Fool for love.
Fool for love
Ewigdurend op soek
na liefde
vervulling
geluk.
Immer ontwykend
die fata morgana
van die groot
oorrompelende
O.
Gekierang
deur mites
voorstellings
sit die muurblomme
en toekyk
terwyl die DJ hul drome,
hul snakkende begeertes, soos op
"forces favourites" laat draai:
"I have a dream",
"Take a chance on me",
"Gimme, Gimme, Gimme",
"Waterloo",
"On and on and on."
San het vir Ah
gelos vir Marie
van Sarie, indertyd
die girl friend
van jy-weet-wie.
Maar sy wat die solo-dans
op "Thank your for the music" uitvoer
ja, sy, net sy
ken die "Name of the game"
weg van op soek wees, ewigdurend.
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion