Printer Friendly

'n Droomkers.

Liewe

Ja, dit is so. Na my lesing oor stereotipering en ontyking het ek 'n storie oor Parys belowe. Nou, voor jou vertrek na Parys, is ek onseker of die storie sonder cliches kan klaarkom. Al wil ek ook, kan ek tog nie soos Jorge of Breyten inhoud/vorm ontyk nie.

Maar ook jy was in jou betoog nie konsekwent nie: Jy het die retoriek innemend vrolik (listig vroulik) verdedig. Nijhoff (uit Vestdijk?) mooi aangehaal: In plaats van te bepalen of hij rhetorisch, of minder rhetorisch, of helemaal niet rhetorisch schrijven zal, vraagt de dichter aan de taal wat hij schrijven moet; en het resultaat is noch rhetorisch, noch individualistisch, maar simpelweg zoals het zijn moet, zoals het door een of andere innerlijke noodzakelijkheid ... wordt gedicteerd.

En toe by kerslig (cliche?) laat val jy teatraal: die maan is retoriek. Nijhoff se immers: Ten slotte gebruiken we toch ook de woorden wel, die de overlevering ons heeft nagelaten. Vir my storie het ek die maan nie nodig nie, maar tog die droom--'n ewe groot cliche?

Ja, ook ek verlang steeds na die Seine en die Sacre Coeur, en beny jou die uitvlug. Al is riviere en katedrale oerou reis-cliches.

Sondagmiddag 24 Junie staan ons 'n loom uur lank tou op Gare du Nord en takseer die swyende geboue oorkant. So lank dat wag en afwagting ongemerk oorgaan in verveling. (There's something in a Sunday that makes the body feel alone, sing Johnny Cash as lenige jongman in koue Skandinawie. En later weer (as ouer, moeer, gesetter man)--toe lyk die lyf so eensaam.)

By die aankoms pas ons nog op vir die taxi's. Quarto stop ons 'n papiertjie in die hand, sodat daar nou nie taalmisverstand kom oor waarheen nie: Hotel du Mont Dore, 19 Rue du Mont Dore. Waar sou die berg van die goud hier rond gewees het? Imke (wat soos jy lyk!) staan voor my. Waaraan, aan wie dink sy as sy so tuur? En agter my Aucamp se "ma petite negresse". As sy maar iets wil se of beduie, maar sy staan net. Waar sou haar Belg wees?

Twee dae en nagte pareer ons tussen uitbundigheid en ingetoenheid. Eers by die straatkroegie bier gedrink en dan later in 'n bokamer van die goue berg-hotel Klipdrif en koffie uit die Kaap. Die nagmeneer kom vra amptenaarlik of ons (7) nie 'n bietjie sagter sal verkeer nie. (Reinkarnasie van die huisvader een aand in Amandelboom/Williston toe ons drie jong onderwysers onder studietyd in my kamer kaart gespeel en so geraas het.) In die Paryse nag, nadat die O so sjarmante Josette Wenker-weet-vandie-wereld ons die middag gasvry verwelkom het, voel ons jeugdig vere. Josette! In die hysertjie, 'n biegkamer in die kleine, weet sy hoe om met die bedel van vuurhoutjies die afstand tussen vuur en vuur te verklein.

Soos Ontvangs vra, so doen ons. Jolene laat haar Jack toe om gesig in die gordyn klaar te lag oor 'n boerse grap. Die stereotipe stories in die eerste Paryse nag is eintlik nie snaaks of in goeie smaak nie. Dis maar net dat elkeen hier, in 1990, weg van huis en werk en land 'n groot klip van die skouer kan aftel.

Kyk hier van bo af, daar oorkant die straat loop Aznavour. Je Bois, Je T'Aime Tant. Sing hy oor die goue berg of die goue maan, oor die cliche van die liefde, oor die "heilige hart"? Asof die hart ooit heilig kan wees. Imke in 'n maansilwer slaappakkie kyk stip deur die raam. Waar is Ursula Andress? fluister ek ernstig. Petro draai die kraan in die badkamer oop. Sy kom hog, se Imke lakoniek of dromend toe die water sagter loop.

Vroegoggend is die wakkerword vonkelwyn. Met weerligvlugheid stileer fyn tekeninge Afrika-musiek op die tv-skerm. 'n Troue word gelmproviseer. Later die dag ontdek Thea, Petro en Imke 'n vragwa vol gebruikte blomme en halfgebrande kerse; die opruim van gisteraand se opgeruimde bruilof. Die jongman glimlag innemend by die skugter voorbarigheid waarmee die vroue agter by die oop wa inkyk. Gemoedelik laat hy hulle toe om iets uit hulle jeugdrome op te voer. Hulle stap ingenome verder met St. Josef-lelies in die hand.

Toe neem ook ek maar 'n bruilofskers om in die komende aande my Bells by te drink. Op Amsterdam se gragte en die maanlig van Abfaltersbach. Op stukkies Berlynse muur wat as aandenkings verkoop word. Op Adso van Melk se belydenis: my testimony as to the wondrous and terrible events that I happened to observe in my youth, now repeating all I saw and heard, without venturing to seek a design, as if to leave to those who come after [...] signs of signs [...]. (Eco in The name of the rose.) Om te drink in Mittewald, en op die onmoeting met M aan die Chiemsee--die mooi non wat my hand in die geurige bries op die boot so lank vashou, en by ons vertrek waai en waai (later 'n poskaart aan haar, maar geen antwoord nie). En om skalks te drink op my vergeefse soeke na Barnard se meisie met die tuba in Titisee.

Onder die koepels van die Sacre Coeur is daar pieteit in die aansteek van die kerse, elkeen met eie gedagtes aan iemand erens. Hier weet jy van die wonder van die wens en die droom wat jy kan bewaar soos jy wil. Waar loop die grens tussen die cliche en die universele?

Die jongmense wat ons die twee dae raakloop, is nie deel van die cliche toergroep nie. Enkelinge wat die aura van drif en dryf met hulle saamdra. Op uitsonderinge na. Die twee bleek, bedeesde hane moes die aand in Pigalle daarbinne iets verkeerds gedoen het. 'n Ouer man, met 'n grys pak, asof op pad kerk toe, het hulle uitgegooi, geslaan, geskop. Hy teen hulle twee; ook nie eintlik teen nie, want hulle het nie weerstand gebied nie. Gelyk asof hulle pas wakker gemaak is. Hulle kry nie eens kans om na mekaar te kyk nie te midde van die snelle beurtelingse aanval. Hier tussen ai die plakkate wat die vele posisies demonstreer, tyk hulle te sedig om iemand te betas. 'n Straaltjie bloed loop stilletjies in di6 straat waar bloed en bloed in retoriese rooi in vele drifte saam verkeer. Die rus van Parys kan so bedrieglik wees soos Miller se Quiet days in Clichy--en mos net so harteloos, so droomloos.

Wanneer die sypaadjiemoles verby is, en Imke verklaar sy gaan nou die kleinste van alle klein broekies koop, verskyn N met die diep stem in haar swart pakkie. "Praat julle Afrikaans? [...] So bly om julle te sien na 8 jaar in Hongkong en nou ai 7 maande hier. O die Kaap is so mooi, maar ek dink nie aan teruggaan nie. Ek was te lank weg en die geld is goed hier. Elke 10 minute doen ek 'n 3 minute-show, so 3 400 frank per maand. (So R1 600 in 1990; beter as 'n dosent aan ons universiteit, dink ek toe.)

Toe raak my manlike ego bedremmeld. Dit lyk of N eerder met Imke, Thea en Petro wil praat: "My baadjie gaap so bietjie, dan kyk die mans my tiete", se sy reguit maar tog ook gestileerd. Sy vind aanklank by die Kaapse vroue in 'n veronderstelde weet-van-mekaar. Hulle drink haar gretig in en sy hulle; uitgelewer aan onderskeie soorte vrou-wees wat hier seismografies oorgesein word. N nooi ons na die 23:30 show.

En toe gaan ons nie kyk nie--omdat ons so reismoeg was, verbeel jou. En nou Dinsdag, met die namoeg en nadors van 'n kongres onder meer oor en in cliches, en vernaamdoenerige jargon, kom die ontydige moeg voor die Moulin Rouge weer terug. Eendag in Bordeaux jaag daar 'n haan agter 'n hen aan, vertel Quarto in die bo-kamer die aand toe ons so gelag het. Toe strooi 'n pretbederfboer 'n handvol mieliepitte en die haan steek in sy spore vas. Toe besef die boer sy ontydigheid--die Prediker se mos--en hy se: "Mag ek nooit so honger word nie."

Toe almal se go al uit was, op pad na Napoleon se graf, by Les Invalides terwyl ons voetseer skuins le op die gras, gewaar ek die jong haan op 'n bank met 'n six-pack Heinekens aan sy voete. Waar koop mens die? beduie ek toe hy my nie verstaan nie. Ver beduie hy met 'n wye vlerkswaai. "U wont wan?" sonder aarseling. Hier, 'n paar blokke van Van Gogh se kafeetoneeltjie in die Musee d' Orsay kry ek op 'n warm dag 'n bier present van Robert Hachani van 6 Rue de la Cometti. Die gebeure op sigself is so gewoon dat dit geen storie werd is nie, maar die reisiger se retoriese sug na verrassing in die gewoonheid dwing my om ook dit te vertel. Nee, Robert wil nie geld vir die bier he nie. Deur die kamera-venster fokus ek op sy bos swart hare, die wit hemp en wynrooi sweetpakbroek, asof hy nou net van Coetzenburg af kom. Na een foto protesteer hy: "Genuch ist genuch." Die jong Brasiliaan waan my 'n Duitser wat sy rus toeristies versteur.

Alles wat tot sover vertel is en nie vertel is nie was die voorspel tot ons vertrek na Brussel teen die aand. Intussen het die weer swaar geword. Na blitse en stilte is daar swaar kraak- en skeurgeluide. Dan sak 'n druisende bui Franse re6n op Gare du Nord neer. In die oorvol trein het meisies met swart jasse in die nou paadjies begin kampeer. Nou het dit stil geword in die trein. Die meisies in die swart jasse dut en droom.

Aan die end van die gang waar die kraantjie net drup-drup, sit hy soos in die spreekwoord hoog en droog op sy bagasie. Omdat hy jonk en mooi is vra Jolene juis hom of daar dan nie elders op die trein water is nie. Na die toenadering trek Ghanmi Ahmed toe by ons kompartement in. Jolene was aweregs 'n waterwyser. Ghanmi het so pas 'n meestersgraad in grondwaterkunde verwerf aan die Universite Laval in Quebec. Jack het tussendeur die uitvra-en-vertel die gesels met Afrikaanse spesery gegeur en ai het Ghanmi die vreemde Afrikataal nie verstaan nie het hy die geestige konteks gepeil, meelewend geglimlag en kon dan weer met vertroue saamlag wanneer Jack teruggeskakel het na Engels. Die volgende m6re wou Quarto slaperig weet: Hoekom het julle vannag so gelag, hoekom slaap julle nie?

Ghanmi is op pad na Brussel en dan na Tunis, waar sy ma hem sal bederf lag hy. Hy weet nog nie of hy in Quebec of Tunisie sal gaan werk nie, maar droom vir eers nog oor sy studentedae aan Laval. Ons blaai deur sy wynrooi jaarblad wat met studentehumor vrolik uitgegee is.

Terwyl die trein voortsnel, raak almal rustiger en ons praat loom oor die werelde van Stellenbosch, die Kaap en Suid-Afrika--oor De Klerk en oor Mandela van wie ons hoor, maar wie is die man? Een vir een dryf ons liggies weg. In 'n effense nagmerrie sien ek hoe die rooi tamatie wat Thea naby Hotel du Mont Dore gekoop het, aanleun teen my klein Renoir-afdruk uit die D'Orsay: Chemin montant dans les hautes herbes (pad deur die struike teen die heuwel). Sodra ek dink ek slaap, praat Ghanmi weer, want hy is bang hy verslaap, en hy kuier so lekker.

Dan gaan die trein staan. Dis so stil soos in Nijhoff se Awater, soos lank gelede naby Put-sonder-water. Of soos nog weer in September 2005 tussen Utrecht en Den Haag. Toebroodjies word afgekondig deur 'n man asof hy 'n beleidsverklaring doen, met pouserings na elke drie tot vyf woorde, soos 'n belee politikus. In 2005 was daar nie meer toebroodjies nie.

Buite in die gang le die meisies nog stil, gesig na onder op hulle matjies, met die kaalvoete wat uitsteek onder die swart jas. Wanneer die ligter skemer die Laelandse huise skerper omlyn, is dit die tussenstaat van droom en waak. Jy kyk saam met Salvatore na die soenflitse in die slot van Cinema Paradiso, en die beelde gaan oor in die jong gesigte van die afgelope weke: Robert Haghani met sy Heineken, Ghanmi met sy jaarblad--en in die tou voor Buckingham die sonore naam van Patricia Luzetti van Milaan. Nee, sy was nog nie in Parys nie, maar sy weet van die Kaap. Al wat ek haar in die kort ontmoeting as polfyntjie kan meegee, is blokkies groen kougom met sonryke chlorofiel van ons vergeelde Suidland. Sy hou dit vas soos 'n klein voeltjie wat uit die nes geval het. Die meisie met die wit bloes en swart romp in Coloco aan die Comomeer wys met 'n grasieuse balletbuiging hoe bly sy is Italie het in Milaan die halfeindronde van die sokkerwereldbeker gehaal. En in Interlaken wag Irene Gafner skroomvallig op toeriste by haar perdekoets. Eintlik werk sy by die kafee hier bo, maar tussendeur wys sy die toeriste rond, sy en haar perd Diana wat haar reuk ken.

Maar Petro, Thea en Imke sal nie vir Irene of Patricia onthou nie. Dit sal die donker, sagsinnige manne van Malta wees, George Borg en Joe Sammut met die ondeunde of wat hulle by die ontbyt in Volendam betower het.

"O wakker mars van name deur my gees," skryf Uys, maar wie onthou nog die rustelose gees.

Liewe, die droom is in ons tyd nie meer tot literatuur te maak nie. Maar gelukkig droom ons verby die literatuur ongeinhibeerd voort, sonder dat ons hoef te weet hoe om die droom te ontyk. Miskien weet Akira Kurosawa. Elke keer by die trek van die vuurhoutjie, is daar die reuk van swael, en by die uitdoof van die kers is daar die reuk van die uitdoof van die kers.

Bon Voyager

A.
COPYRIGHT 2007 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2007, Gale Group. All rights reserved.

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Kortvehaal; text in Afrikaans
Author:du Toit, P.A.
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Date:Apr 1, 2007
Words:2287
Previous Article:Running into the house of my heart.
Next Article:Text on text on text: intertextuality in Ingrid Winterbach's Niggie/Teks op teks op teks: intertekstualiteit in Ingrid Winterbach se Niggie.


Related Articles
Siemon Allen/Dominic McGill: Fusebox gallery.
Speaking in tongues: six down--five to go.
Text on text on text: intertextuality in Ingrid Winterbach's Niggie/Teks op teks op teks: intertekstualiteit in Ingrid Winterbach se Niggie.
Rivers and the construction of identity/riviere as identiteitskonstrueerders.
Afrikaans as voertaal en wetenskapstaal aan Suid-Afrikaanse universiteite.
En hadde de liefde niet.
Gone to the Edges.
Translating culture: Matthee's Kringe in 'n bos as a case in point/Kulturele vertaling, met verwysing na Matthee se Kringe in 'n bos.

Terms of use | Privacy policy | Copyright © 2020 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters