Printer Friendly

A perspective on a period of contact between Khoi and Afrikaans/'n Perspektief op 'n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans.

In the search for the roots of Afrikaans, early linguists focused on similarities between Afrikaans and Dutch. The influence of non-European languages received little attention. In the course of time, the focus of this field of study changed. Closer attention was paid to language in contact situations in different regions where non-Dutch speakers, as well as Dutch speakers were involved. Data gained from these studies contributed to a better understanding of the origin and history of Afrikaans, and gave more answers to earlier unsolved questions. Discussed here are the details and importance of the contact and the interchange of languages among groups in the interior border area. Khoi-Afrikaans and stock farmers' Afrikaans were both spoken in this region and gradually modified between 1700 and 1800. This could easily have been the most important phase in the history of Afrikaans, in which there were fundamental changes in the way the language was spoken. The circumstances under which contact took place and the change in social roles of these two languages are also discussed. Forms that were at first stigmatised as Khoi-Afrikaans, later became part of the general Afrikaans vocabulary and grammar. The central question is: How did this happen? The shifting of the norms regarding the spoken language in the interior border area can be understood when the sociohistorical situation in which these varieties of Afrikaans were used, is studied closely. One of the results of this contact and interchange between languages, and the gradual shifting in norms that followed, is discussed by way of illustration: the Khoi usage of 'ons' as subject and its integration into everyday Afrikaans.

In 'n soeke na die wortels van Afrikaans het vroee taalkundiges op die raakpunte tussen Afrikaans en Nederlands gefokus. Die invloed van die nie-Europese tale het min aandag gekry. Gaandeweg is 'n rigfingverandering in hierdie studies opgemerk. Taalkontaksituasies in verskillende streke waarby nie-Nederlandssprekendes sowel as Nederlandssprekendes betrokke was, is van nader bekyk. Daaruit het taalgegewens na vore gekom wat daartoe bygedra het om die ontstaan en geskiedenis van Afrikaans beter te verstaan, en het al hoe meer antwoorde op vroeer onopgeloste vrae duidelik geword. Die besonderhede en die belangrikheid van taal in die kontaksituasie in die binnelandse Grensgebied word hier bespreek. In hierdie kontakgebied is in die periode vanaf 1700 tot 1800 Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans gepraat. Dit kon moontlik die belangrikste fase in die geskiedenis van Afrikaans gewees het, waartydens die manier waarop dit gepraat is, indringend gewysig is. Die omstandighede waarin hierdie kontak plaasgevind het en die veranderende rolle van die twee tale word bespreek. Vorme wat eers as Khoi-Afrikaans gestigmatiseer is, het later die Afrikaans geword wat algemeen gebruik is. Hoe dit gebeur het, is die sentrale vraag wat ter sprake kom. Hierdie normverandering in die Grensgebied kan verstaan word deur die sosiohistoriese omstandighede waarin die varieteite van Afrikaans gepraat is van nader te bekyk. Een van die gevolge van hierdie taalkontak en gepaardgaande normverandering word ter illustrasie bespreek, te wete die Khoi-gebruik van 'ons' in onderwerpsposisie en die inskakeling daarvan by algemeen erkende Afrikaans.

Orientering

Tussen Afrikaans en Nederlands bestaan daar 'n taaiverbintenis wat maklik raakgesien kan word. Afrikaans lyk op die oog af baie soos Nederlands, selfs al is dit ook Stompsterthollands genoem (Giliomee 2012:294). Kyk mens egter dieper, verskil Afrikaans duidelik van Nederlands. Ponelis (1993:121) praat van die 'Duch base of Afrikaans' wanneer dit die ooreenkomste russen die tale is wat benadruk word. Afrikaanse woordeboeke en grammatikaboeke vestig telkens gebruikers se aandag op die duidelike historiese verband tussen ooreenstemmende Nederlandse woorde en strukture. (Die inskrywing vir 'almal' in die Etimologieivoordeboek [Cloete e.a. 2003:20] wys byvoorbeeld daarop dat dit 'n 'sametrekking van Ndl. Allemaal' is.) Ten opsigte van Nederlands se uitstralingsgebied wys Ponelis (1993:121-130) op die belangrike rol wat die gebied waar Hollands gepraat is, gespeel het in die taal wat in Suid-Afrika gehoor is.

Die ooglopende ooreenkomste met Afrikaans lei taalkundiges egter nie daartoe om Nederlands sonder meer as die mees beduidende bron van Afrikaans te beskou nie. Vroeer was die uitgangspunt dat Nederlands eerste bekyk moet word op soek na Afrikaans se wortels. Kom daar nie 'n bevredigende antwoord na vore nie, kan nie-Nederlandse gegewens betrek word (Bosman 1916:87). Miskien moet hierdie orde omgekeer word en moet daar eers na die insette gekyk word wat in Afrika gemaak is?

Die Nederlandse basis van Afrikaans is in elk geval nie so dominant dat Afrikaans bloot as 'an extraterritorial variety of Dutch' beskryf kan word nie (Roberge 2012:389; asook Den Besten 1987:24). Afrikaans is baie meer as net 'n varieteit van Nederlands wat in Suid-Afrika gepraat word. Nie-Nederlandssprekers se tale maak ook 'n belangrike deel van die grondslag van Afrikaans uit. Hierdie sprekers se moontlike rolle in die vorming van Afrikaans is al vroeg raakgesien (Bosman 1916:115 e.v.), maar die besonderhede daarvan is lank byna onontgin gelaat. Voorbeelde van nie-Nederlandssprekende invloede, asook Nederlandse invloede op Afrikaanse konstruksies, is die relatiefverskynsel in Afrikaans wat bestaan uit 'a simplified Dutch system', en daamaas ook van "n competing system ... from the slaves and the Khoekhoen' (Den Besten 2012:55). Die 'vir'-konstruksie illustreer ook die twee herkomsbronne wat hier ter sprake is: 'The use of objective 'vir' is an Afrikaans innovation. It is not entirely without a Germanic antecedent,' toon Ponelis (1993:271) aan. Laagportugees, en invloede van Laagportugees, van die slawebevolking aan die Kaap (Raidt 1994:140) is die ander bron (Franken 1953:73-74; Ponelis 1993:271; Raidt 1976:195). Roberge (2012:392) beklemtoon ook hierdie twee bronne van Afrikaans, aan die een kant Europees, en aan die ander kant die tale van die slawe en Khoi, asook Khoi-Afrikaans. 'What we know today as Afrikaans', se hy:
   represents a convergence of two linguistic streams ... the ...
   varieties spoken within the Afro-Asian substrate and an
   extraterritorial variety of Dutch (... representing several
   Netherlandic and Low German dialects) that had come into existence
   in the European caste, [verteemuoordig die sannwloei van twee
   taalstrome ... die varieteite wat binne die Afro-Asiatiese
   substraat gepraat is, en 'n varieteit van Nederlands wat buite die
   Nederlandse taalgebied gepraat is (... en uit verskeie Nederlandse
   en Platduitse dialekte bestaan) en onder die Europese klasse tot
   stand gekom het.] (bi. 392, [outeur se eie vertaling])


Aanleerderstale volg uit taalkontaksituasies. Hierdie tale vorm die nie-Nederlandse taalstroom wat ook aan die basis van Afrikaans le, daardie 'kontak tussen Nederlands en Afrika' wat Afrikaans 'medebepaal' het (Du Plessis 1994:123). Die taal van die Khoi-Khoin is een van hierdie nie-Nederlandse tale wat 'n groot rol in die uiteindelike Afrikaans gespeel het. Den Besten (1987:24) voer aan:' ... were it not for the agentivity of indigenous Khoekhoen and imported African and Asian slave labor ... there would be no "Afrikaans'". Min taalkundiges sal deesdae die invloed van Khoi, in watter graad ook al, op Afrikaans ontken, hoewel hulle die tyd en plek en omstandighede van die invloed nie duidelik omskryf nie. Sosiohistoriese, taalkundige en geografiese gegewens wys daarop dat Khoi-invloed op Afrikaans plaasgevind het in bepaalde gebiede, gedurende verskillende tydperke en russen identifiseerbare groepe sprekers wat verskeie varieteite van Afrikaans gepraat het.

Die taalkontaksituasie tussen Khoi en Afrikaans het gaandeweg verander: die aanleerders het die doelwittaal tot op 'n bepaalde vlak beter begin bemeester en dit as 'n moedertaal begin gebruik. Daarna het periodes aangebreek waarin die aangeleerde taal naas die doelwittaal in kontaksituasies gehoor is. In hierdie omstandighede kon sprekers mekaar wedersyds beinvloed.

Doelwitte

Die artikel wil op die omstandighede van die taalkontak tussen Khoi in Afrikaans fokus tydens een periode in die geskiedenis van Afrikaans. Wie die deelnemers was, watter gevolge vir die taal daaruit voortgespruit het, en hoe dit teweeggebring is, word van nader bekyk.

Die lotgevalle van een van die taalverskynsels in Afrikaans, waarvan die oorsprong in Khoi-Afrikaans le, en in die loop van die periode onder bespreking algemene Afrikaans geword het, word dan ter illustrasie behandel.

Die eerste omvangryke taalkontak tussen Khoi en Afrikaans

Afbakening

In die geskiedenis van Afrikaans kan daar van vroeg af al (1595) taalkontak tussen Khoi en Nederlands aangetoon word (Nienaber 1963:6 e.v.). Waar omvangryke taalkontak oor 'n tydperk ter sprake is, kan daar later 'n belangrike, onderskeidende taalkontakgebied op grond van geografiese, sosiohistoriese en taalkundige oorwegings geidentifiseer word. Hierdie groot gebied met taamlik goed aantoonbare grense het in die toentertydse Kaapse binneland gele, bereikbaar na die moeilike tog deur die Hottentots-Hollandberge en die berge ten noorde daarvan. Die noordgrens is onduidelik afgebaken deur die owerhede en vir die bewoners van die gebied het dit weerskante van die Oranjerivier gele (Van der Merwe 1937:98-102; 206-207). Aan die oostekant kon die intrekkers soms vorder, maar moes dan meermale weer versit. Naastenby waar die Keirivier vandag vloei, anderkant Graaff-Reinet, was dit Xhosa-gebied. In die identifiseer van 'n taalgebied 'is bakens en lyne veels te eksak' merk Louw (1963:21) op, soos wat dit uit hierdie afbakening aan die noorde en ooste blyk. Die weskus en die kuslyn vanaf Valsbaai tot by Port Elizabeth trek die ander grense meer presies. (Vgl. die ooreenstemmende afbakening van Penn 1995:29.) In hierdie gebied het die sprekers gedurende die agtiende eeu betreklik geisoleerd geleef. Dit kan die Binnelandse Grensgebied genoem word, en die veeboere 'grensveeboere' (Giliomee & Mbenga 2007:63).

[FIGURE 1 OMITTED]

Talle ondersoekers het ook die tydvak van uitbreiding, wat in die agtiende eeu na die noorde en ooste toe begin het, as 'n beduidende periode in die geskiedenis van Afrikaans geeien. Dit het gelei 'tot groter isolasie van die vryburgerbevolking en nouer kontak met die Khoekhoen', skryf Groenewald (2002:159). Hy beklemtoon ook die belangrikheid van die uitbreiding, veral wat die gevolglike interaksie russen Europeers en Khoekhoen betref (bl. 163). Nienaber (1953:154) het ook al vroeg op die belangrikheid van hierdie periode gewys: 'Daar is veel voor te se om die agtiende eeu ... as 'n eenheid te beskou', skryf hy. Redes wat hy daarvoor aanvoer, is die besetting van die Binnelandse Grensgebied, die gebrek aan 'n Nederlandstalige bestuur van die gebied, die ontwikkeling van die veeboergroepering, en die besondere maatskaplike omstandighede wat in daardie gebied geheers het.

Ondersoekers soos Den Besten (2012:233) en De Villiers (2012:47-48) sien die pokke-epidemie van 1713 as die einde van die tradisionele Khoi-Khoi-tydvak. Die begin van die grootskaalse ontstanmiing van die Khoi-Khoin dui in werklikheid die einde van die Khoi-Khoi-tydvak aan. Hierdie proses het al vroeer, na die tweede Khoi-Khoinoorlog (1677), begin en tot gevolg gehad dat die Khoi-Khoin as grootliks ontstamde en verarmde mense op soek na 'n ander heenkome uit die konrrei van die Kaapse Skiereiland begin wegtrek het.

Die hooftale in die Binnelandse Grensgebied wat hierbo afgebaken is, was die Afrikaans van die veeboere en die Afrikaans van die Khoi-Khoin. Teen die einde van die negentiende eeu, die 1800's, het nog 'n taal 'n al hoe groter rol in die gebied begin speel: Engels. Dit het egter nie verhoed dat die wisselwerking tussen Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans nog lank daarna sou voortduur nie.

Die Binnelandse Grensgebied: benaming

Van Rensburg (o.a. 1983:141-142), het die gebied wat hierbo as die Binnelandse Grensgebied afgebaken is, die Oosgrensgebied genoem. Die distrikte aan die Grens het tot diep in die binneland gestrek. Visagie (2012:105-6) se in die verband: 'Stellenbosch kon vir enkele jare tot voor ... 1785 ... 'n oosgrensdistrik genoem word, aangesien die Onder-Visrivier deel van sy oosgrens uitgemaak het'. Die benaming Oosgrensafrikaans betrek op die oog af nie die tale en die sprekers van die Kaapse weskusgebied nie (wat Hans du Plessis in persoonlike gesprekke aangetoon het), terwyl hulle wel 'n belangrike rol in die Binnelandse Grensgebied gespeel het (Penn 1995:1). Elphick (1985:15) wys daarop dat die westelike streek van die Oranjeriviergebied in 1600 relatief dig bevolk was deur Khoi-groeperings (vgl. die kaarte vir die verspreiding van die Khoi-watername en Khoi-plekname [Nienaber & Raper 1980:826,827]), en dat daar kontak tussen hulle en die Skiereilandse Khoi-Khoin bestaan het. Hierdie Khoi-Khoin het teen die laaste kwart van die sewentiende eeu met hul wegtrek uit die Kaapse gebied by die oostelike inwoners van die grensgebied ingeskakel (vgl. die kaarte van Nienaber 1989:XXIV e.v.; Elphick 1985:16). Later het Afrikaanssprekende groepe vanuit die ooste, soos die Basters (Giliomee & Mbengu 2007:68, Legassick 1989:363,373), hulle ook vir korter of langer tydperke weer op die westelike grens gevestig.

In plaas van 'n onderskeiding tussen die Oosgrenstaalgebied en 'n Westelike Taalgebied, sal 'n beter benaming vir hierdie gebied die 'Binnelandse Grensgebied' wees. Afrikaans, in verskillende skakerings, is in hierdie hele gebied gepraat.

Betekenis vir die geskiedenis van Afrikaans

Die Binnelandse Grensgebied is van besondere sosiohistoriese en taalkundige betekenis vir Afrikaans. Baie spore van taalvariasies in Afrikaans lei terug na die tydperk toe. In hierdie gebied het sy bewoners vanaf ongeveer 1700 tot 1800 gaandeweg relatief geisoleerd geleef: ideale omstandighede vir taalkontak (soos deur Roberge [2009:212] oor die omstandighede vir suksesvolle interetniese kommunikasie voorgehou). Die ontmoeting van die twee taalstrome waarvan ondersoekers praat (soos Den Besten 1989:227-229), Khoi en Afrikaans, (waarna hierbo verwys is), het hier in die Binnelandse Grensgebied plaasgevind, en verskillende soorte binnelandse Afrikaans was die gevolg daarvan. Den Besten dateer Khoi-Nederlandse wisselwerking vroeer, in 1640 al (Groenewald 2002:87). Weens die gebrek aan grootskaalse kommunikasiegeleenthede tussen Khoi en Afrikaans sou dit eers tussen 1700 en 1800 in die Binnelandse Grensgebied kon plaasvind.

Groenewald (2002:226) praat van die invloed van die Khoi-Khoin 'na 1713 toe meer van hulle in nouer kontak in die binneland met Nederlandssprekende koloniste saamgeleef het', en se dat die neerslag van Khoi in Afrikaans gedurende hierdie tydperk vergelykbaar is met die rol wat Khoi in die voorafgaande tyd gespeel het. Dit sluit aan by die siening van Valkhoff (1966:158) oor die belangrikheid van sowel die sewentiende as die agtiende eeu vir die verstaan van die geskiedenis van Afrikaans, en die uitspraak van Nienaber (1934:10 e.v.) dat die Afrikaans wat op die platteland van daardie tyd gehoor is, 'n groot rol gespeel het in die vorming van die latere Afrikaans.

Die rol van binnelandse Grensafrikaans is nie in die grensgebied uitgespeel nie. Later is dit deur verskeie belangrike trekke na ander dele van Suid-Afrika toe geneem, waaronder die Groot Trek, die trek van die Griekwas na die Oos-Kaap toe, en die trekke van die Basters en die Oorlams na besteirimings noord van die Oranjerivier.

Bewoners van die Binnelandse Grensgebied in die agtiende eeu

Die Khoi-Khoin en die vroee veeboere

Na die tweede Khoi-Khoin-oorlog in 1677, het die lewensomstandighede van die tradisionele Khoi-Khoin in die kontrei van die Skiereiland drasties verander (Bredekamp 1982:83 e.v.; Groenewald 2002:137). Ingevolge die vredesverdrag was die Khoi-Khoin hul weidingsgronde kwyt, en het hulle daarna ook nog 'n groot deel van die Wes-Kaapse grondgebied verkoop aan die VOC. Hierdie situasie was die begin van die taalverskuiwingproses na Khoi-Afrikaans toe. Dit was ook die begin van die proses waardeur die Khoi-Khoin deel van die koloniale opset begin word het (Elphick & Malherbe 1989:18 e.v.).

Van 1677 af was daar vir die Khoi-Khoin, wat steeds veebesitters was, net een uitweg oor: Hulle moes wegtrek, noordwaarts, asook na die gebied oos van die Hottentots-Hollandberge. In hierdie gebiede het daar alreeds KhoiKhoin-stamme gewoon. Die verarmde Khoi-Khoin sonder beeste hoef nie so ver te geskuif het nie. Om 'n bestaan te verseker, het hulle by die vryburgerboere aan die buitewyke van die kolonie, soos in die Stellenbosch- en Drakenstein-distrikte, begin werk (Elphick & Malherbe 1989:16). Dit was onwettig, en 'n oortreding van die werksreserveringreels wat slawearbeid beskerm het. Maar die kasteel was ver. Baie van hierdie Khoi-Khoin is toe blootgestel aan die taal van die vryburgerboere.

Die vryburgerboere was nie meer net die landbouers van die geslag voor hulle nie. Hulle het veeboere begin word. Omdat die Khoi-Khoin self veeboere was, kon hul veekennis goed deur die vryburgerboere gebruik word. Ander Khoi-Khoin het weer as seizoenwerkers op die plase gewerk.

In die taalkontaksituasie tussen die Khoi-Khoin en die vryburgerboere het die boere se taal van ongeveer 1680 af 'n dominante rol gespeel, en het die Khoi-Khoin hul taal aangeleer. Vanaf die 1680's, skryf Groenewald (2002:220), het daar nouer kontak tussen die koloniste, slawe en Khoi-Khoin ontstaan. Direkte kontak met Kaaps, die spreektaal van 'n groot verskeidenheid sprekers in die Skiereiland, was gering. Die sprekers van Kaaps het lankal nie meer veeboervaardighede gehad nie. Die buitewyke het nie vir hulle 'n aantrekkingskrag ingehou nie. In die omgewing van Kaapstad het die besoekende seemanne die ekonomie en die informele werksektor aan die gang gehou.

Die taalsituasie in die buitewyke is na 1700 in die Binnelandse Grensgebied voortgesit.

Die taal van die veeboere

Die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC) het van 1657 af mense uit hul diens vrygestel om te gaan boer. Party besoekers aan die Kaap het ook vryburgers geword. Net na 1700 was daar sowat 500 vryburgerboere.

In hul verbeelding het die vryburgerboere hul taal nog met Nederlands geassosieer. Die redigering van die taal in die berig van Wikar (1773) deur landdros De Wet om dit meer Nederlands te maak (Ponelis 1993:25), staan in hierdie tradisie. Die vryburgerboere se taal was nie Nederlands nie, soos blyk uit hul Afrikaanse invloed ('the spoken Afrikaans norm' [Ponelis 1993:22]) op die taal van die Franssprekers (Raidt 1976:114). Die samestelling van die vryburgerboere as groep het die moontlikheid van Nederlands as 'n algemene vryburgertaal uitgeskakel. Geleenthede om hierdie situasie te verbeter en Nederlands behoorlik onder die knie te kry, het glad nie bestaan nie. Die omstandighede het daartoe bygedra dat talle kenmerke van Afrikaans 'aan die begin van die 18de eeu' (Scholtz 1980:80) al in gebruik was, soos enkelvoudsvorme waar Nederlands meervoudsvorme gebruik ('wij moet' [moet], terwyl Nederlands 'moeten' [moet] gebruik), die gebruik van 'het' as werkwoordsvorm vir al drie persone, ekv. en mv. byvoorbeeld 'ik het' (Scholtz 1972:11) en die toepassing van die reel in Afrikaans dat die slotklank -t van 'n woord na 'n stemlose konsonant wegval soos in 'vrag' (bl. 3 e.v.).

Tussen 1657 en 1706 was daar 1613 volwasse manlike vryliede waarvan sowat 'n derde, 524, vryburgerboere was (De Wet 1981:32). Die herkoms van 1059 van die vryburgers kon nagespoor word (ble. 112-113). Die meeste vryburgerboere was van Nederlandse herkoms, daarna kom die groep van Duitse herkoms, met die vryburgerboere van Franse herkoms na hulle. Die res het uit 'n verskeidenheid ander oorde gekom (Ponelis 1993:9). Duits- en Franssprekendes het dokumente agtergelaat waaruit dit duidelik is dat hul kennis van Nederlands gebrekkig was, soos te verwagte van aanleerders (Pheiffer 1980:280; Ponelis 1993:21-24).

Nederlandse vroue sou Nederlands goed onder die vryburgerboere kon gevestig het. Dit was nie die geval nie. Net 41% van die vryburgervroue (wat Mauritius as herkomsgebied insluit) was Nederlands, en 39% van die vroue is in die Kaap gebore, volgens 'n steekproef in die 50 jaar vanaf 1657-1707 deur De Wet (1981:116). (Vgl. ook Elphick & Giliomee [1989:532] oor die huwelike van vryslawe.) Die Kaapsgebore vroue het heel waarskynlik ook Kaaps geken, en die vryburgers se taal is met die naelstring aan Kaaps verbind. Indirekte taalbeinvloeding deur Khoi op die tale van die vryburgerboere in die buitewyke het deur hierdie kanaal geskied: waar die eggenoot in sulke huweliksverbintenisse Nederlandssprekend was, sou die kinders se moedertaal nie noodwendig sy soort Nederlands gewees het nie; dit sou ook eienskappe van die Kaaps van die moeders vertoon het.

Nederlands was die dominante taal in die sentiale deel van die Kaap vanwee die oorwig Nederlandssprekende mans. Onder die vryburgerboere was dit nie meer die geval nie. Die vroue wat nie van Nederlandse herkoms was nie, het bygedra daartoe dat Nederlands nie onder die vryburgers oorheers het nie. Die dominansie van Nederlands was 'outweighed by a strong feminine element not linked by birth to the Dutch network' (Ponelis 1993:9-10).

Van Rheede het in 1658 melding gemaak van die taal van die kinders van verskillende rasse in die slawelosie, en dit Nederlands genoem (Scholtz 1981:257-275). Hy het Nederlands heel waarskynlik beklemtoon om te wys dat dit nie Portugees of Maleis was nie (Ponelis 1993:27). Waar die kinders hulle ook al later bevind het, sou hul taal, nieteenstaande 'n bietjie skoling, nie keurige Nederlands gewees het nie, maar elemente van hul kindertaal behou het. Party het vryburgers geword. Vir die periode 1657-1707 was 5.6% van die vryliede bevryde slawe (De Wet 1981:205). In die laaste 20 jaar van die sewentiende eeu het vry slawe ook in die buitedistrikte, veral Stellenbosch, geboer (Hattingh 1981:20 e.v.). Hy wys ook daarop dat hulle as 'n groep nie werklik boerderysukses behaal het nie. Baie is terug Kaap toe of het as knegte vir ander boere begin werk. Party het ambagsmanne geword. Jan van Ceylon was 'n suksesvolle boer. Die kinders van die vry slawe het met vryburgerboere getiou (Hattingh 1981:75). In sulke gevalle sou hul soort Afrikaans ook deel van die vryburgertaal geword het.

Die vryburgers word veeboere

Al hoe meer vryburgers en veeboere, met hul Khoi-Khoin-veewagters en die se gevolg, het teen die begin van die agtiende eeu die moeilike tog oor die Hottentots-Hollandberge na die Binnelandse Grensgebied onderneem. Dit was die enigste heenkome wat vir hulle oor was in die soeke na weiveld vir hul groter wordende veetioppe, en ook om van die VOC af weg te kom--eers in kleiner getalle, en later meer en meer, al hoe dieper die binneland in (Van der Merwe 1937:2 e.v.).

Die tale van die Binnelandse Grensgebied vanaf 1700

In die Binnelandse Grensgebied kon twee hooftale met talle varieteite tussenin gehoor word. Die een taal was Veeboerafrikaans wat op Nederlands gebaseer was, en die ander Khoi-Afrikaans.

Die Khoi-Khoin, veral enkele families, het nog teen die einde van die sewentiende eeu, en die begin van die agtiende eeu in tradisionele stamverband in die Binnelandse Grensgebied geleef, en Khoi gepraat, 'n Beduidende groep sprekers van Khoi-Khoi-herkoms was gedurende daardie tyd nuwe inkomelinge vanuit die van die Skiereiland se kontrei. Van hulle kon al Khoi-Afrikaans gepraat het, omdat die taalverplasingsproses waardeur Khoi met Afrikaans vervang is, teen die begin van die agtiende eeu al goed aan die gang was. Cnoll het in 1710 'n groep Khoi-Khoin tussen die Hottentots-Hollandberge en Caledon aangetief. Hulle kon Nederlands toe al verstaan het (Nienaber 1953:188).

Aan die begin van hierdie tydperk kon Khoi nog in wisselende grade gebruik gewees het, met Khoi-Afrikaans daarnaas. Die 'noue en langdurige aanraking' russen die Khoi-Khoin en die veeboere het meegebring dat die gebruik en kennis van Khoi-Afrikaans vinnig toegeneem het (Nienaber 1953:187-191). Party Khoi-Khoin kon in elk geval teen 1700 al moedertaalsprekers van Khoi-Afrikaans gewees het. Taalkontaksituasies in die Binnelandse Grensgebied kon eintlik net tot stand kom tussen sprekers wat mekaar kon verstaan het, al was die verstaan soms maar skraps. Khoi-Afrikaans was saam met Veeboerafrikaans die tale van onderlinge kontak in die Binnelandse Grensgebied. Khoi-Afrikaans het 'n duidelike Khoi-onderbou, wat ook die Khoi-Khoin-'denkwyse' (Nienaber 1953:280), kuituur en gewoontes verwoord het. Kennis van Khoi het later in die 18de eeu na die veeboergesinne en hul kinders toe uitgebrei. (Groenewald [2002:173] verwys in die verband na die waarnemings van Boving [1712] en Kolbe [1727] oor gebruikskennis van Khoi deur boere en hul kinders, waar dit binne 'n kleiner, meer persoonlike kring gepraat is. Dit is onwaarskynlik dat Khoi ooit oor 'n bree front gepraat is.)

Khoi-Grensafrikaans was die taal van die sendingstasies, ook noord van die Oranjerivier (Stals & Ponelis: 11), maar nie al tyd van die sendelinge nie. Duitse sendelinge het byvoorbeeld eers in Rotterdam Nederlands gaan leer voordat hulle in die Oranjerivieromgewing gaan werk het. Dit het dan gebeur dat byna die helfte van die mense wat na hulle kom luister het, hulle kon verstaan (bl. 16). Derduisende mense het in aanraking gekom met die sendingstasies en die Khoi-Afrikaans van die gemeentelede van die sendinggemeentes, en dan weer verder gegaan (Freund 1989:340). Kennis van Khoi-Grensafrikaans is op hierdie manier wyd uitgedra. Gedoopte Khoi-Khoin het hulle ook soms as behorende tot 'n hoer maatskaplike klas beskou, het net 'Nederlands' (Khoi-Afrikaans) probeer praat, en neergesien op die ander Khoi (bl. 342).

Die Basters, en hul taal, het 'n belangrike rol in die Binnelandse Grensgebied gespeel (Legassick 1989:363, 364, 369 e.v.). Hulle is van Europese en slawe- of Khoi-Khoinherkoms --in die maatskaplike hierargie van die Binnelandse Grensgebied 'n trap of wat hoer as die Khoi-Khoin, het hulle gedink (Elphick & Giliomee 1989:540-541; Nienaber 1989:176). Hulle het dikwels ontken dat hulle Khoi kon praat, en het met die veeboere meegeding om die boonste trap van die maatskaplike leer. Die Basters is op 'n beperkte skaal by die kerklewe betrek, en die wat in die Nederduits Hervormde Kerk gedoop is, is deur die VOC as vryburgers beskou (bl. 540). Hierdie groep het aan die wesgrens van die Binnelandse Grensgebied en noord van die Oranjerivier (Rehoboth, Grootfontein, Rietfonten, Mier) 'n groot rol gespeel. In die Graaff-Reinet-omgewing, waar die getalsverhouding nie in hul guns was nie, het hulle 'n kleiner invloed uitgeoefen. Hulle het Nederlandse name en vanne gehad soos Hermanus van Wyk, Klaas Zwart, Gerhard David de Klerk, ens. (Stals & Ponelis 2002:89).

Die Kok-groepering (Visagie 2012:101 e.v., Legassick 1989:376 e.v.) het later (1813) bekend geword as Griekwas, omdat die sendeling Campbell nie van die naam Baster gehou het nie. Die naamsverandering het lank daarna nog teenkanting ontlok (Nienaber 1989:174). Hierdie groep het in die Oranjeriviergebied, naby Griekwastad gewoon (vroeer Klaarwater, wat direk vertaal is uit Khoi: '!Gatti' = 'helder' en 'kamma' = 'water'). Tipiese kenmerke van Griekwa-Afrikaans, wat sterk Khoi-invloed wys (Ponelis 1993:63-64), is enkelvoude vir meervoude: 'n 'klomp kind'; meervoude soos 'ouerse', 'putse'; werkwoordpatrone soos 'hulle het genoeg kos gehet', 'om betyds te is'; 'om te die waarheid se', en 'mak' (teenoor maak) waar vokaallengte nie 'n betekenisonderskeidende rol speel nie. In 'n sin soos: 'Hy is my oudste meisiekind', word daar nie onderskeid tussen manlike en vroulike geslag getref nie.

Van al die soorte Khoi-Afrikaans in die Binnelandse Grensgebied is Griekwa-Afrikaans vandag die beste bekend.

'n Ander groep, wat nie altyd van die Basters onderskei kan word nie, is die Oorlams (Legassick 1989:386-387). Hierdie groep het waarskynlik in die Binnelandse Grensgebied gevorm; baie was Namas, en hulle het hulle ook gedistansieer van Khoi. Hul taal was egter Khoi-Afrikaans. Talle het die Christelike geloof aangeneem (Nienaber 1989:801). Die Oorlams het ook meegeding om 'n plek aan die bopunt van die maatskaplike leer in die Binnelandse Grensgebied, en het Nederlandse name en vanne gehad, en soos die veeboere geleef. Hoewel Khoi-Afrikaans al sedert 1738 noord van die Oranjerivier bekend is (Stals & Ponelis 2001:8), was die Oorlams die eerste beduidende groep sprekers van Afrikaans (vgl. die kaart in Stals en Ponelis [2001:14] vir die vestigingsgebiede) wat hul stempel afgedruk het in streke noord van die Oranjerivier, soos in Groot Namakwaland en Hereroland (Stals & Ponelis 2001:3,25). 'n Gevolg hiervan was dat die eerste sendelinge in 1806 Afrikaans as hul werkstaal gekies het (bl. 11) en dat Oorlamsafrikaans (Khoi-Afrikaans) 'n onderrigfunksie verwerf het. Stals en Ponelis (2001:82-87) het na plekname gekyk wat deur die drie subgroepe uit die Binnelandse Grensgebied, die Oorlams, die Basters en die Veeboere, oorgelewer is, en geen noemenswaardige verskille in die taal daarvan gekry nie. Jonker Afrikaner en Hendrik Witbooi het stellig bande met die Oorlams gehad (Nienaber 1989:802).

Baie Khoi-Khoin, wat nie lede van die genoemde groepe was nie, het hulle met hierdie groepe geassosieer, soos byvoorbeeld die Gri, by die Kokgroep.

Die verskuiwing van Khoi na Afrikaans toe het nie onopgemerk by die Khoi verbygegaan nie. Ook nie 'n opvallend onderskeidende kenmerk van Afrikaans nie: 'n taal wat sonder klap- en suigklanke gepraat word. In Nama is daar 'n interessante term opgeteken vir sulke tale: 'Mana'. Die sprekers daarvan, wat Khoi-Afrikaans insluit, het mettertyd die taaitoneel in die Binnelandse Grensgebied oorheers, en was as 'Manatan' bekend (Nienaber 1989:715-717).

In die skryftaal van die veeboere wys die veldwagters dat hulle probeer om die opvallende Khoi-kenmerke ui t hul taal te weer. Op gespreksvlak het al die groepe se tale deureengeloop, soos die gebruik van 'ons' in onderwerpsposisie, wat later bespreek word. Raidt (1994:206) wys ook op die gebruik van 'ons' in tekste wat deur vroue in die 18de eeu geskryf is: '... almal [is] baie norm-bewus en gebruik in hul tekste deurgaans die Nederlandse "wij" in plaas van "ons" uit die gesproke taal'. Dit is ook die geval met die ontkenning waar 'nie' herhaal word, en 'n verskeidenheid werkwoordsvorme (Raidt 1994:253,255).

Die kontaksituasie

Hierdie twee groepe, die Khoi-Khoin en die veeboere, het onderling baie van mekaar verskil. Omdat hulle in talle opsigte op mekaar aangewys was vir oorlewing, het die deel van onderlinge behoeftes saamgeval met die uitwis van maatskaplike verskille en die gelykmaak van taalverskille.

Talle gebruike is gedeel, die maak van biltong, die dra van Khoi-Khoi-tipe velsandale en velklere, en die gebruik van gevlegte matgoed in en om die huis. Die veeboere het by die Khoi-Khoin geleer om veld te brand om weiding te beheer (Elphik & Shell 1997:158-159). Verantwoordelikhede is ook gedeel, soos die gesamentlike deelname aan gewapende kommando's (Van der Merwe 1937:28). Die Khoi-Khoin en die Veeboere het saam gejag en transporttogte onderneem. Khoi-Khoin het as arbeiders op die boereplase gewerk, waar hulle die veeboere se eet- en kosgewoontes aangeleer het. Op baie plase het hulle en hul families met hul eie vee by die boere gewerk en geboer.

In kontaksituasies sou sprekers na willekeur tussen Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans kon oorgeslaan het. Teen die einde van die agtiende eeu was daar min Khoi-Khoin wat Khoi-Afrikaans of Veeboerafrikaans nie daagliks gebruik het nie. Die situasie waar hierdie tale mekaar oor 'n lang tyd kon beinvloed het, het belangrike implikasies vir sienings oor die vorming van Afrikaans. So iets soos 'n natuurlike oorgang van Nederlands na Afrikaans sonder om aan hierdie taalbeinvloeding 'n groot rol toe te ken, is buite die kwessie, teen hierdie agtergrond gesien.

'n Taaineerslag uit daardie tyd wat op die wedersydse gebruik van Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans wys, is die groot aantal name van plekke, stamme en diere, met elemente daarin wat uit beide tale uit kom (Nienaber 1964:205), en wat tot vandag in die Binnelandse Grensgebied bewaar gebly het--voorbedde van name is 'Tradouwspas' (vrouepas), 'Trakarivier' (vroue-), 'Tra-tra-rivier' (dassie-), 'Sonkwasdrif' (San-).

'n Interessante kategorie is samestellings soos 'LeeuGamka' (leeu-leeu-frivier]), 'hartbeeshuis' (biesie-biesiehuis), 'graatjiemeerkat' (meerkat-meerkat), 'dwa-gras' (gras-gras), 'ghwarrie-bos' (bos-bos), 'sous-puts' (waar 'sous-puts' = puts-puts en nie sout+puts nie: 'tsau-s' = sout), asook 'ngamimeer' (water-water). Die optekening van De Flaaucourt 1655, volgens Nienaber (1963:107, 273) van 'gee-gee' pas ook by hierdie kategorie. Hy skryf 'gee-ma-re' neer, waar 'ma' 'gee' in Khoi beteken ('gee-gee'), en '-re' die bevelsvorm aandui. Die rede vir die vorming van die bmorninale samestellings le heel waarskynlik in pogings om gesprekke verstaanbaar te maak tussen sprekers van Khoi-Afrikaans aan die een kant, wat inheemse Khoi goed ken, en die veeboere met hul Afrikaans aan die ander kant. Die sprekers van Khoi-Afrikaans kon beide tale gebruik, en het die kommunikasiebrug tussen hierdie twee groepe gevorm (vgl. ook Nienaber 1963:475 hieroor).

Khoi-Afrikaans het talle kenmerke uit die Wes-Kaap saamgebring. Die opvallendste is die voorkoms van 'vir' voor direkte voorwepe, uit Laagportugees en die Oosterse slawetale, in sinne soos 'As ek vir hom kan kry' (Ponelis 1993:265 e.v.). Raidt (1994:127) maak daarvan melding dat dit 'n spreektaalvorm was, 'nie ... deftig genoeg vir die skryftaal ... nie. Vandag kom hierdie 'vir' oor die hele Afrikaanse spraakgebied voor.

Khoi-Afrikaans: Versnelde taalverplasing

Die verplasing van Khoi na die nuwe dialek, Khoi-Afrikaans, was al teen 1700, die begin van die agtiende eeu, goed aan die gang. Dit is aangehelp toe die VOC die veehandel in die eerste dekades na 1700 oopgestel het sodat veehandel met die Khoi-Khoin nie tot die VOC beperk was nie. Hierdeur is die Khoi-Khoin se vee drasties verminder, 'n Gevolg hiervan, merk Perm op (1995:70), was die 'disintegration of traditional Khoikhoin societies'. Hy verwys ook na 'n verslag van die Goewerneur aan die VOC (ble. 89-90) waarin gemeld word dat daar 400 km. van Kaapstad af geen tradisionele Khoi-Khoin meer gevind kon word nie. Die groot pokke-epidemie van 1713 (De Villiers 2012:47-48) het ook baie bygedra tot die versteuring van die Khoi-Khoin se groepstabiliteit. Al hierdie faktore het meegewerk om die verbrokkeling van die bestaande stamverband sy onvermydelike gang te laat gaan. Na 1713 was daar ook nog 'n ernstige droogte en 'n bek-en-klouseerepidemie (Elphick 1985:233). Dit is belangrik om in ag te neem dat daar nie 'n infrastruktuur was wat die herstel van die tradisiegebonde Khoi-Khoi kon gefasiliteer het nie. Daar was te veel sterfgevalle en te veel ekonomiese verliese. Waarnemers praat van sterftes so hoog soos nege uit elke tien Khoi-Khoin in bepaalde gebiede (Elphick & Malherbe 1989:21). Die Khoi-Khoin se identiteit het saam met hul taal tot niet gegaan. Wat hul identiteit betref, is baie Khoi-Khoin deur ander groepe geassimileer, soos Basters en vry slawe (Groenewald 2002:172) wat Afrikaans weer effens anders gepraat het. Kontak met die veeboere het steeds toegeneem, waardeur taalverplasing van Khoi na Khoi-Afrikaans drasties versnel is (Nienaber 1953:190-191). Baie Khoi-Khoin sou Veeboerafrikaans, wat 'n al hoe belangriker kommunikasiemedium geword het, ook goed kon beheers het. Die Khoi-Khoin het meer en meer van die veeboere afhanklik geraak vir hul bestaan. Hierdie situasie het al bestaan sedert die tyd toe die Khoi-Khoin in aanraking gekom het met die boere in die grensdistrikte. Veranderde maatskaplike omstandighede en die inskakeling by 'n ander ekonomiese stelsel het meegebring dat die een of ander vorm van Afrikaans toenemend in kontak tussen die verskillende groepe sprekers gebruik is. Hierdie kontak het onderlinge verskille in die Afrikaanse dialekte drasties laat afneem.

Die Afrikaans wat deur die smeltkroes van hierdie kontakperiode gedurende die agtiende eeu gevorm is, is daarna deur die Groot Trek vanaf 1836 noordwaarts geneem en daar voortgesit. Later is dit weer tot 'n mate in 'n Nederlandse keurslyf gedwing (Van Rensburg 1983:139-141).

Grensafrikaans

Veeboerafrikaans

Hoe het Veeboerafrikaans geklink? Latere Afrikaans het nie baie verskil van die Veeboerafrikaans wat in die agtiende eeu gepraat is nie; tremens, talle verskynsels in hedendaagse Afrikaans het in die loop van die agtiende eeu ingeburger geraak. Die gevalle van agtiende-eeuse Afrikaans waarna Scholtz (1981) in sy studie oor daardie tydperk verwys, kom male sonder tal uit die Binnelandse Grensgebied.

Reisigers deur die Binnelandse Grensgebied, soos Teenstra (Raidt 1976:140), het deur 'n Nederlandse bril gekyk na hierdie taal (1825) en die 'afwykings' van Nederlands daarin beklemtoon (bl. 140). Hierdie taal was nie meer Nederlands nie. Ander waarnemers weer het anders daarna gekyk. Lichtenstein vermeld teen die begin van 1800 twee gevalle waar binnelanders sommer lekker met sy geselskap gesels het in hul eie kolonistetaai (Scholtz 1981:230) - nie Nederlands nie, maar Grensafrikaans. Lichtenstein was dit op 'n manier eintlik eens met Teenstra: Waar hulle Nederlands verwag het, is daar 'n ander taal in die Binnelandse Grensgebied gepraat.

Die veldwagmeesters gee besonderhede oor die taal van die Binnelandse Grensgebied. Hulle was boere wat vanaf 1680 opdraggekryhetomplattelandseoortredingsbydieowerheid aan te meld (Raidt 1976:117). 'n Aanstellingsvoorwaarde vir die pos van veldwagmeester wat vir taalkundiges van belang is, was dat hulle gereeld skriftelike verslae oor gebeurtenisse in hul wyke moes inlewer.

Uit hierdie rapporte kan ons meer agterkom oor die verskillende soorte Afrikaans in die Binnelandse Grensgebied. Daaruit blyk die Nederlandse basis van Veeboerafrikaans ten opsigte van uitspraak, woordvorming en tipologie in oorgelewerde skriftelike getuienis. Die taalgetuienis moet egter versigtig geinterpreteer word. Die rapporte was natuurlik geskrewe Afrikaans; gesproke Afrikaans het in baie gevalle daarvan verskil. Die konflik tussen Nederlands as teikentaal, en die omgangstaal, wat daarvan verskil het, word deur Raidt (1994:255) aangedui uit die skryftaal van vroue teen die einde van die 18de eeu. Die werkwoordgebruik kan as 'n voorbeeld dien. Hulle was 'nog goed vertroud met die ablaut van sterk werkwoorde', maar het in hul skryftaal 'aan die perfektum die voorkeur gegee', skryf sy. Uit die veldwagterbriewe blyk dieselfde Nederlandse orientasie van die skrywers en hul sosiale ingesteldheid. Die skryftaal van die agtiende eeu laat die taalverskille, met die wye spektrum gesproke Afrikaans in die Binnelandse Grensgebied, groter lyk as wat dit was.

Die Nederlandse aard van die veldwagterbriewe bevestig ook 'n registergebruik. Afrikaanssprekendes het toe, soos nog lank daarna, hul kennis van Nederlands gebruik om 'n deftige inslag aan hul skryftaal te gee. Alhoewel Nederlands nie meer in die Binnelandse Grensgebied gepraat is nie, kom daar Nederlandse grepe voor in briewe, ook in kontrakte, in die name van plekke, ensovoorts. In hierdie trant het die veeboere die stempel van hul aktiwiteite in die binneland afgedruk. Selfs die eerste intrekkers in Namibie, wat Khoi-Afrikaans gepraat het, het vir pleknaamgewing en vir kontrakte op dieselfde manier by Nederlands aangeleun.

Agter die skyn van Nederlands in die veldwagterbriewe staan daar baie Afrikaans. Enkele voorbeelde: 'koreng' (Nederlands koorn), 'in' vir 'en', en die omgekeerde daarvan: 'mil' vir 'met'. Scholtz het gevind (Scholtz 1981:20 e.v.) dat getalaanduidings by werkwoorde, soos Nederlands 'wij weten' [ons weet], vanaf 1750 af nie sommer geskryf word nie. Die veldwagters volg eerder die patroon 'wij ... weet' [ons weet], soos in hedendaagse Afrikaans. Dieselfde is die geval met die -t as persoonsaanduider. Die veldwagters skryf eerder 'heij reij' as 'heij reijt' [hy ry]. Die gesproke Afrikaans van die Binnelandse Grensgebied, waarvan daar in hul verslae tekens is, is van die begin van 1800 af in die noorde voortgesit (vgl. Van Rensburg en Combrink 1984 vir voorbeelde).

Binnelandse Khoi-Afrikaans

Die veldwagters het nie probeer om Khoi-Afrikaans in hul briewe te skryf nie. Die Nederlandse kleur van hierdie briewe getuig daarvan, asook die afwesigheid van Khoi-leengoed. Is daar wel tekens van Khoi in dokumente uit daardie tyd, weet ondersoekers vandag: hierdie taal leun sterk oor na Afrikaans toe, en is nie Nederlands nie.

Hoe klink en lyk Khoi-Afrikaans?

Daar bestaan enkele briewe soos die wat in 1800 geskryf is deur twee Khoi-vroue, Martha Arendse en Maria van Rooy. Hulle het Nederlands goed leer skryf. Maar agter hul briewe le hul Khoi-Grensafrikaans verskuil. Schoeman (2002:190) maak die opmerking dat hul 'eie Hollands' van tyd tot tyd deur die formele frases slaan. Hul 'eie Hollands' is in die terme van hierdie artikel Khoi-Afrikaans, en nie Nederlands nie. Die sendelinge het nie hierdie onderskeid getref nie. In 'n onderhoud met hul sendeling, Kicherer, se hy: "n [a]antal Courannes praat Hollands asook die Bastaard Hottentotte ...' (Schoeman 2002:186).

Dieselfde is die geval met die Grensafrikaans in 'n Nederlandse brief van die sendeling Kicherer se tolk, Carolus Bastert. Hy skryf in 'n brief (Schoeman 2002:181) wat nie deur die sendeling geredigeer (1800) is nie: 'ik ... is' [ek ...is] (ben); 'ik km' [ek kan] die taal verstaan; 'ik ken' gchelp wort [ek kan] ('ken' vir 'kan', soos in Veeboerafrikaans ook), en 'as' soos in hedendaagse Afrikaans (Nederlands = als). In vroee geskrewe Veeboerafrikaans kom 'als' dikwels voor: byvoorbeeld in die briewe van Ca trina Pienaer uit 1772 (Ponelis 1993:80) en Hendrik Bezuidenhout uit 1851 (Scholtz 1965:16).

Boniface se voorstelling van die taal van die karakters in sy publikasies, veral die denkbeeldige Hendrik Kok-onderhoud (Nienaber 1971:36-37) in De Zuid-Afrikaan (06 Augustus 1830), trek ook die aandag van taalkundiges. Twee van hulle, Franken en Scholtz, maak opmerkings oor die rol van Khoi-Afrikaans in die vorming van die latere Afrikaans, wat belangrik is vir die tema van hierdie artikel. Franken (1953:189) noem Kok se taal, wat hier gesien word as Khoi-Afrikaans, 'die eintlike Afrikaans' (vgl. ook ble. 193,194 en 204 vir soortgelyke opmerkings). Hy voeg by, na 'n vergelyking met die Afrikaans in enkele veldwagterbriewe, dat dit na verloop van 'n paar eeue 'die spreek- en skryftaal van die Afrikaanse Volk' geword het. Scholtz (1965:101) wys op die 'onmiskenbare' Khoi-aard van die Afrikaans in Boniface se bydraes, en wys ook (ble. 77-99) op ooreenkomste daarvan met latere Afrikaans.

Wat 'n hele aantal verskynsels betref, sou Khoi-Afrikaans in die agtiende eeu ook so gepraat gewees het soos Boniface dit later voorgestel het. Voorbeelde ter illustrasie van die taalgebruik van Boniface se karakters, wat met die Veeboerafrikaans van die veldwagterbriewe ooreenstem, is: 'veul' [veel], 'seuven'[sewe], 'morre' [more], 'zoopies' [sopies], 'ons' as onderwerp, 'neehn' (wat dalk nasalering kan weergee) [nee, waar die vokaal ook deur die neus vrygelaat word], 'vir' voor 'n direkte voorwerp, 'tydsaanduiding' sonder verboe werkwoordvorme, die gebruik van die 'herhalmgsontkenning' (wat in 1851 'al eweseer 'n kenmerkende eienskap van Afrikaans was as wat dit vandag is' (Scholtz 1965:23), ensovoorts.

'n Belangrike bron vir die studie van Khoi-Afrikaans is die Afrikaans van die Oorlams en Basters wat vanuit die Binnelandse Grensgebied verhuis het na streke noord van die Oranjerivier. Stals en Ponelis (2001:102-106) gee voorbeelde waaronder 'moeswellig', [moedswillig], 'drou', [tru], 'puts', [put], 'gedan', [gedaan], en die gebruik van hoofsinvolgorde inbysinne: 'dat ik moest daar zijn' [dat ekdaar moes wees]. Die verskynsels kan in die Khoi-Afrikaans van die Binnelandse Grensgebied teruggevind word.

Kan mens nie vandag nog iets van hierdie Grensafrikaans van die agtiende eeu hoor nie? Plaasarbeiders wie se voormense al reeds vir baie geslagte op plase in die Binnelandse Grensgebied werk, praat tans baie soos hul voorsate gepraat het. Woordvolgordekonstruksies wat nie altyd Standaardafrikaans is nie, duik in gesprekke met hulle op (Van Rensburg [in voorbereiding] bandopnames; Kenhardt 2011), asook Khoi-woorde (waaroor hulle in die reel verlee voel). As mens wil soek na gebruiksvoorbeelde van Khoi-Afrikaans se 'imak'-grammatika, moet mens miskien hier na aanvullende voorbeelde soek. Naas 'staanmaak' kan 'lemaak' en 'n kind 'sitmaak', asook ander moontlikhede, stellig voorkom.

Die aanvanklike verskille tussen Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans was van 'n heel ander aard as die verskille wat Afrikaans en Nederlands uit mekaar gehou het. In die lang tyd waartydens Afrikaans naas Nederlands bestaan het, was Nederlands die Afrikaanssprekendes se lees- en skryftaal, onderrigtaal, die taal van die administrasie en die geloofslewe (Ponelis 2009), 'n taal vir Afrikaanssprekendes wat uitkoms kan bied wanneer hul eie taal tekortskiet. Met Nederlands sal hulle die buitewereld trotseer. Beinvloeding en taaldominansie het eintlik net in een rigting plaasgevind: van Nederlands na Afrikaans toe. Afrikaans kon sy afhanklikheidstatus nie afskud sonder om eers die Nederlandse paternalistiese band te verbreek nie. Toe die skeiding plaasvind, kon Afrikaans daarna, in die twintigste eeu, self die funksies verwerf wat Nederlands vroeer vir hom vervul het.

In die Binnelandse Grensgebied was daar nie sprake van hoefunksie-taaldominansie deur een van die twee tale wat die ander een afhanklik gehou het nie. Die taalfunksiestrukture wat hierbo genoem is, het nie bestaan nie.

Dit is eintlik maatskaplike vooroordele wat hierdie twee varieteite vir 'n lang tyd uitmekaar gehou het. Die veeboere het tipiese Khoi-Afrikaanse vorme as onwaardig vir skryftaalgebruikbeskou (Ponelis 1993:218).Hierdienormehet, in 'n mindere en in 'n afnemende mate, ook in die spreektaal gegeid. Na die tweede helfte van die agtiende eeu kom Khoikenmerke opvallend al hoe meer in die veldwagterbriewe voor--'n teken dat stigmatisering afgeneem het. Vorme wat vroeer nie aanvaarbaar was in die veldwagterbriewe nie, is toe al hoe meer geskryf. Omdat die sosiale norme mettertyd verander het, moes die informele taaioppassers, en lateraan die gemstitiisionaliseerde hekwagters van Afrikaans, die hekke tog effens oopmaak. Daardeur het die weg tot aanvaarbare Afrikaans geloop. Op hierdie manier het gestigmatiseerde vorme gemaklik geinkorporeer geraak in die taal wat na die noordelike provinsies toe uitgebrei het, en daarna in die erkende Afrikaanse skryftaal.

Wanneer die hekke oopgaan

Die verhaal van 'ons' as onderwerp

Een geval van 'n taalvorm wat die veldwagters geken het, maar nie geskryf het nie, word deur die verhaal van 'ons' vertel. Die verhaalresep bly dieselfde vir ander vertellings. Die hoofkarakters verander telkens: of dit nou 'ek' is, of 'nie ... nie', 'u', 'hom', en 'wat' (in plaas van 'die'), en nog baie meer. Scholtz (1972:40) merk op dat 'hierdie' en 'daardie' ook 'klaarblyklik as on-Nederlands' aangevoel is, en uit die skryftaal geweer is.

Die terugloop op die spore van 'ons' as onderwerp in Afrikaans vertel 'n verhaal van destigmatisering. Die voorkoms van 'ons' in onderwerpsposisie in Afrikaans, se Ponelis (1993:195), is 'n inheemse ontwikkeling, uit Suid-Afrikaanse bodem uit. In die vroegste dokumente van die Khoi-Khoin se Kontaknederlands, wat al in 1673 opgeteken is (Ten Rhyne 1933:140), kom 'ons' in onderwerpsposisie voor: 'ons u kelum' [ons sal jou keel afsny]). Teen die begin van die agtiende eeu wys optekenings dat 'ons' gewoon is in die Afrikaans van Khoi (Scholtz 1965:80). (In die slawe se kontaktaal kom hierdie gebruik van 'ons' ook voor. Den Besten [1989:222] verklaar dit as 'n neerslag van die Khoi-Khoin se kontak met die slawe.) Waar Khoi-Afrikaans in die Binnelandse Grensgebied nagepraat word, soos deur Kaatjie Kekkelbek, is 'ons' een van die kenmerke van die varieteit (Scholtz 1965:62).

Maar wat gebeur met 'ons' in die veeboere se skryftaal van die agtiende eeu? 'Ons' in onderwerpvorm, as deel van die spreektaal van die veeboere, is eers 'n paar dekades na 1700 sporadies opgeteken. Daarna word die optekeninge meer (Raidt (1995:134). Heel waarskynlik was die gebruik van 'ons' in onderwerpsposisie lankal algemene spreektaalgebruik. Die reisiger Mentzel, wat tussen 1733 en 1741 aan die Kaap was, teken dit op, en maak 'n opmerking daaroor wat daarop wys dat die gebruik al gestigmatiseerd begin raak het. Die huisvrou op 'n boereplaas was taamlik selfbewus toe Mentzel haar en haar man grappenderwys attent maak op hul gebruik van 'ons' in onderwerpsposisie. Elders word daar met die Swellendammers en hul taal die spot gedryf in die 'Lied ter ere van de Sioellendamsche en diverse andere helden bij de bloedige actie aan Muisenburg in dato 7 Aug. 1795' [Lied ter ere van die Swellendamse en verskeie ander helde tydens die bloedige slag van Muisenberg op 7 Aug. 1795] (Scholtz 1981:9). 'n Kenmerk van die Swellendammers se taal, en deel van die spottery was hul gebruik van 'ons' as onderwerp. Dit word oorbeklemtoon deurdat 'ons' nie minder as 20 keer in die gedig voorkom nie. Maatskaplike stigmatisering word deur die volgende verwysing van Scholtz (1981:116) geillustreer: 'In hulle briewe en verklarings het die koloniste die gebruik van ons ... vermy'. Dit lei selfs daartoe, soos hy aantoon, dat die woord 'ons':

konsekwent uit al hulle geskrifte geweer [is] tot in die negentiende eeu. Ook waar die woorde van burgers andersins getrou weergegee word, selfs in hofverslae, is ons deur xoij vervang, (bl. 116)

Wat vir hierdie siftingproses gegeid het wanneer die veeboere se taal neergeskryf is, het nie vir die Khoi-Khoin se Afrikaans gegeid nie - 'daarom tref ons "ons" van vroeg af in die weerspieeling van hul taalgebruik aan'.

In die Binnelandse Grensgebied kan die verandering van norme vir aanvaarde taalgebruik aan die gebruik en invloed van Khoi-Afrikaans toegeskryf word.

Waar? Of eerder: Hoe?

Met die geskiedenis van 'ons' as onderwerp in Afrikaans in gedagte: Wat is die sinvolle vraag om te vra wanneer taalhistorici teen die agtergrond van die taalsituasie in die Binnelandse Grensgebied na sulke gevalle kyk? Moet hulle vra, soos meermale oor Afrikaans en die boustene van Afrikaans gevra word: 'Waar kom die "ons" van Afrikaans vandaan?' Dit is hierdie vraag wat in die reel in verband met sulke tipiese Afrikaanse kenmerke gevra word. Indringende ondersoeke het dan herkomsantwoorde probeer gee. Wat 'ons' betref, kom dit dan aan die lig dat 'ons' as onderwerp byvoorbeeld al vroeg deur Khoi-Khoin gebruik is, dat 'ons' ook deur ander sprekers elders gebruik is, soos in dialekte van Nederlands en ander aanleerderstale in ander werelddele. 'n Groot hoeveelheid waardevolle data kom met die vra van sulke vrae na vore. Dieselfde geld vir die gebruik van 'ek' in plaas van 'ik'; die gebruik van 'het' as werkwoord by sowel enkelvouds- as meervoudsvorme vir al drie persone, die ontkenning met 'nie ... nie' in Afrikaans; die Afrikaanse gebruik van 'vir' voor direkte voorwerpe, en nog talle ander verskynsels--'n lys wat baie lank gemaak kan word.

Die vraag na die herkoms van sulke vorme, soos bloot om na die herkoms van 'ons' te kyk, gee nie werklik die antwoorde wat taalhistorici soek nie. Die vraag moet eerder wees: Hoe het dit gebeur dat 'ons' in Afrikaans algemene gebruik geword het? Wanneer die omstandighede ontrafel word wat verduidelik hoe vorme soos 'ons' in Afrikaans algemeen gebruiklik en algemeen aanvaarbaar geword het, kan die verhaal van 'ons' eers na behore vertel word. Die lotgevalle van 'ons' illustreer nie regtig 'n herkomsverhaal nie - dit vertel 'n inburgeringsverhaal. Insig in die wording van Afrikaans le verskuil in die verskillende omstandighede van die rolspelers van die Afrikaanse taalwereld. Die Afrikaanse taalgeskiedenis is veral 'n sosiohistoriese verhaal. Dan kom die gestigmatiseerdheid waarvan hierbo sprake is, na vore, en word sosiale gelaagdheid belangrik om omstandighede te beskryf wat normverandering, verspreiding en inburgering onderle.

Afrikaans se spore

Die spore van Khoi-Afrikaans is in vandag se Afrikaans te sien in Afrikaanse woordeboeke, op naamborde en word beskryf in grammatikaboeke. En die Afrikaanse werkwoorde en naamwoorde sonder vervoegings en verbuigings? KhoiAfrikaans is ook so gepraat. Khoi-Afrikaans is nie die enigste taal wat Afrikaans gehelp vorm het nie. Ander taalinvloede het gedurig meegewerk. Die spore van sulke tale in Afrikaans se gisters kan in party gevalle maklik raakgesien word, maar ander kere weer nie. Namate meer spore sigbaar word, sal ondersoekers, na verwagting, die pad van Afrikaans se vorming al hoe beter kan volg.

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiele of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beinvloed in die skryf van hierdie artikel nie.

Literatuurverwysings

Bergh, J.S. & Visagie, J.C., 1985, The eastern Cape frontier zone. 1660-1785, Butterworth, Durban.

Bosman, D.B., 1916, Afrikaans en Maleis-Portugees, Noordhoff, Groningen.

Bredekamp, H.C., 1982, Van veerverskaffers tot veewagters, Die Wes-Kaaplandse Instituut vir Historiese Navorsing, Bellville.

Cloete, A.E., Jordaan, A., Liebenberg, H.C., Lubbe, H.J., 2003, Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch.

Den Besten, H., 1987, 'Het Afrikaans: Mag het ietsje meer Zuid-Afrika zijn', Onze Taal 56(2/3), ble. 24-25.

Den Besten, H., 1989, 'From Khoekhoe Foreignertalk via Hottentot Dutch to Afrikaans: The Creation of a Novel Grammar', in M. Putz, & R. Dirven, {eds.}, Wheels within wheels. Papers of the Duisburg Symposium on Pidgin and Creole Languages, pp. 207-209, Peter Lang, Frankfurt am Main.

Den Besten, H., 2012, 'Double negation and the genesis of Afrikaans', in T. van der Wouden, (ed.), Roots of Afrikaans, pp. 221-256, John Benjamins, Amsterdam.

De Villiers, J., 2012, 'Die Nederlandse era aan die Kaap, 1652-1806', in F. Pretorius (red.), Geskiedenis van Suid-Afrika. Van voortye tot vandag, ble. 39-62, Tafelberg, Kaapstad.

De Wet, G.C., 1981, Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting 1657-1707, Historiese Publikasie-Vereniging, Rustica-pers, Wynberg.

Du Plessis, H., 1994, 'Taalkontakvariasie in Afrikaans', in G. Olivier & A. Coetzee (reds.), Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans, ble. 120a-129, Southern Boekuitgewers, Halfweghuis.

Elphick, R., 1985, Khoikhoi and the founding of white South Africa, J. Ravan Press, Johannesburg.

Elphick, R. & Giliomee, H., 1989, 2nd edn. 'The origins and entrenchement of European dominance at the Cape, 1652- c.1840', in R. Elphick & H. Giliomee (eds.), The shaping of South African Society, 1652-1840, pp. 521-566, Maskew Miller Longman, Cape Town.

Elphick, R., & Malherbe, V.C., 1989, 2nd edn. 'The Khoisan to 1828', in R. Elphick & H. Giliomee (eds.). The shaping of South African Society, 1652-1840, pp. 3-65, Maskew Miller, Longman, Cape Town.

Elphick, R. & Shell, R., 1989, 2nd edn., 'Intergroup relations: Khoikhoi, settlers, slaves and free blacks, 1652-1795', in R. Elphick & H. Giliomee (eds.). The shaping of South African Society, 1652-1840, pp. 184-242, Maskew Miller Longman, Cape Town.

Franken, J.L.M., 1953, Taalhistoriese bydraes, Balkema, Amsterdam/Kaapstad.

Freund, W.M., 1989, 2nd edn. 'The Cape under transitional governments, 1795-1814', in R. Elphick & H. Giliomee (eds.). The shaping of South African Society, 1652-1840, pp. 342-357, Maskew Miller Longman, Cape Town.

Giliomee, H. & Mbenga, B., 2007, Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, Tafelberg, Kaapstad.

Giliomee, H., 2012, "n "Gesuiwerde nasionalisme", 1924-1948', in F. Pretorius, (red.), Geskiedenis van Suid-Afrika, Van voortye tot vandag, ble. 293-309, Tafelberg, Kaapstad.

Groenewald, G., 2002, 'Slawe, Khoekoen en Nederlandse pidgins aan die Kaap, ca. 1590-1720. 'n Kritiese ondersoek na die sosio-historiese grondslae von die konvergensieteorie oor die ontstaan van Afrikaans', MA-verhandeling, Dept. Suider-Afrikaanse tale, Universiteit van Kaapstad.

Hattingh, J.L., 1981, Die eerste Vryswartes van Stellenbosch, 1679-1720, WesKaaplandse Instituut vir Historiese Navorsing, Bellvilfe.

Legassick, M., 1989, 2nd edn. 'The northern frontier to c. 1840: The rise and decline of the Griqua people', in R. Elphick & H. Giliomee (eds.), The shaping of South African Society, 1652-1840, pp. 358- 420, Maskew Miller Longman, Cape Town.

Louw, S.A., 1963, 'Afrikaanse spraakgebiede', in Taalkundige opstelle van oud-studente aan prof. dr. T. H. Ie Roux, ble. 20-35, HAUM, Pretoria.

Nienaber, G.S., 1934, Oor die Afrikaanse taal, Swets & Zeitlinger, Amsterdam.

Nienaber, G.S., 1953, Oor Afrikaans. Deel 2, Afrikaanse Pers Beperk, Johannesburg.

Nienaber, G.S., 1963, Hottentots, Van Schaik, Pretoria.

Nienaber, G. S., 1971, Afrikaans in die vroeer jare, Voortrekkerpers, Johannesburg.

Nienaber, G.S., 1989, Khoekhoense stamname, Academica, Pretoria.

Nienaber, G.S., 1964, 'Raakpunte met Hottentots', in H.J.J.M. van der Merwe, (red.), Studierigtings in die taalkunde, ble. 192-207, Van Schaik, Pretoria.

Nienaber, G.S., & Raper, P.E.,1980, Topnymica Hottentotica B. A-Z. Naamkundereeks nr. 10, Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, Pretoria.

Penn, N.G. 1995. The northern Cape frontier zone, 1700-1815, PhD thesis. Dept. of History, University of Cape Town.

Pheiffer, R., 1980, Die gebroke Nederlands van Franssprekendes aan die Kaap in die eerste helfte van die agtiende eeu, Academica, Pretoria.

Ponelis, F.A., 1993, The development of Afrikaans, Peter Lang, Frankfurt am Main.

Ponelis, F.A., 'Die taal wat ons praat', By, 19 Desember 2009, bl. 4.

Raidt, E., 1976, 2de uitgawe, Afrikaans en sy Europese verlede, Nasou, Kaapstad.

Raidt, E., 1994, Historiese taalkunde, Witwatersrand University Press, Johannesburg.

Roberge, P.T., 2009, 'Afrikaans and creolization', in H. Den Besten, F. Hinskens, & J. Koch, (red.), Afrikaans: Een drieluik, (Uitgaven Stichting Neerlandistiek VU, 58.), pp. 209-33, Nodus Publikationen, Munster.

Roberge, P.T., 2012, 'Afrikaans. Might it be a little more "South Africa"?', in T. van der Wouden, (ed.), Roots of Afrikaans. Selected writings of Hans den Besten, pp. 389-398, John Benjamins Publishing Company, Amsterdam/Philadelphia.

Schoeman, K., 2002, Die Suidhoek van Afrika, Protea, Pretoria.

Schoeman, K., 2009, Seven Khoi lives, Protea, Pretoria.

Scholtz, J. du P., 1965, Afrikaans uit die vroee tyd. Studies oor die Afrikaanse taal en literere volkskuituur van voor 1875, Nasou, Kaapstad.

Scholtz, J. du P., 1972, Afrikaans-Hollands in die agtiende eeu, Nasou, Kaapstad.

Scholtz, J. du P., 1980, Wording en ontwikkeling van Afrikaans, Tafelberg, Kaapstad.

Scholtz, J. du P., 1981, Taalhistoriese opstelle, Tafelberg, Kaapstad.

Stals, E.L.P. & Ponelis, F.A., 2001, So het Afrikaans na Namibie gekom, Gamsberg Macmillan, Windhoek.

Ten Rhyne, W. [1686] 1933, 'Schediasma de Promontorio Bonae Spei', in I. Schapera, (ed.). The early Cape Hottentots, pp. 78-153, Van Riebeeck-Vereniging 14, Cape Town.

Valkhoff, M.F., 1966, Studies in Portuguese and Creole. With special reference to South Africa, Witwatersrand University Press, Johannesburg.

Van der Merwe, P.J., 1937, Die noordwaartse beweging van die boere voor die Groot Trek (170-1842), W.P. van Stockum & Zoon, Den Haag.

Van Rensburg, M.C.J., 1983, 'Nie-standaardvorme, variasiepatrone en Afrikaans uit die vorige eeu', in G. Claassen, & M.C.J, van Rensburg, (reds.), Taalverskeidenheid. 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans, ble. 134-161, Academica, Pretoria.

Van Rensburg, M.C.J., (in voorbereiding), 'Die gesproke Afrikaans van die Binnelandse Grensgebied'. Onvoltooide navorsingsprojek.

Van Rensburg, M.C.J. & Combrink, J.H., 1984, lste uitgawe, 'Transvaalse Afrikaans', In T.J.R. Botha, (red.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde, ble. 107-133, Academica, Pretoria.

Visagie, J., 2012, 'Migrasie en die gemeenskappe noord van die Oranjerivier', in F. Pretorius, (red.), Geskiedenis van Suid-Afrika. Van voortye tot vandag, ble. 97-116, Tafelberg, Kaapstad.

Author:

Christo van Rensburg (1)

Affiliation:

(1) Research Unit for Languages and Literature in the South African context, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:

Christo van Rensburg

Email:

cvrensb@mweb.co.za

Postal address:

PO Box 7142, Flamwood, Klerksdorp 2572, South Africa

Dates:

Received: 02 Nov. 2012

Accepted: 07 May 2013

Published: 21 June 2013

http://dx.doi.org/10.4102/lit.v34i2.413
COPYRIGHT 2013 African Online Scientific Information Systems (Pty) Ltd t/a AOSIS
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2013 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Original Research
Author:van Rensburg, Christo
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Article Type:Report
Geographic Code:6SOUT
Date:Aug 1, 2013
Words:9309
Previous Article:Skryfvaardigheid en diepte verras sporadies in Skrywersblok en ander verhale.
Next Article:Mag ons hierdie lyf vergeet.
Topics:

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2019 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters