Eggo's.1. [Akhenaton: Hymn to Aton. Tomb of Aye]
May you always appear thus gloriously in die horizon of the sky,
O living Aton, origin of life!
Arisen from the eastern horizon,
you have filled all earth with your splendor;
You are beautiful, great, dazzling, exalted above each land,
yet your rays encompass the lands
to the limits of all which you have created;
There in the Sun, you reach to their boundaries,
making them bow to your Son, whom you love;
And though you are far, your rays are over the earth,
and you are in the faces of those who watch your journeying
2. [Psalm 19:5-7] ... Die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee ... en huile taal bereik die uithoeke van die aarde. Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan. As hy stralend begin on sy baan te volg, is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom. Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie. 3. [Hymn]
You go to rest in the western horizon,
and earth is in a darkness like death,
With the sleepers in bedchambers, heads covered ...
Every lion comes forth from his doorway ...
The Sunfolk awaken and stand on their feet,
for you have raised them up;
Their bodies are bathed, they put on their clothing,
their arms raised in praise of your appearing.
Throughout the land
they take up their work.
4. [Psalm 104] U is beklee met koninklike luister, U is met 'n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos 'n tentdoek gespan [het] ... As U die donker bring en dit nag word, roer al die diere in die bos. Die leeus brul op soek na prooi ... As die son opkom, sluip huile weg ... Dan gaan die mens na sy werk toe, en hy werk tot die aand. 5. [Hymn]
You have risen, and they are alive;
you go to rest, and they die.
For you are the measure of Time itself ...
6. [Psalm 104] U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die son weet wanneer oto onder te gaan. 7. [Hymn]
Ships go downstream or upstream as well,
each path lies open because of your presence;
The fish in the River dart about in your sight,
and your beams are deep in the Great Sea.
8. [Psalm 104] Daar is die see, groot en wyd, wat wemel van diere, klein en groot. Daar vaar die skepe, en daar is die Leviatan. U het hom gemaak om mee te speel. 9. [Hymn]
For you have placed a Hapy in the Sky
that he might come down upon them--
Making waves upon the mountains like those of the Great Green
Sea
to water the fields in their villages.
10. [Psalm 104] Uit die hemel laat U dit op die berge reen, die aarde word versadig deur die reen wat U gee. 11. [Hymn]
The herds are at peace in their meadows,
trees and the vegetation grow green,
Birds fly from their nests,
their wings spread wide in praise of your Person;
All the small beasts leap about on their feet,
and all who fly up or settle to rest
live because you have shone upon them.
12. [Psalm 104] ... Daar kom die wilde diere drink en die wildedonkies huile dors les. Die voels maak hulle neste langs die water en kwetter tussen die takke ... U laat gras uitspruit vir die diere ... die seders op die Libanon, die wat Hy geplant het, waar die voels hulle neste maak, en die reier sy huis in die boomtoppe bou. Die hoe berge is 'n tuiste vir die klipbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dassies. 13. [Hymn]
It is you who create the seed in women,
shape the fluids into human beings ...
Nurturer from the womb to those given breath
to bring into life all that he has created ...
You have risen, and they are alive;
you go to rest and they die ...
14. [Psalm 104] Huile is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd ... Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle, as U hulle asem wegneem is hulle dood ... U gee die lewensasem en daar is lewe ... 15. [Vagebond 1] van verwondering vervul dink ek aan my vrugbestaan in my Ma se skoot verhul al die bene van my lyf elke dag van my bestaan was toe reeds volledig opgeskryf 16. [Vagebond 2]
eeue daarvoor was ek lankal daar
in die donker slaap toe breek die lig en ek in haar
gedroom die tyd wat roer roteer
nou word ek weer en weer
gebore elke oggend staan ek op en elke keer
is dit 'n avontuur
derduisend jaar
skei my van daardie jood en voor hom die egiptenaar ...
tog is dit nog dieselfde bruidegom
wat soggens uit die ooste se slaapkamer kom
dit is dieselfde mense wat daarna ontwaak
en land toe gaan en aarde braak
huile wat die son se lig in hul gesig laat straal
en in dieselfde suurstof en atome asemhaal
steeds drink die donkies en ander diere
soet koel lafenis uit die aarde se riviere
bo my ver van die Middellandse See soveel later
versamel die wolke in hulle kamers die water
as Joggom Konterdans uit die Groot Woestyn reen maak
op sy Afrikaviool en die weerlig die wolke oopkraak
die wind en die gootwild maal op die vlaktes rond
en die kleinvolk roer ontroer diep onder die grond
vinke maak hulle neste in die wilgertakke wat druip
oor die rivier waar die reier 'n padda bekruip
die impala wurg sy laaste asemhaal
in die Bosveld in die Leviatan se spiraal
by Letaba Ie die Nylkrokodil en rus
op die sand die walvis speel by Hermanus
in die deining by Satara hoor ek snags lig beangs
hoe brul die leeus uit Egipte en Palestina by hul vangs
dit is dieselfde see waarop die skepe vaar
kruis en dwars en oor dieselfde ewenaar
dieselfde horlosie van die maan en son se lig
laat mense gesamentlik vir die Omvattende Gedig
lofliedere sing
tienduisend kilometer en derduisend jaar
skei my van daardie jood en die egiptenaar
desondanks is dit dieselfde son
waaronder ek sit knus
in God se bakhand doodgerus
met jonger Dawid en veel ouer Achnaton
|
|
||||||||||||||||||

Printer friendly
Cite/link
Email
Feedback
Reader Opinion