Soos 'n perkament stryk ek jou oop.
Soos 'n perkament stryk ek jou oop,
versigtig met antisipasie.
Jou vergete plekke stof ek af,
blaas die pulwer weg, saf my kwas
tot verhole kontoere bloots gaap
uit 'n slaap uit. Groot goue letters
sweet op jou vel. Geduldig tel
my vingers jou vrugbare mites.
--hierogliewe lees is 'n kuns--
Ek bestudeer jou rites. Met kusse
dekodeer ek jou geheimenisse.
Na die lesing hou ek jou dop
--bewonder jou eers--roi jou dan sagkens op
en vertel vir niemand niks nie.
COPYRIGHT 2005 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2005, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion