Printer Friendly
The Free Library
14,634,474 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

Midde-Oosterse krisis en 'n reis na spirituele wasdom ondersoek.


Leroux-Van der Boon Boon

A general term that refers to a benefit or improvement for investors. This can include such things as increased dividends, a stock market rally and stock buybacks.

Notes:
, Marzanne. 2003. Granate Gran´ate

n. 1. See Garnet.
 bloei in Jerusalem Jerusalem (jər`sələm, –zələm), Heb. Yerushalayim, Arab. Al Quds, city (1994 pop. 578,800), capital of Israel. . Wellington Wellington, city (1996 pop. 157,647; urban agglomeration 334,051), capital of New Zealand, extreme S North Island, on Port Nicholson, an inlet of Cook Strait.  : Lux Verbi.BM. 317 pp. Prys: R94,95. ISBN ISBN
abbr.
International Standard Book Number


ISBN International Standard Book Number

ISBN n abbr (= International Standard Book Number) → ISBN m 
 0 7963 01212 2.

Granate bloei in Jerusalem is hierdie populare skryfster se sewentiende roman en die eerste, behalwe vir die verwerking van Tyd van verkenning (1984), wat by 'n Christelike uitgewery verskyn.

Leroux-Van der Boon se werk n. 1. See Work.  verken herhaaldelilk op toeganklike, gevoelige wyse aktuele, dikwels riskante sake van maatskaplike, godsdienstige of politieke belang. Verhoudings oor die kleurgrens en ander sosiopolitiese kwessies (Aandmis oor Paternoster paternoster: see Lord's Prayer.  (1983) en die jeugroman Luc en Libertine--1998), pedofilie, kinderverkragting en politieke geweld (Soos honde van die hemel--1995), vigs en homoseksualiteit (Klaprose teen die wind--1992) kry aandag in haar werk. Ander prominente temas is die verwerking van verlies en die verhoudings tussen mens en mens, en mens en God. 'n Christelike onderbou is deurgaans kenmerkend.

Hoewel die huidige Midde-Oosterse krisis vooropstaan in Granate bloei in Jerusalem, is 'n sterk parallelle tema die groei tot volwassenheid van 'n jong Noun 1. Jong - United States writer (born in 1942)
Erica Jong
 Suid-Afrikaanse kunstenaar. Dit impliseer onder andere dat Marc moet vrede maak met sy verlede--sy pa was gay en sy nooi van losse series (p. 60)--en dat hy sy (Joodse) oorspronge moet uitpluis. Die proses is nie te skei van 'n spirituele reis waarin hy Christus as Verlosser ontdek nie.

Vanuit Marc se perspektief--die skryfster gee dikwels voorkeur aan manlike hoofspelers--maak die leser kennis met verskillende Joodse godsdienstige denominasies: die ultra-ortodokse Rabynse Judaisme, die Modern-Ortodokses en veral die Messiaanse Jode. Die Modern-Ortodokse groep leer Marc ken by wyse van die uitgebreide verduidelikings van sy nuwe Joodse hartsvriendin, Rivkah, en die leefwyse binne haar gesin. Met die Messiaanse Jode maak hy kennis deur middel van sy nuutontdekte Joodse ouma ouma
Noun

S African

1. grandmother, often as a title with a surname

2. Slang any elderly woman [Afrikaans]
, Ruwth, en haar seuns.

Marc word betrek by die viering van Paasfees, die Sabbat, 'n Bar Mitzvah Bar Mitzvah (bärmĭts`və) [Aramaic,=son of the Commandment], Jewish ceremony in which the young male is initiated into the religious community, according to tradition at the age of 13 years and a day.  en die Hannukkah-fees, waarvan die deurleefde beskrywing van veral die eerste twee geleenthede hoogtepunte in die roman vorm. Deeglike navorsing spreek uit die hele roman. Dit spreek ook uit sy ouma se (te?) uitgebreide verduideliking (Hoofstuk 14) van die simboliese implikasies van die gebedsjaal, die tallith. Uiteindelik staan haar relaas nader aan 'n goeie kanselpreek as aan natuurlike dialoog. Dit versterk egter die implikasies van die gebaar waarby Marc 'n tallith-sjaal present kry as bevestiging van sy Joodsheid.

Uit Ruwth se gru-ervarings tydens die Tweede Wereldoorlog leer Marc nog 'n wesenselement van Joodsheid ken, naamlik vervolging en verguising. Maar Joodsheid is ook te verbind aan die stryd tussen die God van Israel en Allah, tussen Isak en Ismael. Insae in hierdie durende konflik verwerf Marc uit geskrewe bronne en sy ervarings in Jerusalem, maar veral by wyse van Rivkah se uiteensettings--sy is immers 'n Israeliese soldaat.

Die roman skaar hom by die saak van die Jood en probeer byvoorbeeld bewys dat daar geen Palestynse staat of volk bestaan nie (pp. 38, 118); dat die Palestyne nie belangstel in onderhandelings oor grondgebied nie en slegs tevrede sal wees met 'n uitsluitlik Palestynse staat (p. 181); dat Jassar Arafat instrumenteel is in die toenemende breinspoeling van die Palestynse jeug (p. 187 e.v.) wat ook verklaar waarom selfmoordbomaanvalle juis na die Oslo-verdrag van 1993 kop uitgesteek het en steeds toeneem.

Laasgenoemde feit word veral onderskryf deur 'n lang aangehaalde berig uit die London Times waarin die binnewerkinge van die Palestynse Al-Aqsa Selfmoordbrigade (pp. 89-97) blootgele word. By aktualiteitsliteratuur word die bestaande dokument meermale ingespan om 'n standpunt te staaf. Weens die gebruik van talle bestaande geskrifte, kan Granate ook as 'n dokumentere roman beskou word. Soos met manifestasies van die postmodernisme is die verskynsel van die dokumentere roman ook nie meer die prerogatief van die sogenaamde "hoe hoe, usually a flat blade, variously shaped, set in a long wooden handle and used primarily for weeding and for loosening the soil. It was the first distinctly agricultural implement. The earliest hoes were forked sticks. " literere werk nie.

Die roman huldig ook die standpunt dat die media, by name die CNN CNN
 or Cable News Network

Subsidiary company of Turner Broadcasting Systems. It was created by Ted Turner in 1980 to present 24-hour live news broadcasts, using satellites to transmit reports from news bureaus around the world.
, nuus bevooroordeeld oordra en dat Israel nie die aggressor AGGRESSOR, crim. law. He who begins, a quarrel or dispute, either by threatening or striking another. No man may strike another because he has threatened, or in consequence of the use of any words.  is nie, maar die verdediger, ook in sy militere aksies om "terroristeneste op te ruim" (p. 186). Israel as uitverkore volk (p. 155) voer dus sy eie Heilige Oorlog (p. 156).

Die roman kan inderdaad beskryf word as een reuseargument ten gunste van die Joodse saak en die bekering tot die Christendom, 'n soort kapstokroman dus waarin die karakters grootliks as pionne fungeer. Maar so eenvoudig is dit ook nie.

Daar is ook ander sake wat 'n roman aantreklik maak, en die weeg hier swaar. Die belangrikste is die egtheid en gedrewenheid van die teks wat die leser as 't ware ware See Groupware, Hardware, Shareware, Software.  meesleur. Ook die byna filmieskonkrete visualiserings van 'n vreemde land en kultuur verhoog die boeikrag.

Hierby is Marc, sy ietwat naiewe opvattings oor Jesus en sy vir my onoortuigende ommekeer na die Christendom ten spyt, 'n onthoubare karakter. Sy gevoeligheid en kreatiewe gees word treffend gejukstaponeer met die harde wreedheid van die oorlog. Die feit dat hy kuns maak uit'n nagmerriebestaan werk ook temperend.

Romanmatig word die uiterlike spanning binne 'n oorlogsituasie myns insiens te ononderbroke op te hoe vlak volgehou. Die jukstaponering hiervan met die wisselende en andersoortige innerlike spanning by Marc self--teweeggebring deur sy selfsoeke, geloofskrisis en ontluikende verhouding met Rivkah--hou die roman in 'n mate in hierdie verband staande. Tog werk dit ook akkumulerend sodat die graad van emosionaliteit, met min kanse vir die leser om asem te skep skep  
n.
A beehive, especially one of straw.



[Middle English, basket, from Old Norse skeppa, a dry measure, and from Old English sceppe (from Old Norse skeppa).
, net te hoog loop.

Daar moet ook by die resepsie van 'n teks rekening gehou word met die konteks van die waarskynlike leser. 'n Groot persentasie Afrikaners identifiseer van oudsher af en steeds gemaklik met die lot van die Ou-Testamentiese Jodedom. As 'n Jood hom boonop tot die Christendom bekeer, voeg dit verdere leeswaarde vir die Christelike leser toe. Die geweldsituasie in Suid-Afrika en die toenemende spanning tussen Islam en die Christendom wereldwyd vergemaklik ook identifikasie met die Jood onder Palestynse aanslag.

Ek kon die roman lukraak aan 'n verskeidenheid lesers sirkuleer omdat dit so blitsig deurgelees is. Al die lesers het die roman baie boeiend gevind. "Baie insiggewend," is ook meermale gehoor. 'n Taalgevoelige leser het anglisismes en lomp sinne, asook enkele spelfoute aangestip. Die vele n. 1. A veil.  ongekursiveerde Engelse woorde, soos byvoorbeeld in die sin: "Ek bedoel nou ons Easter" (15) is meermale as hinderlik aangegee. Sommige van die mededelings oor die Palestyne is naief gevind (o.a. 38). 'n Ou dame van 82 se enigste voorbehoud was dat Marc darem te veel huil! Maar almal het die roman onomwonde geniet.

Hierdie publikasie verwerf die ATKV-prosaprys. 'n Goeie keuse!

Resensent: Gretel Wybenga (Voormalige dosent: Skool vir Tale, Vaaldriehoekkampus, PU vir CHO CHO Carbohydrate (chemical formla Carbon Hydrogen Oxygen)
CHO Chinese Hamster Ovary
CHO Chemical Hygiene Officer
CHO Chief Health Officer (corporate title) 
)
COPYRIGHT 2004 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2004, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Granate bloei in Jerusalem
Author:Wybenga, Gretel
Publication:Literator
Article Type:Book Review
Date:Apr 1, 2004
Words:1060
Previous Article:Reclaiming lost ground--the history play in Zulu.(Critical Essay)
Next Article:Die digter as kartograaf.(Brief uit die kolonies)(Book Review)
Topics:



Related Articles
Reis, landskap en die verkenning van werelde.(Book Review)
Die digter as kartograaf.(Brief uit die kolonies)(Book Review)
Digterlike transponering van 'n andersoortige denkwereld.(Shih-Ching Liedereboek)(Book Review)
Flardes waarneming en die besef van 'n onontkombare toekoms.(En kyk na die omowit engele op die rolbalbaan)(Book Review)
'n Speurtog met baie ompaaie, maar sonder 'n werklike konklusie.(Die Plaag, die stil geknaag van skrywers, termiete en Suid-Afrika (uit Nederlands...
Is taalsake 'n hulpbron of 'n probleem?(Afrikaans--lewende taal van miljoene)(Book Review)
Die "krale" van 'n kleurvolle narratief.(Ateljee van glas)(Book Review)
Hierdie Christelike verhale oortuig nie.(Dawid se jubeljaar en ander kortverhale)(Book Review)
'n Vermenging van die Khoi-San en die Ooste.(Book review)
'n Hunkering na die heimat.(Book review)

Terms of use | Copyright © 2009 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles