Printer Friendly

RE: Mamma se kindjie of weggooibaba? EEN DAG NADAT ONS DIE EINDE VAN ONSE LANDS SE TWEEDE DEKADE GEVIER HET, HET DAAR N OPINIE STUK IN N PLAASLIKE KOERANT VERSKYN WAAROP ONS WIL REAGEER..

Ons stem heeltemal met die skrywer, Tanja Bause, saam dat ons n regte probleem in hierdie land het. Ons stem ook saam dat te min gedoen word om ongewensde swangerskappe te voor kom. Wat ons nie mee kan saam stem nie, is dat Bause die verantwoordelikheid vir hierdie ongewensde swangerskappe alleelik op die skouers van die vrou plaas. Ja, dit is waar dat genoeg vrouens nie die verantwoordelikheid vir hulle vrugbaarheid neem nie. Maar hoe se die Engelse so mooi, "It takes two to tango."

As Bause soveel aandag aan die misdaadveslae gee, soos wat sy se, sal sy ook weet dat te veel swangerskappe direk na geweldade teen vrouens en meisies teruggevoer kan word. Ons weet almal dat te min meisies, maar ook vrouens die gewelddaade waaraan ons almal potensieel blootgestel word, raporteer en dat die polisie verslae slegs die punt van die eisberg is. Self wanneer n paar konsensuele seks het, is dit baie moeilik vir meisies om nee te se, ons praat nie eens van die feit dat te veel vrouens geen se het oor die omstandighede waaronder eksuele kontak plaasvind nie, en dit is net "slam, bam, thank you mam," in so ver as daar ooit eens 'dankie' gese word nie. Selfs die woorde wat ons gebruik--weggooibaba --plaas die verantwoordelikheid algeheel --nee dis h beskuldiging van vrouens wat nie kan cope met die situasie waarin so baie hulle self bevind nie.

Die manne met wie ons slaap of geslagsverkeer mee het, word of nooit, of baie weinig verantwoordelik gemaak vir voorbehoeding. Vrouens in Namibia word verder ontmagtig deur die algemene kultuur wat beweer dat vrouens "nee" se as hulle eintlik "ja" bedoel. Verder is n vrou nie h vrou as sy haar vrugbaarheid nie kan bewys nie. En hoe word h vrou se vrugbaarhei bewys? Deursat sy swanger word en h kind in die lewe bring.

Nog n punt: Genoeg is gese oor so genaamde sentrums vir kwesbare kinders. Die feit dat die organisasie in Tsumeb heeltemal oorweldig is, het te doen met die feit dat nie die regeering en ook nie private organisasie voldoende kinder-beskermings dienste aanbied nie. Die organisasies waarna verwys word, staan die gevaar om in Dickensian werkhuise en jeugdgevangenisse te ontaard. Miskien nie omdat dit die intensie van die organisasie is nie, maar omdat hulle te min eie middele het om die kinders goed en liefdevol na te sien nie. Die argument dat ongewensde kinders na vriendelike en liefdevolle families en persone gegee moet word is naief. Dit gebeur nie in Namibia nie en om dit aan te moedig is onverantwoordelik.

Vrouens word verder verontmag deurdat die vrouens wat as gevolg van hulle desperasie na onwettige aborsies reik, gekriminaliseer word. Almal weet dat desperade vrouens 'agterstraat' aborsies sal oorweeg en dat die aborsies in die tussentyd n publieke-gesondheids probleem is. Vrouens word in die agterstrate gedwing, waar hulle gesondheid en lewens van die vrouens wat gedwing word om na die 'oplossing' in gevaar gestel word.

Ons is almal bewus van die euwels en risikos van ongewensde swangerskappe. Ons weet, dat aan die einde van die dag, die kinders en vrouens is wat die prys betaal. Laat ons die probleem nugter en eerlik benader en ophou om vrouens alleen die skuld te gee. Ons almal is verantwoordelik vir die feit dat te veel kinders op die strate beland waar hulle geen toekoms of perspektief het nie. Ons weet dat te veel vrouens en meisies aan die konsekwensies van agterstraaf aborsies moet ly, terwyl daar veilige maniere is om die euwel te bekamp. In plaas van die skuld op die vrou te pak, maak dit nie meer sin vir ons om eerlike dialoog te bevorder nie wat almal, ook die regering, kultuur en geloof, maar ook die gemeenskap kritiseer en om te begin om dinge te noem wat hulle is?

deur Laura Sasman * photograph Pexels.com
COPYRIGHT 2019 Sister Namibia
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2019 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:EMAIL LETTER
Author:Sasman, Laura
Publication:Sister Namibia
Article Type:Letter to the editor
Date:Jan 1, 2019
Words:642
Previous Article:THE INVISIBILITY OF MINORITY WOMEN WITHIN THE WOMEN'S MOVEMENT IN NAMIBIA.
Next Article:GBV CONDEMNATION.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2019 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters