Printer Friendly

Uitnodiging tot verdere gesprekke.

Tydskrif vir Letterkunde. 2005. Temanommer: Andre P. Brink @ 70. Pretoria: Letterkunde-Vereniging. 213 p. Prys: R60,00. ISBN: 0041-476 X. Tydskrif vir Letterkunde, 42(1).

Dit is prysenswaardig dat die redaksie van Tydskrif vir Letterkunde dit goedgedink het om 'n spesiale uitgawe te wy aan die veteraan Sestiger wie se vertalings in 'n groot mate verantwoordelik was daarvoor dat Afrikaanse letterkunde onder die aandag gekom het van die wereldletterkunde en wie se werk benoem is vir talle internasionale pryse, aan wie erkenning gegee is deur buitelandse regerings, en wat (uiteindelik) die Herzogprys verower het vir prosa en drama. Hierdie skrywer was vir jare in die spervuur vanwee sy teenkanting teen die Nasionale Partyregering se beleid jeens landgenote en hy is die eerste Afrikaanse romanskrywer wie se werk verbied is.

Op die terrein van literere teorie het Brink 'n belangrike bydrae gelewer tot die studie van inheemse en by uitstek Afrikaanse letterkunde, wat hy, veral in politieke konteks, in verband gebring het met wereldtendense: sy publikasies in hierdie verband het internasionale aandag getrek. Sy bydrae tot die Afrikaanse dramaskat is ook bo verdenking. Brink se vertalings van werke uit die wereldletterkunde, sy humoristiese bydraes tot Afrikaanse tekste, mentorskap van "jong" skrywers en insette in manuskripte is alom bekend. Hy staan in 'n groot mate "vader" vir die algemene Afrikaanse letterkunde. Die temanommer bied egter net beskouings oor sy romans en teoretiese/politieke uitsprake.

Die buiteblad, waarop die telekommunikatiewe Andre P. Brink @ 70 teenswoordige tendense in kommunikasie weerspieel, het ook 'n kleurvolle afdruk van Cyril Coetzee se skildery van "T'kama-Adamastor", geinspireer deur Brink se Die eerste lewe van Adamastor van 1988. Dit is goed om te weet dat Brink (of sy uitsette) ook in die skilderkuns verewig word, maar die surealistiese burleske landskap verteenwoordig net enkele of 'n enkele aspek van Andre Brink se toevoeging tot die Suid-Afrikaanse literere toneel.

Tydskrif vir Letterkunde se huldigingsnommer bevat agt artikels gewy aan Brink-romans, 'n Marxisties-literere toepassing, 'n vergelykend studie, 'n transkripsie van 'n onderhoud wat Louise Viljoen met die skrywer gevoer het, en 'n gedig oor Brink. In die afdeling vir resensies kom toevallig ook 'n kort bespreking voor van Kennis van die aand wat in 2004 deur NB Uitgewers gepubliseer is in hulle "Klassieke Reeks".

Die aanslag, kwaliteit en diepte--en ook die taal--van die artikels verskil uiteraard. Die artikels oor Brink se werk tree nogtans op interessante wyse met mekaar in gesprek. Dit sal goed wees as ander letterkundiges tot die gesprek sou toetree en kommentaar, repliek of kritiek lewer op bydraes in hierdie spesiale nommer van Tydskrif vir Letterkunde.

Isidore Diala's article ("Andre Brink: An aesthetics of response", p. 530) focuses on the embedding of his political convictions in his novels, starting from Kennis van die aand/Looking on darkness (1973/1984), and then continues to enquire whether Brink's novels are in fact imbued with the literary qualities, theoretical and political facts he purports to adhere to. The point is made that at this stage of his writing (1983/1984) the author--though in empathy with the underprivileged and "otherwise" coloured South Africans and despite his affiliation with South African eco and cultural heritage--still has an embedded racist/colonial approach to characterisation. Brink's theoretical outputs are measured against his novelistic performance:
 Brink's non-fictional discourse on the writer and his/her society
 alone is enough to stake an immortal reputation on. However, in
 his novelistic practice, given his privileging of European
 humanist universals, Brink's engagement with the local but
 urgent struggle against apartheid often seemed compromised
 (Diala, 2005:29).


An indication is given of Brink's change from the former political situation to a genderist stance, and that Brink's star is still in the ascendant.

Elmar Lehmann's article (p. 31-41) on "Brinksmanship: storytellers and the novelist" examines the privileged "literary discourse to tell the truth", investigating the novelist "as witness" to "imagining the past/real", and covers a range of novels from 1973/1984 (Kennis van die aand/Looking on darkness) to Sandkastele/Imaginings of sand (1995/1996). The purport of the article writer is that the omnipresent author has faded away in Brink novels, to be replaced by a homodiegetic narrator; in the later novels especially the genderist voice can be heard. (This view is echoed by the article written by Anette Horn and Peter Horn, p. 104-116.) The Lehmann article concentrates on the narrator as a witness or as first person, experiencing character. In this, and some of the other articles in this volume, the emphasis is on political/genderist agendas, with little or no investigation of the literary qualities of the work. The closure of this article is somewhat disappointing as the abstract does not represent the development and eventual conclusion of the argumentation.

Soos Lehmann, maak Hans Ester (p. 41-54) ook gebruik van Ampie Coetzee se artikel ("Literature and Crisis", 1990), maar hy spits hom toe op "Andre Brink en de marxistische literatuuropvatting". Hy poneer die feit dat die Afrikaanse skrywer(s) nie uit die industriele omgewing nie, maar uit die akademiese sirkel kom en dus nie veel insig of kennis sou he van die klassestryd nie. Aan die een kant is Ester van oordeel dat Brink die belangrike punt van klas versaak het ter wille van ras, maar bevind aan die ander kant "(d)e tijd heeft dit boekje (van Coetzee) ingehaald", dat die "gebruikte terminologie volkomen verouderd (...) zijn". Die leser wonder dan waarom Ester Brink se werk toets aan sodanige verouderde standpunte. Sy besluit is geheel-en-al hipoteties: "lk acht het niet uitgesloten dat Andre Brink meer sympathie voor het socialistisch realisme zou hebben gehad wanneer hij intiemer vertrouwd zou zijn geweest met de complexe menselijke verhoudingen binnen de materiele productie in Zuid-Afrika." Indien Brink hom in die vroulike psige kan indink, soos in die jongste publikasies, sou hy myns insiens hom ook in "socialistische ideologie" van "uitgebuite en onderdrukte klassen" kon indink en aan laasgenoemde stem kon gee indien dit hom sou behaag. In die onderhoud met Viljoen (p. 167) meld Brink dat hy hom gewend het van die rasse-teiken, wat daarop dui dat ras wel meer as klas vir hom van belang was.

It is quite interesting to see how often the literary and theoretical work of Brink and J.M. Coetzee is brought to bear on the argumentation in articles in this edition. The article by Alice Brittan ("Reading sex and violence in Andre Brink's Rumours of rain and A dry white season", p. 55-77) uses such an approach, but there is also a heavy reliance on Jolly (1996). The Brittan article, however, contains a plethora of citations and quotations; resulting in the fact that a reader has difficulty in deducing the stance of this article writer: the many citations and quotations--a collation of other people's ideas and expressions--leave behind a feeling of vagueness or opacity in the argumentation. This article emphasises Brink's rendering of a literary text as being female enticing the (male) readers, and Brink's tendency to foreground the (white) female body, its relationship with the land itself, and violence ("desire and domination") exerted on the land as in equal measure it is exerted on the female body, which is "a means of 'offending' the reader". Although the title of the article suggests otherwise, what is mainly reflected here is the Afrikaner male as stereotype. Brittan's Abstract closes with "ideological and aesthetic problems", but the argumentation disappointingly ends with the "female body ... whose construction insidiously supports rather than subverts the vision of apartheid", while the "aesthetic problems" are not addressed. Brink unwittingly replies to this article when he says to Viljoen that he has moved from a "racial target" to a "gender target", talks about the "abuse of power" (p. 167), and talks about "die Afrikaner se voorliefde vir foltering" (p. 162).

Wium van Zyl se artikel, "Karakters en betoog in Andre P Brink se Gerugte van reen" (p. 79-103), noem ook in die Abstract dat dit fokus op "the use of characterisation as a vehicle for the implied author's ideology". Van Zyl maak verder die aanname: "Die roman wil ... 'n ideologiese stryd stry", wat die artikelskrywer te staan bring by 'n punt waar hy inlees "dit wat die skrywer blykbaar (my kursivering--SL) ideologies wil". Van Zyl se benadering is gebaseer op Smulders se uitsprake van 1983, wat ook stofferig aandoen (soos Ester dit in sy artikel noem oor Ampie Coetzee se sienings). In die afdeling onder die onderopskrif "Martin Mynhardt" is dit egter hoofsaaklik Calitz en prof. Pienaar wat onder bespreking kom, soos gesien deur Mynhardt. Bernard Franken word getipeer as die "alternatiewe prototipe van die Afrikaner", waardeur hierdie artikel in gesprek tree met ander in dieselfde band. Ook die verskeie verwysings na matedalisme en die mynmaatskappy bring dit in gesprek met onder andere Ester se artikel oor Marxistiese oorskouings van Brink se romans.

Neil Cochrane se "Die pikareske tematiek in Andre P. Brink se Inteendeel" (p. 93-103) word getoets aan Wicks se beskrywing van die pikareske. In die openingsinne word hierdie eienskappe aangetoon as "outsiderskap, rolverwisseling, vryheid en die individu se stryd om oorlewing" (sonder sitaat of bron) terwyl die Abstract die volgende eienskappe meld: "disillusionment, freedom, hunger, loneliness and gullibility". Cochrane volg die kenmerke in die Abstract genoem, later op met verwysing na Wicks: "ontnugtering, vryheid, hongerte, eensaamheid en goedgelowigheid". Die meeste van hierdie kenmerke word op bondige wyse deur Cochrane uitgelig in die genoemde teks van Brink. Cochrane poog in sy navorsingsverslag om te wys op tekortkominge in Wicks se uiteensetting en van sy winste is die identifikasie van "die kousale verband tussen hongerte en skelmstreke" en die hiermee gepaardgaande politieke mag van heersers wanneer onderdane in 'n stryd om oorlewing verkeer. 'n Tekort in die artikel is egter die "rolverwisseling"--genoem aan die begin--wat nie ontgin word aan die hand van die gegewe Brinkteks nie.

Anette Horn and Peter Horn's article, "It is much more complicated and much more fluid than mere linearity"--female genealogies in Andre Brink's Imaginings of sand (p. 104-116) posits (in the Abstract) that the male author purports to adopt the "female persona", but that the "male gaze nevertheless shows in his 'female' narratives", and states that "Brink's postmodern novel ... is one of those spaces over which the narrative has lost control", but that "it attempts to re-question 'the major topics of that philosophy: Man, the Subject, Truth, History, Meaning'". It is unclear whether by mentioning man the focus is on male or person. A female discourse is opposed to the phallogocentric discourse and "ultimately refers to the transcendental signified of the phallus". The authors pose the question whether "a man (can) write as a woman". In this instance Brink indicates his own doubts about speaking on behalf on another: "as die man ... uit 'n vrou se hoek skryf, dan kan dit baie maklik net weer wees om haar stem weer weg te neem en namens haar te praat" (p. 168).

H.P. van Coller se artikel, "Anderkant die stilte (Andre P. Brink) en die verwerking van trauma" (p. 117-133), is in wese 'n verdediging van 'n standpunt vroeer deur horn ingeneem en is 'n repliek op Philip John se reaksie op genoemde standpunt. Van Coller kyk na uitinge oor die Holocaust. Van Coller poneer verder, en haal talle bronne aan ter ondersteuning van sy standpunt, dat "herinnering ... sosiaal gestruktureerd (is)" en dat dit altyd beteken "opnuut uitvind". Alhoewel verder verwys word na ervaring, word herinnering, hetsy sosiaal of individueel, nie in ooreenstemming gebring met ervaring nie. Van Coller se slotbetoog, dat "stories stemloses stemme gee, hul bemagtig en genees", sluit wel aan by die titel van sy bydrae, maar weereens is die Abstrak en die argumentasie nie werklik in ooreenstemming gebring met die besluit nie.

Sue Kossew's article, "Giving voice: narrating silence, history and memory in Andre Brink's The other side of silence and Before I forget" (p. 134-146) also investigates the "voicing of silence and the rewriting of history and memory". In her well-expressed argumentation Kossew directs the attention to the healing power of representation of the silenced experiences of characters in (our) history. She, however, also focuses attention on the "unreliability of memory" and the fact that all "representation". is "suspect" while "storytelling" is "a way of making sense of the world", which brings us back to the fact that we are dealing with Brink's fictional writings.

Philip John se vergelykende artikel, "Globale paradys of plaaslike hel?--'n Lesing van Duiwelskloof Andre P. Brink), Lituma en los Andes (Maria Vargas Llosa) en Paradise (Toni Morrison)" (p. 147-159), ondersoek die feit dat letterkunde gebiede kan betree wat nie toeganklik is vir feitelike gegewens of bevindings nie, maar te doen het met 'n weergawe of daargestelde omgewing waarin "sosiale en psigiese kompleksiteite, teenstrydighede, dubbelsinnighede, onstabiliteit, onsekerheid, ensovoorts ondersoek kan word". Die aandag word verdeel tussen die drie romans en Brink se Duiwelskloof ondergaan nie diepsinnige analise hie; tog is die gevolgtrekking ten opsigte van spanning tussen globalisering en lokalisme geldig "tussen die nuwe en die oue, die moderne en die premoderne, die verligte en bygelowige, die kosmopolitiese en die parogiale, en les bes, die globale en die plaaslike". Sy bevinding is dat "die romans op die relatiewe aard van die moderne waardestelsel en op die insig [dui] dat hierdie waardestelsel nie op dieselfde manier in alle gemeenskappe bestaan nie".

Die inleiding tot Louise Viljoen se "gesprek" met Brink (p. 160-177) verwys na sy "formidabele Ioopbaan as skrywer en akademikus" en meld "sy werk as romanskrywer, dramaturg, kritikus en akademikus", maar die artikels wat in hierdie uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde opgeneem is, wy net aandag aan die akademikus/teoretikus en romansier. Brink se formidabele invloed as kritikus en sy dramaturgiese bydraes word nie in oenskou geneem nie.

Sonder kennis van die artikels, neem 'n mens aan, lewer hierdie outeur in sy reaksie op Viljoen se vrae kommentaar op sy werk en ook op die manier waarop dit benader en behandel word, en doen in talle gevalle regstellings op sienings deur skrywers opgeneem in hierdie publikasie. Hy verklaar ook (p. 171) dat 'n skrywer afsterf van vorige boeke, en dat die herontdekking/herlees van sekere romans 'n outeur soms tot die besef laat kom hoe sleg dit is of dat dit dalk nie so sleg is as wat hy gedink het nie. Brink bind sy jongste werk, Bidsprinkaan, deur "sentimentele verknogtheid" aan 'n Oomblik in die wind en Houd-den-Bek.

Zandra Bezuidenhout se interessante poetiese kyk, opgedra aan "'n Sestiger op sewentig" bied 'n humoristiese insig nie net op die indruk war die Sestiger op jong lesers gemaak het nie, maar betrek talle elemente van die tydperk waarin Brink opgang gemaak het.

Die temanommer, Andre P. Brink @ 70, is 'n gepaste huldeblyk.

Salomi Louw Skool vir Tale en Kommunikasiekunde, Universiteit van Limpopo
COPYRIGHT 2006 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2006, Gale Group. All rights reserved.

 
Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Tydskrif vir Letterkunde
Author:Louw, Salomi
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Article Type:Periodical review
Date:Apr 1, 2006
Words:2444
Previous Article:Giving a voice to women's lives.
Next Article:Om alleen te reis: 'n Lacaniaanse ondersoek--aantekeninge tydens 'n reis deur Frans-Kanada (1).
Topics:


Related Articles
'n Terugpraat en vooruitgesprek met tekste.
3. Three is a crowd.
Gefnuikte verwagtings.
Waterslangverhale in Afrikaans: die relevansie van mitisiteit.
Digterlike transponering van 'n andersoortige denkwereld.
"Kloof": beeld van kommunikasie-hindernisse tussen mense.
Die Afrikaanse poesie sedert die 1980's ondenkbaar sonder Hambidge.
Weer eens liefde vit Daniel Hugo.
'n Heerlike leeservadng--ten spyte van die oorbekende.
Nie net pa se stem nie.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2018 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters