Printer Friendly

Taalideologie en Afrikatale: universiteitstudente se persepsie daarvan in 'n postapartheidsbedeling in Suid-Afrika.

Abstract

Language ideology and African languages: The perception of university students in a post-apartheid South Africa

Since the commencement of the new South African Constitution in 1996 student numbers in African languages at the Potchefstroom University for Christian Higher Education have dropped dramatically. It is argued in this article that this problematic situation should not be attributed to an inefficient language policy or ineffective course material, but rather to an ideological climate that is counter-productive to the optimal functioning of African languages as languages of education.

It was found that second-language speakers, who do not have any innate sentimental attachment towards African languages, also do not really attach any instrumental value to them. In the questionnaire they rather revealed an apathetic attitude. First-language speakers, however, revealed a strong sentimental and instrumental point of view concerning these languages, but also revealed an even stronger sentiment towards English as an instrumental language. However, African languages have to compete with English in the instrumental sphere.

Opsomming

Taalideologie en Afrikatale: universiteitstudente se persepsie daarvan in 'n postapartheidsbedeling in Suid-Afrika

Sedert die aanvaarding van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet in 1996 het studentegetalle in die Vakgroep Afrikatale aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys drasties afgeneem. Hierdie toedrag van sake word nie toegeskryf aan 'n oneffektiewe taalbeleid (1) of onvoldoende kursusmateriaal en -aanbiedings nie, maar eerder aan ideologiese klimaat wat teenproduktief is vir die optimale funksionering van hierdie tale as enderrigtale.

Dit is oorwegend bevind dat tweedetaalsprekers van Afrikatale nie die waarde van hierdie tale as instrument erken nie, en in der waarheid 'n apatiese ingesteldheid daarteenoer het. Eerstetaalsprekers erken die botoon wat Engels voer op instrumentele gebied, ofskoon hulle wel 'n sterk instrumentele waarde aan Afrikatale toedig.

1. Konfeks en probleem

Die getal studente wat Afrikatale in die Vakgroep Afrikatale aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys neem, het oor die afgelope ses jaar, sedert die aanvaarding van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet, drasties afgeneem. Wanneer in gedagte gehou word dat Wet 108 van 1996 aan Afrikatale, naas Afrikaans en Engels, volledige amptelike status verleen, is dit noodsaaklik om na moontlike redes vir hierdie toedrag van sake te soek. Die basiese vertrekpunt van hierdie artikel is dat die grondliggende rede hiervoor nie te soek is in beleide, strukture, kursusmateriaal en -aanbiedings nie, maar in die mate waardeur studente se taalpersepsies en hul gevolglike taalgedrag primer gerig word deur ideologiese dryfvere. Hierdie vertrekpunt bestaan in navolging van Pieterse se standpunt dat 'n uiteindelike talebestel deur ideologiee bepaal word (vgl. Pieterse, 1993:139).

Die oorhoofse doel met hierdie artikel is om die taalideologiekwessie, soos deur Cobarrubias (1983:63) gedefinieer en deur Steyn (1993:7-18) en Du Plessis (1992:95-97) verder verfyn, spesifiek empiries van toepassing te maak ter toetsing van die gestelde aanname. Die volgende sake kom onder die vergrootglas:

* 'n Beredenering aan die hand waarvan gestel word dat die soeke vir die oplossing van die dalende studentegetalle in die geledere van die Afrikataalstudente aan die Potchefstroomse Universiteit waarskynlik le in ideologiese faktore.

* Die verslag van die empiriese navorsing wat in 2002 onderneem is, dien om die aanname oor taalideologiese faktore te ondersteun.

* 'n Interpretasie van die navorsingsdata en aanbevelings aan die hand waarvan begrip vir die situasie gekweek word en 'n moontlike regstelling van die problematiese taalsituasie gemaak kan word.

2. Ideologie

Hierdie ondersoek gaan van die veronderstelling uit dat ideologie in verband gebring en gelykgestel word aan menslike oortuigings (kyk die definisie van die woord in The New Collins Concise English Dictionary (McLoyd, 1982:555). Ideologie leef dus in die gedagtewereld van 'n groep mense wat dieselfde dink, wat in Chick (1992:2) se woorde, dieselfde stel waardes en oortuigings navolg. Vandaar dus die sosiale aard wat met ideologie in verband gebring word (sien Simpson 1993:4). Ook word ideologie dikwels met politieke denke in verband gebring (vgl. Simpson, 1993:4; Du Plessis, 1987:58; Pokpas & Van Gensen, 1992: 167-173).

In die kritiese linguistiek word aangevoer dat taal en taalgebruik in staat is om ideologie te reflekteer, en dat dit selfs in sommige gevalle ideologie kan skep (Simpson, 1993:6; Hodge & Kress, 1993:6). Die taal van politieke partye wat meeding om 'n magsoorname in 'n sekere gebied sal byvoorbeeld ideologies baie meer gelaai wees as 'n gewone informatiewe teks. (2)

Hierbenewens ressorteer ideologie in die sosiolinguistiek op die makrovlak waar dit gaan om taalstatus en die persepsies wat lede van 'n gemeenskap van hul moedertaal of enige ander taal of tale in die gemeenskap het. In hierdie opsig is daar 'n aantal rigtinggewende voorstellings of beginsels wat te make het met taalbeleid en die implementeerbaarheid daarvan in 'n spesifieke gemeenskap (kyk Steyn, 1993:10).

Cobarrubias (1983:63) stel in hierdie verband vier verskillende taalideologiese uitgangspunte (met ander woorde tipes sieninge wat persone van 'n taalgemeenskap kan he oor 'n taal of tale in 'n taalgemeenskap) wat 'n rol kan speel in die vasstelling van taalstatus.

* Assimilasie as 'n taalideologiese uitgangspunt het die grondopvatting dat 'n dominante taal in 'n samelewing bestaan en dat sprekers van ander tale binne die samelewing in staat behoort te wees om in die dominante taal te funksioneer. Hierdie uitgangspunt hang die beginsel van talige meerder-/minderwaardigheid aan en faal om gelyke regte toe te staan aan minderheidstale.

* Pluralisme se aanname is dat elke taal gelyke reg het om gepraat en ontwikkel te word deur die sprekers daarvan.

* Vernakularisering behels die uitgangspunt dat 'n inheemse taal waardevol is en uitgebrei behoort te word.

* Internasionalisering is die ideologiese denksisteem dat 'n taal van wyer omvang (inderdaad internasionale omvang) waardevol is vir die gemeenskap en land as geheel.

Taalideologie het, soos Cobarrubias dit beskryf, soos algemene ideologie, te make met 'n siening wat domineer in 'n bepaalde gemeenskap. Hierdie verband tussen die twee begrippe word duidelik wanneer Steyn (1993:10) die taalideologiese uitgangspunt assimilasie onder die loep neem. Hy wys daarop dat indien die ideologie die geringskatting van volkere en tale insluit, en die houding weerspieel dat alle middele geregverdig is om 'n "minderwaardige" volk en taal uit te wis, die ideologie van assimilasie sal seevier. Sekere assimilasionalisties taalbeleidklousules en taalprosesse sal dan die gevolg wees van die ideologie. Steyn (1993:10) se voorts dat "wanneer die owerheid maatreels tref met die doel om een taal te bevorder ten koste van die taal van 'n ander gemeenskap, kan 'n mens aanneem dat die owerheid deur 'n assimilasie-ideologie gelei word" (kursivering CJV).

Ten slotte kan gese word dat ideologie 'n gemeenskaplike siening is tussen lede van 'n gemeenskap en dat dit deur hierdie lede onderhou en uitgebou kan word. Op taalgebied kan 'n ideologie byvoorbeeld onderhou en uitgebou word deur taalbeleid en die implementering daarvan deur die bree taalgemeenskap.

'n Beleid wat al die tale van 'n gemeenskap "lewensruimte" gee, sal tipies deur pluralistiese dryfvere gedryf en implementeerbaar gemaak word. 'n Beleid wat slegs aan een taal in 'n multitalige gemeenskap amptelike status gee, word deur 'n internasionaliseringsideologie gedryf en suksesvol gemaak indien die taal internasionale status het, of deur 'n vernakulariseringsideologie gedryf indien die taal 'n inheemse taal is. Indien die laaste scenario geld en indien alle regte van die ander tale ontken word, is die oorheersende klimaat assimilasionalisties.

In 'n ondersoek na die ideologie wat taalsake ten grondslag le, kan 'n analise van die taalbeleid van 'n bepaalde regering as 'n nuttige rigtingwyser gesien word van watter ideologie so 'n beleid motiveer. Daar moet egter in gedagte gehou word dat dit 'n voorlopige gevolgtrekking is aangesien daar baie meer is wat die ideologiese klimaat binne hierdie konteks bepaal. Deur die soeklig te verskuif na die implementeringsfase van die beleid, soos byvoorbeeid in welke mate dit aanvaar word deur diegene wat gemoeid is om dit op grondvlak te implementeer, behoort die punt van die ware ideologiese ysberg raakgesien te word. Lede van 'n taalgemeenskap, hetsy of hulle beleidmakers of implementeerders van die taalbeleid is, kan sentimentalistiesl- of instrumentalisties georienteerd wees oor 'n taal of tale binne die gemeenskap. Wanneer hulle taal as 'n bruikbare hulpmiddel sien, sal hulle instrumentalisties-georienteerd wees (sien in hierdie verband PANSALB, 1998:4). Hierteenoor sal taalgebruikers, wanneer hulle taalregte beskerm word en hulle 'n affektiewe gevoel teenoor taal het, 'n klimaat van sentiment laat oorheers (sien in hierdie verband Du Plessis, 1992:95-96).

'n Pluralistiese ideologie, wat die grondopvatting het dat taal en meertaligheid uitgebou moet word, sal 'n georienteerdheid op grond van sentiment weerspieel, terwyl 'n assimilasionele ideologie (asook internasionaliserings- en vernakulariseringsmodelle), wat byvoorbeeld die vermindering van die verskeidenheid van tale in 'n meertalige opset in die oog het, eerder 'n georienteerdheid ten opsigte van taal se waarde as instrument sal weerspieel.

Taal kan voorts deur lede van 'n gemeenskap as probleem, as hulpbron of as basiese mensereg gesien word (sien PANSALB, 1998:4). Hierdie persepsie weerspieel 'n verdere onderdeel van 'n ideologie wat bestaan tussen die lede van 'n taaigemeenskap.

Die taal-as-probleem-orientering kom binne 'n multitalige opset voor waar die verskeidenheid tale byvoorbeeld by taalgebruikers die persepsie vestig dat onderontwikkeldheid die gevolg daarvan is (gemeet aan die siening dat eentaligheid ontwikkeldheid meebring). Sosiale en kulturele eenvormigheid is vir hierdie persone die oplossing van die "taalprobleem". Taalbeleidsgewys sal die assimilasie-, en dalk moontiik ook die internasionaliserings-/vernakulariseringsmodel by hierdie persone voorkeur he. Hierdie persone se opvatting oor taal is duidelik dat taal waarde het as instrument.

Die opvatting dat taal 'n basiese mensereg is, impliseer die demokratiese persepsie van gelykheid in die samelewing. Almal in 'n bepaalde streek het, volgens hierdie opvatting die reg om die taal van hulle keuse, in watter situasie ook al, te praat asook daarin aangespreek te word. 'n Pluralistiese (en daarmee saam 'n vernakulariserende) taalbeleidsmodel sal slaag met hierdie persepsie. In hierdie geval sal 'n uitgangspunt van taalsentiment die deurslag gee.

Taal-as-hulpbron verwoord die persepsie dat taal as 'n bate in die samelewing gesien word. Taalverskeidenheid, en in die besonder die meertaligheid van indiwidue, word vanuit hierdie hoek nie negatief (soos by die taal-as-probleem-orientering) gesien nie. 'n Leuse vanuit hierdie perspektief is eenheid te midde van verskeidenheid (vgl. Du Plessis, 1991:166).

Die taalbeleidsmodelle pluralisme, assimilasie, vernakularisering en internasionalisering word gerugsteun deur en loop hand aan hand met orienterings wat persone in 'n taalgemeenskap het ten opsigte van taal, naamlik taal as probleem, taal as basiese mensereg en taal as hulpbron. Die ideologiese prentjie word verder opgebou deur 'n persepsie dat taal vanuit twee oogpunte beskou kan word deur die gemeenskap, naamlik as instrument of as belangrik op grond van sentiment.

Samevattend word gestel dat 'n uitgangspunt dat taal waarde het as instrument impliseer dat persone taal sien as middel tot 'n doel, hetsy ekonomies, opvoedkundig, sosiaal/polities of kultureel. 'n Sentimentalistiese uitgangspunt het as grondopvatting dat persone 'n affektiewe gevoel het vir taal. By eersgenoemde uitgangspunt sal probleem-orientering, met die gepaardgaande beleidsmodelle van assimilasie en internasionalisering die oorhand he, terwyl laasgenoemde uitgangspunt die orientering van taal as reg--met die gepaardgaande modelle van pluralisme en vernakularisering--sal selekteer. Taal-ashulpbron-orientering reflekteer 'n sentimentalistiese eerder as 'n instrumentalistiese ingesteldheid teenoor taal.

3. Wet 108 van 1996 en taalideologie

Die huidige taalbeleid (Artikel 6) van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 wat bepaal dat 11 Suid-Afrikaanse tale amptelike status het, en wat verder bepaal dat die staat die taak het om die inheemse tale se status op planmatige wyse te verbeter, weerspieel uiteraard 'n pluralistiese bestel. Die feit dat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad ingestel is om toe te sien dat gelyke regte vir alle Suid-Afrikaanse tale geld, reflekteer ook pluralisme. Uit hierdie taalbepalings word 'n sentimentalistiese eerder as 'n instrumentalistiese ideologiese klimaat afgelei.

Die ideologie wat hierdie beleid ten grondslag le en wat die suksesvolle onderhouding en uitbouing daarvan verseker, is wanneer pluralistiese ideologiese dryfvere oorheers en wanneer owerhede en lede van 'n taalgemeenskap taal as 'n basiese mensereg en as 'n hulpbron beskou.

Artikel 6(3) van Wet 108 van 1996 bepaal die volgende:
 Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde
 amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming
 van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en ewewig
 van behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die
 betrokke provinsies ...


Artikel 6(3) bepaal dat taalsake spontaan vanaf sowel owerheidswee as vanuit die bevolking self bepaal kan word. Hierdie bepaling baan, naas die sentimentalistiese, die weg vir die instrumentalistiese benadering om in 'n toekomstige Suid-Afrika sy plek in te neem.

Soos reeds gemeld, bestaan ideologie tussen mense, en kan die taalideologie wat taalbeleid onderle, nie raakgesien word voordat die taalsiening van diegene wat die beleid moet implementeer, nie nagevors is nie. Die probleem wat die navorsing vir hierdie artikel gerig het, is die dalende studentegetal in die geledere van Afrikataalstudente aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys. Op grond van hierdie tendens word die verminderde taalstatus en -funksie duidelik 'n tendens wat op 'n assimilasionalistiese ideologie dui--terwyl die suksesvolle implementering van die taalbeleid in die postapartheidgrondwet juis 'n pluralistiese ideologie veronderstel.

Die volgende vraag ontstaan dus onwillekeurig: watter taalideologie(e) was prominent by 'n proefgroep studente van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys? Is hierdie ideologie(e) die grondoorsaak vir die dalende studentegetal in Afrikataalgeledere asook verantwoordelik daarvoor dat die postapartheidsgrondwet nie suksesvol deur hierdie persone geimplementeer word nie?

'n Navorsingsprojek is onderneem om antwoorde hierop te verskaf. 'n Getal van 58 Afrikaanssprekende studente wat 'n filosofieklas-geleentheid bygewoon het by die hoofkampus op Potchefstroom, het die vraelys ingevul (in hierdie artikel word verder na Groep 1 verwys--vgl. Bylaag B). Drie-en-twintig Afrikataalsprekende studente het by 'n soortgelyke geleentheid by die Vaaldriehoekkampus dieselfde vraelys ingevul (in hierdie artikel word verder na Groep 2 verwys--vgl. Bylaag C). Hierdie studente is nie verteenwoordigend van enige groter gemeenskap nie. Die interpretasie en gevolgtrekkings is dus slegs van toepassing op hierdie persone.

4. Omlyning van die proefgroep

Dit is logies dat 'n taalgemeenskap eerder op grond van sentiment ingestel sal wees ten opsigte van sy moedertaal (Swanepoel, 1992:135 praat in hierdie opsig van taalliefde) en waarskynlik minder sentimenteel ingestel wees teenoor ander tale waarbinne hierdie gemeenskap funksioneer. Taalideologies gesien, sal 'n sterk vorm van sentimentalisme dus by 'n taalgemeenskap aanwesig wees wanneer 'n gemeenskap se moedertaal ter sprake is, terwyl hulle ten opsigte van ander tale waarskynlik eerder instrumentalisties sal dink. In 'n ondersoek na ideologie en taal is dit noodsaaklik om respondente te groepeer op grond van moedertaalgebruik.

Die afleiding oor die profiel van die Groep 1-respondente is dat die groep oorwegend vroulike respondente het, en binne die ouderdomsgroep 18 tot 25 val. Die meeste van hulle is Afrikaanssprekend en, hoewel die meerderheid die politieke beginsels van die DP en NNP ondersteun, verkies 'n beduidende groep om buite stemming te bly. Hulle is hoofsaaklik Afrikaans en Engels magtig en gebruik oorwegend Afrikaans wanneer hulle sosiaal verkeer.

Die afleiding oor die profiel van die Groep 2-respondente is dat dit 'n oorwegend vroulike groep respondente is, in die ouderdomsgroep 18 tot 25 val, dat die meeste van hulle Sothosprekende persone is en dat, hoewel die meerderheid die politieke beginsels van die ANC ondersteun, 'n beduidende groep verkies om buite stemming te bly. Hulle is multitalig en gebruik oorwegend Afrikatale wanneer hulle sosiaal verkeer.

5. Metode van dataversameling

Data is versamel deur middel van 'n vraelys, wat in Afrikaans en Engels beskikbaar was (vir 'n voorbeeld van die vraelys, kyk Bylaag A).

5.1 Interpretasie van die data

5.1.1 Algemene gesindheid teenoor Afrikatale

Vervolgens die drie items wat geformuleer is om 'n algemene gesindheid teenoor die Afrikatale te bepaal sonder 'n pertinente toespitsing op taal se waarde as instrument, of op taal se belangrikheid op grond van sentiment. Kenmerkend van hierdie respons is dat die respondente van Groep 1 Afrikatale nie as baie positief ervaar nie en ook nie 'n rooskleurige toekoms vir die tale voorsien nie. In Groep 2 is die gesindheid teenoorgesteld. 'n Oorweldigende positiewe gesindheid en 'n uiters rooskleurige toekoms word vir die Afrikatale voorspel.

5.1.1.1 Ten opsigte van die vraag Wat is die eerste gevoel wat by jou opkom as jy oor Afrikatale dink? is die volgende respons verkry:

Groep I

As die kategoriee baie positief en positief bymekaargetel word, is 31,58% van die respondente positief gesind terwyl 10,53% negatief gesind is. Die oorgrote meerderheid (57,89%) het aangedui dat hulle neutraal gesind is.

Groep 2

As die kategoriee baie positief en positief bymekaargetel word, is 82,6% van die respondente positief gesind terwyl 8,6% negatief gesind is. Die neutraal gesinde respondente verteenwoordig 8,6% van die toetsgroep.

5.1.1.2 Ten opsigte van die item Sou jy jou vaardigheid van die Afrikatale wou verbeter? was die respons die volgende:

In Groep 1 het 56% positief gerespondeer terwyl 94,4% van Groep 2 gese het dat hulle dit wel sou doen.

5.1.1.3 Die item Hoe sien jy die toekoms van die Afrikartale in 'n toekomstige Suid-Afrika? het die volgende reaksie ontlok:

In Groep 1 het 45,62% van die respondente aangedui dat hulle positief is terwyl 17,54% gese het dat hulle negatief gesind is. Die neutraal gesinde respondente verteenwoordig 36,84% van die toetsgroep.

86,8% van Groep 2 se respondente het positief gerespondeer terwyl 4,3% negatief gesind en 8,6% neutraal gesind was.

5.1.2 Die groep se belewlng van die Afrikatale op grond van sentiment

5.1.2.1 Ten opsigte van die item Ek het 'n verbintenis met die Afrikatale op grond van sentiment, daarom is ek positief gesind, blyk die volgende:

14,29% van die Groep 1-respondente het positief reageer. In Groep 2 het 87,5% van die respondente bevestigend in hierdie opsig gereageer.

5.1.2.2 Ten opsigte van die item Ek is positief gesind teenoor Afrikatale omdat ook hulle deel vorm van die taalskat van Suid-Afrika was die reaksie die volgende:

85,71% van die Groep 1-respondente het bevestigend geantwoord terwyl 87,5% van Groep 2 se persone bevestigend geantwoord het.

5.1.2.3 Op die opmerking Ek is positief gesind teenoor die Afrikatale omdat die sprekers van hierdie tale die reg het om in hulle moedertale aangespreek te word was die reaksie die volgende:

71,43% van die respondente van Groep 1 het positief gerespondeer. Van Groep 2 se respondente het 87,5% in hierdie verband bevestigend gerespondeer.

5.1.2.4 Ten opsigte van die opmerking Afrikatale is tale wat in die verlede onderdruk is, daarom behoort hulle opgehef te word, was die respons die volgende:

In Groep 1 het 39,29% van die respondente bevestigend gerespondeer, terwyl 93,3% van Groep 2 se persone dit beaam het.

Uit die Groep 1-respons word dit duidelik dat daar nie 'n bewustelike sentimentalistiese belewing teenoor die Afrikatale bestaan nie (vergelyk die swak persentasie positief gesindes by 5.1.2.1). Hier bestaan eerder 'n onbewuste belewing op grond van sentiment (vgl. die respons op 5.1.2.2 en 5.1.2.3). 'n Hier-en-nou-bewustheid van die tale-opset in Suid-Afrika is duidelik uit hierdie respons (vgl. die respons uit 5.1.2.4). Die orienterings wat taal as mensereg en taal as hulpbron sien, beskerm in hierdie opsig die pluralisme-ideologie by hierdie persone. Dit is by verstek so dat, omdat Afrikatale in die soeklig is, globalisering as ideologiese uitgangspunt buite orde is en daar derhalwe nie sprake kan wees van internasionalisering as taalideologie nie.

Wat die respons uit Groep 2 betref, is daar 'n bewuste positiewe belewing teenoor die Afrikatale op grond van sentiment (vgl. die respons by 5.1.2.1). Die orienterings wat die taal as mensereg en die taal as hulpbron beskou, het om begryplike redes die oorwig en stimuleer in 'n groot mate die pluralisme-ideologie by hierdie persone.

5.1.3 Die groep se belewing van Afrikatale as instrument

Die vraag bestaan of Afrikatale as problematies al dan nie deur die respondente ervaar is, asook in welke mate Afrikatale as nuttige tale gereken word en of die taalverskeidenheid byvoorbeeld vervang moet word deur 'n enkele taal, soos een Afrikataal, Afrikaans of Engels.

5.1.3.1 Ten opsigte van die item Is die Afrikatale media vir wyer kommunikasie? blyk die volgende:

Van die Groep 1-respondente het 75% positief gereageer. Van die Groep 2-respondente het 87,5% positief gereageer.

5.1.3.2 Op die item wat die assimilasie-ideologie ontlok, naamlik Hulle is die tale in Suid-Afrika wat eintlik die enigste behoort te wees, kom die volgende reaksie:

Van Groep 1 het 7,14% bevestigend gerespondeer. Van die Groep 2-respondente het 35,7% positief gereageer.

Alhoewel hierdie persone oorwegend voel dat Afrikatale 'n mens in Suid-Afrika in staat stel om oor 'n wyer front heen te kan kommunikeer (5.1.3.1), sien hulle nie in dat hulle respons dan impliseer dat hierdie tale ten koste van die ander Suid-Afrikaanse tale ontwikkel behoort te word nie (5.1.3.2).

Apatie ten opsigte van Afrikatale word afgelei uit die Groep 1-respons wanneer in gedagte gehou word dat respondente erkenning verleen aan die wyer omvangstatus (5.1.3.1) van Afrikatale, maar tog grootliks onwillig is om dit aan te leer (5.1.1.2) en boonop 'n donker toekoms daarvoor in Suid-Afrika voorspel (5.1.1.3).

Uit die Groep 2-respons is die teendeel waar: hulle gee erkenning aan die wyer omvangstatus van Afrikatale (5.1.3.1) en erken dat hulle wel 'n Afrikataal sou wou aanleer, as hulle die geleentheid daarvoor sou kry (5.1.1.2). Hulle sien ook 'n blink toekoms vir Afrikatale in 'n toekomstige Suid-Afrika (5.1.1.3). Indien 'n mens egter hierdie respons vergelyk met die wat hulle teenoor Engels getoon het, en wanneer 'n mens in gedagte hou dat Engels nie moedertaalstatus by hierdie persone het nie, is dit duidelik dat bogenoemde respons waarskynlik beinvloed is deur die sentimentele klimaat. Van die respondente het 91% aangedui dat hulle positief gesind is teenoor Engels. Van die respondente het 76,4% te kenne gegee dat dit die internasionale status van Engels is wat hulle positief stem. Kort duskant 'n derde van die respondente (30%) het aangedui dat hulle te vinde is vir die idee dat Engels die alleentaal van 'n toekomstige Suid-Afrikaanse gemeenskap kan wees.

Die ideologiese klimaat wat Afrikatale by hierdie persone onderle, is dus nie assimilasionisties of vernakulariserend van aard nie. Alhoewel hulle instrumenteel oor Afrikatale dink, bestaan 'n traag-my-nie-agtige gesindheid by die Groep 1-respondente, terwyl dit afwesig is by die Groep 2-respondente. Die feit dat Afrikatale nie internasionaal gebruik kan word nie, verswak Afrikatale se instrumentele karakter.

Die ideologie wat Afrikatale by die Groep 1-persone onderle, kan soos volg opgesom word:

* dit het nie 'n bewuste belewing op grond van sentiment nie;

* dit het wel 'n onbewuste belewing op grond van sentiment wanneer orienterings soos taal as basiese mensereg en taal as hulpbron ter sprake kom;

* dit vertoon 'n instrumentalistiese aard omdat die siening na vore kom dat Afrikatale wye omvangswaarde het, maar dat dit ondermyn word deur beperkte internasionale trefwydte;

* dit vertoon nie 'n ekstreme instrumentalistiese aard wat bepaal dat Afrikatale die enigste behoort te wees in 'n toekomstige Suid-Afrika nie;

dit laat wel apatiese trekke na vore kom, omdat dit 'n neutrale houding by baie respondente ontlok en omdat die wyer omvangswaarde van Afrikatale erken word, maar ook 'n onwilligheid om dit aan te leer.

Die onderliggende ideologie by Groep 2 impliseer die volgende:

* 'n bewuste positiewe belewing (taalliefde) op grond van sentiment;

* 'n sentimentalisme wat gevoed word deur orienterings wat taal sien as basiese mensereg en taal as hulpbron;

* 'n instrumentele aard omdat die siening na vore kom dat Afrikatale wye omvangswaarde het;

* dit het nie 'n ekstreme instrumentalistiese aard wat bepaal dat Afrikatale die enigste behoort te wees in 'n toekomstige Suid-Afrika nie.

5.1.4 Die oorheersende ideologie by die proefgroep

Groep 1-bevinding

Die ideologie by hierdie persone het 'n georienteerdheid op grond van sentiment ten opsigte van hulpbron en reg terwyl dit 'n instrumentalistiese georienteerdheid het ten opsigte van die wyer omvang van die taal in Suid-Afrika. 'n Derde faktor is egter ook teenwoordig: 'n apatie wat meebring dat die persone traak-my-nieagtig voorkom en daar dus nie werklik bepaal kan word of die ideologie wat hulle respons onderle, sentimentalisties of instrumentalisties van aard is nie. Dit blyk egter nie 'n geval te wees van 'n positiewe of negatiewe gesindheid teenoor Afrikatale nie, maar eerder 'n pertinente teenoor 'n nie-pertinente standpuntinname met betrekking tot Afrikatale.

Groep 2-bevinding

By hierdie groep is 'n duidelik sentimentalistiese ideologiese klimaat te bespeur wat nie die instrumentalistiese aspek agterwee laat nie. Hier bestaan egter nie 'n ekstreme instrumentalisme nie, want assimilasionisme en internasionalisering is pertinent nie 'n onderdeel van hierdie ideologie nie. In hierdie groep domineer 'n sentimentalistiese, ideologiese klimaat. Pluralisme is die taalideologie wat by hierdie groep mense domineer.

6. Algemene bevinding

Afrikataalsprekende persone is positief ingestel teenoor Afrikatale op grond van sentiment en vanwee taalliefde wat hulle vir hulle moedertale het. 'n Mens kan verwag dat die orienterings en taalideologiee wat met sentimentalisme geassosieer word, duidelik hier die botoon behoort te voer. Die taalideologiepluralisme, met die gepaardgaande orientering van taal as hulpbron en taal as basiese mensereg, het die oorwig by hierdie persone. Vanuit hierdie perspektief het Afrikatale (en veeltaligheid) in Suid-Afrika 'n rooskleurige toekoms.

Afrikatalerespondente het egter wel 'n instrumentalistiese belewing van Afrikatale, maar hierdie ideologiese dryfveer het nie 'n ekstreme aard nie. Afrikataalrespondente meen dat Afrikatale 'n wye omvangswaarde in Suid-Afrika het en die verwerwing daarvan hoog is op hul prioriteitslys. Aan die ander kant figureer die taalideologie assimilasie swak, omdat Afrikatale geensins kan meeding met 'n taal soos Engels wat 'n internasionalisering-ideologie kan voed nie. Die orientering van die taal as probleem geld dus nie werklik by hierdie persone nie.

Afrikaanssprekende persone se persepsie van Afrikatale het 'n sentimentalistiese ingesteldheid omdat hulle orientering hierteenoor gerig word deur hul sienings van taal as reg en taal as hulpbron. Hulle is nie, soos die Afrikataalsprekende respondente, eksplisiet sentimentalisties ingestel nie.

Wat die instrumentele ingesteldheid betref, reflekteer Afrikaanssprekendes se respons 'n swakker ideologiese klimaat as die Afrikataalsprekende respondente. Hulle aanvaar die tale se teenwoordigheid en erken die belangrikheid daarvan as deel van die Suid-Afrikaanse taleopset, maar sien nie kans om dit aan te leer nie. Hierbenewens voorspel hulle nie 'n blink toekoms vir die tale nie. Hulle het, kortom gestel, 'n apatiese ingesteldheid teenoor hierdie tale.

In die groep as geheel kan taalideologies gese word dat daar nie sprake is van assimilasionisme, internasionalisering en vernakularisering nie. Pluralisme is wel in 'n beperkte mate aanwesig wanneer die orienterings van die taal as hulpbron en die taal as basiese mensereg ter sprake kom. Die algemene aard van die response is dus oor die algemeen oorwegend sentimentalisties.

Ongelukkig voorspel hierdie oorheersende ideologiese houdings en toestande niks goeds vir die uiteindelike voortbestaan van Afrikatale by hierdie persone nie. 'n Taal waaroor lede van 'n gemeenskap slegs sentimenteel voel, terwyl dit nie kan kompeteer met ander "meer bruikbare" tale in die gemeenskap nie, het nie werklik 'n toekoms nie. Sonder 'n sterk instrumentalistiese aard is 'n taal dus gedoem tot mislukking. Wanneer potensiele aanleerders nie die instrumentalistiese waarde van 'n taal besef nie, sal hulle ook nie die moeite doen om dit aan te leer nie.

7. Gevolgtrekking

Dalende studentegetalle by die Vakgroep Afrikatale aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys sedert die inwerkingtreding van die na-apartheidgrondwet het die vermoede laat bestaan dat Afrikatale se aansien as onderwystale by hierdie instansie aan die daal is.

Die ondersoek het bevestig dat in eerstetaalgeledere 'n sterk sentimentalistiese belewing van Afrikatale bestaan. Wat die instrumentalistiese aspek van die tale betref, is vasgestel dat dit nie kan kompeteer met Engels nie. In tweedetaalgeledere het die toetspersone nog 'n sentimentalistiese, nog 'n instrumentalistiese siening geopenbaar. Hulle het eerder apaties gereageer.

Alvorens 'n taal of tale binne 'n taalgemeenskap nie 'n pertinente instrumentalistiese waarde het nie, sal die uitbou en onderhou daarvan gedoem wees tot mislukking. Anders gestel, indien die ideologie wat verseker dat 'n taal of tale binne 'n gemeenskap onderhou en uitgebou word, nie 'n groot mate van instrumentalisme, met ander woorde internasionalisering, assimilasionisme of vernakularisering as onderbou het nie, is dit waarskynlik dat dit die doel daarvan, naamlik die onderhouding en uitbouing daarvan, sal mis.

(1) Met beleid word bedoel die taalbepalings (Artikel 6) van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Wet 108 van 1996. Aihoewel daar sedertdien talle beleidskrifte oer taalsake op mikrovlak gepubliseer is, word hulle nie in hierdie artikel verreken nie aangesien dit nie die doel van hierdie arLikel beinvloed nie.

(2) Vergelyk Pokpas en Van Gensen (1992:167-173) se interessante bespreking van die ideologiese inhoud van die konsep "Afrikaans na apartheid".

Bibliografie

Chick, J.K. 1992. Language, ideology, and social structure. Professorale intreerede. Pietermaritzburg : University of Natal Press.

Cobarrubias, Juan. 1983. Ethical issues in status planning. In: Cobarrubias, Juan & Fishman, Joshua, A. (eds.) Progress in language planning. Berlin : Mouton. p. 41-85.

Du Plessis, T. 1987. Eietydse ideologiese groeperinge en die manipulasie van Afrikaans: 3 gevallestudies. In: Du Plessis, Hans & Du Plessis, Theo. (reds.) Afrikaans en taalpolitiek, 15 opstelle. Pretoria : HAUM. p. 99-121.

Du Plessis, T. 1991. Die evaluering van taalbeplanningsprosesse en aanbevelings vir die oplossing van taalbeplanningsprobleme in Afrikaans. Bloemfontein : UOVS. (Proefskrif.)

Du Plessis, T. 1992. Veranderde opvattings rondom Afrikaans sedert die sewentigerjare. In: Webb, V.N. (red.) Afrikaans na apartheid. Pretoria : Van Schaik. p. 91-115.

Hodge, Robert & Kress, Gunter. 1993. Language as ideology. London : Routledge.

McLoyd, William T. (ed.) 1982. The New Collins Concise English Dictionary. Glasgow : Collins.

New Collins Concise English Dictionary Kyk McLoyd, William T. (ed.) 1982.

PANSALB. 1998. PANSALB's position on the promotion of multilingualism in South Africa: A draft discussion document. Pretoria.

Pieterse, H.J. 1993. Taalbeplanningsmodelle vir Suid-Afrika: 'n oorsig en voorlopige sintese. In: Swanepoel, P.H. & Pieterse, H.J. (reds.) Perspektiewe op taalbeplanning vir Suid-Afrika. Pretoria : UNISA. p. 124-143.

Pokpas, Larry & Van Gensen, Alwyn. 1992. Afrikaans en ideologie in taalbeplanning: 'n stryd van standpunte. In: Webb, VN. (red.) Afrikaans na apartheid. Pretoria : Van Schaik. p. 165-178.

Simpson, Paul. 1993. Language, ideology and point of view. London : Routledge.

Steyn, J.C. 1993. Taalideologie en taalbeleid in die Suid-Afrikaanse geskiedenis--oorwegings in 'n ampstaaldebat. Acta Academica, Supplement (1).

Suid-Afrika, 1996. Constitution of the Republic of South Africa. [Web:] http://polity.org.za/govdocs/constitution/saconst.html [Date of access: 25 Nov. 2003].

Swanepoel, Piet. 1992. Taal, emosies, en die toekoms van Afrikaans. In: Webb, V.N. (red.) Afrikaans na apartheid. Pretoria : Van Schaik. p. 119-163.

Kernbegrippe:

Afrikatale

taalideologie

universiteitstudente se persepsie van Afrikatale

Key concepts:

African languages

language ideology

university students' perceptions of African languages

(Bylae vanaf volgende bladsye.)

Bylaag A

Die doel met die vraelys

Die hoofdoel met hierdie vraelys is om die dominerende taalideologiese stroming en ander sigbare onderstrominge, sowel as hulle onderlinge hierargiese posisies, te bepaal in die proefgroep.

DIE INLIGTING WEERSPIEEL OP HIERDIE VRAELYS WORD ANONIEM EN UITERS VERTROULIK HANTEER!

Voorskrifte vir die voltooiing van die vraelys:

Merk met 'n kruisie in die oop spasie:
* Responder op elk van die volgende stellings met 'n JA of n' NEE:

 Ja Nee

Suid-Afrika is sosiaal gesien 'n land van melk 1 2 (1)
en heuning.
Suid-Afrika is op die randjie van 'n totale 1 2 (2)
sosiale ineenstorting.

* Hoe oud is jy? Mark in die toepaslike blokkie.

10-15 jaar 1 (3)
16-24 jaar 2

Vraag 1

Is jy

Manlik 1 (4)
Vroulik 2

Vraag 2

Wat is jou studierigting

Kummunikasiekunde 1 (5)
Onderwys 2
Private sektor 3
Teologie 4
BPK 5
Musiek 6
Tale 7
Maatskaplike werk 8
Ander (spesifiseer asseblief) 9

Vraag 3

Met die beginsels van watter politieke party stem jy saam?
(merk slegs een)

ANC 1 (6)
Inkatha 2
PAC 3
NNP 4
DP 5
ACDP 6
Vryheidsfront 7
Geen 8
Ander (spesifiseer asseblief) 9

Vraag 4

(A) Hoor jy elke dag Engels?

Ja 1 (7)
Nee 2

(B) Praat jy elke dag Engels?
Ja 1 (8)
Nee 2

Vraag 5

Watter taal is jou moedertaal? (merk slegs een)

IsiZulu 1 (9)
IsiXhosa 2
IsiNdebele 3
Afrikaans 4
English 5
Sesotho 6
Sepedi 7
XiTsonga 8
IsiSwati 9
Setswana 10
ShiVenda 11
Ander (spesifiseer asseblief) 12

Vraag 6

(A) Wat is jou algemene gesindheid teenoor Engels as 'n taal (as jy oor
 Engels dink, wat is die eerste gevoel wat by jou opkom)

Baie positief 1 (10)
Positief 2
Neutraal 3
Negatief 4
Baie negatief 5

(B) As jy positief of baie positief by (A) geantwoord het, sou die
 volgende op jou van toepassing wees? Merk ja of nee by elk van die
 volgende:

 Ja Nee

1) Dit is 'n internasionale taal en daarom 1 2 (12)
 is ek positief gesind.
2) My gevoel teenoor Engels is gegrond 1 2 (13)
 op sentiment.
3) Dit is een van Suid-Afrika se tale en 1 2 (14)
 daarom behoort dit gekoester te word.
4) Dit stel my in staat om met baie mense 1 2 (15)
 in Suid-Afrika te praat.
5) Dit is die dominante taal in Suid-Afrika 1 2 (16)
 wat na regte die enigste een behoort te
 wees omdat te veel tale verwarring te-
 weeg sal bring.
6) Dit behoort ontwikkel te word omdat die 1 2 (17)
 Engelse gemeenskap in Suid-Afrika die
 reg het om in hul eie moedertaal aan-
 gespreek te word.

(C) As jy negatief of baie negatief by (A) geantwoord het, sou die
 volgende op jou van toepassing wees? Merk ja of nee by elk van die
 volgende asseblief.

 Ja Nee

1) Engels domineer in Suid-Afrika tot so 'n 1 2 (18)
 mate dat dit die bestaan van die ander
 tale bedreig.
2) Ek kan nie Engels praat nie en is daar- 1 2 (19)
 om negatief gesind teenoor die taal.
3) Engels is in der waarheid nie so wyd 1 2 (20)
 bekend in Suid-Afrika en elders nie.
4) Dit is steeds 'n onderdrukkerstaal aan- 1 2 (21)
 gesien dit deel is van die imperialistiese
 verlede van Suid-Afrika.

Jou eie rede(s) wat nie in bogenoemde ter sprake gekom het nie:

Vraag 7

Indien jy nie Engels kon praat nie (of indien jy 'n gebrekkige kennis
sou he), sou jy dit nodig ag om jou vaardigheid te verbeter?

Ja 1 (22)
Nee 2

Vraag 8

Wat is jou hoofmotivering vir jou antwoord in Vraag 7?

Vraag 9

(A) Wat is jou algemene gesindheid teenoor Afrikaans as 'n taal (as jy
 oor Afrikaans dink, wat is die eerste gevoel wat by jou opkom)?

Baie positief 1 (23)
Positief 2
Neutraal 3
Negatief 4
Baie negatief 5

(B) As jy positief of baie positief by (A) geantwoord het, sou die
 volgende op jou van toepassing wees? Merk ja of nee by elk van die
 volgende:

 Ja Nee

1) Omdat dit Europese wortels het, is dit 'n 1 2 (24)
 internasionale taal en daarom is ek
 positief gesind.
2) Omdat dit my moedertaal is (ek het met 1 2 (25)
 ander woorde 'n verbintenis daarmee
 op grond van sentiment).
3) Dit is een van Suid-Afrika se tale en 1 2 (26)
 daarom behoort dit gekoester te word.
4) Dit stet my in staat om met baie mense 1 2 (27)
 in Suid-Afrika te praat.
5) Dit is die dominante taal in Suid-Afrika 1 2 (28)
 wat na regte die enigste een behoort te
 wees omdat te veal tale verwarring te-
 weeg sal bring.
6) Dit behoort ontwikkel te word omdat die 1 2 (29)
 Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika
 die reg het om in hul eie moedertaal
 aangespreek te word.

(C) As jy negatief of baie negatief by (A) geantwoord het, sou die
 volgende op jou van toepassing wees? Merk ja of nee by elk van die
 volgende asseblief.

 Ja Nee

1) Afrikaans domineer in Suid-Afrika tot so 1 2 (30)
 'n mate dat dit die bestaan van die
 ander tale bedreig.
2) Ek kan nie Afrikaans praat nie en is 1 2 (31)
 daarom negatief gesind teenoor die taal.
3) Afrikaans is in der waarheid nie so wyd
 bekend in Suid-Afrika en elders nie. 1 2 (32)
4) Dit is steeds 'n onderdrukkerstaal aan-
 gesien dit deel is van die apartheids- 1 2 (33)
 verlede van Suid-Afrika.

Jou eie hoofrede wat nie in bogenoemde ter sprake gekom het nie:

Vraag 10

(A) Hoor jy elke dag Afrikaans?

Ja 1 (34)
Nee 2

(B) Praat jy elke dag Afrikaans?

Ja 1 (35)
Nee 2

Vraag 11

(Beantwoord hierdie vraag indien Afrikaans jou tweede of derde taal is)
Sou jy jou spreekvaardigheid van Afrikaans wou verbeter?

Ja 1 (36)
Nee 2

Vraag 12

Motiveer asseblief jou antwoord van Vraag 11 in die spasie hieronder.

Vraag 13

(A) Wat is jou algemene gesindheid teenoor Afrikatale as
 Suid-Afrikaanse tale (as jy oor die Afrikatale dink, wat is die
 eerste gevoel wat by jou opkom)?

Baie positief 1 (37)
Positief 2
Neutraal 3
Negatief 4
Baie negatief 5

(B) As jy positief of baie positief by (A) geantwoord het, sou die
 volgende redes op jou van toepassing wees? Merk ja of nee by elk
 van die volgende:

 Ja Nee

1) In die verlede is Afrikaans en Engels 1 2 (38)
 bevoordeel en dit is nou hoog tyd dat
 die Afrikatale ontwikkel moet word.
2) Omdat ek 'n verbintenis op grond van 1 2 (39)
 sentimente en taalliefde daarmee het.
3) Hulle vorm deal van Suid-Afrika se 1 2 (40)
 taalskat en daarom behoort hulle ge-
 koester te word.
4) Hulle stel mense in staat om oor 'n wye 1 2 (41)
 front heen te kan kommunikeer in Suid-
 Afrika.
5) Hulle is die dominante tale in Suid- 1 2 (42)
 Afrika wat na regte die ruimte van die
 ander tale in Suid-Afrika in beslag be-
 hoort te neem.
6) Hulle behoort ontwikkel te word omdat 1 2 (43)
 die Afrikataalgemeenskap in Suid-
 Afrika die reg het om in hul eie moeder-
 tale aangespreek te word.

(B) As jy negatief of baie negatief by (A) geantwoord het, sou die
 volgende op jou van toepassing wees? Merk ja of nee by elk van die
 volgende asseblief.

 Ja Nee

1) Nie een van die Afrikatale het die 1 2 (44)
 seggingskrag van Afrikaans of Engels
 nie (hulle is nie ontwikkelde tale nie en
 kan daarom nie in die besigheidsfeer
 gebruik word nie).
2) Ek kan nie 'n Afrikataal praat nie en is 1 2 (45)
 daarom negatief gesind teenoor die tale.
3) Hulle is nie tale wat internasionaal 1 2 (46)
 gepraat word nie.

Jou eie hoofrede wat nie in bogenoemde ter sprake gekom het nie:

Vraag 14

(A) Hoor jy elke dag 'n Afrikataal?

Ja 1 (47)
Nee 2

(B) Praat jy elke dag 'n Afrikataal?

Ja 1 (48)
Nee 2

Vraag 15

(A) Indien jy nie 'n spreekkennis van 'n Afrikataal het nie (of indien
 jou spreekkennis swak is), sou jy jou vaardigheid wou verbeter?

Ja 1 (49)
Nee 2

(B) Motiveer jou antwoord in (A) so volledig as moontlik asseblief.
 Gebruik die spasie hieronder.

Vraag 16

Watter taal gebruik jy die meeste wanneer jy sosiaal verkeer met jou
vriende? Kies een uit die lys hieronder.

Afrikaans 1 (50)
Engels 2
'n Afrikataal 3

Vraag 17

Watter kategorie pas by jou? Kies slegs een:

Ek kan slegs Afrikaans praat 1 (51)
Ek kan net Engels praat 2
Ek kan twee tale praat, Engels en Afrikaans 3
Ek kan Engels, Afrikaans en een Afrikataal praat 4
Ek kan Engels, Afrikaans en meer as een Afrikataal 5
praat

Vraag 18

Aanvaar jy die elftalige amptelike stelsel van die Suid-Afrikaanse
Grondwet?

Ja 1 (52)
Nee 2

Vraag 19

Motiveer jou antwoord in Vraag 18 kortliks

Vraag 20

Wat is na jou mening die toekoms van elk van die volgende tale in 'n
toekomstige Suid-Afrika?

ENGELS

Baie positief 1 (53)
Positief 2
Neutraal 3
Negatief 4
Baie necatief 5

AFRIKAANS

Baie positief 1 (54)
Positief 2
Neutraal 3
Negatief 4
Baie negatief 5

DIE AFRIKATALE

Baie positief 1 (55)
Positief 2
Neutraal 3
Negatief 4
Baie negatief 5

Bylaag B: Samestelling van Groep 1-respondente
(n=58)

 Afri-
 kaans Engels

Huistual N % N %

N=58 96.4 3.6

 N % N % N % N % N %

 ACDP ANC DP NNP VF Neutral

Politieke N % N % N % N % N % N %
onder-
steuning

N=58 5.6 3.7 27. 13 3.7 44.
 8 4

 Manlik Vroulik

 Geslag N % N %

 N=58 36. 63.
 8 2

 Hoor Praat Praat Praat Praat
 daag- daag- twee drie slegs
 liks liks tale: tale: Afri-
 'n 'n Afri- Afr. kaans
 Afrika- Afri- kaans Eng.
 taal kataal en en 'n
 Engels Afri-
 kataal

Multitalig N % N % N % N % N % N %
heid

N=58 41 8,7 86 12, 1,8
 2

 Afri- Engels Afrika-
 kaans taal

Taal N % N % N %
waarmee
hulle
sosiaal
verkeer

N=58 91,2 7 1,8

Bylaag C: Samestelling van Groep 2-respondente
(n=23)

 Tswana Engels Sesotho Sepedi Isi- isi-
 Xhosa Zulu

Huistual N % N % N % N % N % N %

N=23 30,4 0,09 34,7 0,04 0,13 0,09

 N % N % N % N % N %

 Neu-
 ACDP ANC PAC SAKP traal

Politieke N % N % N % N % N %
onder-
steuning

N=23 5.6 63.6 0,5 0,5 27.2

 Manlik Vroulik

 Geslag N % N %

 N=23 30.4 69.6

 Hoor Praat Praat Praat Praat Praat
 daag- daag- drie drie Engels, slegs
 liks liks tale: tale: Afri- Engels
 'n 'n Afr. Afr. kaans
 Afrika- Afri- Eng. Eng. en meer
 taal kataal en 'n en 'n as een
 Afri- Afri- Afri-
 kataal kataal kataal

Multitalig N % N % N % N % N %
heid

N=23 95,4 87 17,3 73,9 0,09

 Engels Afrika-
 taal

Taal N % N %
waarmee
hulle
sosiaal
verkeer

N=23 36,3 63,6


C.J. Venter

Skool vir Tale

Potchefstroomse Universiteit vir CHO

POTCHEFSTROOM

E-pos: aftcjv@puknet.puk.ac.za
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Venter, C.J.
Publication:Literator
Date:Nov 1, 2003
Words:6902
Previous Article:"Living in a place called exile": the universals of the alienation caused by isolation (1).
Next Article:Poesie en popkultuur: oor enkele gedigte van Joan Hambidge.


Related Articles
'n Visie op oorlewing en geregtigheid.
Intellektuele diepgang en verfynde sensitiwiteit.
nuwe suid-afrika.
'n Speurtog met baie ompaaie, maar sonder 'n werklike konklusie.
Ottilie Abrahams: passievol oor onderwys vir bevryding.
"Kuns en Argief" in die Suid-Afrikaanse skrywers-outobiografie: Karel Schoeman en J.M. Coetzee.
"'n brief in 'n bottel": 'n Lesing van Karel Schoeman se Die laaste Afrikaanse boek.
Is taalsake 'n hulpbron of 'n probleem?
Nederlands en Afrikaans--eenders en tog so anders!
Oor die drumpel: liminaliteit en literatuur.

Terms of use | Copyright © 2014 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters