Printer Friendly

Nog 'n omdigting van Bybelse onthougoed.

Du Plessis, Hans. 2002. Boegoe vannie liefde. Pretoria : LAPA Uitgewers. 80 p. Prys: R59.95. ISBN 0-7993-3050-7.

Resensent: Louise Viljoen (Dept. Afrikaans, Universiteit van Stellenbosch)

Hans du Plessis is 'n veelsydige skrywer wat al in 'n verskeidenheid genres gepubliseer het. Hy is naamlik romanskrywer, jeugverhaalskrywer en ook digter wat in die laaste jaar of twee veral bekendheid verwerf het vir sy bundels gedigte geskryf in Griekwa-Afrikaans. Die belangstelling om in Griekwa-Afrikaans te skryf, het reeds geblyk uit die insluiting van "Ses Griekwapsalms" in sy tweede digbundel Gewete van glas van 1984 terwyl daar ook in sy roman Grensgeval van 1985 sprake was van 'n bemoeienis met die verskillende variasies van taal. Die verskyning van Innie skylte vannie Jirre (2001) en Boegoe vannie liefde (2002) is dus nie heeltemal onverwags nie--gesien Du Plessis se kundigheid in verband met taal en sy vroeer belangstelling in Griekwa-Afrikaans. Sy vermoe omas 'n soort buikspreker vir verskillende soorte Afrikaans te funksioneer, blyk ook uit die sukses waarmee hy die stemme van jong sprekers in sy jeugverhale herskep. In Innie skylte vannie Jirre wat groot sukses behaal het en in Boegoe vannie liefde volg Du Plessis die patroon wat hy reeds in sy "Ses Griekwapsalms" gevestig het. Hy herdig gedeeltes uit die Bybel in hierdie unieke vorm van Afrikaans, 'n praktyk waarvan die sukses byna gewaarborg is. Die gebruik van Bybelse stof spreek tot 'n wye gehoor en sluit verder aan by die indruk wat die meeste mense van die Griekwas het as diep gelowig. Daarby verskaf die Bybeltekste 'n vaste raamwerk waarbinne die herdigter kan beweeg: temas, woordeskat en ritmiese patrone le as 't ware gereed vir omdig in die besonderse idioom van Griekwa-Afrikaans. En sou die leser Griekwa-Afrikaans nie ken nie, is die Bybeltekste ten minste bekend sodat daar 'n gevoel van herkenning is waaruit die illusie van egtheid of outentisiteit groei. Die Bybeltekste wat Du Plessis kies om in Innie skylte vannie Jirre te herdig, is van die beste poesie wat 'n mens in die Bybel vind. Verder is die gedeeltes wat hy kies gevarieerd, kompleks en van die mees klinkende in die Bybel: hy herdig naamlik 'n aantal Psalms, die Spreuke van Salomo, passasies uit Prediker, Miga, Habakuk, die Onse Vader en klassieke passasies soos Johannes 3:16 en 1 Korintiers 13. Dit is grondstof waarmee 'n digter nie verkeerd kan gaan nie.

Daarenteen is die projek wat hy aanpak in Boegoe vannie liefde veel moeiliker. In hierdie bundel herdig hy gedeeltes uit die Bybelboek Hooglied wat eweneens tot die klassieke onthougoed uit die Bybelse letterkunde behoort. Die voordeel daarvan dat hy hom bepaal by 'n enkele Bybelboek, is dat hy 'n duidelike eenheid in sy bundel kan skep. Terselfdertyd beteken dit egter dat hy die variasie en afwisseling van die vorige bundel ontbeer. Soos talle voorbeelde van die liefdespoesie het die Hooglied ook 'n sekere obsessiewe en monomane eienskap: deur herhaling--telkens met geringe variasies--word die terrein van die liefde van man en vrou steeds dieper binnegedring en verken. Een van die maniere waarop die liefdespoesie gewoonlik vergoed vir hierdie monomane kwaliteit is deur intensiteit en die oorspronklikheid van segging en hersegging. Dit is dus 'n groot uitdaging vir die herdigter van die Hooglied om te ontsnap aan die gevare inherent aan hierdie soort liefdespoesie, iets waarin hierdie bundel nie heeltemal slaag nie.

Du Plessis verduidelik in sy woordelys aan die einde van die bundel dat daar verskeie verklarings is vir die ontstaan van Hooglied en dat daar twyfel is of die Hooglied die werk is van Koning Salomo of die koningminnaar aan wie dit algemeen toegeskryf word. Daar was al vele herskrywers van die Hooglied-gegewe: een van hulle was die Afrikaanse romanskrywer Etienne Leroux wat in sy roman Na'va op boeiende wyse gebruik gemaak het van hierdie Bybelboek, die tradisies waaruit dit voortkom en die waardes wat dit aangeneem het in bepaalde kulture. 'n Interessante feit wat 'n mens ontdek wanneer jy verder oor die Hooglied gaan oplees, is dat hierdie Bybelboek net-net deur 'n kerkvergadering in die vroee jare van die Christendom toegelaat is tot die versameling kanonieke boeke van die Bybel. Dit het gebeur op grond van die feit dat dit binne die Christelike raamwerk gelees kon word as 'n metafoor van Christus se verhouding met die kerk en nie die liriese en robuuste liefdesgedigte wat dit na alle waarskynlikheid is nie.

Dit is tot Du Plessis se krediet dat hy juis op laasgenoemde eienskappe van die Hooglied-teks voortbou. Een van die sterkpunte van die bundel is dat die digter die Hooglied beskou as 'n "pakkie liefdesgedigte" en voortborduur op die aardse eenvoud en lyflikheid van die liefde wat daarin besing word. Hierdie benadering is veral gepas omdat hy die gegewe transponeer na 'n landelike leefwereld en dan konsekwent by daardie ruimte hou in die bundel. Die gedigte beweeg nooit buite die raamwerk wat die bundel daarstel nie: dit bly 'n wereld waarin 'n beperkte aantal "rekwisiete" beskikbaar is vir die inkleding van die liefdeservaring (soos byvoorbeeld die duine, die swarthaak, die kameeldoring, die skerm, die boegoe). In hierdie opsig bly die herdigtings wat 'n mens in hierdie bundel vind, getrou aan hulleself. Alhoewel dit moeilik is vir 'n nie-kenner van Griekwa-Afrikaans om te oordeel, klink dit ook asof die idioom goed volgehou word. Daar word dus gewerk binne 'n beperkte, maar suiwer register. Hieruit kom dan mooi beelde soos die volgende voort: "jy'sie strale oppe springbokooi, / ennie dou sit krale om jou se nek" ("Mooierder assie son"); "Wat sienie kaptein aan hierielike dans / lat hy sos rook omme vier bly draai?" ("Kom trig, vra die gaste") en "Ek wil jou vi altyd neffens my he, / hou my sos boegoe teen jou vas" ("Boegoe vannie liefde"). In die mees geslaagde gedigte word die ritmiese moontlikhede wat die Griekwa-Afrikaans met sy opstapelende voorsetsels en verlede tydsvorme bied, ook goed benut soos in "Kom na my toe" en "Hy is anners". Op talle punte in die bundel word daar ook 'n mooi balans gehandhaaf tussen die herdigting en die Bybelteks wat as' t ware tussen die reels opklink sonder om die nuwe reels te verdring. Ek dink hier aan reels soos die volgende in "Kom na my toe": "Kom, meisieskjent wat innie driedoring in kryp, / ek wil innie kwartels van jou se twee oge kyk / ennie tortels van jou se stem in my ore in hoor".

Verder kry die bundel samehang deurdat daar iets van 'n chronologiese gang geskep word tussen die verskillende afdelings wat onderskeidelik "Salemo se mooiste lied", "Ontmoeting", "Die liefde blom", "Die kaptein kom trig" en "Vi altyd en altyd" heet. So word dit 'n verhaal van ontluikende en groeiende liefde waarin 'n verskeidenheid wisselende emosies en ervarings betrek kan word voordat dit eindig met 'n verklaring van ewige liefde in die slotgedig "Vi altyd en altyd". Eenheid word bewerkstellig deur die deurlopende assosiasie van die liefde met die krag van boegoe wat 'n besonder potente kruid met 'n sterk geur en allerlei medisinale uitwerkings is. Dit is dus 'n bundel wat bepaalde sterkpunte het: die volgehoue gebruik van die Griekwa-Afrikaans, die handhawing van 'n bepaalde register en die wereld waaruit dit spruit, die vind van oorspronklike beelde binne daardie wereld en die vermoe om 'n bepaalde ritmiek te skep. Tog mis 'n mens hier die intensiteit en kompleksiteit van Du Plessis se vorige bundel.

Ten slotte sou ek nie eerlik wees as ek nie bely dat ek 'n mate van ongemak ervaar by 'n herdigting van hierdie aard waarin die stem van 'n ander aangewend word nie. Dit is nie net die taal van 'n ander wat hier gebruik word nie; dit is ook die stem van 'n ander soos wat hy tuishoort binne 'n bepaalde leefwereld wat hier gehoor word. 'n Mens sou jouself kon afvra presies waar die grens presies le tussen stem-gee aan 'n ander en die appropriasie van dit wat eintlik 'n ander s'n is. Aan die een kant sou 'n mens kon se dat dit 'n skrywer of digter vry staan om enige tema en (taal)vorm wat tot sy beskikking is te gebruik. In die geval van hierdie gedigte sou 'n mens verder kon betoog dat hierdie unieke vorm van Afrikaans die kans het om verlore te gaan as dit nie ook op hierdie manier gebruik word deur iemand wat werklik 'n kundige is nie. Aan die ander kant wonder 'n mens of die gebruik van 'n ander se stem (veral 'n ander wat in 'n minderheidsposisie verkeer) nie 'n vorm van appropriasie is wat 'n mens met groot omsigtigheid moet hanteer nie. Miskien sou my ongemak minder gewees het as die digter erens in die bundel blyke gegee het dat hy worstel met, of selfs net nadink oor hierdie kwessie. 'n Mens mis dus 'n vorm van selfrefleksie oor die kwessie van stemgee aan 'n ander, of die stem van 'n ander gebruik vir jou eie doeleindes. Dit is kwessies waarmee 'n digter soos Krog ook in haar jongste bundel Kleur kom nooff alleen nie te kampe het wanneer sy die Richtersveldse mense in haar gedigte aan die woord stel. 'n Moontlike uitweg sou wees om soos Thomas Deacon in sy bundel Griekwa-gedigte, Die predikasies van Jakob Oerson van 1993, ten minste die suggestie te skep dit gaan om die optekening van 'n Griekwa-spreker se woorde sodat laasgenoemde 'n mate van eiendomlikheid behou in die taal wat gebruik word. 'n Mens se ongemak word op die spits gedryf by die woordelys aan die einde van die bundel waarin die oenskynlik ongekunstelde stem van 'n Griekwaspreker nagemaak word ("Wattie groterder woorde beteken" lui die titel) en waarin daar dan gesofistikeerde verklarings in verband met byvoorbeeld die Hooglied verskyn.

In die geheel gesien, is Boegoe vannie liefde dus 'n bundel wat 'n hele aantal gawe gedigte bevat, maar nie sy voorganger ewenaar nie. En in albei bundels mis hierdie leser 'n mate van skrywerlike selfrefleksie oor die uitgebreide implikasies van sy digpraktyk.
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Boegoe vannie liefde
Author:Viljoen, Louise
Publication:Literator
Article Type:Book Review
Date:Nov 1, 2003
Words:1650
Previous Article:Reis, landskap en die verkenning van werelde.
Next Article:'n Stygende lyn ... tog ontbreek fyner afwerking.
Topics:


Related Articles
Storieverskeidenheid.
Verse oor verganklikheid en dood.
Digterlike transponering van 'n andersoortige denkwereld.
Die denke- en leefwereld van die Antieke keurig vertaal.
Bliksemlose woorde.
Mevrou, die stories van Katriena darem.
Du Plessis het sy pen op die pols.
Die Afrikaanse poesie sedert die 1980's ondenkbaar sonder Hambidge.
Weer eens liefde vit Daniel Hugo.
'n Heerlike leeservadng--ten spyte van die oorbekende.

Terms of use | Copyright © 2014 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters