reeksdele 'n bepaalde 'verhaal' vertel. Ter wille van oorsigtelikheid, bied ek parafraserings van die toepaslike tematiese kerne tabelgewys aan (sien Tabel 3, Tabel 4 en Tabel 5).

Om die btmdelreeksbou in Cloete se bestaande poesie-oeuvre kernagtig saam te vat, verwys na Tabel 6.

Slotopmerkings

Tydens vieringe van T.T. Cloete se agt-en-tagtigste geboortedagherdenking op 31 Mei 2012 het hy laat blyk dat hy steeds aan gedigte en ander geskrifte werk. Derhalwe kan bostaande vasstellings oor die bundelreeksbou-patroon (met 'n oorkoepelende sikliese samehang) in sy digoeuvre slegs voorlopige geldigheid he.

'n Oeuvre-oorsig soos hierdie bied egter 'n geheelblik op 'n digterskap waaruit uitstaande kenmerke van byvoorbeeld die ontwikkelingsgang van of die denk- en werkswyse(s) onderliggend aan die digterskap duidelik kan blyk. Die sterk reekskarakter van Cloete se digwerk, as woordkunsmanifestasie van die eenheid-in-veelheid-aard van die verskynsels soos hy as gelowige dit in die skepping waarneem, tree hierdeur op die voorgrond.

Zuiderent (2001:14), in 'n artikel oor die sogenaamde 'tweede gisting' van die poesie in bundelverband, onderskei terloops tussen digter-boumeesters, digter-versamelaars en digterstapelaars. Hy beklemtoon dat hierdie onderskeide nie absoluut is nie, asook geen noodwendige gehalte-oordele verteenwoordig nie: Die funksionaliteit, al dan nie, van die komposisie van elke bundel en, by uitbreiding, van elke oeuvre, is per indiwiduele geval te bepaal.

Die beskrywers 'versamelaar' en 'stapelaar' kom my toepaslik voor om die aard van die neerslag van Cloete se belewingshonger en vertolkingsdrif in die primer seriele opbou van sy bundels en bundelreekse aan te dui (hoewel die 'argitektoniese' strukturering van Driepas, soos in die deel oor die bundel hierbo bespreek, die leser bedag maak op relatiwiteit van so 'n tipering van Cloete se verwikkelde digterskap). Sy oeuvre lyk na 'n argivering van 'n (wetend onhaalbare) strewe om aan die gewaarwordinge van die goddelike in die oorweldigende skeppingsverskeidenheid woordgestalte te gee.

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiele of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beinvloed in die skryf van hierdie artikel nie.

Literatuurverwysings

Beukes, M.P., 1989, 'Vooropstelling, kohesie en koherensie in die poesie van T.T. Cloete', M.A.-verhandeling, Potchefstraomse Universiteit vit Christelike Hoer Onderwys, Potchefstroom. PMid:2810510

Bezuidenhout, Z., 2008, '(Resensie van) Heilige nuuskierigheid; Tydskrif vir Letterkunde 45(1), 211-213.

Bosman, M.E., 1989, 'Op Hom die groot hosannas: Enkele aspekte van die moderne Christelike poesie in Afrikaans', D.Litt.-proefskrif', Universiteit Rhodes, Grahamstad.

Brink, A.P., 1980, Tweede Voorlopige Rapport, Human & Rousseau, Kaapstad.

Brink, A.P., 1985, 'Cloete se nuwe bundel sy kragtigste', Rapport, 07 Julie, bl. 17.

Burke, K., 1953, Counter-statement, Hermes, Las Altos, CA.

Buscop, J., 2002, 'Die diskoers tussen Job en Cloete struktureel-semanties beskou', Literator 23(2), 15-32. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v23i2.328

Cloete, T.T., 1963, Op die woord af, Nasionale Boekhandel, Johannesburg.

Cloete, T.T., 1980, Angelliera, Tafelberg, Kaapstad. PMid:7404034

Cloete, T.T., 1982a, 'Hoe om 'n gedig te ontleed', Reuse-Bokboek 16, Academica, Pretoria/Kaapstad.

Cloete, T.T., 1982b, Jukstaposisie, Tafelberg, Kaapstad.

Cloete, T.T., 1985, Allotroop, Tafelberg, Kaapstad. PMid:4081915

Cloete, T.T., 1986, Idiolek, Tafelberg, Kaapstad. PMid:3798265

Cloete, T.T., 1989, Driepas, Tafelberg, Kaapstad.

Cloete, T.T., 1992, Met die aarde praat, Tafelberg, Kaapstad.

Cloete, T.T., 1993a, Die gegewens van my poesie, Manuskrip, Voordrag, Biblioteek- en Inligtingskunde, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria op 17 Junie 1993.

Cloete, T.T., 1993b, 'Profiel van T.T. Cloete; Die gedig is ek', CSD/SWO Bulletin 5(6), 6-7.

Cloete, T.T., 1994, 'Die digter se omgaan met die werklikheid" Ensovoort 6(1), 6-7.

Cloete, T.T., 1997, 'Die gedig as beraming', eerste T.T. Cloete-erelesing, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys, Potchefstroom, 13 Augustus.

Cloete, T.T., 1998, Uit die hoek van my oog, Tafelberg, Kaapstad.

Cloete, T.T., 2001, Die baie ryk ure. 200 uitgesoekte gedigte, Tafelberg, Kaapstad.

Cloete, T.T., 2007a, Heilige nuuskierigheid, Tafelberg, Kaapstad.

Cloete, T.T., 2007b, 'T.T. CIoete se "rykdom van die onvoltooide": Andries Visagie voer 'n onderhoud met T.T. Cloete', LitNet, besigtig op 28 Junie 2011, by http://www. litnet.co.za/Article/tt-cloete-se-rykdom-van-die-onvoltooide-andries-visagievoer-n-onderhoud-met-tt-cloete

Cloete, T.T., 2010, Uit die wit lig van my land gesny, Pooka, Plettenbergbaai.

Cloete, T.T., 2011, Onversadig, Tafelberg, Kaapstad.

Crous, M., 2007, Cloete--'klein e-posse van die vanselfsprekende' (resensie oor die bundel Heilige nuuskierigheid), Rapport, 22 Julie, bl. 5.

Deudney, E.S., 1971, 'Die siklus as kompositoriese probleem met besondere verwysing na twee siklusse van D.J. Opperman', M.A.-verhandeling, Randse Afrikaanse Univarsiteit, Johanesburg.

Du Plooy, H., 2008, 'Woorde wat teken en be-teken--ikonisiteit in die poesie', Literator 29(2), 65-88. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v29i2.116

Ester, H., 2009, 'T.T. Cloete en het Droste-effect', Tydskrif vit Geesteswetenskappe 49(4), 590-595.

Gouws, T., 1990, 'T.T. Cloete: 'n Ster is in die hemel varsit, Insig 44, April.

Grabe, I., 1984a, "Eksploitasie van klankmatige aspekte in T.T. Cloete se Jukstaposisie', in H. Viljoen, I. Grabe, E. Jooste & D. Steenberg (reds.), In teen die groot vergeet, ble. 25-35, Potchefstroomse Universiteit vit Christelike Hoer Onderwys, Potchefstroom.

Grabe, I., 1984b, '(Resensie van) Jukstaposisie (T.T. Cloete)', Tydskrif vir Letterkunde 22(1), 93-96.

Grabe, I., 1985, 'Belangrike variasies op vorige temas', Die Transvaler, 04 Julie, bl. 6.

Hambidge, J., 2007, 'Die hipnose van die digkuns, T.T. Cloete-gedenklesing 2005', besigtig op 17 April 2012, by http://www.argief.litnet.co.za/cgibin/giga. cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=17824&cause_id=1270

Hauser, G.A., 1986, 'Introduction to Rhetorical Theory', Harper & Row Publishers, New York.

Heynders, O., 2001, 'De eenheid van van dichtbundels als coherentie-conventie', in A. Zuiderent & E. Van der Starre (reds.), De tweede gisting, Over de compositie van dichtbundels, pp. 75-88, Amsterdam University Press, Amsterdam.

Hugo, D., 1996, 'Die Afrikaanse poesie 1990-1995', 'n Bestekopname in bevooroordeelde flitse, Ensovoort 8(1), 8-20.

Hugo, D., 2001, 'Hier is te veel rymbombas', Die Burger, 23 Julie, bl. 13.

Jansen van Rensburg, J.H., 1990, 'Die jukstaponering van hemel en aarde in die poesie van T.T. Cloete', M.A.-verhandeling, Potchefstroomse Univarsiteit vir Christelike Hoer Onderwys, Potchefstroom.

Kayser, W., 1967, Dos Sprachliche Kunstwerk (eine Einfuhrung in die Literaturwissenschaft),, Francke Verlag, Bern/Munchen.

Kruger, E., 1990, 'Die man het 'n katedraal gebou in 'n jaar, Onder vier oe, waarin Elsa Kruger gesels met T.T. Cloete', Beeld, 10 Februarie, bl. 11.

Marais, J.L., 2009, 'Charles Darwin, die natuurwetenskappe en die verwondering in T.T. Cloete se poesie, Tydskrif vir Geesteswetenskappe 49(4), 547-562.

Odendaal, B.J., 1991, "Sien (en hoor!) is glo: 'n voorlopige verkenning van ikonisiteit as retoriese strategie aan die hand van twee kort gedigte', Literator 12(3), 13-24.

Odendaal, B.J., 1997, 'Retoriese strategiee in die poesie van T.T. Cloete', Ph.D.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein.

Odendaal, B.J., 1999, 'Digbundel troon uit in Afrikaans', Volksblad, 15 Maart, bl. 6.

Odendaal, B.J., 2007, "n Heilige soeke" Volksblad, 18 Junie, bl. 6.

Odendaal, B.J., 2011, 'Onversadig" is kenmerkend Cloete, Volksblad, 07 Mei, bl. 6.

Pieterse, H.J., 2001, 'T.T. Cloete se baie ryk verse', Beeld, 20 Augustus, bl. 9.

Pieterse, H.J., 2007, 'Steeds verwonderd oor groot patroon', Beeld, 02 Julie, bl. 19.

Pretorius, R., 1981, 'Angelliera van twee kante bekyk', Tydskrif vir Letterkunde 19(2), 77-83.

Pretorius, R., 1994, 'Met die aarde praat (1992), 'Alles wys en fyn beplan', Tydskrif vir letterkunde 32(1), 110-113.

Raidt, E., 1962, 'Die bundel as eenheid', 'n Ondersoek na die funksie van die simbool in Opperman se Blom en baaierd', M.A.-verhandeling, Universiteit van Kaapstad, Kaapstad.

Raidt, E., 1965, 'Die bundel as eenheid', in E. Lindenberg, E. Raidt & J.A. Verhage (reds.), Dietse studios: bundel aangebied aan prof. dr J. du P. Scholtz by geleentheid van sy vyf-en-sestigste verjaardag 14 Mei 1965, ble. 111-130, Van Gorcum-Academica, Kaapstad/Pretoria.

Robinson, R., 2009, "n Onvoltooide Noam digterlik verbeel--verkennings aangaande 'n enigmatiese Goddelike Wese in T.T. Cloete se oeuvre', Tydskrif vir Geesteswetenskappe 49(4), 507-534.

Smith, B., 1968, Poetic Closure, A Study of how Poems End, The U niversity of Chicago Press, Chicago/London.

Smuts, R., 1993, 'Angel en lier en angelier en Behoefte aan ongunsUge weers- en ander omstandighede', Tydskrif vir Letterkunde 31(3), 120-127.

Spies, L., 1992, 'Siklus in die poesie', in T.T. Cloete (red.), Literere terme en teoriee, ble. 478-482, HAUM-literer, Pretoria.

Strydom, L., 1976, Oor die Eenheid van die Digbundel, 'n Tipologie van gedigtegroepe, Academica, Pretoria/Kaapstad.

Van Jaarsveld, A.E., 1993, 'Driepas (T.T. Cloete)--die digter as dissipel; die taal as katedraal, Mmabatho', D.Litt.-proefskrif, Universiteit van Bophuthatswana, Suid-Afrika

Van Jaarsveld, A. & Gouws, T., 1995, 'Die taal as katedraal: Driepas van T.T. Cloete', Literator 16(3), 163-182.

Van Vuuren, H., 1999, 'Perspektief op die moderne Afrikaans poesie (1960-1997)', in H.P. van Coller (red.), Perspektief en profiel, 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis, deel 2, ble. 244-304, J.L. van Schaik Uitgewers, Pretoria.

Van Wyk, P., 1983, 'Cloete se jare-oue gebed verhoor', Rapport, 17 April, bl. 18.

Van Zyl, I., 1990, 'T.T. dig slim oor skepping', Die Republikein, 29 Junie, bl. 5.

Venter, L., 1991, 'Die praktyk van die kyk', Tydskrif vir Letterkunde 29(3), 69-75.

Viljoen, H., [1984] 1986, 'Die klou dui al die dier aan': Oor semiotiek en literatuur, in J.H. Senekal (red.), Teks-Leser-Konteks, Gedigte ontleed volgens eietydse metodes, ble. 81-98, Perskor-uitgewery, Kaapstad/Johannesburg.

Viljoen, H., 1995, 'Die fenomenologie van T.T. Cloete', Literator 16(3), 43-60.

Viljoen, H., 2009, 'Kreolisering van die Simbolisme in die poesie van T.T. Cloete', Tydskrif vir Geesteswetenskappe 49(4), 568-589.

Viljoen, L., 2007, 'Intense emosie, volkome beheers', Die Burger, 04 Junie, bl. 11.

Werkman, H., 1999, 'Cloetes menselijke gedichten', Zuid-Afrika, 76(11/12), 16.

Wybenga, G. & Cloete, T.T., 1992, 'lkoon en ikonisiteit', in T.T. Cloete (red.), Literere terme en teoriee, ble. 178-182, HAUM-literer, Pretoria.

Zuiderent, A., 2000, 'Van Dietse dichten tot Oor die Eenheid van die Digbundel, Wat hebben Zuid-Afrika en ik met elkaar te maken?' Stilet 12(2), 23-38.

Zuiderent, A., 2001, 'De tweede gisting van poezie, Ter inleiding', in A. Zuiderent & E. Van der Starre (reds.), De tweede gisting. Over de compositie van dichtbundels, pp. 9-28, Amsterdam University Press, Amsterdam. http://dx.doi. org/10.5117/9789053565292

Author:

Bernardus J. Odendaal (1)

Affiliation:

(1) School of Languages, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:

Bernard Odendaal

Email:

bernard.odendaal@nwu.ac.za

Postal address:

Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa

Dates:

Received: 18 Apr. 2012

Accepted: 03 Oct. 2012

Published: 31 May 2013

doi: 10.4102/lit.v34i1.398
TABEL 1: Geparafraseerde tematiese inhoude van die
bundelafdelings in Allotroop.

Inhoudsafdeling   Opsomming

Inleidende        Die versagtende poetiese vormgewing van ervarings
gedig             vanuit'n agternaperspektief

Afdeling 1        Oor pyn as stimulant van die bewussyn en oor die
                  gawe van sintuiglikheid en bewussyn

Afdeling 2        'n Lang afdeling (omtrent die helfte van die
                  bundel) oor, eerstens, die wyse van waarneming en
                  artistieke vertolking; tweedens, die raaksien en
                  intense belewing van die Goddelike openbarings
                  in veral lyding, aftakeling en die dood; maar,
                  derdens, ook oor die verwerplike horisontalistiese
                  ingesteldheid van die 'eiegeregtiges' en die
                  ontluistering van die (eiegeregtigde) mens deur
                  die dood

Afdeling 3        Oor die sekerheid van ons stenflikheid

Afdeling 4        Oor die onbegryplikheid van lyding en sterflikheid
                  vir die mens, maar ook oor die ervaring dat God
                  tog sy wil deur en die dood lyding laat geskied

Afdeling 5        Oor die wyse waarop God lyding en die dood
                  positiveer (byvoorbeeld deur die vormende waarde
                  wat dit kan he vii veral sy uitverkorenes; of
                  deurdat Hy dit kan versag of die dood kan uitstel;
                  of deur die stimulasie wat dit bied tot
                  kreatiwiteit en 'n intense belewing en bewustheid
                  van die skone, vreugdevolle en wonderbaarlike van
                  die alledaagse bestaan); ook oor die samehang van
                  die uiteenlopendhede in die skepping en die bewyse
                  wat dit lewer van die fanerotiese aard daarvan

Afdeling 6        Oordie beperkte vermoens van die mens om die
                  fanerosis in die skepping waar te neem of te
                  vertolk

Afdeling 7        'n Enkele gedig gevul met dankbaarheid vii die van
                  die alledaagse ervaring werklikheid waarin die
                  hemelse aangevoel kan word

Slot              'n Enkele Nederlandstalige versreel wat, by wyse
                  van 'n negativering van 'n bekende versreel deur
                  Gerrit Achterberg (Achterberg se 'Met dit gedicht
                  vervalt het vorige word by Cloete 'met dit gedicht
                  vervalt het vorige niet'), beklemtoon dat daar'n
                  voortbouende samehang tussen sy (Cloete se)
                  gedigte is. 'n Besonder funksionele en sprekende
                  voorbeeld van open endedness' (Smith 1968:24)
                  van'n gedigtegroep

Bron: Odendaal, B.J., 1997,'Retoriese strategiee in die poesie van
T.T. Cloete; PhD proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat,
Bloemfontein.

TABEL 2: Geparafraseerde tematiese inhoude
van die bundelafdelings in Onversadig.

Afdeling                Bondige tematiekaanduiding

1.                      Die intense kosmiese en aardse lewenservaring
                        (met te kort skietende vermoens).

2.                      Menslike teenoor goddelike skeppingskrag /
                        vermoe.

3.                      Menslike weerloosheid, onvermoe en brouwerk.

4.                      Die ironiese /teenstrydige /onverklaarbare
                        van aardse verskynseis.

5. saamsing

6.                      (Goddelike) lofpryslng in same-of teenspraak
                        met ander.

7. kardoes              Die wonderbaarlike van die skeppingsdinge.

8.                      Die saamgehoudendheid van die
                        skeppingsverskeidenheid. Sosiale kommentaar
                        oor die lot van armes en die
                        natuurvernietigende impak van tegnologie.

9.

10. L'amorche move il   Roubeklag oor en herdenking van 'n gestorwe
sale e laltrestelle     vriend. Oor sterflikheid; gedenking van die
                        gestorwe huweliksmaat.

11.

12.                     Oar onbegrypbaarhede.

13.                     Oor die dood as die finale lewenstoets.
                        Verwagtinge van /op 'n lewe hierna.

TABEL 3: Tematiese kerne van die eerste reeks van
crie digbundels in T.T. Cloete se oeuvre.

Bundel           Tematiese kern van bundel   Tematiese kern van reeks

Angelliera       Die dinamiese en
(1980)           verweefde samehang van      Die (God-openbarende)
                 uiteenlopenchede            skeppingsgegewe van
                                             dinamiesesamehang-in-
lukstaposisie    Naasmekaarstelling +        verskeidenheid
(1982)           teenoormekaarstelling +
                 ooreenskuiwing +
                 ineenskulwing tot
                 simbiose in die skepping    (= beskoulike en
                                             Temotiese grondmotief
Allotroop        Die saambestaan van         van sy digoeuvre)
(1985)           eenderse andershede'
                 (Brink 1985)

TAB EU4: Tematiese kerne van die tweede reeks
van drie digbundels in T.T. Cloete se oeuvre.

Bundel         Tematiese kern van bundel        Tematiese kern
                                                van reeks

Idiolek        In syunieke'idiolek', maar wat   Die (God-lowende)
(1986)         ook die 'transkripsie' van die   vertolkingvan
               stemme van ander behels, doen    die samehang-in
               die indiwidu mee aan die         verskeidenheidsgegewe
               holografie' van die              in die skepping
               muldmultimeervoud' (titels
               uit die bundel--kyk ook          (=die digterlike took
               Odendaal 1997: 308-310)          in die lig van die
                                                genoemde beskoulike
Driepas        Die digbundel as                 en tematiese
(1989)         taalkatedraal', met 'n           grondmotief)
               skopus [...] van die
               onderaardse of tot in die
               sterre' (Kruger 1990:11),
               naamlik as 'beeldvan God'
               (Van Jaarsveld 1993:19)

Met die        God laat Hom via die aarde
carde praat    betuig + (onder andere) die
(1992)         poesie getuig (saam) met die
               aarde van die grootheid van
               God (kyk ook Odendaal
               1997:315-317)

TABEL 5: Tematiese kerne van die tweede reeks
van drie digbundels in T.T. Cloete se oeuvre.

Bundel            Tematiese kern van bundel   Tematiese kern
                                              van reeks
Uit die hoek      Weens die beperkings van
von my oog        sy sintuiglike en
(1998)            kognitiewe vermoens, maar
                  ook vanwee sy
                  selfgerigtheid en
                  sterflikheid, skiet die
                  (selfs gelowige) mens en    Die belewingshonger van
                  gevoelige kunstenaarte      die gelowige mens na
                  kort in die deurgnondende   die God-openbarende
                  en omvattende ervaring      eenheid-in-veelheid
                  van die teenwoordigheid     van die skeppingsdinge,
                  van God in alles rondom     'n begeerte wat die
                  hom (kyk ook Odendaal       hiermaalse lewe, weens
                  1999; Ester 2009)           die menslike beperkinge
                                              daarbinne, te bowe gaan

Heilige           Plaas die motief van 'n
nuuskierigheid    intense belewingsdrang na
(2007a)           die skeppingsrykdom van
                  die dinamiese samehang-
                  in-verskeidenheid op die
                  voorgrond, juis in die
                  lig van 'n groeiende        (='n steeds groeiende
                  sterflikheidsbewustheid     tronsendentale
                  (kyk ook Odendaal 2007;     verwagdng, wat wesenlik
                  L. Viljoen 2007;            reeds vonaf die oeuvre-
                  Bezuidenhout 2008: 211)     begin teenwoordig was)

Onversodig        Sterk tematiese
(2011)            aansluiting by Heilige
                  nuuskierigheid, maar met
                  die nuansering dat die
                  'onversadig '/lating as
                  gevolg van die beperkte
                  hiermaalse belewenis'n
                  seen is wat die gelowige
                  mens' pynlik honger en
                  gesond' hou; op hom, 'die
                  begeerlike /begerende
                  mens' (slotgedig in die
                  bundel), wag derhalwe die
                  hiernamaalse hergeboorte
                  (kyk ook Odendaal 2011)

TABEL 6: Samevatting van die tematiese kerne van
die drie digbundelreekse in T.T. Cloete se oeuvre.

Bundelreeks   Tematiese kerne

1             Die skeppingsgegewe se dinamiese
              samehang-in-verskeidenheid

2             Die God-lowende vertolking daarvan

3             Die belewingshongerdaarna
COPYRIGHT 2013 African Online Scientific Information Systems (Pty) Ltd t/a AOSIS
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2013 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Original Research
Author:Odendaal, Bernardus J.
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Article Type:Critical essay
Geographic Code:6SOUT
Date:Apr 1, 2013
Words:8974
Previous Article:The image of absence and the politics of naming in Shona war fiction/Die beeld van afwesigheid en die politiek van naamgewing in Shona-oorlogsfiksie.
Next Article:Re-examining the relationship between the subject agreement morpheme and (in)definiteness in Northern Sotho/Herondersoek van die verwantskap tussen...
Topics:

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2018 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters