Printer Friendly

Tydskrif vir Nederlandse en Suid-Afrikaanse studies: stem uit die vreemde.

Koch, Jerzy, red. 2006. Werkwinkel. Tydskrif vir Nederlandse en Suid-Afrikaanse studies, 1(1)2006. Posnan: Adam Mickiewicz Universiteit. Prys: 5,00 [euro]. ISBN: 1-86919-052-7.

Te midde van 'n storm oor die voortbestaan van Afrikaans wat maar net nie wil gaan le nie, is die verskyning van 'n nuwe vaktydskrif wat fokus op Afrikaans en Nederlands soos 'n reenvlaag in die somerdroogte. Wat veral verblydend is, is dat die inisiatief vanuit die buiteland kom, naamlik van die Departement Nederlandse en Afrikaanse Taal, Letterkunde en Kultuur aan die Adam MickiewiczUniversiteit in Pole. In die voorwoord skryf die redakteur, Jerzy Koch:
 Die koers van ons didaktiese en wetenskaplike werk word hoofsaaklik
 bepaal deur Nederlands en Afrikaans, maar dan wel
 binne 'n Engelse konteks. Op hierdie manier wil ons verskillende
 ruimtes met diverse Iokale tale saambring deur die universele
 medium van Engels en deur 'n universeel wetenskaplike
 benadering.


Die redaksionele besluit om binne 'n Engelse konteks te werk, hang saam met die feit dat hulle binne die oorkoepelende Instituut vir Engelse Filologie werk, waarvan die Departement Nederlandse en Afrikaanse Taal, Letterkunde en Kultuur deel is. Dit lyk, as 'n mens aan die eerste uitgawe kan oordeel, asof daar 'n redelike balans gehandhaaf word betreffende die verskillende tale waarin gepubliseer word. Van die veertien artikels wat in die uitgawe verskyn, is vyf in Afrikaans, vyf in Nederlands en vier in Engels. 'n Mens kan wel hoop dat die taalbalans gehandhaaf sal kan word, veral omdat die gebruik van Afrikaans in akademiese tekste die afgelope jare 'n drastiese afname getoon het.

Die redaksionele beleid verteenwoordig die bree raamwerk van vergelykende en interdissiplinere werk en metodologiese benaderings wat moontlik is binne die verskillende vakdissiplines en spesialiteitsgebiede binne die Skool vir Engels aan die Adam Mickiewicz-Universiteit, naamlik taal, letterkunde en kultuur. Soos die redakteur in sy voorwoord opmerk, laat die samestelling van die eerste uitgawe van Werkwinkel inderdaad aan 'n potpouri dink, met artikels oor die spektrum van die literere teorie, die elektroniese media en sosio-politieke kwessies tot identiteitskonstruksie, korpuslinguistiek, sosiolinguistiek en die bedreiging van minderheidstale.

Die nooiensuitgawe van Werkwinkel spog met artikels uit die penne van verskeie swaargewigte in akademiese kringe soos H.P. van Coller, J.C. Kannemeyer, Abraham H. de Vries, Jacques van der Elst, Jerzy Koch, Christine van Baalen en ander.

Die inleidende artikel deur Jerzy Koch, "Herman Benno Marx (1827-1917) --auteur van Benigna van Groenekloof of Mamre (1873)" bespreek die moontlikheid dat die teks Benigna van Groenekloof of Mamre (1873) inderdaad die oudste Afrikaanse teks is. J.C. Kannemeyer toon die ingrypende verskille in woordgebruik tussen die twee digters N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman aan in sy artikel "N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman and the Afrikaans literary tradition". In Abraham H. de Vries se bydrae, "Wrede prag en angs" word "die kombinasie van prag en angs" wat beskrywings van die Kaap die Goeie Hoop die afgelope aantal eeue kenmerk, in sy bekende, fris vertelstyl aangebied.

Artikels waarin literer-teoretiese kwessies aan bod kom, is Phil van Schalkwyk se "Die onbenul van negentig" waarin hy die invloed van die Zeitgeist op Nederlandse prosawerke gedurende die 1990s bespreek, Pawel Zajas se stimulerende lesing van Bas Vlugt se De ijssalon van dokter Harry en H.P. van Coller se fokus op aspekte van die magiese realisme in Afrikaanse romans as 'n vertelstrategie om die kompleksiteit van die Suid-Afrikaanse ruimte te representeer. Ewa Dyarowicz verken die identiteitsvormingsproses van die etnies gekleurde ek-figuur in die outobiografiese roman Portretten en een oude droom van Kader Abdolah.

Sosio-kulturele kwessies word aangesny deur Andre Wessels en Anna-Karin Evaldsson se artikel oor die impak van politieke kaping van Anglo-Boereoorlogherdenkings op die Afrikaanse gemeenskap en deur Jacques van der Elst se artikel oor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se betrokkenheid by kwessies rakende die bevordering van Afrikaans. Elektroniese publikasie-moontlikhede en die rol van die internet op die verskyning van Gayliteratuur, word deur Neil Cochrane ondersoek in 'n artikel "Uit die kuberruim: enkele waardetoevoegings en uitdagings ten opsigte van Gay@Litnet binne Suid-Afrikaanse konteks".

Die taalkunde word verteenwoordig deur bydraes soos die van Christine van Baalen in die korpuslinguistiek waarin sy, na aanleiding van 'n korpusontleding van gesproke Nederlands, die komplimente bespreek wat saam met die woord hoeven kan voorkom en die artikel van Camiel Hamans waarin die sosiolinguistieke problematiek van minderheidstale bespreek word.

Met bekwame akademici op sowel die redaksie as op die raadgewende paneel (Jerzy Koch en Pawel Zajas as redakteur en adjunkredakteur; H.P. van Coller, C.J. Conradie, Ernst Kotze, G.J. Dorleijn van Groningen en Bert Paasman en T.L. Vaessens, albei van Amsterdam, as die raadgewende paneel), kan 'n mens beslis uitsien na 'n vaktydskrif van hoe gehalte.

Graag wens ons Werkwinkel en sy redaksie toe: Bon Voyage ... mag u van krag tot krag gaan en u skoene vol staan in die geledere van vaktydskrifte in en oor Afrikaans!

Resensent: Marlies Taljard

Skool vir Tale,

Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
COPYRIGHT 2007 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2007 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Taljard, Marlies
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Article Type:Book review
Date:Aug 1, 2007
Words:817
Previous Article:Braam de Vries word 70.
Next Article:The mutability of science.
Topics:


Related Articles
Ongekarteerde Afrikaanse literatuur word verken.
Is taalsake 'n hulpbron of 'n probleem?
Die Afrikaanse poesie sedert die 1980's ondenkbaar sonder Hambidge.
Komrij se poetiese reikwydte vertaal?
'n Waardevolle naslaanbron oor Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur.
Die wonder en die gewone.
Afrikaans as voertaal en wetenskapstaal aan Suid-Afrikaanse universiteite.
Braam de Vries word 70.
Poetiese instink laat metafisiese poesie in Afrikaans lewe.
Omdraai ... omdraaipad.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2020 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters