Printer Friendly
The Free Library
4,287,467 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

Haasjag.


Die honde word stewig een hulle leibande vasgehou en ons fluister as ons met mekaar wil preet wanneer ons met donkermaan die veld in stap om die hase te gaan soek wet groot skede op die boer se plaas aanrig Dit is die begin van die plantseisoen, maar vanneg trek 'n koel luggie wat ons gou aan die lyf voel. Die opwinding van die jeg pois egter deur die are en ons vergeet van die hoendervel aan die kaal arms en bobene.

Elke jaar sodra die mielies begin opkom, word hase gejag en 'n plaasseun soos ek ken vroeg al die fyner kunsies van die sport. Wat die skut egter nooit weet wanneer hy op 'n haas aanle nie, is die spesifieke soort haas wet hy op daardie oomblik in die visier het. In die donker mik hy ha 'n blink oog 'n ent voor hom en weet nie of dit 'n gat- of 'n grashaas is nie, dit wil se die regte kwaaddoener wet die mielies uitgrawe, of die haas wet niemand onder die son ooit enige skade aandoen nie. 'n Grashaas het 'n klein wit kolletjie op die voorkop en vreet uitsluitlik gras en uintjies en sal nooit sy bek aan 'n mielie sit nie. Maar 'n gathaas is 'n ander kalant: hy is versot op jong mielies en as jy jou een more kom kry, het hy in die nag 'n hele klomp mielies streep-streep uitgegrawe.

Die plaaswerkers, gewapen met stokke en knopkieries, onderskei ook moeilik tussen die verskillende soorte hase, omdat elles so vinnig gebeur wanneer hulle na 'n haas moet slaan. 'n Hond se onderskeidingsvermoe is ook onder verdenking. As hierdie dierasie opgewonde is, byt hy eenvouding alles wat in die jegveld voorkom voor die voet dood. So 'n haasjag is derhalwe 'n risiko. Jy ken maklik na die tyd by die huis kom met 'n streepsak hall met get- en half met grashese. Ons was leter elmel huiwerig om te gaan jag, maar die boer het gepraat en 'n boerseun het ook maar enderster bloed. Die honde sou netuurlik vit niks op aarde alleen op die plaas egterbly nie.

Dit is die besondere aand nie lank nie of ons het weer 'n klompie hase geskiet. 'n Hond loop 'n gekweste een 'n entjie van 'n mielieland af in die oop veld onder stof en byt hom dood, en 'n haas wat onverwags voor ons uit die gras opspring, word sonder meer deur 'n werker met 'n knopkierie doodgeslaan.

Die flits wat ek saam met my dra, bevestig gou my vrees. Daar is weer 'n paar grashase tussen die twee klompies wat die een werker aan hulle sterte dra, maar die ander jagters trek hulle dit blykbaar nie soos ek aan nie en bly steeds gretig kyk of die skietlampe nie nog 'n blink oog in die donker te voorskyn bring om van die gras af te maak nie.

Veral die bure se seuns geniet die jag terdee. Hulle ouers ken die skade wat hase kan aanrig veel beter as die boer en boer al jare lank met Friese en Jerseys. In hierdie kontrei is dit net hulle wat nog nie die gevolge van die haasprobleem self aan die lyf gevoel het nie en as ons gaan jag, is die seuns altyd entoesiasties by. Ons nooi hulle nie om saam te kom nie en se ook nooit voor die tyd iets vir iemand daaroor nie, maar as ons ons kom kry, stap hulle ewe rustig en gesellig met hulle gewere saam veld toe. Op een of ander onverklaarbare manier weet hulle net wanneer dit hier op die plaas weer tyd is om te gaan hase skiet. Dis veral hulle wat nie in die donker tussen gat- en grashase kan onderskei nie.

Ons kontrei is vol mense wat baie moeite doen om na haasbelange om te sien en na 'n nag se jag laat die Vereniging vir Haasbeskermers die telefoon in die groot kliphuis op die plaas altyd rooi lui. 'n Mens kan natuurlik by voorbaat die gehoorbuis van die mikkie afhaal om nie na hulle klagtes te luister nie, en die boer doen dit ook, maar die Vereniging se mense laat hulle nie so maklik van stryk bring nie. 'n Verteenwoordiger het dan ook al met sy groen Volkswagen Kewer na die plaas gekom om mooi met die boer oor die saak te kom praat.

Eendag, tydens die middaguur, het 'n rooi helikopter 'n paar keer oor die groot ou kliphuis tussen die bloekombome gevlieg en honderde pamflette op die plaas uitgestrooi. Die boer het een by die voorhek in die hande gekry en bleek van woede geword toe hy die opruiende taal sien waarin dit geskryf is. Voordat hy egter sy dubbelloophaelgeweer kon gryp, het die helikopter saam met sy lawaai agter die bloekoms verdwyn. Die boer het inderhaas soveel moontlik van die pamflette in die hande probeer kry, terwyl die werkers ewe nuuskierig self van die pamflette uit die gras begin optel het. Maar 'n werf is groot en 'n helikopter kan baie pamflette uitstrooi, sodat die boer van die begin af 'n verlore stryd voer en 'n bietjie pateties lyk. Die werkers het geen probleme ondervind om elkeen 'n pamflet op te tel en in die broeksak te steek om later rustig te lees nie.

Dit was kort voor die planttyd toe die helikopter oor die opstal kom draai het. Meer as al die ander jare het dinge hierdie jaar op die plaas nie goed gelyk nie, al het die land se befaamde reenprofeet 'n goeie seisoen in die vooruitsig gestel. Daar is baie gesels en kopgekrap. Etenstyd om die groot pappot was elke keer 'n somber bymekaarkoms om oor die haasprobleem te praat en te besluit wat die werkers onder die omstandighede te doen staan. Dinge kon nie meer so aangaan nie, want oral het mense begin praat.

Die boer het reeds, soos elke jaar, teen daardie tyd die kunsmis vir die mielies bestel gehad. Die bestuurder van die koop op die buurdorp het van die haasprobleem te hore gekom en wou 'n stokkie voor die haasjag steek, nadat die Vereniging vir Haasbeskermers groot druk op hom toegepas het. Uiteindelik het die koop na 'n lang direksievergadering geweier om die kunsmis te verskaf wat bestel is. Maar dit het nie gehelp nie. Die boer het, sonder om twee keer te dink, besluit om die bestelling self met sy vragmotor op die dorp te gaan haal.

Alles het baie vinnig gebeur: die een oomblik het die bestuurder van die koop nog sy standpunt probeer stel en die volgende oomblik het die boer hom in die rede geval en gese dat die bestuurder van 'n koop nie kan weier om een van sy volopbetaalde lede van kunsmis te voorsien nie. Dit skrei ten hemele en is in elk geval teen die land se Grondwet.

Nadat die reuse vrag kunsmis later die dag op die plaas aangekom en afgelaai is, moes die werkers 'n skuif maak. Hulle het die middag tydens 'n vergadering net na werk 'n ent van die plaashuis af besluit om die plaasbestuurder af te vaardig om met die boer te gaan praat. Die plaasbestuurder was al 'n bejaarde man en bekend vir sy takt en versigtigheid. Hy het hulle ook al in die verlede uit groot penaries gehelp. Aangesien hy en die boer omtrent ewe oud was en saam grootgeword het, was daar 'n besondere band tussen hulle waarvan almal geweet het.

Hulle het die plaasbestuurder agterna staan en kyk terwyl hy met sy Bettersbyhoed en krom skouers deur die ornate tuinhekkie tussen die sandsteenpilare stap, al met die paadjie langs tussen die blou vygies waar die bye gons, tot by die huis se bree voorstoep waar die boer sit en koffie drink. Agter die boer was daar die talle trofees wat reeds geslagte lank in die familie was: die koedoehorings wat sy oom nog in sy jong dae huis toe gebring het, die gemsbokhorings wat die boer self tussen die rooi duine geskiet het en die horings van die talle kleiner bokkies wat sy eie pa hier rond in die berge geskiet het. Daar was ook die rekordhorings van die bosbok wat die boer en die plaasbestuurder teruggebring het toe hulle baie jare gelede ver hiervandaan langs 'n groot rivier in 'n ander provinsie gaan jag het.

Dit het die plaasbestuurder nie lank geneem voordat hy oor die werklike doel van sy besoek begin praat het nie.

"Dink jy nie daaraan om ha Friese en Jerseys oor te slaan nie?" het die plaasbestuurder aan die boer gevra, sy hoed in die hande voor teen sy bors gedruk. "Ons hoor dat suiwelpryse goed is."

Die plaasbestuurder se vertoe moes 'n besigheidsaanslag he om sy Iojaliteit teenoor die boer nie op die spel te plaas nie. Dit was een van die planne waarop hy en sy medewerkers die meeste van hulle vertroue geplaas het. Maar die boer het gou deur hierdie plan gesien en vinnig geantwoord van waar hy op sy stoel teruggeleun het:

"Nee, ons sal nie die Mielieraad in die steek laat nie." "Maar ... maar ..." het die plaasbestuurder gestamel. "Ons sal nie die Mielieraad in die steek laat nie," het die boer herhaal.

Na al die jare het die plaas net een baas gehad. Daar was eers 'n ongemaklike stilte, maar toe begin die boer en die plaasbestuurder land en sand oor die boerdery gesels. Die boer vertel hoe goed die vooruitsigte vanjaar vir die plant van mielies is en hoe die hele land baie hoop op 'n goeie mielieoes plaas. Daar is so baie honger mense wat gevoed moet word. In party van die buurlande gaan mense dood van die honger en mielies kan help om uitkoms te bring. As dit nie nodig is om weer mielies in te voer nie, sal dit sommer stukke beter met die sukkelende ekonomie gaan. Die boer belowe ook om die werkers 'n stewige bonus te gee indien die oes hierdie seisoen so goed is, soos hy hoop.

Die plaasbestuurder is die middag onverrigtersake van die opstal af weg. Ons sou weer mielies moes plant en kort daarna weer hase moes gaan jag. Van plaasbestuurders en werkers laat die boer hom selde voorskryf.

Soos vantevore is die buurseuns dus by wanneer dit kort daarna weer sulke tyd is en ons met donkermaan uitgaan om die hase te gaan doodmaak.

Terwyl die jag op dreef kom, word die opwinding groter en deur en deur deel van die bloedige uitstappie. Die honde kom op die spoor van 'n gekweste haas en gou word die geselskap se fluister 'n spontane gesels en klink die bevele helder op onder die wye nag. Die ywer in die are word beloon met meer en meer hase wat opduik en omkom. Die streepsakke word vol.

My vroeere twyfel en weerstand teen so 'n blindelingse jag word gaandeweg minder wanneer ek self 'n haas of twee neervel wat onverwags opspring.

Na die jag wil die buurseuns nie van die dooie hase he om saam te neem huis toe nie. Nee, het hulle gese, hulle wil niks he nie. Hulle wil net die opwinding van die aand se uitstappie onthou. Dit was lekker gewees, dankie, en ons moet laat weet wanneer ons weer gaan jag. Dan kom help hulle weer.

Almal is pootuit. Die volgende dag sal die hase verwerk word, soos gebruiklik ver weg van die opstal af by die buitegeboue, omdat die boer sku is vir bloed en nie die slagtery kan uitstaan nie.

Eers het ons die hase versigtig afgeslag met die messe wat die plaasbestuurder ouder gewoonte versigtig geslyp het tot hy tevrede was; toe die velletjies met stokkies uitgespan, sout daarop gestrooi en die vleis vir 'n aantal pasteie in die groot kombuis in die plaashuis ontbeen. In 'n ou resepteboek was daar 'n beproefde resep.

Die dag na die jag het die telefoon weer onophoudelik begin lui, die verteenwoordiger met die Volkswagen Kewer het met die boer kom praat en meer as een middag het die helikopter soos 'n hond wat iets soek om die bome rondom die opstal gesirkel. Die boer het selfversekerd op die stoep bly sit en glimlag, en nie met sy haelgeweer na die helikopter probeer mik nie. Hy het net gese:

"Ons sal nie die Mielieraad in die steek laat nie."

Ek wou graag 'n vloermatjie voor my bed in die buitekamer gehad het en reeds die aand op pad huis toe van die jag af, het ek een van die jong werkers gevra om vir my een van die haasvelletjies te brei. 'n Hele paar wat aanmekaargewerk is, sou egter beter wees, het ons twee na 'n rukkie besluit; 'n enkele velletjie is maar klein.

Ongeveer 'n maand nadat die hase afgeslag is, word daar een dag douvoordag aan die agterdeur geklop. Ek was reeds op om in die kombuis te help om ailes vir die dag se onkruiduitdunnery tussen die mielies agtermekaar te kry. Ek het oopgemaak. Dit was nie een van die werkers wat melk en suiker vir die pap kom haal het nie. Die man voor die agterdeur het 'n langerige voorwerp by hom gehad: die vloermatjie vir my kamer.

Die aanmekaargewerkte velletjies was opgerol, met die haarkant na binne. Gou-gou was ek by die groen kombuistafel om dit oop te rol en my hande met waardering oor die sagte, grys hare te beweeg.

"Ek dog dan jy sou die gathaasvelletjies gebruik?"

Die werker het iets gemompel, maar ek kon nie hoor wat hy se nie.

"Toemaar, dit maak nie saak nie. Dis pragtig. Dankie."

Ek was opgewonde en het aangehou om oor die velletjies met die klein wit kolletjies op die kopgedeeltes te streel, maar kon nie die beskuldiging in die werker se oe miskyk nie.

Die boer het intussen in die deur wat van die eetkamer af loop verskyn en die handewerk op die tafel sien Ie. Net soos ek het hy oor die vloermatjie gestreel en ek kon sien dat hy baie met die velbreier se werk beindruk was; hy het hom selfs 'n klop op die skouer gegee.

"Nee," se die boer, terwyl hy aanhou streel, "ons sal nie die Mielieraad in die steek laat nie."
COPYRIGHT 2005 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2005, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Marais, Johann Lodewyk
Publication:Literator
Date:Nov 1, 2005
Words:2364
Previous Article:Jou vrou.(Gedigte/Poems)(Poem)

Terms of use | Copyright © 2008 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles