Printer Friendly

Natasha Tibinyane--'n vrou wat haar stem laat hoor.

Na al die tyd wat ek die afgelope jare saam met Natasha Tibinyane by Sister Namibia en Katutura Gemeenskapsradio deur gebring het, was dit geensins vir my 'n verrassing dat die oorheersende tema in haar lewe is om haar eie stem te vind en te ontwikkel.

Natasha is in 1976 gebore en het die eerste drie jaar van haar lewe by die Epukiro Rooms Katolieke Sendingstasie in die Omahekestreek deurgebring. Toe het haar family Windhoek toe getrek waar haar ouma gebly het.

[ILLUSTRATION OMITTED]

'n Gebore feminis

As sy aan haar kinderjare terug dink, kan Natasha onthou dat sy tydens familie byeenkomste soos begrafnisse en troues as 'n jong kind nooit kon verstaan hoekom mans beter as vroue behandel word nie. Hoekom kry hulle die groter borde kos, hoekom moet hulle apart sit terwyl vroue moet skoonmaak, kook en hulle moet bedien?

Van jongs af het sy haar tante uitgedaag om te verduidelik hoekom mans so behandel word. Dan was sy vertel dat dit is omdat hulle sterk mans is en nodig het om hard te werk en daarom moet hulle die groter border kos kry. "Dan sou ek se, 'maar jy werk ook hard. Jy het al ses uur vanoggend begin werk!' 'Nee, dit is die rol van die vrou,' sou my tannie se. Ek kon dit net nooit aanvaar nie en het geslagsrolle op 'n baie jong ouderdom begin bevraagteken. Ek dink ek is as 'n feminis gebore," se sy.

Die leiding van sterk vroue

Wanneer Natasha se vriende haar bewonder as 'n sterk en doelgerigte persoon, verwys sy vinnig na haar ma en die baie ander vroue in haar familie. "Ek was my hele lewe lank deur sterk vroue omring--my tannies, my ma, my oumas. Hulle het soveel probleme gehad, mans wat hulle geslaan het of net nooit daar was nie, maar hulle het elke dag opgestaan, hulle het uitgegaan, hulle het hul kinders versorg, party van hulle het gewerk, hulle sou werk toe gaan en as hulle terug kom by die huis seker maak hulle kinders is gesond en versorg en woon skool by."

Sy sou hulle gereeld aanvat oor hoe hulle toelaat dat mans hulle behandel deur te se 'maar jy is so 'n sterk vrou, hoekom laat jy dit toe?' "Ek was gewoonlik die een vir wie hulle gese het om stil te bly en dat ek nie weet waarvan ek praat nie. Ek word nog steeds stilgemaak," lag sy.

Die besef van keuses

As 'n weetgierige en nuuskierige kind het Natasha 'n liefde vir lees ontwikkel nog voor sy skool toe gegaan het.

Sy onthou dat sy meeste van haar tyd met haar neus in 'n boek deurgebring het, "want om eerlik te wees, ek wou nie met my realiteite gekonfronteer word nie. Ek het 'n baie hartseer kinderlewe gehad en het baie vroeg besef daar is 'n klomp goed in die lewe wat jy nie kan beheer nie. Jy kan nie besluit of jou pa jou gaan los of nie, jy kan nie besluit of julle vandag kos in die huis gaan he nie en of jy gaan verkluim oppad skooltoe omdat jy net 'n gehawende tweedehandse trui en geen skoene aan het nie.

"Maar ek het ook geweet dat ek die beste van die dinge maak waaroor ek wel beheer het," vertel sy. "Ek het begin om besluite te neem en keuses te maak wat my na 'n beter plek kan neem. Ek was nie gek oor skool nie, maar ek het geweet ek moet graad 12 slaag om te verseker dat ek 'n joernalis kan word. Dinge gebeur met jou waaroor jy geen beheer het nie, maar dan kies jy self hoe om die aangeleenthede te hanteer--en dit is wat die verskil maak."

Van aktiewe student tot joernalis

Sy het 'n aktiewe student by St Andrews Primere Skool in Khomasdal geword, netbal gespeel, aan debatte deelgeneem en in die biblioteek gewerk. "Ek het ongelooflike Engelse onderwysers gehad aan wie ek baie erg gehad het. Hulle kon sien dat ek weetgierig was en sou altyd vir my boeke gee om te lees, my aanmoedig om meer te doen en my laat weet van interessante geleenthede."

Natasha het haar sekondere opleiding aan Concordia Kollege in Windhoek voltooi wat 'n veelrassige skool was. "Dit het my 'n paar maande gevat om hieraan gewoont te raak want daar is altyd vir my gese 'moenie met die witmense praat nie' en skielik het ek blanke onderwysers en blanke klasmaats--dit was 'n hele nuwe wereld vir my gewees. Ek het tot die besef gekom dat net omdat jy swart is beteken dit nie dat jy dom is of dat witmense meer intelegent is as jy net omdat hulle beter behandel word nie. Jy het dieselfde vermoens."

Sy moet haar droom om 'n joernalis te word na matriek eers tydelik laat vaar omdat sy nie 'n beurs gehad het ne. Toe gaan werk sy van 1995 tot 1997as ontvangsdame by 'n hotel in Windhoek. "Dit was die aakligste werksondervinding wat ek gehad het, want dit was 'n rassistiese omgewing. Maar ek het geleer hoe om myself te verdedig en op te staan teen mense soos opsigters en bestuurders wat gedink het hulle kan mense so behandel." Sy moes vasbyt want sy het die geld nodig gehad, maar het haar droom oor haar loopbaan as joernalis lewendig gehou. Haar geluk het gedraai die dag toe sy daarin kon slaag om haar in 'n werk by 'n plaaslike media-instansie in te praat.

Om haarself as 'n feministiese aktivis te laat geld

"Ek dink my lewe het regtig begin toe ek by New Era koerant begin werk het," se sy met daardie kenmerkende sprankel in haar oe, "want dit is waar ek my reis begin het om myself en my stem te vind, om die mens te word wat ek vandag is." 'n Perskonferensie van die Rainbow Project het haar belangstelling geprikkel in menseregte aangeleenthede en dit, saam met die regte van vroue het haar hoof fokuspunt geword. Na drie jaar by die koerant het Natasha besluit sy het 'n nuwe uitdaging nodig. Sy het 'n beurs deur die Konrad Adenauer Stigting losgeslaan en joernalistiek aan die Natal Technikon in Durban gaan studeer.

Dosente soos Ashin Desai het haar voorgestel aan onder meer politieke wetenskap, maar ook aan aktivisme en die idee dat sy as 'n joernalis ook 'n verskil kan maak. Na twee en 'n half jaar van studies het Natasha Namibie toe teruggekeer en het haar ses maande indiensopleiding by die New Era koerant voltooi. Haar visier was egter op 'n werksgeleentheid by Sister Namibia gerig vir wie sy vryskut werk tydens haar vakansies gedoen het.

"Ek is mal oor Sister Namibia, van die eerste oomblik wat ek in julle kantoor ingestap het jare gelede. Ek het die tydskrif geken en sal nooit die eerste dag vergeet wat ek na julle bronnesentrum kom kyk het nie. Ek het 'n veilige, stil en kalm omgewing ontdek waar daar al hierdie boeke was en ek het mense ontdek wat soos ek dink en met wie ek my idees kon uitruil en my eie stem kon ontwikkel en meer krities kon begin dink. Ek het nog altyd geslagsrolle bevraagteken en het nog altyd moeilikheid van my uitgebride familie hieroor gekry, maar Sister Namibia het my met die regte vaardighede toegerus om my pad deur die lewe as 'n feminis oop te onderhandel. As ek die pad moes loop sonder die boeke wat ek kon lees en mense met wie ek daaroor kon praat, sou dit baie moeiliker gewees het. Heel moontlik sou my stem lank terug al stil gemaak gewees het."

Natasha het in Maart 2003 as 'n mediabeampte by Sister Namibia begin werk, 'n werk wat inderdaad van haar vereis het om die bestaande status quo uit te daag. "My aktivisme het lewe gekry, ek is elke dag geinspireer deur die mense met wie ek te doen gekry het,' se sy. "Soos die lede van die Namibiese Vroue Manifesnetwerk--doodgewone vroue uit landelike gebiede wat meestal nie eers hoerskool opleiding het nie. Hulle spandeer 'n week in mekaar se geselskap en praat oor aangeleenthede. Hulle vertel vir my hulle lewensverhale en ek wil nie he die werkskool moet klaarmaak nie."

Sy word 'n leier by KCR

Natasha was redelik skepties toe Sister Namibia haar vra om hand by te sit om Katutura Gemeenskapsradio weer van die grond af te kry, veral omdat sy nog nie voorheen 'n belangstelling in radiowerk gehad het nie. "Ek het besef dat ons nie werklik enige ander keuse gehad het nie. Daar was niemand anders wat die tyd gehad het om dit te doen nie en dit is waar my lewe 'n hele nuwe rigting ingeslaan het. Iets wat ek nooit kon dink moontlik sou wees nie.

"Ek het nooit besef dat dit binne my vermoe is om 'n span van tot 60 mense te lei nie; om 'n radiostasie op sy voete te kry; om programme te vervaardig en aan te bied en om 'n stasiebestuurder te wees nie. En dit terwyl ek saam met 'n klomp jongmense werk wat my elke dag net inspireer."

Voorbereiding vir die toekoms

Op 29 het Natasha Tibinyane baie planne vir haar toekoms. Eerste in die ry staan 'n sosiologie graad deur afstandsonderrig aan die Universiteit van Suid-Afrika. Daarna is dit haar droom en doelwit om vir 'n vroue organisasie op streekvlak of iewers op die vasteland te werk--weereens met die doel om 'n verandering te maak terwyl sy haar eie horisonne verbreed.

En daarna? "Ek wil terugkom en vir Sister Namibia as die direkteur kom werk, niks anders sal deug nie!" se sy. En na dit? "Al wat ek weet is dat ek graag 'n belangrike rol sal wil speel deur positiewe veranderinge in die land te bewerkstellig. Ek het vanoggend met my ma 'n grappie gemaak en gese ek gaan Namibie se eerste vroue president word!"

Natasha se belowende loop-baanfokus het baie vroeg in haar lewe begin toe sy tot die besef gekom het dat "dit die een ding is waaroor ek beheer kan he. Ek is jammer, maar ek verseg om my lewe oor 'n huwelik of 'n verhouding of 'n man te bou, want jy weet nooit wat gaan gebeur nie. Ek het myself nog altyd as 'n professionele persoon gesien, as 'n beroepsgeorienteerde persoon en ek sal graag net daar wil bly. Daarmee se ek nie dat om 'n vrou en 'n ma te wees minder belangrik is nie, maar dit is beslis minder belangrik vir my."

Sy glo dat die stryd vir vroue se regte en gelykheid ook insluit dat vroue die vryheid gegun moet word om ingeligte besluite oor hul lewens te neem, wat gerespekteer en ondersteun moet word. "Alvorens vroue nie 'n gelyke rol op alle vlakke van die gemeenskap vervul nie kan ons maar vergeet om enige van die ontwikkelingsdoelwitte te bereik wat ons vir onsself as 'n nasie, die vasteland of die wereld gestel het."

Haar boodskap vir jong vroue? "Weet dat jy enigiets kan bereik wat jy wil en moenie toelaat dat die gemeenskap jou aan bande le nie of jou in 'n blik druk nie. Jy het 'n stem so laat jou stem gehoor word!"
COPYRIGHT 2005 Sister Namibia
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2005, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Naude, Vertaal deur Marietjie
Publication:Sister Namibia
Article Type:Interview
Geographic Code:6NAMI
Date:Nov 1, 2005
Words:1868
Previous Article:Inatu Indongo-shades of gray: images from her first solo exhibition, National Art Gallery of Namibia, April 2005.
Next Article:Ovakainhu tava pula oufemba wavo womaliko nomafyuululo: omukainhu womunyasha omuAfrika wofika ya ndjanga nota monika lela a nyika ouwiliki okwa...
Topics:


Related Articles
'n Tydige heruitgawe.
Alexia Ncube: Anders en Bekwaam; Die verknorsing van andersbevoegde mense en in besonder die van andersbevoegde vrouens word vir lank reeds deur die...
Toeganklike lirieke met 'n digterlike aanslag.
'n Vermenging van die Khoi-San en die Ooste.
Naomi Kisting: ons kan die aangesig van die wereld verander!
Natasha Lamoela--ontwikkel die magiese teaterwereld.
Anita Isaacs: begin die lewe van nuuts af met HIV en Aids.
Rou.
Die skilder.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2020 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters