Printer Friendly
The Free Library
14,757,006 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

koei, trekker en varkies. (Poems).


koei, trekker en varkies

   wat laat my dan nou
   so na montagu se berge verlang
   die plek waar ek as kind
   met my oom geloop het

   tussendeur wingerde en boorde
   muisvoels in okkerneutbome
   verby sy swart melkkoei
   op pen geslaan
   in 'n sirkel al-om
   koei-tevrede met heilige oe

   die reuk van vrot druiwedoppe
   van mos in eikevate
   van vars groen lusern
   uie en blomkool
   en van modderige varkhokke
   die varke og-og pienk van speen
   allie klein varkies in 'n bondel

   my ma se ma se broer
   'n kort rooi stompie van 'n oom
   maar sterk soos die rooi trekker
   tussen bale strooi (vir die perde)
   en geelhoutbalke in die skuur

   dit was 'n allis chalmers
   een wat nog op voko loop
   op die ou tipe petrol
   een wat jy nog met 'n slinger
   en brandspiritus moes gangkrink

   net so was my oom
   hy het nog uit oudae gekom
   uit hugenotegeslagte
   hy't nog op die ou tipe petrol geloop
   op gedroogte appelkose en vet skaaprib
   en konfyt op dik snye brood

   hoe verlang mens na die ou dae:
   ek na my kort rooi oom
   en na montagu se berge
   'n heilige koei in 'n oopgevrete kring
   en 'n hok vol klein varkies
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:van Rooyen, Piet
Publication:Literator
Article Type:Poem
Date:Apr 1, 2003
Words:201
Previous Article:Correcting the "undervaluing" of human achievement.(Mediating Criticism. Literary Education Humanized)(Book Review)
Next Article:laatnag in 'n koue stad. (Poems).(Brief Article)(Poem)



Related Articles
The Shine Poems.
The character of consciousness.(Amiri Baraka)
Philip Bryant. Sermon on a Perfect Spring Day.(Book Review)
Busiri's Burda: an overview and correspondences.

Terms of use | Copyright © 2009 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles