Printer Friendly
The Free Library
14,678,647 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

Die Dakarkewer.


Die Dakarkewer

   vir eerbied en vir heiligheid is die woestyn
   bestem en daarvoor afgesonder, dit sluit uit

   een uitgesonder
   die dapper Dakarkewer
   die gogga met die blinde glasoe
   wat die groot uitdagende wedloop teen die tyd loop

   uitgebroei in Lissabon voor die Jeronimo Klooster

   op die chitien van hulle rug, teen hulle sye
   voorop en agterop staan elke naam
   gedoop in spogkleure van die spektrum

   staalblou Mitsubishi. akrielgroen Ya Maha
   Toyota kletsrooi van bloed en hemelsblou Volkswa
   lemoengeel geskryf is BMW
   'n Ford V8 in poupers

   pienk en violet superbaaiks

   'n lee indigo bus vir 50 passasiers
   en 'n lee gei'riseerde 10-tontrok

   die gifige rats Dakarkewers
   met die pote wat stink van die wrede sand
   los grasgroen petrochemiese gasskeute

   die vinnige Dakarkewer
   gekoester deur die reuse-moeder Totaltor
   trap vir pure pret
   en genoeglike machismo plat

   soet wrede koi'tus van die brein met die masjien

   die geoliede Dakarkewer
   by die herstelwerk saans en by die lek van wonde
   onder sprei--en skerp kopligte teen die swaar nag
   van die uitmergelende woestyn word hoog gestem
   'n inventaris van nagmerries en uitputting
   ran weerstande en uithouvermoe teen die dom
   en dooie landskap in groot taal onderling uitgeruil

   die oop triomferende monde van die mikrofone
   spoeg oor die aarde die suksesse uit
   van die roekelose Dakarkewer

   die Dakarkewer trap die nietige vetplante
   die yl graspolle, die skaars
   skerpioen en slang, die geitjie
   en die spinnekop, die Dakarkewer trap
   die frangipani met sy spaarsaam blom
   en die toktokkie plat

   die wrede Dakarkewer

   die Dakarkewer vreet en drink en vreet
   en drink in tydelike tentdorpies se skaduwee
   Coke en Whisky en Red Bull

   bo skroef deurentyd die moedertor
   sy dra voorrade in haar buik
   'n jaar vooruit is alles fyn beplan
   in besonderhede voorberei help sy
   om sand en dood en die son self
   uit te daag en te trotseer

   met ingevoerde water
   salf en medikasie,
   pille en energiedranke
   slaapsakke warm en knus
   lyfolies en fisioteurapeute
   sagtehand-masseerders
   kokke met kaas en kerriekos
   pasteie, wyn en brandewyn
   kondome, kameras en rekenaars
   sigare
   dis skemer
   een waaghals het in 'n kamikaze gesterf
   die koppe hang en staan in die gewyde woestynstilte
   een minuut af
   die gekko's bly blaf
   en insekte swerm om die vreemde ligte

   die blink sedan-kewer, die trok-kewer
   in elkeen skommel 'n brein en ko-brein.
   die baaik-kewer dra een brein.
   die kewers blink verblindend uit
   teen die woestynsand en in die -son
   met sy golwende hitte

   die Dakarkewer
   die goed geoefende Dakarkewer

   die gulsige onversadigbare Dakarkewer

   die Dakarkewer laat die dooie landskap leef
   die Dakarkewer systap die goedhartige kremetart
   met sy smekende groteske sappige kaal takke en stam
   en die barre rots war trots en bruin gebak regop
   in die fossielsandlandskap onversetlik opstaan.
   die eensame arend vlieg beangs swaar weg.
   die kewer pypkan ou motorwrakke, kameelskelette
   en rotse, versteende spokige sandkolosse, verskrik
   die ape en maer kuddes ran die bedoeiene
   verskrik die voorhistoriese kamele en die esels
   en jaag deur die rondawels ran gehuggies
   en skop sand in die oe van die woestynbewoners
   by die kosbare watergate

   die rats Dakarkewer

   klein klonkies skarrel soos hoenders uitmekaar
   en klouter verskrik in die yl boompies

   die Dakarkewer. lank leef die Dakarkewer.
   hy knal die dak van Afrika vol kweekhuisgas.
   lank lewe die Toyotakewer die Mazdakewer
   die BMW- en Volkswakewer

   die Mitsubishi- die Ya Maha- die Fordkewer
   die kewers van die Total-broederskap

   van Die Beste Staal gemaak
   heide uit die boonste rakke
   il capo di tutti capi

   die venynige Dakarkewer

   die Dakarkewer se desibels bars deur oortromme
   vanaf die Dak van Afrika tot in die Kaap
   gehaailaait tot binne in my sitvertrek
   die Dakarkewer se gedender
   en sy stank hang dwarsoor Afrika
   en soek die suidpool

   hulle rol bo-oor Marokko en Mauretanie,
   oor Mali en Senegal, hulle rol deur Nador
   verby Rabat en Er-Rachidiar. van Quarzazate
   waar hulle die eerste Saharaduine tref, deur Tan-Tan
   waar hulle eers rus tot Zouerat trap hulle
   sonder gps hulle pad oop, trap Tidjikja
   onder stof en Atar, rus weer 'n dag,
   loop Tichit, loop Nouakchott onder stof.
   hulle kronkel daarvan 'n lang slang
   verderaf deur Kiffa, rus weer,
   hulle kartei soos 'n weerlig af
   na Kayes en Bamako, oor Labe
   Tambacounda tot in Dakar vir die groot parade

   daar gaan die giftige gogga se kewerkop le
   en droom

   die onstuitbare skarabee
   die Dakarkewer

   die Dak van Afrika se kewer
   die uitdagende superkewer
   die uitmergelende Dakarkewer
   jaag teen die tyd in 'n land van tydloosheid
   en meet kragte teen die magteloosheid

   die minagtende Dakartor

   die trotse tor
COPYRIGHT 2006 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2006, Gale Group. All rights reserved.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Poems/Gedigte
Author:Cloete, T.T.
Publication:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
Article Type:Poem
Date:Aug 1, 2006
Words:742
Previous Article:Volksheld en--leier.(Poems/Gedigte)(Poem)
Next Article:Geraamte.(Poems/Gedigte)(Poem)



Related Articles
Die wereld is die hemel nie.(Gedigte/Poems)(Poem)
Progress and decline: historical dialect in two texts by Hans Magnus Enzensberger/Vooruitgang en ondergang: historiese dialektiek in twee tekste van...
Disseksie tot die geheimenisse van die lewe.
Die leefwereld van die San--verlede en hede.
Lewensreis van 'n aardling--in digvorm.
Historiese roman--die Amerikaanse Burgeroorlog.
Section for creative writing/Rubriek vir skeppende werk.
Stil smaak.(Poems/Gedigte)(Poem)
Tussen die acacias.(Poems/Gedigte)(Poem)
Everything You Need to Know when Planting A Tree

Terms of use | Copyright © 2009 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles