Printer Friendly

'n Heerlike leeservadng--ten spyte van die oorbekende.

Thom, Jaco 2005. Naomi ~ Batseba: twee novelles oor merkwaardige Bybelse vroue Wellington: Lux Verbi.BM. 192 p. Prys: R89,95. ISBN: 0 7963 0317 7.

Hierdie is die verhale van twee bekende vroue uit die Bybel: Naomi, skoonma van die Moabitiese Rut wat die God van Israel as haar eie aanneem, en Batseba, die vrou van Urija wat owerspel pleeg met koning Dawid van Israel 'n Mens lees in die Bybel meer van Naomi as van Batseba, maar in hierdie twee novelles word albei vroue mense van vlees en bloed, wat dink en droom en doen. Hulle wereld --die leefwyse, die mense en gebeure van daardie tyd--word knap en realisities uitgebeeld.

Die aanloop tot Naomi en Rut se verhaal word in die Bybel byna kursories en in slegs enkele verse gegee. Hier word dit egter uitgebou tot die aangrypende verhaal van 'n vrou se hartseer by die afskeid van alles wat bekend is, die moeisame aanpassing in die vreemde en die ontreddering as haar man en twee seuns daar sterf.

In die somber omstandighede waaronder Naomi Moab verlaat, is Rut se aandrang om haar skoonma na Juda te vergesel 'n ligpunt. Sy bely onomwonde: "Ek het nie ander gode nie, Ma. Maglon het my geleer om die Here lief te he en te dien. Die Here is my God. Hoe kan ek nou na my pa-hulle en hulle gode teruggaan?" (p. 41).

Dit is egter nog nie die einde van Naomi se beproewings nie, want op hul terugreis word sy en Rut by die Jordaandriwwe aangeval en van al hul besittings beroof. Die leser het dus begrip vir die versoek wat Naomi aan haar eertydse vriendinne in Betlehem rig: "Ek wil asseblief nie meer Naomi wees nie, want lieflik is ek lank nie meer nie, en my lewe is ook nie lieflik nie. Noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak," (p. 48).

Dit was nie in daardie tyd vir twee weduwees maklik om vir hulself te sorg nie. Rut se plan om 'n bietjie gars te gaan optel op 'n land waar hulle besig is om te oes, is die begin van 'n reeks gebeure wat haar en haar skoonma se lewens ingrypend verander. Sommer gou na Rut en Boas se eerste kennismaking begin Naomi voel asof "die bitterheid wyk voor die besef dat die Here haar nie vergeet het nie" (p. 62).

Die verloop van Boas en Rut se verhaal en Naomi se aandeel daarin, word redelik volledig in die Bybel geskets, maar in die novelle is die leser meer bewus van die menslike drama wat hier afspeel. Ten spyte van haar geloof, is Naomi tog bevrees dat die onderhandelings tussen Boas en Uri, die eerste Iosser, nie sal verloop soos hulle hoop nie. Sy deel haar vrese met Rut en sorg ook sommer vir 'n bietjie humor in 'n andersins ernstige situasie: "... ek vertrou nie daardie Uri nie. Hy is 'n ander pampoen se pit" (p. 89).

In die verhaal van Naomi word die Here se bemoeienis met gewone mense se lewens en sy liefde weereens beklemtoon. Na die geboorte van Rut en Boas se seuntjie, Obed, kom Ie daar 'n groot vrede in Naomi se hart en kan sy se: "Die lewe is wonderlik mooi" (p. 104).

In die tweede novelle is Obed se kleinseun, koning Dawid van Israel, en Batseba, die mooi jong vrou van Urija, die hoofkarakters.

Die leser maak kennis met Batseba op die dag wat Urija ingesweer word as die jongste lid van koning Dawid se dertigtal--die elitegroep offisiere wat die koning se Krygsraad vorm. Vir Batseba is Dawid baie mooi "Hy is 'n beeld van 'n man met 'n koperblonde krulkop en sagte, vriendelike oe" (p. 116). Sy is baie opgewonde wanneer Urija die aand vir haar se dat Dawid hom uitgevra het oor haar en gese het hy wil haar graag ontmoet. Die geleentheid kom wanneer die koning haar 'n ruk later, nadat Urija saam met die res van die soldate na Rabba vertrek het, na die paleis ontbied.

Dit is duidelik uit die verhaal dat Batseba nie 'n onskuldige slagoffer is nie, sy doen vrywillig mee en geniet dit. In die oe van Seba, Batseba se ma, is die hele saak egter goedkoop: "Hy is die koning, Batseba, en jy is getroud met een van sy offisiere, 'n man wat toevallig op hierdie oomblik besig is om sy lewe in gevaar te stel om sy koning se eer te beskerm. Natuurlik is dit goedkoop!" (p. 146).

Die verdere verloop van hierdie ongelukkige geskiedenis is goed bekend. Dawid probeer die saak beredder deur vir Urija na Jerusalem te ontbied, maar Urija weier om huis toe te gaan en by Batseba te slaap. Hierop gee Dawid opdrag dat Urija op die voorpunt van die geveg geplaas moet word, sodat hy kan sneuwel.

Dit is aanvanklik Batseba wat worstel met selfverwyt en skuldgevoelens, terwyl Dawid die saak ligtelik afmaak. Eers na die profeet, Natan, se besoek besef Dawid sy sonde, erken sy skuld en bid 'n hartroerende gebed: Psalm 51.

Die verhaal van Batseba eindig egter nie met die dood van haar en Dawid se babaseun nie, maar met die geboorte van hul volgende kind, Salomo, wat Dawid sou opvolg as koning van Israel. Die profeet Natan bring weer 'n besoek aan die paleis, maar hierdie keer om te se die Here het 'n spesiale naam vir die seuntjie gekies: "Jedidja, want die Here het hom lief" (p. 188).

By die lees van hierdie novelle kom 'n mens diep onder die indruk van die verwoestende uitwerking wat die sonde op mense se lewens het, maar ook van die bevryding wat kom deur skuldbelydenis en vergifnis.

Naomi ~ Batseba bied aan die leser veel stof tot nadenke. Dit is egter ook 'n baie aangename leeservaring, onder andere weens die lewensgetroue karakterisering en die spanningselement wat deurentyd behoue bly, ten spyte van die bekende feitemateriaal.

Resensent: Belia van der Merwe

Hotazel
COPYRIGHT 2005 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2005, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Batseba: twee novelles oor merkwaardige Bybelse vroue Wellington
Author:van der Merwe, Belia
Publication:Literator
Article Type:Book review
Date:Nov 1, 2005
Words:992
Previous Article:Met 'n ystergreep.
Next Article:'n Groot Afrikaanse roman.
Topics:


Related Articles
Eleanor Baker se laaste roman.
Is taalsake 'n hulpbron of 'n probleem?
'n Vermenging van die Khoi-San en die Ooste.
'n Hunkering na die heimat.
Die dramaturg as kanoniseerder.
Die Afrikaanse poesie sedert die 1980's ondenkbaar sonder Hambidge.
Weer eens liefde vit Daniel Hugo.
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly? (1), of, tegnologie van liefde en vergange.
Komrij se poetiese reikwydte vertaal?
'n Waardevolle naslaanbron oor Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2019 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters