Die wereld is die hemel nie.
Die wereld is die hemel nie
Ek sal 'n doellose swerwer wees--Kain
Siesta vir Kain (1)
'n Ou dorstige in die ver Pirenee
slof besweet en met pynlike tree
na die yskoue bier
in die oog by die rivier,
maar die kroegbaas se: "Rustyd nou! Ongelee!"
Reise, geklassifiseerd
Na Die Burger se sterftes en hoere,
voor fraai wiegies en merries vir boere,
tussen togas vit pastore
en papegaaitjie verlore
bied Verlate Vallei-en-Hel-toe mooi toere.
Skisofreen
In woestyne van gloeiende sand
skep hy mild met sy magtige hand
koele waters waar rus is,
waar groen weides 'n lus is
en geen beendere vergeet-ver wegbrand.
Bestekopname
'n Siberier te fiets in die modder,
wat al weke deur pappery flodder:
"In my band weer 'n gaatjie!
Nerens hoop op 'n naaitjie!
Heilige Maagd! Moet ek nog langer bodder?"
Innie kring vannie spotters
Ska'wag Krools hyl oor skaap wat verstrooi is
en oor sononner oordeelsdagrooi Js.
Hy, die kenner van smarte,
weet die dronkverdriet is swartste
assie ooie kom kringmaak, soes om dooies.
(1) Kain: Gehuggie in 'n diep kloof aan die einde van die
aarde. Die plaaslike voorvaders het Kain vernoem omdat hy sy swerftog
glo hier moes staak.
COPYRIGHT 2005 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2005, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion