Printer Friendly

Tsotsi-Afrikaans as Bybeltaal?

Van Rensburg, Frans. 2006. Die Tsotsi-evangelie: o Mri vannie padkamp. Pretoria: LAPA Uitgewers. 112 p. Prys: R70,00. ISBN: 0 7993 3631 9.

In Die Tsotsi-evangelie het Frans van Rensburg 'n eerste geskep etlike maande na sy verskyning reeds byna volksbesit geword het--'n feit wat waarskynlik onder andere toegeskryf kan word aan sy optredes by kunstefeeste en 'n CD deur gospelsangeres Belia Lourens. Dit gese, is reeds 'n belangrike aspek rakende die aard van die teks aangesny. Die Tsotsi-evangelie is in wese geskryf om op- en uitgevoer te word. Vader Frans Claerhout se eenvoudige illustrasies (sy laaste opdragwerk) verleen 'n besondere dimensie aan die boek en spreek op eiesoortige wyse in die teks mee deur Claerhout se tipiese verplasing van die Bybelgegewe na die milieu van die nederiges of die "pieperiges". Ook LAPA Uitgewers verdien 'n pluimpie vir hierdie keurige publikasie, veral wat teksversorging betref. In 'n teks soos hierdie, waarin Tsotsi-Afrikaans vir die eerste keer in druk verskyn, is konsekwentheid van spelling en grammatika beslis nie altyd vanselfsprekend nie.

Die struktuur van die teks is interessant in die sin dat dit op postmoderne wyse 'n verskeidenheid tekste en genres saamgevoeg het. Die basiese gegewe--die Matteus-evangelie--word telkens op 'n ander vlak van abstraksie aangebied: die eerste afdeling is 'n kreatiewe verwerking van die Bybelverhaal in Tsotsi-Afrikaans, die straattaal met Afrikaans as basis wat voor 1976 algemeen in plekke soos Alexandra, Sophiatown en Marabastad gepraat is. Daarna word aspekte van die Evangelie in liriese poesie aangebied vanuit die perspektief van "straatmense" en ten slotte word die Christusverhaal op allegoriese wyse aangebied soos gesien vanuit die perspektief van die moegperd (donkie).

Aanvanklik is dit 'n skok om Jesus te hoor praat in die taal van die padkamp: "Ekke kom nie om peace te bring, marrie panga." 'n Mens wil-wil protesteer teen die disrespekvolle woorde wat Hom in die mond gele word, maar met die lees, wat vergemaklik word deur 'n woordelys agter in die teks, duik al hoe meer juweeltjies op. Jy lees hoe Jesus deur Satan versoek word: "As Kgosi die Laaitie van God is, wip af! Da's mos getrek: Hy sal Hom skoonwerkers mission gjee ...", en jy besef ai lesende: engele is "skoonwerkers", die samekoms na 'n begrafnis is "after tears", 'n ryk mens is 'n "gelaaide mens", mense wat trou, "Katz en Lurie". Die saligsprekinge kry skielik nuwe betekenis as dit lui: "Galikkig is die wat soebat, 'cause mot hille sal saggies gewerk wort.'" Omdat Tsotsi-Afrikaans nooit as Bybeltaal of selfs as religieuse taal gebruik is nie, moes baie woorde en uitdrukkings nuut geskep word, en in die vernuwende taalgebruik en kreatiewe metaforiek le myns insiens die bundel se vernaamste verdienste.

Vernuwende taalgebruik geld beslis ook die tweede afdeling van die bundel met sy lirieke wat aansluit by die in die "O Mri"-teks wat deur die "padmaker", die "sidekicks" (dissipels), "moegperd" en die "laaitie" gesing word as kommentaar op die handeling.

Tipies van die liriekvorm, funksioneer baie van die gedigte op die beginsel van parallelisme en koppeling. In die gedig "Lifeboy", word die washandeling drievoudig uitgebeeld in die aanvangstrofes wat slegs in die noem van die liggaamsdeel wat gewas word, verskil: "Na die slaan van die ysters / splash die moldate / hille handes [wanges / manyandi's] / mot lifeboy vannie Corner Shop" en dan die meerduidige slot: "Djesis Hy's alife my boy, /and living in the Corner Shop". Dieselfde resepmatige struktuur kom ook voor in talle ander lirieke, soos "Man alone", "Judas", "Da's lawaai" en "Die drie Marias". Sommige van Van Rensburg se lirieke is egter kamee in eie reg wat metaforiek en transposisie na die township-ruimte betref, maar ook in die verrassende perspektief op bekende gegewens.

Die laaste afdeling, "Moegperd", is die verhaal van die klein donkie wat Jesus in Marabastad indra ("Hoe dog jy kan jy wat Moegperd is Hom khera?") en wat telkens moet "kalaa" wanneer die taak vir hom te moeilik word: "Help my, Jirre, vat my". Ofskoon die afdeling "Virrie kleinkies" geoormerk is, het dit duidelik 'n allegoriese subteks waarin Moegperd 'n dubbelganger van Jesus word. Claerhout se sestien donkie-sketse speel in die afdeling 'n besondere rol in die uitbeelding van die uiteenlopende emosies wat die gewillige klein Moegperd op sy moeilike tog ervaar.

Verkoopsyfers dui aan dat Van Rensburg homself met hierdie teks reeds stewig gevestig het in die gewilde mark. As onpretensieuse werk waarin eenvoud spreek, kan die boek aanbeveel word by lesers, oud en jonk, as stimulerende eietydse perspektief op die immer-gewilde Matteusverhaal.

Resensent: Marlies Taljard

Skool vir Tale,

Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
COPYRIGHT 2006 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2006, Gale Group. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Die Tsotsi-evangelie: o Mri vannie padkamp; text in Afrikaans
Author:Taljard, Marlies
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Article Type:Book review
Date:Dec 1, 2006
Words:748
Previous Article:N.P. van Wyk Louw.
Next Article:Gedagtes in musikale taal.
Topics:


Related Articles
Nog 'n omdigting van Bybelse onthougoed.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2020 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters