Printer Friendly

Distance and experience/endurance: liminal spaces and survival in Ingrid Winterbach's Niggie (Cousin)]/Afstand en belewenis: liminale ruimtes en oorlewing in Niggie deur Ingrid Winterbach.

Abstract

In this article aspects of Ingrid Winterbach's novel, "Niggie" ("Cousin"), which is set against the backdrop of the last months of the Anglo-Boer War (1899-1902) are analysed. The geographical (spatial) and psychological isolation of the characters and the influence of the historical situation on the psyche of the characters are discussed. Special attention is paid to the relation of the characters to nature. The main characters seem to find themselves in a series of liminal situations. The war experiences force them to accept the inevitable, but also to find ways and means to transcend personal and collective trauma. Though they do change irrevocably and have to exploit their own creativity and psychological resources to the utmost, they do survive and eventually continue their lives under more normal circumstances. The novel explores the experience of trauma and the possibility and quality of survival, but the sensitive analysis of the human aspects of the specific historical circumstances has a wider resonance--so that the novel can be regarded as a historical novel about the future.

Opsomming

In hierdie artikel word enkele aspekte van Ingrid Winterbach se roman, "Niggie", wat afspeel tydens die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), ontleed. Daar word aandag gegee aan die geografiese (ruimtelike) en psigologiese isolasie die karakters en die invloed van die histodese omstandighede op die geestestoestand van die karakters. Daar word spesifiek gelet op die verhouding tussen die karakters en die natuur of omgewing. Die hoofkarakters bevind hulself in opeenvolgende (of selfs ingebedde) liminale situasies. Hulle word gedwing om die onvermydelike gevolge van die oorlog te aanvaar, maar hulle moet ook maniere vind om die trauma op persoonlike en kollektiewe vlak te verwerk. Hoewel die oorlogservafing hulle ingrypend verander en geweldige else stel aan hulle deursettingsvermoe en kreatiwiteit, oorleef hulle wel en hulle kan hulle lewens onder meer norrnale omstandighede voortsit. Die roman ondersoek die belewenis van trauma en die moontlikhede en kwaliteit van oorlewing, maar die sensitiewe uitbeelding van die menslike aspekte van die spesifieke oorlogsomstandighede verkry 'n wyer resonansie--tot so 'n mate dat die roman beskou kan word as 'n histodese roman oor die toekoms.

1. Inleiding

Ingrid Winterbach se roman, Niggie, speel af tydens die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Ten spyte van die sterk historiese inslag, is dit geen gewone historiese roman nie, omdat die fokus verplaas word weg van die geskiedenis as sodanig op die belewenisse van beproewing en oorlewing van spesifieke individue, wat juis nie tipiese karakters is nie, maar mense wat sowel persoonlike as kollektiewe trauma op 'n spesifieke manier ervaar en hanteer. Die oorlogsomstandighede veroorsaak intense spanning en stres en mense reageer verskillend daarop, meer nog as persoonlike verlies en verwarring die situasie kompliseer; maar in die roman word die voortgang van die menslike bestaan en die menslike vermoe om verder te lewe op 'n sensitiewe en verbeeldingryke wyse uitgebeeld. Dit gaan nie slegs oor hoe mense trauma oorleef of dat mense trauma sal en kan oorleef nie, maar, en dit is 'n veel komplekser en diepsinniger insig, dat die lewe in welke vorm ookal, nogtans voortgaan.

Daar is vele fasette van hierdie meerduidige roman wat ontleed en bespreek kan word. In hierdie artikel word die fokus slegs gerig op die sentrale karakters se verhouding tot die omgewing, die implikasies van die isolasie (ruimtelik en temporeel) van die karakters, die invloed van die historiese omstandighede op die persoonlike en kollektiewe psige en enkele aspekte van die oorlewingstrategiee wat die karakters in werking stel. Die feit dat die karakters hulself telkens buite die hoofstroom van gebeure bevind, word bespreek in terme van liminaliteit en liminale prosesse.

Niggie is 'n roman van buitengewone tegniese kompleksiteit en hierdie stilistiese veelsydigheid behoort deurlopend in 'n lesing van die teks verreken te word. In die teks word 'n eiesoortige poetika ontwikkel wat 'n spesifieke leeswyse vra en hie maklik in 'n bepaalde teoretiese raamwerk ingepas kan word nie. Daarin le juis die aantreklikheid van die roman. In hierdie artikel word teoretiese begrippe en konsepte dus met groot omsigtigheid gebruik om nie die assosiatiewe aard van die betekenisgenerering in die roman in te perk nie, soos wat 'n mens die subtiele spel van lig en skadu in 'n landskap liefs nie deur mure en pilare wil versper nie.

2. Slagoffers van die oorlog

Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is 'n sentrale gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en die nawerking daarvan het regdeur die twintigste eeu 'n bepalende invloed gehad op sosiale en politieke ontwikkelinge in die land. Die oorlogsgeskiedenis en -omstandighede is algemene kennis vir Suid-Afrikaners, sowel die geromantiseerde versie as die alternatiewe sieninge daarvan. (1) Hierdie geskiedenis is as't ware deel van die Suid-Afrikaanse en veral die Afrikaanse kollektiewe herinnering. Dit vorm deel van die mitologie waarop in die verloop van die volgende eeu sowel positief as negatief gereageer is (Swanepoel, 1998:65-72; Giliomee, 2004: 230-231). Die roman is geskryf en word in die Afrikaanse leesgemeenskap gelees teen die agtergrond van 'n bepaalde voorkennis en daarom bied die onderwerp van die roman die ideale geleentheid om op 'n buitengewoon subtiele wyse die formele geskiedenis en vele ander intertekste te ondermyn en te relativeer, maar ook aan te vul. Hoewel die roman kollektiewe sake aangaande die Boereoorlog belig, is die verhaal nogtans besonder sensitief ingestem op die spesifiekheid van die belewenis van bepaalde individue teen die breer historiese agtergrond.

Die karakters in die roman, Niggie, is slagoffers van die oorlog, maar hulle oorleef wel. Die roman speel af in die laaste maande voor die formele beeindiging van die oorlog, wanneer almal reeds weet (maar dit miskien nog nie heeltemal aanvaar of die implikasies daarvan wil bedink nie) dat dit onmoontlik is vir die Boeremagte om die oorlog teen die magtige Britse Empire te wen. Drie mans, Willem Boshoff, Reitz Steyn en Ben Maritz, kry verlof om 'n erg getraumatiseerde jong man, Abraham Fouche, na sy familie in die Oos-Vrystaat te neem. Hulle sluit aan by 'n groep burgers in 'n bergskuiling en wag vir instruksies van die generaal om verder te reis. Die mans in die kamp ly almal aan een of ander vorm van oorlogskade, hetsy fisies of geestelik, sodat hulle nie meet aktief kan veg nie (p. 39-40). (2) Hierdie mense, soos Ben en Reitz ook, weet dat hulle waarskynlik alles waaraan hulle waarde heg, vedoor het: persoonlike status en eiendom sowel as politieke vryheid en onafhanklikheid. Hulle weet van die afgebrande plase en van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe, waar die sterftesyfer ongekende afmetings aanneem en hulle vermoed dat ingrypende verlies van sowel eiendom as geliefdes moontlik vir hulle wag.

Die gesprekke van die mans in die kamp is 'n weerspieeling van die verskillende standpunte oor die oorlog en van die uitkoms van die oorlog, maar gee waarskynlik ook 'n goeie idee van die psigologiese profiel van die gemeenskap van Afrikaners wat in die oorlog betrokke was. (3) Sommige mense vertolk hulle ervaring in religieuse terme of deur te filosofeer (Japie Stilgemoed, p. 37, 55, 78), terwyl ander teer op nostalgiese herinneringe of bly vassteek in die traumatiese dinge wat hulle beleef het (Kosie Rijpma, p. 84, 102-103, 160). Daar is 'n mate van depressiwiteit by almal, maar daar is ook die mense wat hulle magteloosheid met 'n gevloek en geraas probeer besweer (Gert Smal, p. 38, 47-48, 80).

Onderlinge wantroue kompliseer die wanhoop en uitsigloosheid van die situasie verder, soos blyk uit die suggestie dat dit 'n lokval is waarin Reitz, Ben en Gert Smal beland. Smal sterf, maar die gewonde Reitz en Ben word deur twee vroue gevind wat hulle na 'n plaas neem waar hulle verpleeg word. Reitz herstel vinniger as Ben wat weens 'n keelwond sy spraak verloor. Die twee mans bring dus die laaste maande van die oorlog deur op 'n afgelee plaas. Hoewel verwyderd van die oorlogsomstandighede en gerig op persoonlike herstel, is hulle egter deurentyd bewus daarvan dat niemand weet wat die toekoms sal bring nie.

Alhoewel die roman oor 'n oorlog handel, word daar weinig aandag gegee aan die oorlog as sodanig. Geen geveg word beskryf nie en geen feitelike of statistiese inligting oor die oorlogsituasie word verskaf nie. Die leser se inligting oor die oorlog is gefiltreer deur die visie van die karakters, wat inderwaarheid self die doodsnikke van die oorlog op 'n afstand beskou. Nogtans is die hopeloosheid van die oorlog 'n onomstootlike aanwesigheid in die roman. Die karakters, veral Ben en Reitz maar ook die ander soos Abraham Fouche, Japie Stilgemoed en Kosie Rijpma, is almal besig met prosesse van verwerking en hantering van die oorlogsomstandighede, wat telkens deur persoonlike omstandighede en deur elkeen se persoonlikheid en aanleg of spesifieke ervaring bepaal word.

3. Plek en ruimte

In die roman, Niggie, word die sentrale karakters, Ben en Reitz, uitgebeeld as buitestanders wat gebeure en mense as't ware van buite af waarneem. Dit is trouens 'n belangrike motief in Winterbach se oeuvre dat hoofkarakters hulself meermale as gefsoleer ervaar of dat hulle hulself doelbewus afsonder. Hoewel hulle eties en emosioneel betrokke bly by sosiale en politieke kwessies in die openbare lewe, trek hulle hulself dikwels terug om dinge te bedink en te bepeins. Dit is ook dikwels asof die karakters die afsondering gebruik om te herstel, om hulself geestelik te versterk of om perspektief en insig te kry, soos wat gebeur in Klaaglied vir Koos, Erf en Karolina Ferreira. Die patroon wat ontstaan is die van karakters wat heen en weer beweeg tussen private en openbare sfere, wat deelneem aan gesprekke en openbare aktiwiteite om hulself daarna weer doelbewus af te sonder met die oog op prosesse van psigologiese regenerasie (vgl. Du Plooy, 2000). Die ruimtelike aspek van die isolasie is baie belangrik, want afgesien van die fisiese afsondering gaan dit ook om die skep van 'n vryer psigiese ruimte waarin die menslike gees kan improviseer.

Die karakters in Niggie is deurlopend sensitief ingestel op die ruimte, (4) op die fisiese en psigiese omgewing waarin hulle hulle bevind; en die ruimtelike bewustheid speel 'n belangdke rol in die representasie van die belewenisse van verlies en ontwrigting. Op die trek na die Oos-Vrystaat lewer veral Ben en Reitz dikwels kommentaar op die geografiese eienskappe van die landskap waardeur hulle reis. Hierdie kommentaar is egter nie emosioneel of gerig op die verheerliking van die skoonheid van die landskap nie, maar word gedoen in 'n wetenskaplike styl en met 'n wetenskaplike ingesteldheid wat in 'n literate teks 'n vervreemdende uitwerking het.
 Aan weerskant van die smal paadjie skiet die kranse loodreg
 langs hulle op. Dik sedimentere lae modder- en sandsteen
 duidelik sigbaar, sien Reitz, met doleriet-intrusieplate. 'n
 Bergreeks van die Karoosisteem--die klipformasies so anders
 as die dramatiese voue van die Kaapse plooiingsgebergte ...

 Waar moontlik bekyk Reitz met geoefende oog die rivierwal vir
 tekens van fossiele wanneeer hulle kort rukkies afsaal (p. 10).


Die vordering van die tog word ook beskryf in terme van die veranderings in die landskap en die plantegroei:
 Soos hulle verder gaan, bekyk hulle die omgewing met selfs
 groter aandagtigheid as die vorige dag.

 Die landskap is steeds aan die verander. Doringbome en
 struike word minder; die wuiwende gras maak plek vir lae
 bossies en kleiner struikgewas (p. 15).


Ben en Reitz vertoon 'n ander ingesteldheid teenoor die natuur en die omgewing as die ander manne in die bergskuiling en as wat meestal gehuldig is in die historiese tydperk waarin die roman afspeel. Hulle wetenskaplike perspektief op die omgewing en die geskiedenis van die aarde is ongewoon, omdat by die eeuwisseling na die twintigste eeu, die meeste Suid-Afrikaners se omgaan met die natuur as voorwetenskaplik beskryf kon word. Die gesaghebbende teks waaruit kennis en opvattings geput is, was die Bybel wat boonop fundamentalisties gelees en geinterpreteer is.

Die burgers in die bergskuiling reageer dus met ongeloof en spot op die lesings oor ewolusie wat Reitz en Ben voordra (p. 136-155). Hulle gemoedstemming en gesprekke word totaal oorheers deur hulle reaksies op die oorlogsomstandighede en hulle beskik nie oor groter verwysingsraamwerke wat die oorlogservaring kan relativeer of temper nie. Die omgewing waarin hulle is, gaan ongemerk by hulle verby.

Gert Smal is deurentyd woedend en aggressief en hy vloek en verskree almal, veral die Boereleiers, wie se oorlogstrategiee volgens hem oneffektief of gewoon hopeloos was (p. 56, 64, 118). Japie Stilgemoed vertel sy stories en mymer oor die betekenis van wat aan die gebeur is (p. 64-67, 120-122), maar die ander burgers is terneergedruk en in hulself geslote.

Terwyl die ander burgers almal aan die herstel is van wonde en beserings, is Ben en Reitz fisies gesond en kan hulself dus meer konstruktief besig hou, maar hulle is wel albei emosioneel ontwrig. Reitz rou nog oor sy vrou se dood kort voor die oorlog en Ben, wat eintlik 'n besonder stabiele mens is, is bale bekommerd oor sy gesin, omdat hy maande laas nuus van hulle ontvang het. Hoewel hulle hulself dus grootliks in dieselfde omstandighede bevind as die ander burgers, hanteer hulle die kollektiewe en persoonlike trauma op 'n ander manier, sodat hulle as karakters duidelik onderskeibaar is.

Hierdie twee mans is opgeleide wetenskaplikes, Reitz as geoloog en Ben as natuurkundige, en hulle vriendskap word versterk deur hulle gedeelde liefde en belangstelling vir die natuur. Om die tyd te verwyl in die bergskuiling, bestudeer en dokumenteer Reitz die geologiese eienskappe van die berglandskap en Ben maak aantekeninge oor die plante en insekte wat hy vind (p. 13, 51, 61). Hulle hou hulself besig met dit wat hulle ken en wat hulle die beste kan doen, en dit word 'n oorlewingstrategie. Die natuur self en die werk wat hulle doen, die optekening en opskrifstelling is tasbare dinge waaraan hulle kan vashou en wat die dae vul. Die onveranderlikheid en standhoudende aard van natuurverskynsels word 'n teenvoeter vir die onstabiliteit van die tydsomstandighede. Teenoor die ontwrigting wat die oorlog teweegbring, teenoor die onstabiliteit en onbetroubaarheid van menslike optrede, is die natuur stabiel en die suggestie is selfs dat dit bo menslike wreedheid en geweld verhewe is.
 As ons na die heuwels en die berge, die riviere en vlaktes om
 ons kyk, se Reitz, wil dit voorkom asof hulle onveranderlik is. En
 inderdaad, in teenstelling met die kortstondige onbestendigheid
 van ons lewens, is dit ook so (p. 138).


Die herhaalde verwysings na motte en kokonne (p. 54, 81) is ook opvallend en kan gesien word as 'n deurlopende herinnering aan die regeneratiewe vermoe van die natuur.

Die wetenskaplike aktiwiteite kan egter ook geinterpreteer word as 'n weerspieeling van 'n ingesteldheid teenoor die land en die landskap. Die karakters hou hulle besig met die wetenskaplike waarneming en interpretasie van die fisiese eienskappe van die landskap, hulle heg hulself aan die plek in 'n fisiese sin deur die konkrete eienskappe van die landskap, die rotsformasies, die plante en die insekte, op te teken. Dit is wat hulle ken en waardeer en liefhet en dit is asof hulle 'n greep op die werklikheid behou deur hulle navorsing. Hoewel hulle weet dat die Boeremagte die oorlog gaan verloor en dat die nederlaag gepaard sal gaan met 'n verlies aan politieke vryheid en groot skade aan eiendom, skep die konkrete natuurlike dinge en die interaksie daarmee 'n band met die omgewing en die land.

Die hele roman, Niggie, speel af in landelike gebiede, in die natuur of op plase, en sluit dus aan by die tradisionele Afrikaanse letterkunde (soos veral gerepresenteer in die tradisionele plaasroman), waarin grond en die land as fisiese werklikheid sowel as simboliese ruimte baie sterk figureer. Trouens, in die kontemporere Suid-Afrikaanse letterkunde is die ruimte in konkrete en flguurlike sin steeds baie prominent. Daar kan beweer word dat die Suid-Afrikaanse identiteit dikwels gekenmerk word deur 'n verbondenheid aan die flsiese eienskappe van die land, asof die son, die grond, die plante en die natuurverskynsels 'n bepalende rol speel in menslike verbintenisse met die land. Dit is ook so dat grond, as besitting en as simbool van mag, steeds 'n bepalende rol speel in die politieke konflikte in die land. Maar hoewel Niggie aansluit by die tradisionele temas van die Afrikaanse roman en hoewel die roman se historiese plasing in die tyd van die Anglo-Boereoorlog onvermydelik die aandag vestig op die koloniale en postkoloniale vraagstukke ten opsigte van land, landskap en grond, ondermyn Winterbach die gestereotipeerde opvattings deur telkens die verwagting van die leser ten opsigte van struktuur en genre omver te werp.

In die koloniale en postkoloniale literatuur word die benadering tot 'n land en tot grondbesit gewoonlik omskryf as "the domination of place" deur middel van ideologiese oorheersing wat die toe-eiening en uitbuiting van die grond en natuurlike grondstowwe magtig en regverdig (vgl. Ashcroft, 2001:124-126). In teenstelling hiermee het Ben en Reitz in hierdie roman 'n bewaringsgesinde benadering tot die natuur. Hulle is nie in die eerste plek geinteresseerd daarin om die grond of die land te besit nie, hulle oogmerk is nie om uit die grond 'n bestaan te maak of ryk te word nie. Hulle wil die landskap en sy eienskappe verstaan en hulle bewonder dit. Hulle is nie tipiese boere nie, maar wetenskaplikes en hulle verteenwoordig 'n veel meer progressiewe siening van die natuur en natuurverskynsels as die ander burgers in die bergskuiling. Hierdie verskil word meer as duidelik as hulle die teoriee van ewolusie aan die burgers probeer verduidelik (p. 136-153).

Afgesien daarvan dat die interaksie met die natuur, soos hierbo beredeneer, Ben en Reitz help om 'n greep op die werklikheid te behou, bevestig die konkrete aspek van hulle werk hulle bestaan as sodanig in 'n fisiese sin. Hulle kan die natuurlike dinge aanraak, ondersoek en opteken. Dit gaan om die materialiteit van die bestaan as 'n aspek van die mens se oorlewingsdrang en oorlewingsvermoe. Enersyds word bevestig dat hulle steeds funksioneel kan wees en dat hulle lewens waarde het, maar andersyds bevorder hulle werk ook 'n gevoel dat hulle hier hoort. Hierdie land, as 'n plek en as 'n konsep, is die enigste plek wat hulle ken (Human, 2002), maar hulle word hier deur politieke, ideologiese en kulturele oorheersing en moontlike uitwissing in die gesig gestaar. Die wetenskaplike ondersoek impliseer die interaksie tussen mense as fisiese wesens en die konkrete natuurdinge; dit bevestig ook die bestaan of lewe op 'n basiese vlak, aangesien die sintuiglike waarnemings, aanraking, reuk, sig en gehoor, in 'n mindere mate gekontamineer is deur menslike konflik en die uitwerking van mag en politieke konflik. Terselfdertyd is die wetenskaplike belangstelling en aktiwiteit 'n veel meer gesofistikeerde manier om spanning af te wentel as aggressie, geweld of twisgesprekke. Die natuur funksioneer bo en buite menslike tekortkomings en menslike magsverhoudings en bied daarom die ontsnappingsroete uit menslike geweld en kleinlikheid.
 Hy dink aan die geologiese formasies van die omliggende
 gebied. Soos dikwels wanneer hy ontstem is, probeer hy hom
 op sy kennis beroep, want in kennis is daar troos en afleiding
 (p. 83).


Onderliggend aan die wetenskaplike lesings wat Ben en Reitz aanbied, le egter ook die vraagstuk van die ideologiese en epistemologiese basis van kennis. Ben en Reitz werk met sienings wat gegrond is op waarneming ("'die geologie is 'n wetenskap van waarneming', se Reitz"--p. 141) en op wetenskaplike skemas wat kennis orden ("Hy teken op die rotswand agter hom met 'n stuk houtskool ... 'n vereenvoudigde skema van Linnaeus se klassifikasie"--p. 143). Hulle aanvaar dat verandering en ontwikkeling, hoe langsaam ook al, 'n basiese beginsel van die heelal en die aarde is, dat die mens deel van die diereryk is en dat mense van verskillende rasse gelyk is (p. 146-150). Hierteenoor aanvaar die meeste burgers 'n statiese wereldbeeld wat die werklikheid soos hulle dit ken en verstaan as normatief en onveranderlik sien. Vir die burgers is Ben en Reitz se opvattings nie net aanvegbaar nie, maar ook strydig met die Bybel, soos blyk uit Willem se diep ontsteltenis as hy se: "Dit strook nie met die Bybel nie" (p. 147).

Die wetenskaplike gesprek wat hier so komies uitgebeeld word, belig dus inderwaarheid verskillende epistemologiese posisies en wys die tydsgebondenheid van opvattings uit. Hoewel die burgers se verspotte reaksies hulle naiwiteit en gebrek aan ontwikkeling aantoon, bring die humor waarmee die beskrywing gepaard gaan 'n bepaalde patos vir die uitgelewerdheid van die mens aan die beperkings van sy kennis en insig na vore. Ben en Reitz se kennis is vandag ook al weer erg verouderd, sodat die leser bewus word van die kleinheid en veranderlikheid van elke belewenis en oortuiging. En tog is daardie beperkings die toerusting waarmee 'n mens die lewe moet aanpak en behartig. Die roman slaag myns insiens daarin om die intensiteit van belewenis sowel te relativeer as te respekteer--die oorlog was maar 'n klein oorloggie in die grootse gang van die geskiedenis; elke mens se swaarkry maar 'n klein insident in die gang van die tyd; maar deur te fokus op spesifieke karakters word die geldigheid, uniekheid en egtheid van 'n spesifieke belewenis met net soveel oortuiging voor die leser gestel.

4. Individuele en kollektiewe oorlewing

Die teenoormekaarplasing van stabiliteit en voortdurende verandering is 'n deurlopende motief in die roman, maar dit word besonder subtiel hanteer. Op eerste sig geneem is die natuur stabiel, terwyl mense en hulle omstandighede voortdurend verander, maar die natuur verander ook voortdurend. Reitz se lesing plaas die klem op die geskiedenis van geologiese formasies wat getuig van grootse ontwikkelings in tyd. Op die oomblik van waarneming vertoon die natuur stabiel, maar inderwaarheid kom die ontwikkelings nooit tot stilstand hie. Die sikliese aard van die natuurlike prosesse, van motte en kokonne, maar ook van afwisselende geologiese uitbarsting en stolling, suggereer 'n parallelle sikliese patroonmatigheid in die geskiedenis, sodat daar by die leser 'n bewustheid ontwikkel van die opeenvolging van laagtepunte en hoogtepunte in die geskiedenis, terwyl die mensdom nogtans bly voortbestaan.

Die karakters in die roman weet en aanvaar dat daar vir hulle 'n onbekende toekoms voorle wat waarskynlik besonder moeilik gaan wees, maar hulle bevind hulle in 'n soort tussenfase, in die oorgang tussen oorlog en vrede. Hulle is intuitief, en miskien selfs onbewustelik, reeds besig om hulself voor te berei vir wat voorle, maar hulle kan nog niks daadwerkliks daaraan doen nie. Die meeste van die mans in die bergkamp worstel nog met die verlies en smart en trauma wat verby is en is vasgevang in 'n staat van passiwiteit en melankolie. Maar dat hulle sal moet aanbeweeg, is onvermydelik. Die bewustheid van die omringende onstabiliteit en noodgedwonge veranderings word egter as baie pynlik ervaar.

Afgesien van Ben en Reitz se wetenskaplike werk wat hulle help om staande te bly, is daar 'n hele spektrum van reaksies by die ander karakters. Hierdie reaksies kan beskou word as verskillende maniere om trauma te hanteer of te ontvlug, om te oorleef of om die uitsigloosheid van hulle omstandighede te transendeer.

Daar is verskeie karakters wat in staat is en waarde daaraan heg om ander by te staan, soos Willem wat vir Abraham verantwoordelikheid aanvaar en Ben wat stilweg 'n oog hou oor Reitz. (5) Deur op 'n ander te fokus bly hulle self ook staande. Dit is egter onvermydelik dat bepaalde aspekte van lyding individueel verwerk moet word.

Japie Stilgemoed onthou hoe hard hy probeer het om lyding as 'n geleentheid tot geestelike groei te gebruik terwyl hulle voor die vyand gevlug het, maar hy erken dat hy nie daarin kon slaag nie. Hy het ontvlugting gesoek in lees. (6) Hy is die filosoof met wie die ander burgers later min geduld het en wat hulle eintlik irriteer met sy eindelose bespiegelings (p. 77-81), maar hy kan homself hie help om met selfkonfrontasie en belydenisse voort te gaan nie. Skynbaar is gesprekvoering met sy medestryders vir hom wel heilsaam. Kosie Rijpma bly terugkeer na die gedagte dat van die "gretige vertrouende Bettie Loots ... net die boekie met haar versies" oorgebly het. Die skokkende ervarings van die konsentrasiekamp het hom so ontwrig dat hy na Bettie se dood geweet het dat hy "op God nie meer kan vertrou nie" (p. 121).

Reitz sukkel om sy vrou se dood te verwerk. Hy voel skuldig dat hy nie meer simpatiek was toe hulle kind gesterf het nie en is bevrees dat sy siek geword het uit smart oor die dood van hulle kind. Gert Smal neem Reitz en Ben na Oompie, 'n geheimsinnige en duistere karakter wat in die berg woon. Oompie verskaf aan Reitz 'n poeier wat hom laat hallusineer en tydens die dwelmvisioene probeer hy kontak maak met sy oorlede vrou (p. 96-116). Hy verbeel hom dat hy haar deur 'n mistige waas sien en vra haar om verskoning. As sy nie reageer nie, ondervind hy 'n onweerstaanbare drang om oor die rivier te spring, terwyl die stem van Oompie hom van agter aanpor. Al dink hy "[d]aar is geen oewer aan die oorkant nie" (p. 115), spring hy nogtans en sterf byna. Hy word gered deur Ben en Esegiel, en hy herstel stadig asof van 'n ernstige siekte. Hy besef egter wel daarna die futiliteit en die gevaar van sy pogings om ten alle koste met sy vrou kontak te probeer verkry en besef hy moet deur die trauma lewe en die implikasies daarvan aanvaar en self verwerk:
 Sy ooglede voel swaar. Sy kop is vol los drade. En hy weet
 voor sy siel, met 'n ysige ontsetting, dat in die plek van die
 onnatuurlike leegheid in sy hart, daar op die duur ander
 gevoelens sal instroom, omdat die natuur geen leegte kan
 verdra nie. Dit weet hy goed genoeg uit sy vertroudheid met
 natuurkragte (p. 123).


Ben hou 'n wakende oog oor Reitz. Hy weet dat Reitz self moet besef dat ontvlugting en chemiese middels nie die oplossing vir smart en skuld is nie, maar hy is nogtans daar om Reitz te red as hy in die rivier spring en byna verdrink.

Vir Ben en Reitz is daar egter verdere trauma te verduur. Wanneer hulle saam met Gert Smal vertrek om 'n opdrag van die generaal uit te voer, word hulle in 'n lokval gelei (p. 171-188). Dit is nie duidelik wie vir die lokval verantwoordelik is nie, maar Gert Smal sterf en Ben en Reitz word albei gewond--Ben baie ernstig. Hulle word gevind deur twee vroue, wat hulle na 'n plaas neem. Hulle word daar versorg, hoofsaaklik deur Niggie wat 'n buitengewoon sorgsame en dienende figuur is en wat fisiese en geestelike ondersteuning aan almal om haar gee. Ben het 'n ernstige nekword opgedoen en dit lyk asof hy nie weer sal kan praat nie. Reitz konsentreer so intens op Ben se herstel, dat hy as't ware vir Ben begin lewe. Hy begin selfs plante beskryf en opteken soos wat Ben sou doen, asof hy namens Ben moet lewe, asof hy namens hulle albei lewe tot tyd en wyl Ben weer self kan aangaan.

Hierdie ondervindings kan beskryf word as individuasieprosesse in Jungiaanse terme, veral in die geval van Reitz. Hy daal inderdaad af in die donker dieptes van sy eie psige en konfronteer homself met die skuld en die skadukant van sy eie persoonlikheid. Hoewel hierdie proses deur Oompie se geheime poeiers aangehelp word, stel dit Reitz in staat om sy gevoelens van skuld en magteloosheid te konfronteer. Hy loop die gevaar om kontak met die werklikheid te verloor, maar kom tog met meer insig uit die proses. Die psigiese krag wat hy in homself vind, stel hom dan weer in staat om Ben by te staan in sy proses van herstel.

Tydens Ben en Reitz se verblyf by die vroue op die plaas, is Niggie die sentrale figuur wat die troos en versorging van die siekes betref. Dit is asof vertroosting en sorg die rede vir haar bestaan is (p. 180 e.v.), maar daar is ook ander fasette aan die karakter. Niggie kan op verskeie maniere met die trieksterfiguur in verband gebring word (vgl. Jung, 2000), maar die aspek van die roman verdien afsonderlik uitvoerige aandag. Wat wel hier ter sake is, is dat sy die een is wat die meeste praat, wat die mense as't ware vir mekaar vertolk, wat kommentaar lewer, terwyl sy telkens se: "God help hulle." Niggie het self al haar familie verloor en is op ander aangewese vir 'n blyplek en lewensonderhoud, maar sy was ook in die Bethuliekamp en ken die dood deur en deur (p. 199). Sy is soms weemoedig, maar dit lyk asof sy die lyding en verlies aanvaar en daarvandaan verder aangaan. Op 'n manier verpersoonlik sy daardie soort vroulike sorg en sorgsaamheid wat direk teenoor oorlogsgeweld en ontwrigting staan. Reitz voel dit in die besonder aan: "Hy besef daagliks met verwondering hoe ver hulle buite die helende sfeer van vroue beweeg het" (p. 186).

Na sy herstel en die aanvaarding van die verlies van sy stem, moet Ben ook nog sy vrou en kinders se dood verwerk. Hy trou egter eventueel met Niggie, en die feit dat hy wel staande bly en selfs 'n nuwe lewe begin met sy een dogter en Niggie, toon dat 'n mens geweldige verlies en smart kan deurstaan. Hoewel mense mekaar kan help en bystaan en hoewel dit in sowel Ben as Reitz se geval heilsaam is om iemand anders by te staan, is dit viral hierdie karakters ook nodig om elkeen uiteindelik self met sy eie trauma te rade te gaan. Die verhouding tussen persoonlike smart en kollektiewe prosesse van hulp en ondersteuning is kompleks, maar die implikasie is tog dat kollektiewe handelinge ondersteunend en versagtend kan werk, maar nie persoonlike lyding kan uitwis nie (vgl. in hierdie verband ook Todorov, 1999).

Wat meermale in Winterbach se oeuvre na vote kom, is die gedagte dat 'n vrye vloei van nadenke en besinning nodig is om psigologiese stagnering en emosionele beletsels te transendeer. As die individu sigself toelaat om sulke prosesse te ondergaan, kan daar wel genesing intree. Dit bly egter die geval dat die vermoe om individuasie te ondergaan 'n bepaalde psigologiese ingesteldheid en krag vereis en dat bepaalde persoonlikhede die behoefte ervaar tot isolasie en inkeer in tye van trauma (Du Plooy, 2000). (7) 'n Karakter soos Gert Smal reageer op 'n lineere wyse en kan dus hie ontkom aan woede en aggressie nie. Dit is dus byna onvermydelik dat hy sterf, want dit is nie moontlik om met so 'n intense woede verder te lewe nie.

Verskillende vorms van lyding en die hantering daarvan kom in Niggie ter sprake. Die oorlogstrauma en die kumulatiewe effek van die kollektiewe en persoonlike ellende word met eerlikheid en selfs wrangheid uitgebeeld. Die roman skram nie weg van die willekeurige aard van beproewing nie; dit is so sinneloos en onvoorspelbaar soos die verwarde taaluitinge van Abraham. Die potensiele slopende nawerking van swaarkry is verder 'n dwingende werklikheid. Niggie s6 by geleentheid: "God help ons teen die melancholie en die insinking" (p. 189). Maar die vreemde en verrassende is wel dat vir diegene wat na die oorlog oorbly, die lewe tog weer aangaan.

5. Liminaliteit

Op grond van verskillende vorms van afsondering en onttrekking wat in Niggie voorkom, kan die roman ook ondersoek word vanuit die konsep van liminaliteit wat spesifiek te make het met mense, individue en groepe wat hulleself bevind buite die normale strukture en reels van die gemeenskappe waaraan hulle behoort. Dit gebeur telkemale in die roman dat karakters van die hoofstroom van gebeurtenisse afgesny is of hulle onttrek; dat hulle tydens hierdie periode belewenisse deurmaak wat 'n ingrypende invloed op hulle lewens het en dat hulle daarna weer deel word van die hoofstroomgebeure.

Die konsep liminaliteit is aanvanklik gemunt deur die antropoloog Arnold van Gennep in sy boek, Rites de Passage (1908), om die werking en verloop van inisiasierites te beskryf. Volgens Van Gennep bestaan tradisionele inisiasierites of inlywingsrites gewoonlik uit drie fases. Die jongelinge word van die normale gemeenskap geskei en afgesonder. Daarna word hulle onderrig en aan toetse onderwerp in 'n proses wat as 'n oorgang van een lewensfase na 'n volgende beskou kan word, omdat daar 'n bepaalde groei en ontwikkeling plaasvind. In die derde fase word hulle weer in die gemeenskap geinkorporeer.

Die liminale proses bestaan dus uit skeiding, oorgang en inkorporasie (Turner, 1982:24), maar wat belangrik is, is dat tydens die liminale proses, die normale strukture, wette, reels en prosedures war die gedrag van mense reel en beheer, verval. In die liminale fase heers daar 'n toestand waarin veel meer vryheid en ongebondenheid voorkom of waarin ander reels geld; reels en prosedures wat afgestem is op die inisiasieproses self. Die liminale proses word dus gekenmerk deur ambivalensie en onvastheid ten opsigte van die gedrag en optrede van mense, deur vryheid wat manifesteer in meerledigheid en dubbelsinnigheid, of in uiterste gevalle, selfs ongebonde is tot die chaotiese toe.

Victor Turner gebruik die begrip liminaliteit in 'n wyer sin sodat dit 'n meer uitgebreide betekenis verkry en verskeie sosiale, kulturele gebruike en individuele psigologiese verskynsels insluit. Op grond van die aard van die verskynsel en die eienskappe wat deur Van Gennep as kenmerkend van liminaliteit beskou word, maak Turner (1969:24) die afleiding dat
 the attributes of liminality or of liminal personae (threshold
 people) are necessarily ambiguous, since this condition and
 these people elude or slip through the network of classifications
 that normally locates states and positions in cultural space.


Volgens Turner (1974:237) kan liminaliteit beskou word as die middelpunt of middelfase van 'n oorgangsproses tussen twee verskillende posisies wat kultureel bepaald is. Hierdie tussenfase of tussenposisie is soos 'n raakvlak of drumpel wat aan naasliggende stelsels en strukture raak en daardeur omring word, maar tog daarvan onderskeie en afgeskei is. Aquirre (2000:8) toon aan dat so 'n oorgangsfase soos 'n drumpel is wat sowel aan die binnekant as die buitekant raak, maar hy voeg by dat die drumpel self 'n bepaalde breedte, dus omvang, het. Dit is myns insiens 'n baie belangrike waameming, aangesien dit beteken dat die drumpel 'n plek op sigself is en nie net 'n posisie waarin subjekte in beweging is sonder om die plek of staat self te ervaar, waar te neem of te vul nie.

Afgesien van die radikale vorms van liminaliteit waarin mense skerp van die gemeenskap en kulturele gebruike of reels afgeskei is en volgens 'n gans ander stelsel funksioneer (bv. boemelaars, hofnarre of mense in 'n inisiasieskool), kan enige situasie wat 'n tussenfase, tussenposisie of tussengebeure behels en waarin die normale kulturele prosedures en strukture van 'n gemeenskap nie funksioneer nie, as 'n milde vorm van liminaliteit beskou word. Wat telkens in die besprekings van liminaliteit na vote kom, is die gedagte dat in 'n "swewende" situasie daar meer vryheid bestaan en ander else aan mense gestel word. Gevolglik dwing dit mense, of skep dit minstens die geleentheid vir mense om buite die normale denkpatrone te dink, om makliker nuut en kreatief te dink en op te tree (Turner, 1974:255). Oorspronklikheid kan dus deur so 'n ongebonde staat gestimuleer word. Uiteindelik sal die mense, as die liminale fase afgeloop is, terugkeer na die gemeenskap, maar daar word aanvaar dat die liminale ervaring hulle sou verander. Na die tradisionele inisiasierite kom die jongeling terug na sy gemeenskap met 'n verhoogde status. Binne die wyer siening van liminaliteit is dit egter ook bykans onvermydelik dat persone sal verander, hetsy positief of negatief.

Daar is verskeie omstandighede in die roman, Niggie, wat met die verskynsel van liminaliteit in verband gebring kan word. 'n Oorlog is as sodanig 'n liminale gebeurtenis, aangesien daar tydens 'n oorlog volgens gans ander reels opgetree word en die hele gemeenskap binne ander strukture moet funksioneer (of nie funksioneer nie). Die oorlog dwing mense om anders te dink om te kan oorleef, maar die stres van die oorlogsituasie bewerkstellig ook onvoorspelbare reaksies in die psige van bepaalde individue, soos blyk uit die drome wat die karakters in Niggie het. In sommige drome, soos die van die boer en ook van Ben en Reitz, verskyn daar telkens 'n trieksterfiguur wat as 'n kwelgees die dromer teister, maar wat op 'n vreemde manier ook die swaarmoedigheid van die situasie verlig.

Die mans in die bergkamp bevind hulle egter in 'n dubbele liminale situasie, aangesien hulle lewenspatroon deur die oorlog self ontwrig is en hulle nou in 'n verdere proses van die hoofstroom van die oorlogsgebeure afgesonder is. As soldate is hulle uit hulle normale lewenswyse weggeneem en as gewondes is hulle oorlogslagoffers wat van hulle medesoldate afgeskei is. In 'n geisoleerde plek, die bergkamp, wag hulle, herstel hulle, besin hulle en/of ontvlug hulle die oorlogsgebeure en dit bring 'n bepaalde ontwikkelingsproses (positief of negatief) mee. Hoewel hulle almal hoop dat hulle eventueel weer na 'n min of meer normale lewe sal teruggaan, weet hulle dat niemand ooit weer dieselfde sal wees nie. Die voortdurende gewag op die generaal (wat 'n mens laat dink aan Elsa Joubert se Ons wag op die kaptein, en die eindverwagting of doodsvooruitsig van die roman) skep 'n atmosfeer wat iets inhou van 'n oordeel of 'n verlossing. Dit is byna asof 'n soort apokaliptiese eindvisie die wagproses vir die burgers onderle, maar die roman self ondermyn hierdie verwagting op verskeie maniere. Uiteindelik is daar nog verlossing nog ondergang en gaan die lewe gewoon aan. Hierop word teruggekom verderaan in die artikel.

Die liminale situasie in die bergskuiling word deur uiters negatiewe omstandighede gekenmerk. Die burgers weet dat die oorlog verlore is, maar het min werklike betroubare inligting, sodat hulle raai, bespiegel en stry. Hulle het rain te doen buiten praat en raak steeds meet wanhopig. Hulle begin egter ander fasette van die oorlog raaksien; hulle bedink die saak vanuit ander hoeke en kom tot ander insigte wat in vrae na vote kom. Hoewel dit vir baie burgers en hulle ondersteuners tydens en na die oorlog ideologies 'n onaanvaarbare standpunt is, kan die mans in die bergskuiling uiteindelik nie anders nie as om daaroor te dink dat al die lyding en ontbering, die verbete weerstand en die koppige uithou miskien vergeefs was.
 Na 'n ruk se Ben: 'Ons moet nie moed verloor nie'. Sy gesig lyk
 ouer, breer en sagter. 'Al was dit alles tevergeefs'. Hy kyk weer
 na die kokonnetjie waarmee hy besig was. 'En ek glo dit was,'
 se hy. 'Ek glo dit was alles tevergeefs ... ' (p. 162).


Kosie Rijpma kom, soos reeds genoem, tot die mees onaanvaarbare insig in die oe van sy medeburgers en vir die historiese tyd waarin hy lewe, as hy aan homself en ook aan sy gespreksgenote in die bergkamp erken dat hy "God nie meer kan vertrou nie" (p. 121).

Op persoonlike vlak is Reitz se hallusinerende uitvlugte ook liminale episodes. 'n Mens sou dus byna kon praat van ingebedde liminale situasies, soos wat daar telkens nog 'n volgende vlak van isolasie en onttrekking betree word. Abraham se verlies van taal kan gesien word as 'n onomkeerbare uitvlug uit die werklikheid, want dit blyk dat hy nie herstel nie en dat hy in 'n eie wereld verder voortleef of voortbestaan. Ben se siekte en periode van herstel, 'n fase waarin hy emstig taalgestrem is, is ook 'n liminale fase, net soos die mans se verblyf op die plaas, geisoleer van die oorlogsgebeure en van alle ander mense, as 'n liminale periode gesien kan word. Afgesien van die herstel wat tydens hierdie verblyf plaasvind vir sowel Reitz as Ben, is dit ook 'n lewenstyl wat volgens ander reels verloop. Ook op die plaas is daar die onderliggende gevoel van afwagting, enersyds op nuus van die oorlog (wat Sybrand van der Westhuizen telkens bring--p. 238, 243) en andersyds op nuus van Anna se man.

In die situasie raak Reitz verlief op Anna en sy op hom. Sy ontvang hom in haar bed "sonder skroom. Maar sy draai haar gesig weg toe hy haar op haar mond wil soen. Ek is nog 'n getroude vrou, se sy sag in die donker" (p. 219). Sy optrede is strydig met sy normale aard, want hy beskou homself nie as iemand wat onbesonne optree nie (p. 235). Anna skram weg omdat haar man se dood nie bevestig is nie. Sy praat telkens naglank met Reitz oor vrugte, blomme en drome. Al hierdie dinge kan gesien word as aspekte van 'n soort liminaliteit, 'n tussentyd voordat die oorlog afgeloop is en normale lewenspatrone herstel sal word, en 'n tussenruimte op 'n afgesonderde plaas, wat vanwee die ligging en ook die oorlogsomstandighede, grootliks afgesonder is.

Wat merkwaardig is omtrent die romanmatige uitbeelding van die historiese periode en omstandighede wat oorbekend is aan SuidAfrikaanse lesers in hierdie roman, is dat die rolspelers in die oorlog nie geidealiseer word nie, maar ook nie gedemoniseer word nie. (8)

Daar is altyd kontroversiele en teenstrydige perspektiewe rondom 'n oorlog, maar hier word fisiese en geestelike krag, mislukking en sukses, lojaliteit en besinning sowel as blinde aggressie, opstandigheid, lafhartigheid en wreedheid langs mekaar gestel. Die verhaalverloop suggereer verder dat al hierdie dinge hie duur nie, maar dat die lewe self wel voortgaan. Sommige karakters ontwikkel en groei vanwee lyding, maar ander bly onveranderd. Dit gaan in die roman duidelik ook om menslikheid en kwesbaarheid, want selfs die uitgesproke en aggressiewe Gert Smal het nare en angswekkende drome. Hierdie drome kan net sowel deur die herbelewing van skrikwekkende ervarings as die wete van eie vergrype veroorsaak word (p. 169).

In die roman word baie aandag gegee aan die psigologiese en emosionele groei van karakters, veral by Reitz en Ben, maar daar word nie gesuggereer dat insig en groei die toekoms makliker of moeiteloos sal maak nie. Soos in verskeie van Winterbach se romans gaan dit hier om die vermoe tot insig en groei op sigself en om die voortdurende bewustheid daarvan dat hierdie soort prosesmatigheid 'n onvermydelike eienskap van lewe is wat nooit afgehandel is nie. (9) Die lewe en die geskiedenis is prosesse en dit is noodsaaklik om aan te hou beweeg, om geestelike reserwes te verken en te ontgin en om oopgestel te bly teenoor die toekoms.

Dit is dus insiggewend dat die roman eindig met 'n kort opsomming van wat met elkeen van die karakters gebeur. Hierdie opsomming kan gesien word as die derde fase in die liminale proses, naamlik die terugkeer na die gevestigde en standhoudende gemeenskapstrukture. Daar word vertel hoe Ben en Reitz inderdaad weer 'n meer "normale" lewenspatroon volg. Van Ben se gesin het net die oudste dogter die konsentrasiekamp oorleef en hy moet dit ook aanvaar dat hy nooit weer sy spraakvermoe volkome sal herwin nie, maar hy trou met Niggie en laat weet later aan Reitz dat Niggie 'n baba verwag. Hulle lewe gaan dus voort (p. 249).

Vir Reitz is daar in die afloop van die moeilike jare waarin die persoonlike verlies van sy vrou gevolg is deur die oorlog, min voldoening (p. 248-252). Aan die begin van die verhaal moet Reitz sy vrou se dood verwerk, maar hy glo dat daar 'n nuwe toekoms moontlik is wanneer hy op Anna verlief raak. Haar man, wat dood gewaan is deur almal, kom egter terug van die slagveld en Reitz moet weer 'n geliefde afstaan, iets wat vir hom baie moeilik bly om te verdra: "Hy word soms onverhoeds oorweldig deur verlange. Na haar. So dat hy daarvan pyn het" (p. 250). Sy vrou het hy verloor en sy het in newels van herinnering verdwyn. Anna leef, maar hulle mag mekaar nie liefhe nie. Dit laat hom nutteloos en sonder vooruitsigte voel. Wanneer Reitz 'n brief van Ben ontvang, weet hy "so seker as wat hy ooit iets geweet het, dat hy nie ooit weer hoop sal ervaar soos hy dit ervaar het die kort tydjie met Anna in sy arms nie" (p. 250). Hy wil nie meer in die Transvaal of die Vrystaat woon nie en vestig hom in die Kaap. Vir Reitz is daar dus wel 'n toekoms, maar 'n toekoms sonder hoop. Miskien met gelatenheid.

Aan die einde van die oorlog sit Reitz met baie onbeantwoorde vrae. Hy kan geen inligting opspoor oor die mans wat saam met hulle in die bergskuiling was nie. Dit is byna asof die mense wat rondom hom was in sy diepste vertwyfeling, nooit bestaan het nie. Reitz bevind homself dus inderdaad in 'n situasie van melankolie en insinking, spesifiek die soort ingesteldheid waarvoor Niggie bang was. Nogtans gaan sy lewe voort.

6. Gevolgtrekking

In die roman, Niggie, word 'n verhaal vertel wat 'n gedeelte van die karakters se lewens weergee. Daar is duidelik 'n patroon van die vooroorlogse "normale" situasie van 'n gevestigde lewe (wat ook traumatiese ervarings ingehou het onafhanklik van die oorlog), die ontwrigte oorlogsjare waarin die karakters in 'n soort tussenfase moet oorleef, en 'n terugkeer na die gewone gemeenskapstrukture. Daar is dus lewe, ontwdgting en "herstel", wat impliseer dat die lewe weer sal voortgaan. Daar is altyd 'n toekoms, maar daar is geen waarborg dat hierdie lewe besonderlik gelukkig of hoopvol sal wees nie. Dit is die menslike kondisie, clit is bloot hoe dit is--die mens bly uitgelewer aan die onvoorspelbere aard van die lewe en moet dit doodgewoon aanvaar. Die verwysing aan die einde van die roman na die boer se droom oor die vrou met die verehoedjie wat so "besonders" was en wat met die trieksterfiguur in verband gebring kan word (p. 251), versterk die suggestie dat die geskiedenis en die menslike lewe bykans willekeurig uitgelewer is aan allerlei onvoorspelbare gebeure en ervarings.

Niggie is 'n roman oor verlies, melankolie en smart, maar dit gaan ook oor uithouvermoe en oorlewing. Dit is nog optimisties, nog pessimisties en gelatenheid en hoop is albei bestanddele van die karakters se voortbestaan. Die nugtere blik op 'n gemeenskap in krisis, 'n blik wat sowel krities-ondermynend as sensitief en empatiek is, het egter soveel te se vir bepaalde sektore van die kontemporere Suid-Afrikaanse gemeenskap, dat 'n mens sou kon se dat hierdie historiese roman 'n roman oor die toekoms is.

Key concepts:

Afrikaans novel

Ingrid Winterbach

liminality

space and place

trauma

Kembegrippe:

Afrikaanse roman

Ingrid Winterbach

liminaliteit

plek en ruimte

trauma

Geraadpleegde bronne

AQUIRRE, M, QUANCE, R. & SUTTON, P. 2000. Margins and thresholds: an enquiry into the concept of liminality in text studies. Madrid: The Gateway.

ASHCROFT, B. Post-colonial transformation. London: Routledge.

BAL, M. 1980. Narratologie. Muiderberg: Coutinho.

COETZEE, CHRISTOFFEL. 2000. Op soek na generaal Mannetjies Mentz. Kaapstad: Quellerie.

DU PLOOY, HEILNA. 2000. Oopte en afbakening: ruimtes en rame in die oeuvre van Lettie Viljoen. Tydskrif vir Literatuurwetenskap, 16(2):86-106.

FERREIRA, JEANETTE, red. 1998. Boereoorlogstories. Pretoria: Van Schaik.

GILIOMEE, HERMANN. 2004. Die Afrikaners: 'n biografie. Kaapstad: Tafelberg.

HUMAN, T. 2002. Die enigmatiese niggie ken bale trieks. Rapport: 28, 1 Des.

JUNG, C.G. 2001. Four archetypes. (Translated by R.F.C. Hull.) London: Routledge.

PRETORIUS, FRANSJOHAN, red. Verskroeide aarde. Kaapstad: Human & Rousseau.

SCHOEMAN, KAREL. 1998. Verliesfontein. Kaapstad: Human & Rousseau.

STEYTLER, KLAAS. 2000. Ons oorlog. Kaapstad: Tafelberg.

SWAN EPOEL, EDUAN. 1998. Waarheid en versoening: representasies van die Suid-Afrikaanse oorlog (1899-1902) in Afrikaanse, Engelse en Nederlandse fiksie. Stilet, 10(2):63-76.

TODOROV, T. Misbruik van de herinnering. Raster, 88.

TURNER, VW.. 1969. The ritual process. London: Routledge & Kegan Paul.

TURNER, V. 1974. Dramas, fields and metaphors: symbolic action in human society. Ithaca: Cornell University Press.

TURNER, V.W. 1982. From ritual to theatre. New York: Performing Arts Publication.

VAN DER MERWE, CHRIS N. & RICE, MICHAEL, eds. 1999. A century of Anglo Boer War stories. Johannesburg: Jonathan Ball.

VILJOEN, LETTIE. 1993. Karolina Ferreira. Kaapstad: Human & Rousseau.

VILJOEN, LETTIE. 1996. Landskap met vroue en slang. Kaapstad: Human & Rousseau.

WINTERBACH, I. 2002. Niggie. Kaapstad: Human & Rousseau.

(1) 'n Mens kan hier verwys na die gepubliseerde oorlogsherinneringe en memoires deur die loop van die twintigste eeu (vgl. ook Swanepoel, 1998), maar ook na die groot aantal resente werke wat verskyn het na aanleiding van die honderdjarige herdenking van die oorlog Daar is byvoorbeeld historiese bronne (soos Verskroeide aarde van Frans-Johan Pretorius), maar ook heelwat romans en versamelings kortverhale. Die roman verskyn dus teen die agtergrond van 'n groot aantal tekste wat verskillende sienings oor die oorlog huldig. Dit is relevant dat die klem in resente werk val op herskrywings van die geskiedenis, wat verskillende aspekte van die oorlog uit verskillende invalshoeke benader. Ek gee slegs enkele voorbeelde: Ons oorlog (Klaas Steytler, 2000), Verliesfontein (Karel Schoeman, 1998), Op soek na generaal Mannetjies Mentz (Christoffel Coetzee, 2000) en kortverhaalbundels soos Boereoorlogstories (Jeanette Ferreira, red., 1998) en A Century of Anglo Boer War stories (Chris N. van der Merwe & Michael Rice, eds. 1999).

(2) Bladsynommers verwys na Winterbach, Ingrid. 2002. Niggie. Kaapstad: Human & Rousseau.

(3) Daar is duidelike ooreenkomste tussen die ingesteldheid van die mans en die inhoude van die gesprekke, standpunte en belewenisse opgeteken in bekende outentieke dagboeke uit die Boereoorlog, byvoorbeeld die dagboeke van Jan F.E. Celliers, Totius, A.D.L. (skuilnaam van ds. A.D. Luckhoff) en Deneys Reitz. Hierdie aspek van die roman word egter nie in hierdie artikel verder ontgin nie.

(4) Ek gebruik die term ruimte hier soos war Mieke Bal (1980:102) dit gebruik in haar uiteensetting van narratologiese begdppe, dit wil se as die term wat verwys na die estetiese en betekenisvolle representasie van ruimtelike gegewens in 'n verhalende teks. Om die fisiese topos van 'n verhaal as 'n logiese kategode aan te dui, gebruik sy die term plaats, dit wil se plek. Hierdie terme moet duidelik onderskei word van die terme space en place, soos gebruik deur Bill Ashcroft in sy boek Post-colonial transformation (2001), waar space dui op die meer algemene en ideologies lee kategorie. Die term place daarenteen verwys na 'n bepaalde omgewing of plek waarmee die karakter hom assosieer en waaraan hy hom ideologies verbind. Eers wanneer die karakter homself as't ware onderwerp aan die ideologiese else van 'n omgewing, word die space teoreties aangedui met die term place, en dit impliseer die (post-koloniale) vereenselwiging van die karakter met die plek.

(5) Die rol van Esegiel, "die slim kaffer" wat altyd dienswillig en gereed is tot hulp, wat in sy korrekte en verantwoordelike optrede en in sy kennis van die Bybel as oerbron van kennis, gesien kan word as 'n voorbeeld van die sogenaamde "colonised mind", dit wil se as die perfek gekodeerde afskaduwing van die ideale Afrikaner, van die beeld wat die essensie van die model beter vertoon as die model self, is besonder interesssant, maar die omvang van redenasie plaas dit buite die skopus van hierdie artikel.

(6) Die karakter van Japie Stilgemoed is losweg gebaseer op die figuur van Jan F.E. Celliers.

(7) In Du Plooy (2000) word die prosesse van heling en isolasie in verskeie van Lettie Viljoen/Ingrid Winterbach se vroeere romans uitvoerig ontleed.

(8) Daar kan beweer word dat die roman inskr'yf teen 'n roman soos Op soek na generaal Mannetjies Mentz van Christoffel Coetzee (1998), waarin alle oorlogsvergrype aan die kant van die Boeremagte in gekonsentreerde vorm in 'n paar buitengewoon bose figure saamgetrek word. Waar die roman as't ware as 'n Waarheids- en Verseeningskommissie vir die Boereoorlog funksioneer en die kontemporere kultuur van selfondersoek en openbaarmaking in Suid-Afrika afspieel, is Niggie meer toekomsgerig, hoewel met 'n nugtere en byna wrange visie dat die toekoms nie beter of slegter is nie, maar nogtans daar is.

(9) Ek verwys hier na Karolina Ferreira (1993) waar die hoofkarakter in die slot uitkyk of daar hie weer 'n verliefde paar in die kerkhof is hie, sodat die roman eindig met toekomsmoontlikhede en nie met afronding nie. Aan die einde van Landskap met vroue en slang begin Lena werk aan die tekening op 'n groot vel papier--'n tekening wat in die toekoms voltooi sal word (Du Plooy, 2000).

Heilna du Plooy

Skool vir Tale: Afrikaans en Nederlands

Potchefstroomkampus

Noordwes-Universiteit

POTCHEFSTROOM

E-pos: Heilna.duPlooy@nwu.ac.za
COPYRIGHT 2006 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2006, Gale Group. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:du Plooy, Heilna
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Geographic Code:4EUUK
Date:Apr 1, 2006
Words:8555
Previous Article:Oor die drumpel: liminaliteit en literatuur.
Next Article:Subverting the pastoral: the transcendence of space and place in J.M. Coetzee's Disgrace/ Die ondermyning van die pastorale tradisie: die...
Topics:


Related Articles
Intellektuele diepgang en verfynde sensitiwiteit.
Afstand doen, oudword en verlies van hul angels ontneem.
Meer dydelikhyt oor die punch en die vis 'n Vergelyking van Niggie, Daar's vis in die punch en Eilande.
Flardes waarneming en die besef van 'n onontkombare toekoms.
Jong lesers se identifisering met karakters: skryfteorie en -praktyk.
Oor die drumpel: liminaliteit en literatuur.
"I am becoming someone completely different ...": the utilisation of liminality in Vaselinetjie (Little Vaseline) by Anoeschka von Meck/ "Ek is besig...
Wilderness and desert: environmental forces against man's in Boendoe and Toewaaisand/ Wildernis en woestyn: omgewingskragte teen die mens s'n in...
Writing takes place in wrestling the self down: strategies of reconciliation in Kleur kom nooit alleen nie (Colour never comes on its own) by Antjie...
The poet in transit: travel poetry and liminality in Joan Hambidge's Lykdigte and Ruggespraak/ Die digter in transito: reisverse en liminaliteit in...

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2018 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters