Printer Friendly

Johan Smuts (1934-2015).

Met die dood van Johan Smuts op 20 Julie 2015 het die Afrikaanse letterkunde nog een van sy belangrike kritiese Ul. Jfc geeste en karteerders verloor. Sy dood was 'n verdere merksteen in die verbygaan van 'n generasie van skerpsinnige je en gedee letterkundiges wat aan die studie van die Afrikaanse letterkunde 'n groot mate van intellektuele sofislikasie verlern hei. In die onlangse l\d hei lileralore soos Elize Botha, John Kannemeyer, Jakes Gerwel en T. T Cloete ons ontval.

Na enkele jare in die onderwys, by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en in die Fakulteit Opvoedkunde van die Stellenbosch Universiteit is Johan in 1971 aangestel in die Departement Afrikaans en Nederlands van die Stellenbosch Universiteit, waar hy vanaf 1986 tot met sy aftrede in 1994 professor in die Afrikaanse letterkunde was en vanaf 1989 tot 1991 ook voorsitter van die Departement. As dosent sal hy deur sy studente onthou word vir sy skerpsinnige lesings oor die prosa en die drama, vir sy indringende insette as studieleier van talle MA- en doktorsgraad-studente en vir sy nougesette voorsitterskap van die Departement. As departementele voorsitter was hy nie net besonder deeglik nie, maar het hy ook van personeellede gevra om krities te reflekteer oor die bydrae wat hulle tot studente se breer opvoeding en die groter gemeenskap maak. Hy het gesorg vir die instelling van 'n reeks openbare lesings en het ook die inisiatief geneem om 'n opknappingskursus vir letterkunde-onderwysers te reel. Hierdie inisiatief het later uitgegroei tot die Letterkunde-Ondersteuningskomitee (LOK) waarin die Afrikaans-departemente van die drie suidelike universiteite jaarliks saam met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement 'n simposium aanbied wat deur meer as 500 onderwysers bygewoon word.

As navorser het hy uiters belangrike werk gedoen op die gebied van die prosa, veral in sy doktorale proefskrif Karakterisering in die Afrikaanse roman (1975), sy talle artikels oor die werk van Etienne Leroux en sy handleidings oor die prosateorie Hoe om 'n roman te ontleed (1977) en Die roman: 'n inleiding (1998). 'n Ander genre waaroor hy met groot gesag geskryf het, was die drama soos wat sy talle dramakronieke in Tydskrif vir Geesteswetenskappe en sy bedrae oor die Afrikaanse drama in die literatuurgeskiedenis onder redaksie van T T. Cloete, Die Afrikaanse literatuur sedert sestig (1980), getuig. Hy het ook sy literere invloed laat geld as resensent deur middel van die groot aantal gesaghebbende resensies wat hy oor die jare geskryf het en waaruit daar 'n keur opgeneem is in die publikasie Burgerband (1985). Hy was ook reeds van vroeg in sy loopbaan saam met sy vrou en vakgenoot, Ria Smuts, verantwoordelik vir die saamstel van verskillende bloemlesings uit die letterkunde vir gebruik in die onderrig van letterkunde. Vir hierdie omvattende bydrae tot sy vakgebied het hy in 2003 die Gustav Preller-prys vir literatuur en letterkundige kritiek van die SuidAfrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Hy het ook 'n laat debuut as kortverhaalskrywer gemaak toe hy in 2012 saam met sy vrou Ria die kortverhaalbundel Die water wat verby is gepubliseer het. 'n Volgende kortverhaalbundel Die helder oomblik is tans ter perse.

Johan Smuts sal ook onthou word vir sy werk as lid van die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vanaf 1990 tot 2007. Vir die laaste vyf jaar van hierdie periode was hy voorsitter van die Letterkundekommisie wat die bedrywighede van die kommissie met 'n ferm maar soepel hand hanteer het. Hiervoor het hy in 2007 'n oorkonde van die SA Akademie ontvang. Sy kundigheid oor die Afrikaanse letterkunde is ook ingespan in die beoordeling van 'n hele spektrum ander literere toekennings soos die Perskorprys, die Ou Mutual-prys, die Nasionale Pers-pryse (waaronder die W. A. Hofmeyr-prys), die CNA-prys en die M-Net-prys. In 1990 was hy as beoordelaar betrokke by die eerste romanwedstryd, uitgeskryf deur De Kat, waar skrywers manuskripte ingeskryf het en wat gewen is deur Alexander Strachan met die manuskrip van Die jakkalsjagter. Ook as keurder vir uitgewers het hy sy merk op die Afrikaanse literere toneel gemaak. As beoordelaar en keurder kon daar altyd staatgemaak word op sy wye belesenheid, sy gesofistikeerde smaak en haas onfeilbare sin vir gehalte.

Een van Johan Smuts se bekendste artikels was "Slot en sleutels" oor Etienne Leroux se roman Sewe dae by die Silbersteins. 'n Mens sou die titel kon deurtrek na sy werk as literator: dit wat hy tot stand gebring het met sy onderrig in en navorsing oor die Afrikaanse letterkunde was vir sy talle studente en die lesers van sy werk nie "slotte" nie, maar "sleutels" wat 'n ganse intellektuele rykdom ontsluit het.

Louise Viljoen

Louise Viljoen is die voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch. E-pos:lv@sun.ac.za

DOI: http://dx.doi.org/10.4314/tvl.v52i2.19
COPYRIGHT 2015 Tydskrif vir Letterkunde
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2015 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Huldeblyk
Author:Viljoen, Louise
Publication:Tydskrif vir Letterkunde
Article Type:Obituary
Geographic Code:6SOUT
Date:Mar 22, 2015
Words:787
Previous Article:T. T. Cloete (1924-2015).
Next Article:Chenjerai Hove (1956-2015).
Topics:

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2021 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters |