Printer Friendly

Aspekte van die genetiese proses by Opperman soos afgelei uit 'n variantestudie van "Gedagtes by 'n sarkofaag".

Abstract

Aspects of the genetic process in the poetry of D.J. Opperman based on an analysis of different versions of the poem "Gedagtes by 'n sarkofaag" (Thoughts on a sarcophagus)

A study of the genesis of a literary text reveals the systematic changes effected by the author during the creative process, and an understanding of these creative tendencies foregrounds structural principles of the final text. In studying a larger corpus of the author's work, scrutiny of text development affords the means to gain insight into stylistic, semantic and thematic characteristics of the author's oeuvre. This article focuses on the genesis of D.J. Opperman's poem "Gedagtes by "n sarkofaag" within the theoretical framework of Dutch edition theory as represented by Dorleijn (1984), Mathijsen (1997) and De Bruijn (2000) in particular. The different phases of development in the genesis of "Gedagtes by "n sarkofaag" are identified and represented in a synoptic apparatus. In the analysis of the textual development particular attention is paid to the creation of a symbolic level.

Opsomming

Aspekte van die genetiese proses by Opperman soos afgelei uit 'n variantestudie van "Gedagtes by 'n sarkofaag"

'n Studie van die ontstaan van 'n literere kunswerk bied insae in die sistematiese veranderinge gedurende die proses van teksontwikkeling sodat hierdie veranderinge as aktiewe tendense kenbaar word en struktuurbeginsels veel duideliker na vore tree as in die finale werk. By die bestudering van 'n groter korpus van die outeur se werk, bied teksontwikkeling die moontlikheid tot insig in moontlike stilistiese, semantiese en tematiese reelmatighede van die oeuvre as geheel. In hierdie artikel word 'n genetiese studie van D.J. Opperman se gedig "Gedagtes by 'n sarkofaag" onderneem binne die teoretiese raamwerk van die Nederlandse edisiewetenskap, met spesifieke verwysing na Dorleijn (1984), Mathijsen (1997) en De Bruijn (2000). Verskillende fases van die genese van "Gedagtes by 'n sarkofaag" word ge'fdentifiseer en in 'n sinoptiese apparaat weergegee. In die onUeding van die teksontwikkeling word in besonder aandag gegee aan die totstandkoming van die simboliese dimensie in die gedig.

1. Inleidend

'n Studie van die ontstaan van 'n literere kunswerk bied insae in die reelmatige veranderinge gedurende die proses van teksontwikkeling sodat hierdie veranderinge as aktiewe tendense kenbaar word en struktuurbeginsels veel duideliker na vore tree as in die finale werk. By die bestudering van 'n groter korpus van die outeur se werk, bied teksontwikkeling die moontlikheid tot insig in moontlike stilistiese, semantiese en tematiese reelmatighede van die hele oeuvre sodat die "reels" van die poetika van die skrywer uit so 'n studie afgelei kan word.

'n Aantal studies oor die ontstaan van werke van prominente Afrikaanse literere figure is reeds onderneem. Die bekendste hiervan is waarskynlik J.C. Kannemeyer se wetenskaplik geredigeerde weergawes van die manuskripmateriaal vir Joemaal van Jorik van D.J. Opperman (Kannemeyer, 1979) asook van die bundel wat ten tye van Opperman se dood nog onvoltooi was (Kannemeyer, 2000). Die genetiese proses by Opperman kry ook aandag in studies soos Van Niekerk (1985), Klopper (1989), Viljoen (1993), Janse van Vuuren (1985) en Van Vuuren (1989b en 1989c). Inligting uit manuskripmateriaal word deur Helize van Vuuren gebruik ter verheldering van N.P. van Wyk Louw se bundel Tristia in haar proefskrif (Janse van Vuuren, 1985) en in 'n aantal ander publikasies (Van Vuuren, 1986, 1988, en 1989a). In sy onlangs voltooide proefskrif (Teise, 2002) bied Victor Teise ook 'n voorstel, gegrond op edisietegniese beginsels, vir die samestelling van 'n histories-kritiese uitgawe van Die eerste lewe van Colet van Etienne Leroux.

In hierdie artikel word die genese van D.J. Opperman se gedig "Gedagtes by 'n sarkofaag" ontleed en enkele afleidings gemaak oor die aard van die skeppingsproses by Opperman. Die edisiewetenskap word as algemene teoretiese raamwerk vir die genetiese studie gebruik, en daarom word vervolgens 'n oorsigtelike bespeking gegee van die aard van hierdie wetenskap en van die manier waarop ontstaansvariante van literere werke hierin teregkom.

2. Die edisiewetenskap as raamwerk vir genetiese studie

Die primere taak van die edisiewetenskap word soos volg omskryf deur Marita Mathijsen (1997:19) in haar handboek oor hierdie studieterrein:
 Zolang een auteur zelf bemoeienissen met de verspreiding van zijn
 tekst heefl, is een editeur niet nodig. Maar teksten kunnen buiten
 die schdjver oro overgeschreven worden en er kunnen buiten zijn
 weten herdrukken gemaakt zijn. Het oorspronkerijke manuscript kan
 verloren raken, en er kunnen afschriffen van afschriffen in omloop
 komen. Exemplaren van eerste drukken die zeker bestaan hebben,
 kunnen onvindbaar blijken, waardoor alleen latere, vaak minder
 betrouwbare, drukken raadpleegbaar zijn. Dan wordt het tijd voor
 een editeur.

 Waar moet de eerste editeur in die geschiedenis van teksten
 gezocht worden? Op een gegeven moment is iemand sich gaan
 afvragen of bepaalde passages, zinnen of woorden in een
 overgeleverde tekst wel overeenkwamen met water in de auteurstekst
 had gestaan en is daar onderzoek naar gaan doen. Wanneer deze
 persoon op basis van dit onderzoek de tekst opnieuw uitgaf, en nu
 met kritiek op de overgeleverde teksvorm, kan hij een editeur
 genoemd worden en dan is er sprake van tekskritiek en een vorm
 van editeren.


Die fokus van die edisiewetenskap is dus die redigering en publikasie van tekste in die afwesigheid van insette deur die outeur. Die teoretiese raamwerk waarbinne die teks geredigeer word, stel redakteurs in staat om hulle werksaamhede te beskryf en die beslissings en keuses wat in hierdie proses gemaak word, aan te bied as die resultaat van wetenskaplike ondersoek.

Globaal gesien, kan twee hoofstromings onderskei word in die edisiewetenskap, naamlik die Engels-Amerikaanse bibliography wat hulle hoofsaaklik besig hou met verskillende drukke van 'n werk en ten doel het om 'n definitiewe of betroubare teks te verskaf, en die Editionswissenschaft uit die Duitse taalgebied waar die teksontwikkeling soos afgelees kan word uit drukke sowel as handskrifte sentraal staan, en waar die edisie nie alleen 'n betroubare teks aanbied nie, maar ook rekenskap gee van die genese van die werk. Hierdie artikel steun op die werk wat in Nederland gedoen word binne die tradisie van die tweede benadering. Daar word gebruik gemaak van die teoretiese raamwerk vir die edisiepraktyk soos dit beoefen word deur die Constantijn Huygens-Instituut in Den Haag en daar word spesifiek gesteun op die werk van Dorleun (1984), Mathusen (1997)en De Bruijn (2000). (1)

In 'n bespreking van edisietipes wys Mathijsen (1997:57-81) op die feit dat daar in die edisieliteratuur geen eenstemmigheid oor die benaminge vir verskillende soorte edisies bestaan nie. Mathijsen grond haar stelling op die feit dat die klassifikasie gemaak kan word deur byvoorbeeld op die volgende te fokus: een van 'n aantal fasette oor die edisie, die genre van die geredigeerde teks, die aard van die oorgelewerde materiaal, of die werkswyse wat gevolg word tydens die versorging van die teks. Mathijsen stel dan 'n klassifikasie voor waarin die onderskeid tussen edisies gebaseer word op die gebruiksdoel daarvan, en sy sonder die histories-kritiese edisie, die studie-edisie en die leesedisie uit as die drie edisietipes waarmee die meeste in die praktyk gewerk word.

Die genetiese proses--soos afgelei kan word uit manuskrip- en drukvariante wat die fokus van hierdie artikel uitmaak--kom tereg in die histories-kritiese edisie. Hierdie tipe edisie (vgl. Dorleijn, 1984:5-18, Mathijsen, 1997:58-65 en De Bruijn, 2000:11-30) bestaan gewoonlik uit drie dele, naamlik die teksgedeelte, die apparaat en die kommentaar. Die leesteks, dus die geredigeerde basisteks, (2) word in die teksgedeelte afgedruk. In die apparaat word alle versies van die werk, waarmee bedoel word alle oorgelewerde verteenwoordigers van die teks wat van mekaar verskil, opgeneem en beskryf. Die redakteur van die histories-kritiese edisie gaan van die standpunt uit dat die teks nie 'n statiese gegewe is nie, maar dat elke versie, soos vasgele op 'n bepaalde tydstip, 'n stadium verteenwoordig in 'n historiese proses, en dat elke versie prinsipieel gelykwaardig is aan 'n voorafgaande of daaropvolgende versie. Hierdie momente in die teksontwikkeling moet op sodanige wyse georden, weergegee en bespreek word dat die ontwikkelingsgeskiedenis maklik gevolg kan word. Tot die apparaat behoort ook die paralipomenamateriaal wat nie as 'n versie van die werk beskou kan word nie, maar tog direk verband hou met die genetiese proses. Paralipomena sluit materiaal in soos raamwerke wat die outeur opgestel hetvir die volgorde van hoofstukke in 'n roman of vir gedigte in 'n reeks, skemas oor familieverbande tussen karakters, lysies rymwoorde, en tekeninge. (3) Die kommentaargedeelte bevat die edisieverantwoording, 'n beskrywing van die oorgelewerde dokumentere bronne, die ontstaansgeskiedenis, die publikasiegeskiedenis en die kontemporere resepsiegeskiedenis van die teks.

Tradisioneel word die term "histories-krities" gereseryeer vir edisies van volledige oeuvres wat beteken dat alle oorgelewerde materiaal vir die werk van die bepaalde outeur daarin gedokumenteer moet word. Die daarstelling van so 'n volledige histories-kritiese edisie is 'n monumentale, langtermyn-onderneming waarvoor 'n span voltydse navorsers nodig is. Hoewel so 'n onderneming buite die vermoe van die individuele navorser val, bied die teoretiese raamwerk wat in die edisiewetenskap vir die hantering van genetiese materiaal in die histories-kritiese edisie ontwikkel is, wel 'n bruikbare basis vir die ontleding van individuele kunswerke. Vervolgens word aspekte van die ontstaansgeskiedenis van D.J. Opperman se gedig "Gedagtes by 'n sarkofaag" (soos dit afgelei kan word uit die oorgelewerde manuskrip- en drukvariante) ontleed binne hierdie raamwerk.

3. Die aard van manuskrip- en drukvariante van "Gedagtes by 'n sarkofaag"

D.J. Opperman publiseer die bundel Dolosse, waarvan "Gedagtes by 'n sarkofaag" die inleidingsgedig is, by Nasionale Boekhandel aan die einde van 1963. Sover vasgestel kon word, is die bundel daarna herdruk in 1964, 1967, 1971, 1975 en as 'n sagtebanduitgawe in 1987. (4) In 1987 verskyn die gedig ook in D.J. Opperman. Versamelde poesie. Verskillende uitgewerye het hierdie uitgawes van die bundel gehanteer: die drukke vanaf 1963 tot 1967 verskyn by Nasionale Boekhandel, die vierde druk van 1971 en die 1987-sagtebanduitgawe by Tafelberg, terwyl die versamelbundel van 1987 'n gesamentlike uitgawe is van Tafelberg en Human & Rousseau. Van die 1975-druk kon nie 'n kopie opgespoor word nie, en ook geen drukproewe vir enige van die drukke van die bundel het bewaar gebly nie.

'n Vergelyking van die opgespoorde drukke bring slegs een variasie aan die lig, naamlik dat die woord "thalidomide" in vroeer drukke verander is na "talidomide" in die versamelbundel van 1987. A.P. Grove, die redakteur van hierdie bundel, dui in sy verantwoording aan dat hierdie verandering aangebring is in 'n poging om "sekere afwykings van die aanvaarde skryfkonvensie wat meermale by Opperman voorkom" reg te stel "in enkele gevalle waar dit bloot gaan om die spelling en dit geen artistieke implikasies kan he nie" (Opperman, 1987: ongepagineer). Aangesien hierdie verandering inhoudelik geen verskil maak nie, en dit nie deur die outeur aangebring is nie, kan daar by "Gedagtes by 'n sarkofaag" nie van drukvariante gepraat word nie, maar verteenwoordig die verskillende drukke dieselfde versie van die gedig.

Die manuskripvariante van "Gedagtes by 'n sarkofaag" word as deel van die groter Oppermanversameling gehuisves in die Afdeling Spesiale Versameiings van die J.S. Gericke-Biblioteek van die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie versameling sluit manuskripte in van al Opperman se gepubliseerde skeppende werk, literer-kritiese materiaal, dokumente wat in verband staan met sy betrokkenheid by tydskrifte en uitgewerye, asook meer persoonlike dokumente soos briewe en dagboeke.

Die manuskripvariante van "Gedagtes by 'n sarkofaag" kom voor in twee dokumentere bronne volgens die klassifikasiekodes van die Gericke-Biblioteek: dokument 118 P.X.A. wat bestaan uit eksamenboeke van die Universiteit van Kaapstad, los velle A4-papier en kleiner ongelinieerde bladsye, en dokument 118 P.D. I wat bestaan uit los foliovelle.

4. Ontwikkelingstadla van "Gedagtes by 'n sarkofaag"

Die vroegste ontwikkelingstadium van "Gedagtes by 'n sarkofaag" (118 P.X.A. IV bladsy 4 en 118 P.X.A. IX bladsye 16 en 17) bestaan uit woorde, frases of enkele reels in versformaat wat nog nie woordeliks kenbaar is as variante van hierdie gedig nie, maar wat tematiese kiemvorme daarvan verteenwoordig. Hierdie neerskryf van los aantekeninge is kenmerkend van Opperman se skryfproses in die aanvangsfase van 'n bundel. Soms is dit moontlik om hierdie aantekeninge te herken as embrionale elemente van 'n spesifieke gedig, maar dikwels verteenwoordig dit breer temas onderliggend aan meer as een gedig of aan die bundel as geheel.

In die edisiewetenskap word hierdie elemente gewoonlik gereken tot die paralipomena (vgl. Mathijsen, 1997:282). Aangesien paralipomena gesien word as materiaal wat slegs op periferale wyse in verband gebring kan word met die genetiese proses, en ek reken dat hierdie eerste elemente behandel behoort te word as 'n integrale deef van die ontwikkelingsproses, is so 'n tipering myns insiens nie gewens nie. Die basiese verskil tussen hierdie vroee ontwikkelingstadium en latere, verder ontwikkelde stadiums word beter ondervang deur Dorleijn (1984 1:60-61) se onderskeid tussen "skets" en "versie". Terwyl 'n versie van 'n werk volgens hom 'n tekseenheid met 'n herkenbare, grootliks deurlopende, sintaktiese en versformele verband verteenwoordig, is 'n skets 'n versameling taaltekens waarby so 'n herkenbare, deurlopende sintaktiese en versformele verband nie bestaan nie.

4.1 Voorbeeldbladsy uit die aanvangsfase

'n Tipiese voorbeeld van 'n manuskripbladsy uit die aanvangsfase van Dolosse waarop sketse vir "Gedagtes by 'n sarkofaag" voorkom, is bladsy 16 van dokument 118 P.X.A. IX. Ten einde die aard van hierdie ontwikkelingsfase te illustreer, word die bladsy in transkripsievorm aangebied, met behoud van die grafiese opset van die manuskrip:
2 (5) {[?ou] (6) mites} sy klein dis
ons in murasie v/ mitotogiee leef v/ knoffel, brood, wit wyn
 en vis
op die landerye die droe geselskap
van lupiene wat oop[?lende] 3{[begin strikethrough]
 borsies soos skorsies
 [end strikethrough]}
op die aarde se verplooide vel
uit die rook en roes v/d vaaljapie
 vroeg
staan die vissermanne [begin strikethrough]
drieurr [end strikethrough]
met die morester op, drink swart koffie
vat die kassie met handlyne en hoeke
en die enkele vis ...
eers vir aas makriel te vang eers v/d sterre die
kabbeljou te soek leplek vasstel ... tot
 die son opkom en dan v/d
 [?lopers]
 land jou bakens kry
--
agter die duine grootgeword
op [???] pattats en droe snoek
--
dominee en gemeente ... eers geroepe gevoel
... die gemeenskap ... visvang ... nou die
stank en drank van vissermanne
--
hierdie sap wat knop in druif
--
suur klere en [????] [begin strike-
through] v/ lyf [end strikethrough] v/
lyfvet
--
uitgespoelde rob 3{[begin strikethrough]
-- klompie [end strike-
 through] dolosse wat
 voorspel}
 3{verstarde chromosome in
 'n reusesel
 3{gebreklike gedwing
 tot atleet}
die beeste deur een of ander soutgebrek --
kom na die see om die uitgespoelde 3{Kogmanskloof}
rob te kou en lek --
 3{Jakkals & Skilpad}
-- --
2{mosselmis} 3{nette vir sardyne}
Die sketse op hierdie manuskripbladsy wat aansette van "Gedagtes by 'n
sarkofaag" vorm, is:
2{[?ou] mites}
ons in murasie vi mitologiee leef
en
3{[begin strikethrough] klompie [end
strikethrough] dolosse wat voorspel}
3{verstarde chromosome in 'n reusesel}
3{gebreklike gedwing tot atleet}


4.2 Tekseenhede as sketse vir ander gedigte

Behalwe vir die frase "gebreklike gedwing tot atleet" kan hierdie aangehaalde tekseenhede egter ook gelees word as sketse vir ander gedigte in Dolosse soos "Vuurbees", "Mukene" en "Spermutasie". Soos in "Gedagtes by 'n sarkofaag", gaan dit in hierdie gedigte ook om onder andere die volgende:

* die rol van mites in die menslike bestaan soos vervat in die aantekening "ons in murasies (ou murasies) (7) vi mitologiee (mites) leef";

* oor die voorspellingskrag van beendere soos vervat in die aantekening "[begin strikethrough] klompie [end strikethrough] dolosse wat voorspel";

* en in die geval van "Vuurbees" en "Spermutasie" oor genetiese ontwikkeling by die mensdom soos vervat in die aantekening "verstarde chromosome in 'n reuseser'.

Wanneer die reeds aangehaalde sketse saamgelees word met die op die ander twee manuskripbladsye van hierdie eerste ontwikkelingstadium waar Opperman name soos "Hirosjima", "Belsen", "Illias", "Odesea", "Homeros", "Mykenos", "Griekeland", "Turke" en frases soos "ontsteld/ deur die mens se/skoonheid van geweld" en "geweld ... hierdie land" neerskryf, kan die afleiding gemaak word dat Opperman in hierdie vroee stadium reeds 'n bree tema in gedagte het oor geweld, die Griekse beskawing (of ou, vergane beskawings), die mitologie, biologiese afwykings of gebreke by die mens, en voorspellings soos afgelees kan word uit beendere.

4.3 Tweede stadium: verbande met siektes en genesing

Die tweede stadium van ontwikkeling (118 P.D.I bladsye 1 en 2) is ook nog sketsmatig, maar nou breer uitgewerk en herkenbaar as sketse spesifiek vir "Gedagtes by 'n sarkofaag". Op bladsy 1 is, afgesien van 'n aantal los, onverwante aantekeninge, 'n groep sketse op die middelste gedeelte van die bladsy neergeskryf wat almal in verband gebring kan word met die antieke Griekse wereld en met die geheimenisse van siektes en genesing wat die tematiese grondlaag vir "Gedagtes by 'n sarkofaag" vorm. Opperman skryf byvoorbeeld name neer soos die volgende:

* "Eufese" wat verwys na die antieke Griekse hawestad, onder andere bekend vir die tempel van Artemis, die jaggodin wat ook vroue tydens kindergeboorte bygestaan het. Asklepios" met die altematief "Aesculopius" wat in die Griekse mitologie verwys na die beskermheer van genesing met die slang as simbool.

* "Eleusis" die Mukeense stad wat geassosieer word met die godin Demeter en die geheimsinnige simboliese rites van vernuwing en hergeboorte.

Hierdie tema van siektes en genesing word verder uitgewerk in aantekeninge soos "hipokritiese eed van hippokrates", "Slang van Epidauros" en daaronder as aanvulling hierby: "siekes gesond maald inskripsies van wonderkure/ vir verlamdes (verlamming), blindes (blindheid), onvrugbaarheid/ teen stene in die gal, blaas of niere/ lintwurm/ wag op die verskynsel (verskyning) van 'n god/ wat in die slaap genees". Die idee dat die genesing van siektes in die antieke wereld in geheimsinnigheid gehul was en met bo-menslike ingryping geassosieer was--soos wat uit hierdie aanvulling blyk--word versterk deur die neerskryf van woorde soos "misterie" langs die naam Eufese en "geheimenisse" bokant Eleusis. Verder word die woord "sarkofaag" neergeskryf, en laer af op die bladsy "geraamte van 'n Griekse seuntjie/ 'n hopie dolosse van 'n jong Griekse godjie".

Elemente van hierdie sketse kan teruggevoer word na 'n aantekening in die dagboek wat Opperman van sy Europese reis gedurende die eerste helfte van 1957 gehou het en wat die inspirasie verskaf het vir die bundel Dolosse. Hy teken naamlik teenoor die datum 28 Maart die volgende in die dagboek (dokument 118.Pe.D.4 bladsy 41) aan: "Op tweedaagse bustoer: Elefis--misteries (geraamte van seuntjie--dolosse--olieskraper van atleet se liggaam)". Dit is betekenisvol dat hierdie verband gele kan word tussen 'n konkrete ervaring en die skeppingsproses. Daar sal in die onwikkeling van die teks nagegaan word hoe die spesifieke gegewe van hierdie ervaring uitgebou is tot die algemeen-menslike en simboliese.

In die sketse wat op die boonste helfte van bladsy 2 van dokument 118 P.D.I voorkom, is daar alreeds, benewens aantekeninge waarin die antieke Griekse wereld as konteks bevestig word, woorde en frases van die finale teks herkenbaar. In die eerste aantekening op hierdie bladsy skryf Opperman byvoorbeeld neer "geweld: Grieke onderling; Perse, Romeine, Turke, Duitsers/ oorloe" wat herkenbaar is as 'n tentatiewe formulering van reels 28 tot 30 van die finale teks (vergelyk addendum 2). Feitelike gegewens oor die opgrawing wat uiteindelik in die finale teks in strofes 1 en 2 teregkom, word neergeskryf as los aantekeninge soos: "skewe heupbeen--polio", "12-14 jaar", "strigils--velskraper/velkrapper/ olieskraper/drie van brons/ en een van yster", "5de eeu voor Christus/ Noordelike Kerkhof". Hierna volg 'n tekseenheid waarin hierdie feitelike gegewe weer neergeskryf word, nou nie meer as los aantekeninge nie, maar in 'n rofweg sintaktiese eenheid en in versformaat.

4.4 Opeenvolgende skryffases: interpretasie en sistematisering

Die eerste versie van die gedig, dus waar 'n herkenbare, deurlopende sintaktiese en versformele verband reeds neerslag gevind het, kom voor op die onderste gedeelte van bladsy 2 en op bladsy 3 van dokument 118 P.D.I. Hierna volg nog ses versies van die gedig (118 P.D.I bladsye 4-11). 'n Voorstelling van die ontwikkeling van 'n teks in 'n geval soos hierdie waar veelvuldige versies met komplekse korreksielae in elke versie bestaan, is problematies. Die ideaal sou wees oro al die manuskripmatedaal te reproduseer deur middel van byvoorbeeld faksimilee of fotografie en dit saam met transkripsies aan te bied sodat die leser kan meedink en -interpreteer, maar in die praktyk sou dit te veel plek in beslag neem, en is dit dus nodig om meer ekononiese voorstellingswyses te vind. Die taak van die navorser strek ook verder as reproduksie en transkripsie: dit is nodig om opeenvolgende skryffases--soos af te lees is uit verskillende versies--en uit korreksielae binne dieselfde versie te interpreteer en gesistematiseerd aan te bied. In die edisiewetenskap waar hierdie representasie van die genetiese proses in 'n histories-kritiese edisie tuishoort, is verskillende sisteme ontwikkel vir die aanbieding van manuskripmateriaal. Hoewel die aanbiedingswyse in 'n groot mate bepaal word deur die aard van die materiaal, bied hierdie sisteme tog bruikbare riglyne.

'n Aantal basismodelle kan onderskei word soos uiteengesit in Dorleijn (1984 1:33-46) en Mathijsen (1997:271-351). In die eerste plek word onderskei tussen inklusiewe en eksklusiewe apparate. In 'n inklusiewe apparaat word die variasies as deel van die leesteks aangebied deur middel van 'n sisteem van diakritiese tekens. Inklusiewe apparate is gepas vir die representasie van werke waar die variasies ongekompliseer is. In die geval van die meeste van Opperman se werk sou so 'n stelsel nie die komplekse veranderings kon voorstel nie, en moet eerder gekyk word na die opstel van 'n eksklusiewe apparaat. Die twee belangrikste eksklusiewe presentasiesisteme is die lemma-apparaat en die sinopsis.

* Wanneer die genetiese proses van 'n werk deur middel van 'n lemmaapparaat voorgestel word, word 'n basisteks gekies wat as kritiese leesteks as geheel afgedruk word. Die afwykings van die leesteks word geisoleerd aangegee in voetnote, na die leesteks of selfs in 'n aparte boekdeel. Die variante word dus uit hul konteks gehaal en los aangebied, en die gebruiker moet self met behulp van die leesteks en die apparaat die lesing van die ander versies rekonstrueer.

* In 'n sinoptiese apparaat wat afsonderlik van die leesteks aangebied word, word die veranderinge in die verskillende fases van die teksontwikkeling per real aangegee. Die eerste versie van die werk dien as vertrekpunt, en daaronder volg in chronologiese volgorde alle veranderinge in die daaropvolgende ontwikkelingstadiums. Die bronne vir die verskiliende versies word per kode geidentifiseer. Die redakteur kan deur middel van diakritiese tekens verdere gegewens verstrek, byvoorbeeld aangaande korreksies deur die outeur of sy eie redaksionele beslissings. Inligting wat nie deur die parallelle aanbieding van reels of deur diakritiese tekens aangebied kan word nie, maar tog vir die teksontwikkeling van belang is, moet in beskrywende notas aangebied word. 'n Sinoptiese apparaat kan horisontaal sowel as vertikaal gelees word: die teks van elke versie kan linear gevolg word, terwyl die opeenvolgende variante paradigmaties vergelyk kan word. Hierdeur word sowel die variante as die invariante gedeeltes van die teks en hulle onderlinge samehang toeganklik gemaak.

'n Sinoptiese representasie van die teksontwikkeling in die geidentifiseerde versies van "Gedagtes by 'n sarkofaag" word in Addendum 1 aangebied, en die leesteks in Addendum 2. Die basis vir die leesteks is die 1963-druk waarby Opperman betrokke was, en wat hy in die daaropvolgende drukke tydens sy leeftyd onveranderd gelaat het. In die sinopsis word 'n hoofletter "M" gebruik as kode om die aard van die bron waarmee hier gewerk word te identifiseer as 'n manuskrip, in teenstelling met byvoorbeeld 'n bron in drukvorm. Die reels van die ontstaansvariante word geidentifiseer deur vetgedrukte syfers in die linkerkantste kantlyn. Die ontstaansvolgorde van die verskillende versies word aangedui deur 'n deurlopende reeks syfers in boskrif, dus [M.sup.1,] [M.sup.2], [M.sup.3], ensovoort. Korreksielae binne elke real word deur letters voorgestel; dus sou die lesing van die aanvanklike skryffase vir die eerste versie voorafgegaan word deur die kode "[M.sup.1]a" terwyl die lesing van die daaropvolgende korreksielaag deur die kode "[M.sup.1]b" voorafgegaan word, ensovoorts. Vervolgens word die sleutelmomente van die verskillende versies bespreek.

4.4.1 Eerste versie van "Gedagtes by 'n sarkofaag"

In die eerste versie van die gedig (118 P.D.I bladsye 2 en 3) kan tipografies alreeds rofweg vier strofes onderskei word, hoewel die sintaktiese verband en reelverband nog nie deurgaans vasgele is nie. Omsirkelde nommers in die volgorde 1, 3, 2, 4 in die linkerkantste kantlyn teenoor die begin van elke strofe dui aan dat die outeur na die neerskryf van die strofes besluit het om die volgorde te verander sodat strofes 2 en 3 omgeruil word. Wat inhoud betref, word die feitelike gegewens van die opgrawing van 'n sarkofaag "in die Noordelike Kerkhof van Korinthe" en die onthulling van die inhoud daarvan in strofe 1 gegee. In strofes 2 tot 4 volg 'n reeks vrae wat hierdie vonds by die spreker laat ontstaan. In strofe 2 word gewonder oor die omstandigheid van die seun se dood, naamlik of hy gesteff het op soek na die bo-menslike bronne van genesing in die Griekse wereld ("die slang van Epidauros", "tempel van Asklepios", "Eleusis", "Demeter"). In strofe 3 word oorsake oorweeg vir die kind se verminking en in strofe 4 word gevra of die opgrawing bloot 'n toevallige gebeurtenis is, of 'n voorspelling van die noodlottige uiteinde van 'n beskawing. In kanttekeninge word elemente wat in latere versies ingevoeg word, neergeskryf, byvoorbeeld: "deur 'n atoom" en "chromosoom" (strofe 2); "is hy voorteken van goddelike of menslike geweld" en "hippokdtiese eed van Hippokrates" (strofe 3); "kom deur thaloohied/radiostrale" (strofe 4).

4.4.2 Tweede versie van die gedig

In die tweede versie (118 P.D.I bladsy 4) word die strofeverdeling van versie een behou en inhoudelik kom die strofes ook grooUiks ooreen. Hoewel daar in strofe 1 'n aantal korreksielae onderskei kan word, gaan dit nie hier om belangrike inhoudelike ontwikkelings nie, maar eerder om 'n verfyning van formulering, woordkeuse en ordening van gegewens. Daar word byvoorbeeld oorweging gegee aan die terme "sarkofaag" teenoor "klipdodekis", "huidkrappers" teenoor "olieskrapers" teenoor "skapula". Vir 'n beskrywing van die menslike oorblyfsels in die houer word die moontlikhede "'n verminkte", "'n verminkte kind", "'n hopie beentjies" en "'n hopie beentjies van 'n kreupel seuntjie" neergeskryf. Die reelposisisie waarin feite aan die bod gestel word, word soms verander as gevolg van die proses van herformulering. In die meeste gevalle maak die outeur hier nie 'n finale keuse tussen verskillende moontlikhede nie, maar bly die hele reeks moontlikhede of staan (byvoorbeeld in reelverband en as kanttekeninge, of binne reelverband bo mekaar of langs mekaar neergeskryf), of word almal deurgehaal. Strofe 2 is 'n byna woordelikse herhaling van die eerste versie, behalwe vir die weglating van 'n real waarin die kwale waarvoor die kind genesing soek, opgenoem word. Die belangrikste ontwikkeling wat hier plaasvind, is die neerskryf van twee kanttekeninge waarin die vraag gestel word na die ongerymdheid van die twee feite oor die kind waarvoor daar fisiese bewyse in die inhoud van die sarkofaag gevind is, naamlik dat hy 'n atleet, maar gebreklik was. In strofe 3 word die vraag na die oorsaak van die kind se verminkte heupbeen wat in versie een gevra is, behou. Waar in versie een egter net twee moontlikhede in versverband neergeskryf word ("deur gode in 'n voorgeboorte gereg" en "polio") en die ander as los aantekeninge ("chromosoom", "verkeerde dieet (Opperman se spelling)", "seergekry", "seergemaak", en "menslike geweld"), is alle moontlikhede hier in vers- en sintaktiese verband opgeneem. Die oorsake wat hier oorweeg word, is: "vermink (geruk) deur gode in chromosome", "die eerste lyer aan polio", "slagoffer van 'n dokter" en "slagoffer van menslike (ondermaanse) oorloe", fn strofe 4 vind twee belangrike ontwikkelings plaas. In die eerste plek word uit die twee moonUikhede wat vir die interpretasie van die opgrawing in versie een gestel word, naamlik of dit 'n toevallige gebeurtenis of 'n apokaliptiese teken is, 'n keuse gemaak sodat die opgrawing van "die klompie bene" nou verbind word met "die begin en end van 'n beskawing". In die tweede plek word die metaforiese gelykstelling van die sarkofaag met die geboorteproses wat reeds in versie een aangevoor is, met die reel "het ons die moer oopgemaak" nou bevestig met die neerskryf van die aantekeninge "swangerskap van 25 eeue" en "klipmoer". Hierdie aantekeninge is belangrik vir die meer komplekse simboliese waarde wat die opgrawing in strofe 4 van die finale teks verkry.

4.4.3 Derde en vierde versies van die gedig

Versies drie en vier kan gelyktydig bespreek word, wat die ontwikkelings in sowel struktuur as inhoud betref, aangesien die veranderinge wat in versie drie aangebring word, grootliks behou word in versie vier. Die strofes word gereduseer na drie en die versreels na 24 in versie drie en 22 in versie vier (teenoor 33 in versie twee). Ook inhoudelik word teruggesny. In strofe 1 word uit die moontlikhede wat in versie twee neergeskryf is, nou 'n keuse gemaak en grootliks in een skryflaag gegee. Die enigste twee inhoudelike veranderinge is dat die kerkhof waarin die sarkofaag gevind word, nou in Athene gesitueer word en dat die gegewe oor die olieskrapers finaal uit hierdie strofe weggelaat word. Twee verskuiwings van gegewe vind plaas: "uit die 5de eeu v.C." word in versie drie aanvanklik as real drie neergeskryf maar dan met 'n pyltjie verskuif na die eerste reelposisie en in versie vier word die woord "vanoggend" in hierdie posisie ingeskryf. Hiermee word die ontwikkeling van strofe 1 ook grootliks afgesluit, afgesien van die verandering van "vanoggend" na die minder spesifieke "vandese week" in versie ses. Strofe 2 van versie twee (die bespiegelings oor die omstandighede van die kind se dood met die Grieks-mitologiese w6reld as konteks) verdwyn heeltemal in versie drie en vier en ook uit hieropvolgende versies. In strofe 2 word nou die vraag gevra of die seun deur god of mens vermink is en of hy vrywillig of onder dwang aan sport deelgeneem het. Strofe 3 van albei versies fokus op die profetiese signifikasie van die opgrawing.

4.4.4 Die vyfde versie

In versie vyf word die gedig weer uitgebrei na vier strofes deurdat die gegewe oor die ontwerpe en olieskrapers waaruit afgelei kan word dat die seun 'n atleet was, ingevoeg word as strofe 2. Hiermee word die aantal, asook die bree fokus van die strofes finaal vasgele. 'n Kritieke ontwikkeling van die tema van die gedig word aangevoor in strofe 3 van hierdie versie en dan vasgele in versie ses. Hierdie ontwikkeling verskaf ook die finale impetus vir die totstandkoming van die simboliese dimensie in die gedig.

Strofe 3 van versie vyf is binne versverband 'n byna woordelikse oorskrywing van die vierde versie, maar hierby word 'n aantal kanttekeninge gemaak. In die linkerkantste kantruimte word neergeskryf "vrolikheid/drif en drang/ten spyte van verminking die voortgang". In die regterkantste kantruimte word die real "voorteken van die geweld oor sy land deur eie mense, Pers, Romein, of Turk" neergeskryf wat reeds byna woordeliks in versie een (reel 18) voorkom, maar wat nie in daaropvolgende versies herhaal is nie. Hierby word ook 'n nuwe gedagte neergeskryf, naamlik "ewige slagveld/ die mens as regter op 'n ewige slagveld". Binne die konteks van hierdie tekseenheid lyk dit of die outeur met hierdie aantekeninge 'n antwoord verskaf op die vraag wat in reelverband gestel word, naamlik of die gebreklike "vrywillig of onder dwang" aan sport deelgeneem het. Die sentrale woorde hier is: "drif en drang", "verminking", "geweld", "slagveld", sodat die oorwig van 'n uitkoms na die vraag op "dwang" geplaas word en die kreupel seun se spesifieke geval 'n tragiese element verkry.

4.4.5 Sesde en sewende versie

Wanneer hierdie kanttekeninge egter in versie ses geintegreer word in strofeverband, is dit in die vorm van 'n verdere reeks vrae wat in die eerste plek nog steeds betrekking het op die lot van die kind, maar wat in die tweede plek ook 'n karakterisering is van die Westerse beskawing met sy meedoenlose mededingendheid wat, as dit ver genoeg gevoer word, van die menslike bestaan 'n vernietigende slagveld maak. Die spesifieke en algemeen-menslike word dus oormekaargeskuif--'n vertelling oor die opgrawing van 'n geskende kind word nou ook die verhaal van 'n beskawing. In hierdie tekseenheid word die profetiese dimensie in die gedig ook versterk. Daar word gevra of die kind in sy verminking "voorteken" is van die toekoms van sowel sy ele land as die Westerse beskawing. Verder word die woorde "Avondlandelike drang" as kanttekening in versie ses neergeskryf en dan in versie sewe in reelverband opgeneem. Die term "Avondlande" vir die lande van die Weste is gemunt deur Oswald Spengler in sy boek getiteld Der Untergang des Abendlandes (1923) waarin hy betoog dat beskawings 'n lewenspatroon soortgelyk aan biologiese organismes vertoon en dat die Westerse beskawing alreeds in die fase van aftakeling verkeer. Die gebruik van hierdie term eggo weer "voorteken" en versterk die idee van 'n voorspelling van ondergang.

4.5 Die totstandkom van 'n simboliese dimensie

Dit wil voorkom asof die voorgenoemde ontwikkeling waardeur die Iot van die kind en die van die Westerse beskawing so nou met mekaar verbind word, die grondslag le vir die totstandkoming van die simboliese dimensie van die laaste strofe van die gedig. Die betekenisverdigting waardeur die kind in sy verwrongenheid simbool word van die Westerse beskawing, word in versie ses bewerkstellig deur 'n sintaktiese herordening van gegewe wat reeds vanaf die eerste versie die afsluitingsreels van die gedig uitmaak. In versie een, reels 30-32, word neergeskryf: "kom die verminkte kind/terug aan die begin en einde/van 'n beskawing" en dit word in versie twee reels 31-33 verander na "aan die begin en end/ van 'n beskawing/ kom die kind geskend"--reels wat behoue bly tot in versie vyf. Kleiner veranderings wat in die verskillende strofes aangebring word, verander nie aan die essensiele betekenis nie, naamlik dar die kind wat geleef het, aan die begin van die Westerse beskawing deur die opgrawing weer terugkom in 'n toestand van verminking of geskendheid. Die implikasies is dat hierdie verminking toegeskryf kan word aan die aard van die beskawing waarvan hy 'n verteenwoordiger is. Die volgende basiese sin sou as eksegese van hierdie tekseenhede kon dien: Die geskende kind kom uit (te voorskyn/ word onder die aandag gebring) aan die begin en einde van 'n beskawing. Die lot van die kind en die aard van die beskawing word dus met mekaar verbind, maar in die vroeer versies bly die kind nog die kerngegewe, gaan dit nog om sy geval, sy toestand. Dit is eers in strofe 6, na die betekenisverdigting en fokusverskuiwing in strofe 3 plaasgevind het, dat die slotreels herskryf word as: "kom jul beskawing/van (aan) sy begin tot (sy) end/uit die klipmoer/ 'n kind geskend". Hiermee word die beskawing die subjek, en die eksegese is nou: Jul beskawing kom te voorskyn. Jul beskawing is 'n geskende kind.

5. Samevatting

Die transponering van die spesifieke geval na die universele is een van die sentrale kenmerke van die poesie van D.J. Opperman. Die ontleding van die ontstaansvariante vir "Gedagtes by 'n sarkofaag" het aan die lig gebring dat 'n konkrete ervaring die kiem van hierdie gedig verteenwoordig, en dat die spesifieke gegewe van die opgrawing en van die Griekse wereld as die konteks in die sketse van die gedig en ook in die vroeere versies van die gedig oorheers. Na 'n afstropingsproses in versies drie en vier tot die essensie van die spesifieke geval, kan die ontwikkeling in versies vyf tot sewe beskryf word as 'n fokusverskuiwing waar, deur 'n proses van betekenisverdigting, die spesifieke geval simbool word van die universele.
Addendum 1 : Sinopsis van ontstaansvariante van "Gedagtes
by 'n sarkofaag"

 1 [M.sup.1]a Ons het vanmore in die
 Noordelike kerkhof van
 Korinthe
 b Vanmore het ons in die Noordelike
 kerkhof van Korinthe (8)
 c Vanmore in die Noordelike kerkhof
 van Korinthe
 [M.sup.2]a In die Noordelike kerkhof ^Inhierdiebjdvanpille(9)
 van Korinthe
 b Vandag is in die ^ensalwewatdiekind
 Noordelike kerkhof van
 Korinthe
 [M.sup.3]a In die kerkhof van Athene ^vermink,
 [M.sup.4]a Uit die 5de eeu V.C.
 b Vanoggend is uit die 5de
 eeu V.C.
 [M.sup.5]a Vanoggend uit die 5de eeu ^pilofradium
 V.C.
 b Vanoggend in ons eeu v/d
 verminkte kind is uit
 die 5de eeu V.C.
 [M.sup.6]a Vanoggend uit die 5de eeu
 V.C.
 b Vandese week is uit die
 5de eeu V.C.
 [M.sup.7]a Vandese week is uit die
 5de eeu V.C.

 2 [M.sup.1]a gegrawe en 'n klipdodekis
 gekry
 b het ons 'n klipdodekis
 c hetons 'n {klipdodekis/
 sarkofaag} (10)
 [M.sup.2]a is 'n sarkofaag ^'nhopiebeentjiesvan
 b is 'n klipdodekis ^'nkreupelseuntjie
 c het ons die deksel
 d is die deksel
 [M.sup.3]a is'n sarkofaag
 b 'n sarkofaag
 [M.sup.4]a is in die kerkhof van
 Athene
 b is 'n sarkofaag in die
 kerkhof van Athene
 c is in die kerkhofvan
 Athene
 [M.sup.5]a is in die kerkhof van
 Athene
 [M.sup.6]a is in die kerkhof van
 Athene
 b in die kerkhof van Athene
 [M.sup.7]a in die kerkhof van Athene

 3 [M.sup.1]a uit die 5de eeu voor
 Christus oopgegrawe
 b uit die 5de eeu voor
 Christus
 [M.sup.2]a uit die 5de eeu voor ^opgegraaf
 Christus opgegraaf
 b [xx] (11) die 5de eeu voor
 Christus opgelig
 c uit die 5de eeu voor
 Christus opgegraaf
 [M.sup.3]a uit die 5de eeu V.C.
 [M.sup.4]a tussen die stukkende
 grafstene
 b * (12) 'n sarkofaag
 [M.sup.5]a 'n sarkofaag
 [M.sup.6]a is 'n sarkofaag
 b 'n sarkofaag
 [M.sup.7]a 'n sarkofaag

 4 [M.sup.1]a en die deksel afgelig
 b en nou le die deksel ^opgegrawe
 afgelig
 c en met die deksel afgelig
 weet ons
 d en met die deksel afgelig
 lei ons
 e en met die deksel afgelig
 weet ons
 [M.sup.2]a en met die deksel nou
 afgelig, weet ons
 b deksel af, weet ons
 [M.sup.3]a onder die stukkende
 grafstene
 [M.sup.4]a vanoggend oopgegraaf
 b oopgegraaf,
 [M.sup.5]a tussen die stukkende
 grafstene
 [M.sup.6]a tussen die stukkende
 grafstene
 [M.sup.7]a tussen die stukkende
 grafstene

 5 [M.sup.1]a op 'n hopie beentjies 'n
 oopgekraakte
 okkerneut.
 b < > (13)
 [M.sup.2]a en van vier ^orieskrapers
 huidkrappers--drie van
 brons
 b * deur [xxx] een heupbeen ^skapula
 dit was 'n verminkte,
 c < >
 [M.sup.3]a vanoggend oopgegraaf
 [M.sup.4]a en onder die klipdeksel
 [M.sup.5]a oopgegraaf;
 [M.sup.6]a oopgegraaf;
 [M.sup.7]a oopgegraaf;

 6 [M.sup.1]a Van die velkrappers--
 drive van brons
 b Van die {huid/vel}
 krappers--drie van
 brons
 [M.sup.2]a en een van yster--dit ^alwashymank
 was 'n atleet
 b * of die hopie bene
 [M.sup.3]a en in die klip[xxxx]
 (kliphouer) kom
 b en uit die kliphouer kom
 c en onder die klipdeksel
 le
 [M.sup.4]a le 'n hopie skewe bene
 [M.sup.5]a en onder die klipdeksel
 [M.sup.6]a en onder die klipdeksel
 [M.sub.7]a en onder die klipdeksel

 7 [M.sup.1]a en een van yster--weet
 ons
 b en een van yster--[xx]
 dit was 'n atleet,
 [M.sup.2]a en van die grootte van
 die beentjies
 b < >
 c * van 'n verminkte kind
 d < >
 [M.sup.3]a vier olieskrapers
 b < >
 [M.sup.4]a van 'n seunskind, elf,
 twaalf.
 b van 'n seun van twaalf.
 [M.sup.5]a le 'n hopie skewe bene
 b 'n hopie skewe bene
 [M.sup.6]a le 'n hopie skewe bene
 [M.sup.7]a le 'n hopie skewe bene

 8 [M.sup.1]a dit was 'n atleet, en van
 die beentjies
 b en van die grootte van
 die beentjies
 [M.sup.2]a 'n seun van twaalf ^moeshyteen
 b < > ^wilendank
 [M.sup.3]a [x] 'n hopie skewe bene
 [M.sup.4] Strofewit
 [M.sup.5]a van 'n seun van twaalf.
 b van 'n seun van twaalf
 gevind
 [M.sup.6]a van 'n seun van twaalf.
 [M.sup.7]a van 'n seun van twaalf.
 9 [M.sup.1]a hy was twaalf of dertien
 jaar
 b {hy was/'n seun van}
 twaalf of dertien jaar
 [M.sup.2]a en volgens die een
 heupbeen
 b < >
 [M.sup.3]a van 'n seun om en by elf,
 twaalf.
 [M.sup.4]a Is hierdie kreupele
 b was hierdie kreupele
 [M.sup.5] Strofewit
 [M.sup.6] Strofewit
 [M.sup.7] Strofewit

10 [M.sup.1]a en aan die een heupbeen
 'n verminkte.
 b en volgens een heupbeen
 'n verminkte.
 [M.sup.2]a 'n verminkte. ^aanhierdieeeu
 b < > ^vansportmeedoen
 [M.sup.3] Strofewit
 [M.sup.4]a deur god of mens
 vermink?
 [M.sup.5]a Van die vier ^bekend:ontwerpenklein
 olieskrapers:
 [M.sup.6]a Volgens die ontwerpe ^strigilsvelkrapperskrappers
 [M.sup.7]a Volgens die ontwerpe

11 [M.sup.1] Strofewit
 [M.sup.2] Strofewit
 [M.sup.3]a Ek staan by die hopie
 dolosse en dink
 b Is hierdie kind
 [M.sup.4]a Het hy vrywillig
 [M.sup.5]a drie van brons ^[xxxx]
 [M.sup.6]a en vier klein
 olieskrapers
 [M.sup.7]a en vier klein
 olieskrapers--

12 [M.sup.1]a Was hy van geboorte so
 vermink
 b Was sy heupbeen reeds ^kreupeloumaLabda
 voor geboorte so
 {vermink/ verdraai}
 [M.sup.2]a Was hierdie moedige ^kreupelmaar'
 figuurtjie natleet
 b Was hierdie moedige ^miskien'ndiskusgooier
 figuurtjie
 c Is hy kreupele ^vergelding--vangeboorteso...
 d Is die klein skewe
 {portuurtjie/hopie
 dolosse}
 [M.sup.3]a is hy deur god of mens
 vermink?
 b deur god of mens
 vermink?
 [M.sup.4]a of onder dwang
 [M.sup.5]a en een van yster ^voortekenvandiege-
 weld
 [M.sup.6]a drie van brons ^oorsylanddeur
 [M.sup.7]a drie van brons ^eiemense,Pers,RomeinofTurk

13 [M.sup.1]a deur gode in 'n
 voorgeboorte gereg
 b deur gode in 'n
 {voorgeboorte/
 chromosoom} gereg
 [M.sup.2]a op pad na die slang van
 Asklepios
 b nog altyd op pad na die
 slang van Asklepios
 c op pad na die slang van
 Asklepios
 [M.sup.3]a en moes hy, al was hy
 mank
 b en vermoed, al was hy
 mank
 [M.sup.4]a hinke-pink
 [M.sup.5]a weet ons
 [M.sup.6]a en een van yster
 [M.sup.7]a en een van yster--

14 [M.sup.1]a of een van die eerste
 lyers aan polio
 b {langs waters van die
 [Xxxxxx]| of een van
 die eerste lyers aan
 polio}
 [M.sup.2]a vir voorskrif en die
 wonderkuur?
 b vir voorskrif en
 wonderkuur?
 [M.sup.3]a teen wil en dank
 b moes hy teen wil en dank
 [M.sup.4]a die spies in die grond
 laat sink?
 b die spies ver in die
 grond laat sink?
 [M.sup.5]a hy was 'n atleet
 [M.sup.6]a weet ons
 [M.sup.7]a weet ons

15 [M.sup.1]a verkeerde dieet ^Geskondenes(14)
 [M.sup.2]a of het sy ouers hom
 byvoorbaat
 [M.sup.3]a aan sport meedoen ^hinke pink 'n spies in die
 grond laat sink
 [M.sup.4]a Strofewit
 [M.sup.5]a miskien 'n diskus- of
 spieswerper
 b miskien 'n spies- of ^[xxxxx]ewiges-
 diskuswerper lagvel
 [M.sup.6]a hy was 'n atleet ^die mens as regter op 'n
 ewige slagveld
 [M.sup.7]a hy was 'n atleet
 b hy was atleet

16 [M.sup.1]a seergekry ... seergemaak ^ishyvoortekenvangoddelikeof-
 menslikegeweld
 [M.sup.2]a om die Geheimenisse van
 die Dood
 [M.sup.3]a omtevergoed.
 [M.sup.4]a Of maak die opgrawing
 b Met die opgrawing
 [M.sup.5] Strofewit
 [M.sup.6]a 'n diskus- of
 spieswerper.
 b 'n spies- of
 diskuswerper.
 [M.sup.7]a 'n spies- of
 diskuswerper.

17 [M.sup.1]a teken van geweld ^menslikegeweld
 [M.sup.2]a en Herlewe na Eleusis ^hippokritieseeedvanHippok-
 gestuur? rates
 [M.sup.3] Strofewit ^hippokritiesedieeedvanHippok-
 [M.sup.4]a van die dolosse bekend: rates
 b maak die dolosse bekend:
 [M.sup.5]a Was hierdie kreupele
 b Is hierdie kreupele
 [M.sup.6] Strofewit
 [M.sup.7] Strofewit

18 [M.sup.1]a geweld oor sy land: eie
 mense, Perse, Romeine,
 Turke, Duitsers
 [M.sup.2] Strofewit
 [M.sup.3]a Ek is ontstel deur die
 opgrawing
 b Dit is so
 c Dit ontstel
 [M.sup.4]a aan die begin en end
 [M.sup.5]a deur god of mens vermink? ^geboorteso
 [M.sup.6]a Is hy deur god of mens ^dieeerstelyervanpolio
 vermink?
 b Is hy deur god of mens
 vermink
 [M.sup.7]a Is hy deur god of mens
 vermink

19 [M.sup.1] Strofewit
 [M.sup.2]a Was hy reeds van geboorte
 so,
 b Was hy vanaf geboorte
 reeds so,
 [M.sup.3]a dat die dolosse toe
 b dat die hopie bene roe
 [M.sup.4]a van ons atletiese
 beskawing
 b van ons beskawing
 [M.sup.5]a Het hy vrywillig
 b En het hy vrywillig
 [M.sup.6]a Was hy van geboorte so?
 b +of albei saam?
 [M.sup.7]a of albei saam?

20 [M.sup.1]a Was hy op pad
 b Was hierdie hopie
 dolosse
 [M.sup.2]a {vermink/ geruk} deur
 gode in die
 chromosome?
 [M.sup.3]a alreeds voorspel:
 b vroeg voorspel ^ofmoethulnetvoorspel
 [M.sup.4]a kom die kind geskend?
 b beurdie kind
 [M.sup.5]a of onder dwang
 [M.sup.6]a of is hy die eerste lyer
 van polio?
 b of dra sy liggaam die
 eerste wring van
 polio?
 [M.sup.7]a Was hy van geboorte so

21 [M.sup.1]a op pad na die slang van ^Asklepiostempelvan-
 Epidauros Asklepios
 [M.sup.2]a of is hy 'n eerste lyer
 aan polio?
 [M.sup.3]a aan die begin en end
 [M.sup.4]a maar kom geskend?
 [M.sup.5]a of onder dwang
 [M.sup.6]a Het hy vrywillig of onder
 dwang
 [M.sup.7]a of dra sy liggaam

22 [M.sup.1]a {se/vir} {voorskrifte/ ^deur'ndroomchromo-
 droom} {van/en} die soom
 wonderkure
 [M.sup.2]a Is hy die slagoffer van ^dink
 'n dokter
 b Het'n dokter
 [M.sup.3]a van ons atletiese
 beskawing
 [M.sup.4] Strofewit
 [M.sup.5]a hinke-pink ^vrolikheiddrifendrangtenspy-
 tevanverminking
 [M.sup.6]a hinke-pink ^dievoortgang
 [M.sup.7]a die wring van polio?
 b die eerste wring van ^dieeerstewringvan'n
 thamoide pil of polio? ^'nsoortthalidomideof-
 vanpolio
23 [M.sup.1]a teen verlamming,
 galstene, blindheid
 b < > chromosome
 [M.sup.2]a wat hippokrities die eed ^ishydeurgodofmensver-
 van Hippokrates mink
 b hipokrities die eed van
 Hippokrates
 [M.sup.3]a kom die kind geskend?
 [M.sup.5]a die spies ver in die
 grond laat sink?
 b die spies ver in die
 grond laat tril?
 [M.sup.6]a die spies ver in die
 grond laat sink?
 [M.sup.7]a Het hy vrywillig of onder
 dwang

24 [M.sup.1]a of het sy ouers hom vir
 die
 b of het sy ouers die
 verminkte figuur
 [M.sup.2]a afgele het of slagoffer ^perongeluk
 b afgele of is [xxxx]
 vermink
 [M.sup.3] Strofewit ^{Maak/met]dieopgrawing{van/
 /maak}diehopieskewe
 [M.sup.5] Strofewit beneaanonsbekendaandiebegine-
 nendvanons
 [M.sup.6]a Is hy voorteken van die atletiesebeskawingkomdie-
 geweld kindgeskend(15)
 [M.sup.7]a hinke-pink

25 [M.sup.1]a om die Geheimenisse van ^Demeter
 Dood en
 [M.sup.2]a van menslike oorloe?
 b deur ander ondermaanse [xx]
 oorloe?
 [M.sup.5]a Maakdie gode
 b die gode maak
 c Maak die gode
 [M.sup.5]a wat oor sy land sou kom
 b wat oor die land sou kom
 c wat oor sy land sou kom
 [M.sup.7]a die spies ver in die
 grond laat sink?

26 [M.sup.1]a Lewe na Eleusis gestuur?
 b Herlewe na Eleusis
 gestuur?
 [M.sup.2] Strofewit ^swangerskapvan25eeue
 [M.sup.5]a deur die opgrawing
 b met die opgrawing in die
 eeu van die
 radiumverwringing en
 verminkpil
 c met die opgrawing
 [M.sup.6]a deur eie mense, Pers,
 Romein en Turk,
 [M.sup.7]a Of is hy voorteken van
 die geweld

27 [M.sup.1] Strofewit
 [M.sup.2]a In elk geval, met hierdie ^lebeginvan'n[xxxxx]
 opgrawing
 b In elk geval, hierdie
 opgrawing
 c Vanoggend met hierdie
 opgrawing
 [M.sup.a] deur'n klompie dolosse
 bekend
 b van 'n klompie dolosse
 c van 'n klompie dolosse
 bekend
 [M.sup.6]a en met die mens se drang ^ofdieewigeatleet
 b maar daarby van die ^Avondlandelikedrang
 Westerse drang
 [M.sup.7]a wat oor sy land sou kom

28 [M.sup.1]a Of kom hy in hierdie
 wereld
 b Was hierdie opgrawing
 c Het hierdie opgrawing
 d In elk geval het hierdie
 opgrawing
 [M.sup.2]a twintig eeue na Christus^endieleesindiekoerantevantha
 moidebabas
 b van vyf-en-twintig eeue ^[xx]klipmoer
 gelede
 c < >
 [M.sup.5]a dat in ons beskawing ^na'nswangerskapvan25eeue
 b dat aan die begin en end
 c lewer aan die begin en
 end van ons beskawing
 d dat aan die begin en end
 van ons beskawing
 [M.sup.6]a as regter op 'n ewige
 slagveld?
 b as regter op 'n {ewige
 slagveld/ewige
 sportveld}
 c na die ewige atleet op
 'n krygsveld
 d tot die ewige atleet op
 'n krygsveld
 e tot die ewige atleet
 [M.sup.7]a deur eie mense, Pers,
 Romein en Turk,

29 [M.sup.1]a twintig eeue na die ^komdeurthaloohied
 b twintig eeue na Christus ^radiostrale
 [M.sup.2]a voorspel die klompie
 bene:
 b {vertel en/voorspel} die ^[xxx]klipmoer
 klompie bene:
 c voorspel oor vyf-en-
 twintig eeue die bene:
 [M.sup.5]a kom die kind uit die
 klipmoer
 b beur die kind uit die
 klipmoer
 c kom die kind uit'n
 klipmoer
 [M.sup.6]a en ook sy ondergang?
 [M.sup.7]a maar ook van die
 Avondlandelike drang

30 [M.sup.1]a toevallig of kom die
 verminkte kind
 b is weer geboorte ...
 [xxxx] die kind
 geskend
 c is herbore ... die kind
 geskend
 d het ons die moer
 oopgemaak
 e {is voorspel/ le die
 klompie dolosse en
 voorspel}
 [M.sup.2]a die kind geskend
 b kom uit die klipmoer ^thamoid
 [M.sup.5]a geskend.
 [M.sup.6] Strofewit
 [M.sup.7]a na die ewige atleet op
 'n ewige sportveld

31 [M.sup.1]a terug aan die begin en
 einde
 b kom aan die begin en end
 [M.sup.2]a kom aan die begin en end
 b aan die begin en end
 [M.sup.5]a Strofewit ^maarnogvorentoebeur[xx]vandieel-
 [M.sup.6]a Of maak die gode lende
 b Ek staan ontroer ^Tog,ekstaanbydiekleinGrieksegera-
 [M.sup.7]a en sy ondergang? amtetjie

32 [M.sup.1]a van 'n beskawing.
 [M.sup.2]a van 'n beskawing
 b van ons atletiese
 beskawing.
 [M.sup.6]a en voel die gode maak
 [M.sup.7] Strofewit

33 [M.sup.1] Strofewit
 [M.sup.2]a kom die kind geskend
 b die kind geskend
 [M.sup.5]a met die opgrawing
 b deur die opgrawing
 c met die opgrawing
 [M.sup.7]a Tog, ek raak by die klein

34 [M.sup.6]a {van/deur} die klompie
 dolosse bekend:
 [M.sup.7]a Griekse geraamtetjie
 ontroer

35 [M.sup.2] Strofewit
 [M.sup.6]a na 'n swangerskap van 25
 eeue
 [M.sup.7]a en voel die gode maak

36 [M.sup.6]a kom ons beskawing
 b kom jul beskawing
 [M.sup.7]a en voel die gode maak

37 [M.sup.6]a {van/aan} sy begin
 {tot/en} end
 [M.sup.7]a met die opgrawing

38 [M.sup.6]a uit die klipmoer
 [M.sup.7a] deur die klompie dolosse
 bekend:
39 [M.sup.6]a 'n kind geskend.
 [M.sup.7]a Na 'n swangerskap van 25
 eeue
40 [M.sup.7]a kom jul beskawing
41 [M.sup.7]a aan sy begin en end
42 [M.sup.7]a uit die klipmoer
43 [M.sup.7]a 'n kind geskend.


Addendum 2: Leesteks vir "Gedagtes by 'n sarkofaag"
 Vandese week
 is uit die vyfde eeu voor Christus
 in die kerkhof van Athene
 'n sarkofaag
 tussen die stukkende grafstene
 oopgegraaf;
 en onder die klipdeksel
 le 'n hopie skewe bene
 van 'n seun van twaalf.

 Volgens die ontwerpe
 en vier klein olieskrapers--
 drie van brons
 en een van yster--
 weet ons
 hy was atleet
 'n spies- of diskuswerper.

 Is hy deur god of mens vermink
 of albei saam?
 Was hy van geboorte so
 of dra sy liggaam
 die eerste wring van thalidomide
 of polio?
 Het hy vrywillig of onder dwang
 hinke-pink
 die spies ver in die grond laat sink?
 Of is hy voorteken van die geweld
 wat oor sy land sou kom
 deur eie mense, Pers, Romein en Turk,
 maar ook van die Avondlandelike drang
 na die ewige atleet op 'n ewige sportveld
 en so na sy ondergang?

 Tog, ek raak by die klein
 Griekse geraamtetjie ontroer
 en voel die gode maak
 met die opgrawing
 deur die dolosse bekend:
 Na 'n swangerskap van vyf-en-twintig eeue
 kom jul beskawing
 aan sy begin en end
 uit die klipmoer
 'n kind geskend


(1) Ek erken hiermee met dank geldelike steun van die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek vir 'n besoek aan Nederland wat dit vir my moontlik gemaak het om eerstehands kennis te maak met die werk van hierdie kundiges sowel as met die werk wat in breer verband in die Constantijn Huygens Instituut vfr Teksedisies en Intellektuele Geskiedenis gedoen word.

(2) Die basisteks is die mees ideale, suiwerste teks wat deur die redakteur gekies word as die een wat die werk die beste verteenwoordig.

(3) Vir 'n bespreking van die aard en die hantedng van paralipomena sien Vanhoutte en Van Hulle (2001).

(4) Hierdie datums vir herdrukke is gebaseer op rekords van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum asook op die datums soos verskaf voor in die verskillende drukke van die bundel wat in biblioteke opgespoor kon word. 'n Definitiewe drukgeskiedenis vir ouer bundels is moeilik vasstelbaar, aangesien uitgewers nie altyd hierdie soort inligting bewaar nie. In die geval van Dolosse het navrae by uitgewers geen informasie opgelewer nie.

(5) Die grondlaag op hierdie bladsy is in rooi ink geskryf, en daarbenewens is twee korreksiefases onderskeibaar, onderskeidelik in potlood en blou ink, hier aangedui deur krurhakies met die nommers 2 en 3 vooraan.

(6) Woorddele, woorde of frases waarvan die ontsyfedng onseker is, word binne vierkantige hakies geplaas, met 'n vraa9teken vooraan. Indien so 'n teksgedeelte heeltemal onontsyferbaar is, word 'n reeks vraa9tekens binne die vierkantige hakies geplaas.

(7) in aanhalings van variante word korreksies deur die outeur tussen ronde hakies gegee, direk na die woord of frase wat dit vervang.

(8) In die Nederlandse edisietegniek is dit gebruiklik om teksgedeeltes wat in verskillende lesings van dieselfde bron onveranderd bly, aan te dui deur vierkantige hakies direk onder die invariante gedeelte te plaas, en die spasiering in die reel dan aan te pas om hierdie opset te akkommodeer. Myns insiens kan hierdie werkswyse tot onnodige verwarring lei, dus word ook invadante gedeeltes in verskillende lesings volledig uitgeskryf.

(9) Aantekeninge wat in die kantlyn geskryf is, en nie in die lesing van 'n bepaalde reel geintegreer is nie, word in die sinopsis na regs aangegee en gemerk met die teken ^.

(10) By oop variante, dus waar die outeur 'n tweede woord of frase neerskryf sonder om die eerste een deur te haal, sodat twee lesings op hierdie stadium saam behoue bly, word die alternatiewe tussen krulhakies geplaas en met 'n skuinsstreep van mekaar onderakei.

(11) Waar 'n teksgedeeltes nie ontsyfer kan word nie, word dit aangedui met 'n x vir elke letter (vir sover dit vasgestel kan word) wat onontsyferbaar is, en dit word tussen gekursiveerde vierkantige hakies geplaas. As dit duidelik is dar die onontsyferbare letter 'n hoofletter is, word dit met 'n X aangedui.

(12) 'n Real soos hierdie wat deur 'n asterisk voorafgegaan word, is deur die outeur in 'n tweede skryffase bokant die oorspronklike real neergeskryf. Hier is nie sprake van 'n korreksie wat 'n tweede lesing vir die bepaalde reel tot gevolg het nie, maar 'n nuwe gedagte word neergeskryf sodat inhoudelik 'n heeltemal nuwe reel ontstaan.

(13) Skerp hakies rondom 'n lee spasie dui aan dat die reel wat onmiddellik daarbo staan, in geheel deur die outeur doodgetrek is, en dar hy niks in die plek daarvan neergeskryf het nie sodat daar dus in die b-lesing 'n lee reel staan.

(14) Hierdie woord word bo-aan die bladsy geskryf soos 'n titel. Aangesien dit egter bo-aan die tweede bladsy staan, en nie soos verwag kan word, voor-op nie, moet dit hier as 'n los aantekening gehanteer word.

(15) Hierdie herformulering van die laaste strofe (reels 18-23) van hierdie versie word onderaan die bladsy en na die linkerkant neergeskryf. Dit beteken dar daar vir hierdie tekseenheid 'n variant bestaan wat tussen [M.sup.3] en [M.sup.4] le en elemente van albei versies bevat.

Bibliografie

De Bruijn, P.G. 2000. Gerrit Achterberg. Gedichten. Deel 1-3. Den Haag : Constantijn Huygens Instituut.

Dorleijn, G.J. 1984. J.H. Leopold. Gedichten uit de nalatenschap. Deel 1 en 2. Amsterdam : Noord-Horlandse Uitgevers Maatskappij.

Janse van Vuuren, H.E. 1985. Die gesprek tussen literere kunswerke met spesiale verwysing na Tristia en Komas uit 'n bamboesstok. Stellenbosch : Universiteit van Stellenbosch. (D.Litt.-proefskrif.)

Kannemeyer, J.C. (red.) 1979. D.J. Opperman: Die galeie van Jorik. Tafelberg : Kaapstad.

Kannemeyer, J.C. 2000. D.J. Opperman: Sonklong oor Afrika. Kaapstad : Tafelberg.

Klopper, E.M.M. 1989. D.J. Opperman: "Spermutasie"--die palimpses. Stellenbosch : Universiteit van Stellenbosch. (D.Litt.-proefskrif.)

Mathijsen, Marita. 1997. Naar de letter. Handboek editiewetenschap. Den Haag : Constantijn Huygens Instituut.

Opperman, D.J. 1963. Dolosse. Kaapstad : Nasionale Boekhandel.

Opperman, D.J. 1987. D.J. Oppeman. Versamelde poesie. Kaapstad : Tafelberg/ Human en Rousseau.

Spengler, Oswald. 1923. Der Undergang des Abendlandes. Munchen : Bek'sche Verlagshandlung.

Teise, V.N. 2002. 'n Edisietegniese voorstel vir die samestelling van 'n histories-kritiese uitgawe van Die eerste lewe van Colet (Etienne Leroux). Bloemfontein : Universiteit van die Vrystaat. (Ph.D.-proefskrif.)

Vanhoutte, Edward & Van Hulle, Dirk. (samest.) 2001. Paralipomena. Antwerpen : Archief en Museum voor het Vlaamse Cultuurleven.

Van Niekerk, E. 1985. Vormtendense by Opperman--met spesiale verwysing na die simboliseringsproses--soos gedemonstreer in die variante van "Blom van die baaierd. Stellenbosch : Universiteit van Stellenbosch. (M.A.-verhandeling.)

Van Vuuren, Helize. 1986. "Saltimbanque en vriendin" opnuut gelees. Literator, 7(2):74-84.

Van Vuuren, Helize. 1988. "Groot ode": sinkretisties en antroposentries gelees. In: Wiehahn, R. & Roodt, P.H. (reds.) Teks en tendens. Durban : Butterworth.

Van Vuuren, Helize. 1989a. Tristia in perspektief. Kaapstad : Vlaeberg.

Van Vuuren, Helize 1989b. "Springbokke" van D.J. Opperman: 'n anatomie van Suid-Afrikaanse misere. In: Gilfillan, Rouston & De Vries, Abraham (reds.) Op die wyse van die taal. Kaapstad : Vlaeberg. p. 193-199.

Van Vuuren, Helize. 1989c. D.J. Opperman se "Egipties": 'n siening van die Suid-Afrikaanse dilamma. Stilet, 1(2):13-18, Jun.

Viljoen, Louise. 1993. Enkele voorstelle in verband met die hantering van die manuskripte rondom Opperman se "Kaapse Skeepswerf". Tydskrif vir Letterkunde, XXXI(1):68-84, Febr.

Kernbegrippe:

edisiewetenskap

genetiese studie

histories-kritiese edisie

ontstaansvariante

Opperman, D.J. Dolosse

Key concepts:

edition theory

genetic study

genetic variants

historical-critical edition

Opperman, D.J. Dolosse

Elsa Meihuizen

Depadement Afrikaans

Universiteit van Zululand

KWADLANGEZWA

E-pos: emeihuizen@pan.uzulu.ac.za
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 
Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Meihuizen, Elsa
Publication:Literator
Article Type:Critical Essay
Date:Nov 1, 2003
Words:9858
Previous Article:Op weg na 'n koherente siening van die taal- en tekspraktyk.
Next Article:Die gebruik van Wit oemfaan (F.A. Venter) in 'n imagologiese raamwerk vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal.
Topics:


Related Articles
Spore in die sand--'n herbeskouing van die oeuvre van C.M. van den Heever. (Research Articles).
Waardepeilings van die digkuns van C.M. van den Heever. (Research Articles).
Die gesprek tussen C.M. van den Heever se werk en enkele moderne Suid-Afrikaanse romans. (Research Articles).
Die spieel as blinde mond: die poesie van Breyten Breytenbach.
Die gebruik van Wit oemfaan (F.A. Venter) in 'n imagologiese raamwerk vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal.
Gepaste styl laat 'n teks kommunikeer.
Die "krale" van 'n kleurvolle narratief.
Swanger vrou.
Writing takes place in wrestling the self down: strategies of reconciliation in Kleur kom nooit alleen nie (Colour never comes on its own) by Antjie...
The poet in transit: travel poetry and liminality in Joan Hambidge's Lykdigte and Ruggespraak/ Die digter in transito: reisverse en liminaliteit in...

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2018 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters