Printer Friendly

Marais dwing steeds bewondering af.

Marais, Eugene N. 2007. Die siel van die mier. Gerecligeer deur S. Francine Honing, J.C. Kannemeyer, Annie Klopper, LiMari Louw en Mia Oostehuizen. Pretoria: Protea Boekhuis. 199 p. Prys: R130,00. ISBN: 978-1-86919-150-4.

In 2005 verskyn Eugene Marais se Versamelde gedigte as 'n projek van J.C. Kannemeyer se studente in Edisiewetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch en pas het ook Die siel van die mier verskyn. Die merkwaardige boek, wat aanvanklik as artikels in Die Burger en Die Huisgenoot verskyn het, word steeds wereldwyd as 'n klassieke teks beskou. Dit is in verskeie tale vertaal en in Afrikaans is dit alreeds sewe keer herdruk. Net soos sy bekende studie oor die leefwyse van 'n bobbejaantrop, Burgers van die berge, getuig ook hierdie werk van Marais se geniale insig in en fyn waarneming van die Suider-Afrikaanse natuurlewe.

Wat die 2007-uitgawe van Die siel van die mier iets besonders maak, is Kannemeyer se deeglik nagevorsde "lnleiding" waarin hy die werk kontekstualiseer. Benewens 'n oorsig oor die publikasiegeskiedenis van Die siel van die mier, word ook die vraag beredeneer of Maurice Maeterlinck, die Belgiese natuurwetenskaplike, plagiaat gepleeg het in sy boek La vie des termites waarin hy duidelik van Marais se materiaal gebruik maak sonder om enigsins na hom te verwys. Omdat die redaksiespan 'n histories-kritiese uitgawe van die werk onderneem het, is alle artikels wat in Die Huisgenoot verskyn het, die verskillende drukke van die eerste en tweede uitgawes, asook Leon Rousseau se uitgawes van 1984 en 2006 met mekaar vergelyk. Met die eerste druk wat nog deur Marais self versorg is as basisteks, is 'n deeglik geannoteerde teks saamgestel. Hoewel 'n volledige histories-kritiese studie van die teks en sy geskiedenis onderneem is, was dit uiteindelik te duur om die volledige teks met sy addendum van oor 'n honderd bladsye, wat ook die volledige variant-apparaat bevat, te publiseer. Die uiteindelike produk is dus 'n studie-uitgawe waarin slegs die belangrikste keuses uit die verskillende variante van die teks in voetnote verantwoord word. Die variant-apparaat is egter vir akademiese doeleindes in die J.S. Gericke-biblioteek in Stellenbosch beskikbaar. Wysigings van taalgebruik is gemaak waar ooglopende setfoute voorkom, waar Marais se woordkeuse nie meer vir die moderne leser verstaanbaar is nie en ook waar 'n wetenskaplike term intussen in Afrikaans geskep is wat nie tot Marais se beskikking was nie. Wat egter prysenswaardig is, is dat die outentieke Eugene Marais nog self uit sy teks spreek en die taal nie sodanig verander is dat die ouwereldse styl wat die Afrikaans van die twintigerjare van die vorig eeu kenmerk, verlore gegaan het nie. Ter illustrasie haal ek aan uit "Die begin van 'n termietnes":
   Enige jare gelede het 'n artikel oor miere deur dr. Hesse in 'n
   Afrikaanse tydskrif verskyn. Byna ailes wat deur natuurkundiges
   van miere vertel word, is altyd belangrik en interessant en dr.
   Hesse se stuk (soos te verwagte was) was buitengewoon
   interessant. Maar die stuk het ook gedien om nogmaals een feit
   helder te laat uitblink: hoe vreeslik min daar in ons land gedaan
   word in die studie van dierlike gedrag ...


Die resultaat van die navorsing is 'n keurige teks wat enersyds in die akademiese nismark voorsien en terselfdertyd 'n handelsedisie is wat beslis byval by die bree publiek behoort te vind.

Vir die moderne leser wat (weer) Marais se seminale werk oor die termietnes wil lees, bied Die siel van die mier 'n ontdekkingstog na die geskiedenis van die Afrikaanse taal wat terselfdertyd 'n insiggewende kykie gee op die insigte van 'n geniale natuurkenner van die vroee twintigste eeu. Hoewel sy terminologie en teoretiese uitgangspunt in moderne tye waarskynlik effens anders sou Ie, kan die hedendaagse leser homself steeds verwonder aan die deeglikheid van Marais se navorsing waarmee hy sy tyd ten minste 'n halfeeu vooruit was. Dat sy insigte in die funksionering van die termietnes vandag steeds relevant is, getuig die feit dat daar ten tye van die skryf van die resensie gewerk word aan 'n TV-program oor Die siel van die mier, onder leiding van die bekende entomoloog, professor Erik Holm. Volgens Holm word Marais se werk steeds wereldwyd as 'n gesaghebbende bron op die terrein van termietgedrag beskou en bly dit 'n teks wat steeds bewondering by vakkundiges afdwing weens die wetenskaplike presisie en deeglikheid waarmee dit onderneem is. Tog word die teks nooit vervelig nie, omdat Marais met 'n verwondering skryf wat aansteeklik ha sy lesers deurwerk.

David van Reybrouck, argeoloog en kultuurhistorikus, se boek De Plaag en sy musiekdrama, Die siel van die mier, wat daarop gebaseer is, het daartoe meegewerk dat daar in Nederland en Belgie opnuut belangstelling in Marais se werk opgevlam het. Die aanleiding tot die werke was die beweerde plagiaat van Maetterlinck, wat as wereldbekende wetenskaplike gebruik gemaak het van die werk van 'n onbekende persoon, "diep in Afrika".

Ten spyte van enkele kleiner krapperigheidjies, maak Kannemeyer en sy span se finale produk, wat op 'n goeie kwaliteit papier gedruk is en netjies ingebind is, 'n keurige indruk en getuig van ure se harde werk, deeglike navorsing en vakkundige teksversorging.

Reviewer: M. Taljard

Skool vir Tale, Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
COPYRIGHT 2008 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2008 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Taljard, M.
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Date:Aug 1, 2008
Words:848
Previous Article:Humor in Afrikaans.
Next Article:Die genot van 'n eie interpretasie.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2022 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters |