Printer Friendly

Lakens op die bleik.

Aucamp, Hennie. 2007. 'n Vreemdeling op deurtog. Pretoria: Protea Boekhuis. 136 p. Prys: R120,00. ISBN: 978-1-86919-202-0.

'n Vreemdeling op deurtog, Hennie Aucamp se nuutste verhaalbundel is, in sy eie terme, 'n protobiografiese bundel waarin verhale, essays en poesie met 'n goeie skoot biografiese feite en verdigsels daarby ingemeng, aangebied word. Dit is stukke wat uit die hart, uit die huis en uit eie belewing kom. Oto 'n Aucamp-metafoor buite konteks te gebruik: hy hang in die bundel inderdaad die lakens op die bleik uit.

Wat my die meeste getref het, is weereens die skrywer se indrukwekkende belesenheid, sy woordvaardigheid, kennis van musiek, kabaret, die teater en die wereldletterkunde. 'n Vreemdeling op deurtog illustreer Umberto Eco se stelling "books always speak of other books, and every story tells a story that has already been told", maar dan met 'n klemverskil, sodat die intertekste terselfdertyd intellektuele kommentaar word. "Soos lakens op die bleik" (p. 29-49), sy "verslag van 'n winterreis" en "Blinde vensters, blinde spieels" (p. 68-75) is ware collage-verbale, soos hy laasgenoemde inderdaad ook self noern.

Buitestanderskap, die "vreemdeling in die poorte" (p. 124), "vreemdes in 'n vreemde wereld" is, soos die skrywer in 'n onderhoud met Murray La Vita van Beeld verklaar en soos so dikwels by Aucamp, die Leitmotiv in hierdie bundel. In gesprek met Abraham H. de Vries op LitNet verduidelik Aucamp wat De Vries sy dekadensie-trek noem: Sy basiese credo is en bly die menslike kondisie. Die invloed van die antifascistiese Weimar-kabarette gee volgens hom 'n besondere dimensie aan sy kabarette, maar werk duidelik ook deur na sy ander werk waarin die gay die "outsider" by uitnemendheid is. Hierdie mededoe met aile beleerdes en minderheidsgroepe, veral ook met die groteske en verminkte enkeling, is een van die sterkste temas in hierdie bundel. Evert E. Potgieter se gedig "Ter nadenke", wat Aucamp op p. 72-73 aanhaal, bevat 'n sprekende metafoor vir die randfigure, naamlik "huile wat buite die genade wag / vir die genadeslag", soos ook die bejammerenswaardige karakter Pontiac Draaghoender in die daaropvolgende verhaal van John Edmunds wat Aucamp in aansluiting by die gedig in verkorte weergawe oorvertel. Die beskrywing van die "agterlike" Boetie in die vertelling "'n Vreemdeling op deurtog" (p. 17), van Madame Zichy in "Life is a cabaret, old chum" (p. 22-28), Truman en Fyta in "Die manlike musiek van rots en see" (p. 60-67), die empatiese verwysings na Ernst van Heerden en Paul Wittgenstein in "Die ander hand" (p. 8290) en die uitbeelding van Erwee en Miss Wee in "Die klopgees" (p. 112-120) getuig van Aucamp se deernis met die afgryslike en die gemarginaliseerde.

Baie van die verhale in die bundel word gekenmerk deur 'n Boheemse samevoeging van style, tekste, ruimtes en karakters. Self skryf hy oor ontgrensing in sy diskoers in "Die ander hand" (p. 84) en oor sy eie siening van die toeval:
   Energiee beweeg op mekaar aan in die ruimte, asof aangetrek
   deur mekaar, en wat ons as toevallige ontmoetings sien, is
   meestal voorbestem. Hiervan kan my lewe as vreemdeling op
   deurtog getuig. (p. 21.)


Oor die naasmekaarbestaan van die stylvolle en die dekadente in sy werk, skryf Aucamp in "Blinde vensters, blinde spieels" (p. 68): "Die onmooie en die skone bestaan naas mekaar in die letterkunde en die kunste, soos ook in die lewe, nie noodwendig in opposisie nie, soms selfs in simbiose." En so sien ons dit telkens ook in sy verhale, byvoorbeeld wanneer die verteller en 'n vriend pornografie kyk in 'n gaygerief, "... ek moet se dit was nogal koddig, die kontrapunt: op die skerm 'n vervelige in & out routine, en ek en John wat geesdriftig oor die Tweede Weense Skool praat" (p. 92-93).

Dit is daarom ook nie vreemd dat sy karakters meestal trekke van die "afwykende" en die eksentrieke vertoon nie. Ek dink aan kleurvolle karakters soos Madame Clara Schumann, de beest van BellvUle, Truman, Fyta en Seppie van "Die eiland van graniet", die dwerg in Oscar Wilde se "The birthday of the Infanta", die grusame ryloper Stoffel, en die twee gays Erwee en Miss Wee. Ewe kleurvol is ook die ruimtes wat opgeroep word in die Ioop van die vertellings en wat wissel tussen Duitsland in die Victoriaanse era, Weimar, Amsterdam, Kaapstad, Tafelberg en die Karoo. Maar ook die ruimte van die bonatuurlike en die afwykende word verken, the spirit of place, D.H. Lawrence se begrip waarna Aucamp in "Middelpos" verwys en wat sy hele oeuvre kenmerk.

In 'n bundel wat in aile ander opsigte so keurig en fyn versorg is, van woordkeuse tot tipografie en die sprekende buiteblad, is dit jammer dat die teks plek-plek ontsier word deur grammatikafoute wat die teksversorger laat deurglip het wanneer uit die Duits aangehaal word (en die onnoukeurigheid is verreweg nie beperk tot Aucamp se bundel nie, maar kom m.i. ook heeltemal te dikwels in die tekste van ander skrywers voor). So staan daar byvoorbeeld op p. 49 ... dahin muss ich gehe in plaas van gehen, op p. 54: ... gedenken mein in plaas van gedenke en die korrekte titel van Schreker se opera (p. 71) is Die Gezeichneten en nie Der Gezeichneten nie.

Maar die foutjies daar gelaat. 'n Vreemdeling op deurtog is tegelyk 'n sterk en toeganklike bundel--'n bundel vir sowel literere fynproewers as doodgewone lees-smulpape.

Resensent: Marlies Taljard

Skool vit Tale, Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
COPYRIGHT 2008 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2008 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Taljard, Marlies
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Date:Apr 1, 2008
Words:880
Previous Article:Kannemeyer--literere opstelle.
Next Article:'n Skeptiese Satan aan die woord.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2021 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters |