Printer Friendly
The Free Library
19,607,059 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

Biografie in die pryslied: die bydrae van Antjie Krog naas twee Xhosapryssangers.


Biography in the praise poem: the contribution of Antjie Krog Antjie Krog (1952– ) is a prominent South African poet, academic and writer. Early life
Born into an Afrikaner family of writers on 23 October 1952 in Kroonstad, South Africa she grew up on a farm, attending primary and secondary school in the area.
 along with two Xhosa praise poets

This article explores praise poems as biographical bi·o·graph·i·cal   also bi·o·graph·ic
adj.
1. Containing, consisting of, or relating to the facts or events in a person's life.

2. Of or relating to biography as a literary form.
 documents. Antjie Krog's poem "pryslied" ("praise poem"), written in reaction to Nelson Mandela's presidential inauguration INAUGURATION. This word was applied by the Romans to the ceremony of dedicating some temple, or raising some man to the priesthood, after the augurs had been consulted. It was afterwards applied to the installation (q.v. , is compared to two Xhosa praise poems performed at the inauguration. This comparison makes an appreciation of her poem as praise poem possible. The three praise poems are specifically analysed as texts in which the biography of Mandela is both reproduced and created. From this analysis it becomes clear to what extent Krog applies the conventions and means of the traditional Xhosa praise poem in her poem. Ultimately the focus of the article is on the contribution Krog's poem makes not only to the biography of Mandela, but also to the genre of the praise poem in South Africa South Africa, Afrikaans Suid-Afrika, officially Republic of South Africa, republic (2005 est. pop. 44,344,000), 471,442 sq mi (1,221,037 sq km), S Africa.  and to South African literature African literature, literary works of the African continent. African literature consists of a body of work in different languages and various genres, ranging from oral literature to literature written in colonial languages (French, Portuguese, and English). . However, problematic aspects of Krog's use of the izibongo tradition are also addressed, and a possible solution is suggested. Key words: Afrikaans poetry, Antjie Krog, praise poetry, South African Literature.

Inleiding

In Antjie Krog se bundel Gedigte 1989-1995 heet die tweede gedig "pryslied". Dit is 'n Afrikaanse pryslied opgedra aan Nelson Mandela Noun 1. Nelson Mandela - South African statesman who was released from prison to become the nation's first democratically elected president in 1994 (born in 1918)
Mandela, Nelson Rolihlahla Mandela
.

pryslied

1. in die sandkliphart

2. vandag

3. staan hy

4. kop en skraal skouers staan hy bo almal uit

5. houtskool en as is sy hare

6. hy, die sandkleurige seun van uNosekeni

7. uNosekeni die ma van Mandela

8. hy, die man met die vlesige palmkussings

9. hier staan hy

10. uit die gevestigde familie van uNgubengcuka

11. die seun van Dalindyebo

12. die seun van Mandela

13. hy van die rivieroewers by iNqunu

14. heelmaker uit die Thembu-stam

15. 'n klein Klein , Melanie 1882-1960.

Austrian-born British psychoanalyst who first introduced play therapy and was the first to use psychoanalysis to treat young children.
 swart swart  
adj. Archaic
Swarthy.



[Middle English swarte, from Old English sweart.]

Adj. 1.
 ster priem sy bolip

16. ons prys hom

17. hy wat nie lag nie en nie huil nie

18. eerste ratelaar van Umkhonto we Sizwe
For other uses of Umkhonto, see Umkhonto (disambiguation)


Umkhonto we Sizwe (or MK), translated "Spear of the Nation", was the active military wing of the African National Congress in cooperation with the South African Communist
 

19. die swart pimpernel pimpernel: see primrose.  

20. hy wat nie lag nie en ook nie huil nie

21. hier staan hy dan nou voor ons

22. Nelson Rolihlahla Mandela Noun 1. Nelson Rolihlahla Mandela - South African statesman who was released from prison to become the nation's first democratically elected president in 1994 (born in 1918)
Mandela, Nelson Mandela
 

23. getrokke tak van lank lank  
adj. lank·er, lank·est
1. Long and lean. See Synonyms at lean2.

2. Long, straight, and limp: lank and floppy hair.
 gelede

24. die sleepsel van sy blare le wyd

25. legendaries is hy--opspoorder van harte

26. hy maak die pante bymekaar

27. van 'n verskeurde land

28. hy draai ons na mekaar toe vir mekaar

29. hy, heelmaker van mense n. 1. Manliness; dignity; comeliness; civility.
v. t. 1. To grace.
 

30. hy stig vrede

31. vrede, wat die ma is van groot nasies (10 Mei 1994)

Hierdie gedig kan op sigself gewaardeer word as besonders en aangrypend. Hierbenewens beklee die gedig 'n belangrike posisie in die bundel as geheel, waar dit op ironiese wyse kontrasteer met die voorafgaande gedig, "1995". Dit is ook veelseggend ten opsigte van Krog se oeuvre. Maar 'n vollediger waardering van Krog se gedig as pryslied is ook nodig. Die pryslied behoort tot die (mondelinge) literatuur van die Bantoetale en word algemeen as die verwikkeldste en mees verhewe deel van die literatuur beskou (Finnegan 1970: 121-122).

'n Sinvolle manier om Krog se gedig binne die izibongo-tradisie te ontleed, is om haar gedig te vergelyk met twee ander prysliedere vir Nelson Mandela. Sthembile Mhlangeni en Zolani Mkiva het op 10 Mei 1994 opgetree as pryssangers (Xhosa: iimbongi) by die presidensiele inhuldiging van Mandela. Krog se gedig is ook spesifiek na aanleiding van die inhuldiging geskryf (vergelyk die slot van hierdie artikel).

'n Bespreking van en vergelyking tussen die drie prysliedere sal veral die begrip "biografie" betrek. 'n Ondersoek na die pryslied as biografiese dokument is nog nie in die talle studies oor die genre onderneem nie, (1) terwyl sodanige ondersoek juis 'n waardevolle perspektief op prysliedere bied. Die pryslied laat blyk dat die lewensverhaal (biografie) al geslagte lank 'n kernelement van literere skepping in die Afrikakulture uitmaak. Sowel die letterkundige as die historikus het byvoorbeeld belang by die prysliedere vir Zulukonings soos Dingana en Senzangakhona omdat 'n mens deur die prysliedere heelwat oor die persone self asook oor die Zulugeskiedenis te wete kom. Prysliedere daag ons uit om die tradisionele (Westerse) grens tussen die biografie en "letterkunde" te bevraagteken.

Die mate waarin prysliedere, en in hierdie artikel die Xhosa-prysliedere, biografiese dokumente is, sal in die bespreking van elk elk, name applied to several large members of the deer family. It most properly designates the largest member of the family, Alces alces, found in the northern regions of Eurasia and North America. In North America this animal is called moose.  van die drie prysliedere aangetoon word deur te fokus op die dubbele wyse waarop die begrip "biografie" in prysliedere optree. Eerstens word die biografiese data van die persoon wat besing word dikwels in besonderhede in die gedig betrek en maak dit in der waarheid 'n baie groot deel van die gedig uit. Die pryslied funksioneer gevolglik as 'n tipe samevatting van die belangrikste persoonlike eienskappe en gegewens van die persoon wat geprys word. Tweedens word 'n biografie deur die pryssanger gekonstrueer. In die gedig word die persoon wat besing word op 'n bepaalde wyse gerepresenteer en is die pryssanger besig om saam te skep/te skryf aan die biografie van die besongene.

Uiteindelik sal die klem val op Krog se gedig, "pryslied", en die bydrae wat hierdie Afrikaanse pryslied tot die "biografie" van Nelson Mandela, asook tot die genre van die pryslied lewer. Ook die implikasies van hierdie einste bydraes vir die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde sal ter sprake kom.

Xhosa-izibongo

Die vertaling van die Xhosa- en Zuluterm izibongo as "prysliedere" (of praise poetry in Engels) is nie sonder probleme nie. Die vertaling mag die indruk skep skep  
n.
A beehive, especially one of straw.



[Middle English, basket, from Old Norse skeppa, a dry measure, and from Old English sceppe (from Old Norse skeppa).
 dat die imbongi, wat tydens belangrike geleenthede die koning (of 'n ander leiersfiguur) aan die gehoor bekend stel deur die voordrag van izibongo, tydens daardie voordrag ongekwalifiseerde lofprysing op die koning uitstort (vandag word premiers, burgemeesters, en natuurlik die president op soortgelyke wyse deur iimbongi voorgegaan). Die imbongi is egter meer as die koning se persoonlike reklameagent: hy is 'n tussenganger tussen die koning en die volk--die een wat hulle behoeftes aan die koning bekend moet maak--en is trouens die enigste persoon wat die koning eksplisiet mag kritiseer. Daar mag dus op 'n gegewe geleentheid nie veel sprake van lofprysing in 'n izibongo-voordrag wees nie. Verder is die woord "lied" onvanpas, aangesien hierdie orale poesie nie gesing word nie, maar wel op eiesoortige manier voorgedra word. Opland (1990, 1998) is geneig om die term praise poetry volledig te vermy en volstaan met poetry of oral poetry. Dit is egter moeilik om die term "pryslied" volledig te ontbeer as 'n mens in Afrikaans na die spesifieke genre wil verwys en duidelik wil onderskei tussen Westerse poesie en izibongo. Om dieselfde rede kan die lastige benaming "pryssanger" ook nie sonder meer deur "digter" vervang word nie. Die enigsins onbevredigende terminologie word gevolglik tog in hierdie artikel gebruik. (2)

Soos reeds genoem, behoort pryspoesie tot al die Afrikakulture van Suider-Afrika, hoewel die tradisies verskil. In Zulu en Swazi, byvoorbeeld, speel memorisering 'n baie belangrike rol. Die vaardigheid van die imbongi le veral daarin om die vaste izibongo van etlike geslagte nagenoeg foutloos voor te dra, hoewel die volgorde van die strofes gewysig of 'n strofe selfs volkome weggelaat mag word (Opland 1998: 43). In Xhosa, daarteenoor, is improvisasie veel belangriker. Izibongo word ook gememoriseer en deur verskillende persone voorgedra, maar die ware ware See Groupware, Hardware, Shareware, Software.  imbongi het die besondere gawe om 'n gedig spontaan voor te dra wat daarna nie woordeliks te herhaal is nie (Opland 1998: 10, 11).

Transkripsies van izibongo

Ten spyte van die orale aard van izibongo maak transkripsies en vertalings hierdie tekste toeganklik vir 'n stel ontvangers wat nie tydens die voordrag teenwoordig was nie. Gememoriseerde Zulu-izibongo is reeds in die negentiende eeu danksy veel herhaling en geduld deur navorsers opgeteken (vgl. Stuart en Cope), maar 'n optrede deur 'n Xhosa-imbongi moet noodgedwonge opgeneem word indien 'n mens 'n spesifieke voordrag wil vasle.

Mhlangeni en Mkiva se izibongo is deur Sandile Dikeni getranskribeer, en deur prof. S. Satyo, Sandile Dikeni en Antjie Krog vertaal. Die transkripsies en vertalings asook 'n onderhoud met Satyo en Dikeni (deur Krog) het in 'n artikel in Die Suid-Afrikaan A progressive Afrikaans-language monthly published in Cape Town.  van Julie 1994 (Krog 1994: 12-15) verskyn. Dit het ten doel gehad om die optrede van die iimbongi tydens Mandela se inhuldiging vir die leser te kontekstualiseer en die inhoud van die prysliedere te verduidelik. (3) Albei prysliedere is later opgeneem in Krog se versameling vertalings van inheemse poesie, Met woorde soos met kerse (Krog 2002: 74-79).

Mkiva se pryslied is ook deur Russell Kaschula (2002: 92-96) getranskribeer en vertaal. Krog se transkripsie en vertaling stem grootliks ooreen met die van Kaschula behalwe enkele afwykings in die Xhosa-ortografie. Die indeling van getranskribeerde prysliedere in versreels is altyd 'n moeilike opgaaf, en Kaschula se indeling is myns insiens sinvoller as die van Krog. Om hierdie rede maak ek van Kaschula se transkripsie en (Engelse) vertaling gebruik. Geen ander weergawe van Mhlangeni se pryslied as die van Krog kon egter opgespoor word nie. Daarom maak ek daarvan gebruik soos wat dit in Die Suid-Afrikaan verskyn het. (4)

Sthembile Mhlangeni se pryslied

1. Inamb' emakhanda-khanda

2. yakulo Thambeka

3. yakulo Nomathokazi

4. Inambemakhanda-khanda

5. yakulo Baliwe

6. yakulo Notyatyu-u-u!

7. Ashukum' amathambo-o

8. Amathambo ka John Dube

9. Amathambo ka Kotana-a

10. Amathambo ka Albert Luthuli-i-

11. Amathambo ka Oliver Thambo-o-o

12. Amathambo ka Tshonyan' onkone

13. ngu Chris Hani Chris Hani, born Martin Thembisile Hani (June 28, 1942 – April 10, 1993) was the leader of the South African Communist Party and Umkhonto we Sizwe, the armed wing of the African National Congress (ANC). He was a fierce opponent of the apartheid government.  

14. athi "Mayibuy' iAfrika" mayibuye!

15. Nalo ke ufafa olumadolo-dolo

16. luka Jongitaba

17. luka Hlahlo, luka Ndaba

18. luka Ngubengcuka

19. luka Dalindyebo

20. luka Mandela

21. igxiba lika Ngubengcuka

22. lika Varoyi, ka Nkonka

23. Phezu kaloku komlambo iNqunu

24. Ndiyamhloniph' umfazi wase Mampemvini

25. owosizalel' igwangqa

26. ndithetha mna uNosekeni

27. UNosekeni Mfondini

28. Yiyo leyo ke Rolihlahla

29. eli hlahla larholwa mhlamnene

30. larholw' ezizweni

31. larholw' eZambiya

32. Yiyo loo nto kaloku

33. Yiyo loo nto uKaunda

34. wathi wakulijonga

35. walulilela

36. Aa! Dalibhunga

37. Ndee gram! (5)

Sthembile Mhlangeni se pryslied (Vertaling)

1. Legendaries is hy: 'n luislang met vele n. 1. A veil.  koppe

2. hy van die huis van Thambeka

3. van die huis van Nomathokazi

4. legendaries is hy--luislang met vele koppe

5. van die huis van Baliwe

6. van die huis van Notyatyu-u-u

7. Die beendere ratel in die grafte

8. die beendere van John Dube

9. die beendere van Kotana-a

10. die beendere van Albert Luthuli

11. die beendere van Oliver Thambo

12. die beendere van Tshonyana self

13. hy die einste Chris Hani

14. en die beendere se: Afrika, kom terug, kom terug!

15. hier is hy dan nou, hierdie lang man met die verskriklike lang bene

16. die seun van Jongitaba

17. die seun van Hlahla, die seun van Ndaba

18. die seun van Ngubengcuka

19. die seun van Dalinyebo

20. die seun van Mandela

21. uit die gevestigde familie van Ngubengcuka

22. seun van Varoyi van Nkonka

23. afkomstig van die plek op die rivieroewers van iNqunu

24. bring eer aan die vrou van die Mpemvini's

25. wat geboorte gegee het aan die ligvellige man

26. ja, ek praat van uNosekeni

27. uNosekeni die ma van Mandela

28. Hier staan jy nou voor ons Rolihlahla

29. getrokke tak van lank gelede

30. die sleepsel van jou blare le tussen baie nasies

31. die sleepsel le ook in Zambie

32. dit is daarom dan

33. dit is daarom dat Kaunda

34. toe hy die sleepsel sien

35. hy gehuil het

36. Aa! Dalibhunga!

37. Ndee gram!

Volgens sowel Opland (1990: 242) as Mafela (1997: 50) maak eiename die strukturele kern Kern, river, 155 mi (249 km) long, rising in the S Sierra Nevada Mts., E Calif., and flowing south, then southwest to a reservoir in the extreme southern part of the San Joaquin valley. The river has Isabella Dam as its chief facility.  van prysliedere uit. Die ganse pryslied word as 't ware opgebou rondom die verskillende name van die persoon wat besing word asook die afkoms van die persoon. Die lys van Mandela se voorgeslagte waarmee hierdie pryslied begin, is dus tipies van die pryslied. Soos hierbo genoem, funksioneer die pryslied in hierdie opsig as 'n geslagsregister. Die opnoem van die name van die voorgeslagte suggereer ook 'n kontinuiteit tussen generasies, tussen die lewendes en die dooies. Hulle is deel van die verhaal van die persoon wat besing word. In sy outobiografie le Mandela kortliks uit presies hoe hoe, usually a flat blade, variously shaped, set in a long wooden handle and used primarily for weeding and for loosening the soil. It was the first distinctly agricultural implement. The earliest hoes were forked sticks.  hy van die groot Thembu-koning, Ngubengcuka (reels 18 en 21), afstam, ten einde duidelik te maak dat hy nie 'n troonopvolger was soos wat populere mites al verkondig het nie (Mandela 1995: 4-5). Op interessante wyse word daar egter vanaf reel 8 tot reel 14 van bogenoemde patroon patroon (pətrn`) [Du.,=patron or employer], in American history, the name given to a Dutch landowner in New Netherland who exerted manorial rights in colonial times.  afgewyk. Hier staan wel 'n lys name, maar dit is die name van 'n aantal mense uit die struggle wat genoem word: John Dube, [Moses] Kotana, Albert Luthuli, Oliver Tambo en Chris Hani (Tshonyana). Hierdeur word geimpliseer dat Mandela se voorgangers en medestryders in die struggle net so 'n belangrike deel van sy erfenis uitmaak as sy voorsate.

Die lys name in reels 2-13 en 16-27 stel Mandela aan die gehoor bekend. Aan die een kant behou hierdie pryslied die belangrikheid van die voorgeslagte in die Afrikakultuur en plaas Mandela stewig binne sy tradisionele konteks as Xhosa, maar terselfdertyd word die geskiedenis van die struggle vermeld waarvan die Mandela se inhuldiging as president van Suid-Afrika die resultaat is.

Hoewel die bestaande biografiese inligting rondom Mandela die pryslied kwantitatief oorheers, bly die tweede aspek wat verband hou met die konstruksie van die biografie nie agterwee nie. Mhlangeni gaan op heel heel (hel) calx; the hindmost part of the foot.

cracked heels  pitted keratolysis.


heel
n.
1.
 unieke manier te werk deurdat sy vertrekpunt basiese biografiese gegewens is, maar in die aanwending daarvan konstrueer hy 'n biografie van Mandela wat hierdie gegewens oorstyg.

Die verwerking van sowel die familie- as die struggle-geskiedenis vind reeds in die aanhef van die pryslied plaas. Die aanhef in 'n pryslied is baie belangrik, want die persoon waaroor die lied handel, word daar bekendgestel sodanig dat dit opval en die toehoorders se aandag meteens beetpak. In hierdie aanhef word Mandela se naam nie pertinent PERTINENT, evidence. Those facts which tend to prove the allegations of the party offering them, are called pertinent; those which have no such tendency are called impertinent, 8 Toull. n. 22. By pertinent is also meant that which belongs. Willes, 319.  genoem nie: die metafoor "luislang met vele koppe" (inamb' emakhanda khanda) word gebruik. Dit verduidelik die parentese "legendaries is hy" in die Afrikaanse vertaling; 'n luislang met talle koppe is 'n legendariese wese in Afrika-volksverhale (vergelyk die volksverhale opgeteken deur Amedja, 2005 en Nyembezi 1981: 47-51). Tydens Mandela se lang gevangenskap was hy as 't ware so 'n legendariese figuur van wie almal geweet het, maar nooit gesien het nie (vergelyk Krog 2005: 180).

In reel 15 word Mandela opnuut voorgestel, maar steeds nie op die naam genoem nie. Hierdie keer is hy "die lang man met die verskriklike lang bene". Hierdie beskrywing suggereer iets van Mandela se "long walk to freedom", dit wil se die moeilike weg wat hy namens alle swart Suid-Afrikaners afgele het.

Dat Mandela in reels 1 en 15 metafories beskryf word en uitgebeeld word, skep 'n gevoel van afwagting, totdat hy in reel 28 eindelik op die naam genoem word, die naam wat by sy geboorte aan hom gegee is: Rolihlahla (Mandela 1995: 3). Die voorstelling word voltrek as die imbongi aankondig: "Hier staan jy nou voor ons". Besonders is die wyse waarop die betekenis van die naam Rolihlahla in reels 29 tot 31 ontgin word: "ihlahla" beteken 'tak', en "rola" beteken "om uit te trek", dus beteken die naam letterlik "tak wat getrek word" ("rola" verteenwoordig egter die ou Xhosa-ortografie; teenswoordig is die spelling "rhola"). Figuurlik beteken die naam "iemand wat vir homself moeilikheid veroorsaak" (Mandela 1995: 3), hoewel Mandela self nie meen dat die betekenis van sy naam profeties was of sy lewe noemenswaardig beinvloed het nie (Mandela 1995: 3; Neethling 2005: 79). Die pryssanger verwys nie na hierdie betekenis nie en gebruik die letterlike metafoor van die naam om 'n prentjie te skets van die sleepsels wat deur 'n tak op die grond gelaat is: die nalatenskap van Mandela dwarsdeur die land, dwarsdeur die wereld.

In reel 36 word Mandela aangespreek met een van sy prysname. "Dalibhunga" is die naam wat na sy besnydenis aan Mandela gegee is (Mandela 1995: 28) en dit is 'n naam waarmee Xhosasprekendes bekend is. Dit het 'n samebindende effek om opnuut een van Mandela se name te gebruik om die pryslied mee af te sluit.

Vanwee die opgelegde tydsbeperking tydens die presidensiele inhuldiging is Mhlangeni se pryslied relatief kort vergeleke by die meeste prysliedere. Tog slaag hy daarin om in 'n kort teks Mandela se lewensloop nie net passief aan die orde te stel nie, maar om Mandela voorts in 'n breer konteks te plaas en sy eie bydrae tot die konstruksie van Mandela se biografie te maak.

Zolani Mkiva se pryslied

1. Yaqhawuk' imbeleko!

2. Yaqhawuk' imbeleko!

3. Yaqhawuk' imbeleko!

4. Zaqhawuk' ii-ankire zentiyo nengcinezelo.

5. The ruffians of racism ... (unclear due to audience participation) are no longer,

6. The days of baasskap are over

7. Nguye lowo ke uMandela,

8. Zahlokom' izizwe zehlabathi ziphela,

9. Hayi kaloku ndimvil' uFidel Castro,

10. The Commandant General of the international defence units,

11. Ndimvile esithi: Solidarity in action,

12. Solidarity forever "Solidarity Forever", written by Ralph Chaplin in 1915, is perhaps the most famous union anthem. It is sung to the tune of "John Brown's Body" which also inspired the "Battle Hymn of the Republic". .

13. Ha-a-yi ke,

14. Ndimvile uYassar Arafat,

15. The Chairman of the PLO PLO
abbr.
Palestine Liberation Organization


PLO Palestine Liberation Organization

Noun 1. PLO
,

16. Ha-a-yi esithi: Long live the struggle against apartheid apartheid (əpärt`hīt) [Afrik.,=apartness], system of racial segregation peculiar to the Republic of South Africa, the legal basis of which was largely repealed in 1991–92. , long live!

17. Hayi maqabane,

18. Ziyatheth' izizwe,

19. Ziyatheth' iinkokeli;

20. Ndimvile kaloku,

21. UBoutros Boutros Ghali
This article is about the Egyptian politician, not to be confused the Secretary-General of the United Nations; Boutros Boutros-Ghali


Boutros Ghali
 esithi: It will be contra bonos mores CONTRA BONOS MORES. Against good morals.
     2. All contracts contra bonos mores, are illegal. These are reducible to Several classes, namely, those which are, 1. Incentive to crime. A claim cannot be sustained, therefore, on.
 for the masses of South Africa not to liberate (Liberate Technologies, San Mateo, CA) A software company that specialized in the information appliance field. Formerly Network Computer, Inc. (NCI), a spin-off from Oracle in 1996, it changed its name in 1999.  themselves.

22. Hayi maqabane,

23. Ziyatheth' izizwe,

24. Ziyatheth' iinkokeli;

25. A-hayi maqababe,

26. Ifikile ke imini ebikad' ilindelwe,

27. Yiyo lo nto sithi:

28. Bantu basemhlab' uhlangene,

29. Yimani nithi gomololo!

30. Ha-a-yi Maqabane,

31. Ntengu-ntengu-macetyana,

32. Kazi abantu belilizwe babenze ni na?

33. Yima Mandela uthi gomololo!

34. Ntengu-ntengu-macetyana,

35. Kazi amakomanisi ayenze ntoni na?

36. Yima Joe Slovo Joe Slovo (May 23 1926 – January 6 1995) was a South African Communist politician and long time leader of the South African Communist Party (SACP) and leading member of the African National Congress.  uthi gomololo!

37. Ha-a-yi ntengu-ntengu macetyana,

38. Kazi ukuba abasebenzi belilizwe babenze ntoni na?

39. Yima Jay Naidoo uthi gomololo;

40. Ha-a-yi ntengu-ntengu macetyana,

41. Kazi ukuba abefundi belilizwe babenze ntoni na?

42. Yima Sibusiso Bhengu uthi gomololo!

43. Ntengu-ntengu macetyana.

44. Kazi ukuba abafundisi-ntsapho babenze ntoni na?

45. Yima Sheppard Mdlalana uthi gomololo!

46. Ntengu-ntengu macetyana.

47. Bantu baseMzantsi Afrika yimani nithi gomololo!

48. Kazi ukuba abafundisi bakwalizwi babenze ntoni na?

49. Yima Archbishop uthi gomololo!

50. Ntengu-ntengu macetyana.

51. Bantu baseMzantsi Afrika yimani nithi gomololo!

52. Nguye lowo k'uMandela

53. Zikhalile iziwe zehlabathi,

54. Zikhalil' izizwe.

55. Ndimvil' uColonel Gadaffi esithi:

56. 'Karambanini, karambanini, akuya ta gayi ta kura'.

57. Ha-a-yi watheth' uSam Nujoma esithi:

58. 'Emangulukenenge esi sili'

59. Ha-a-yi 'oljo esimbo uThemba ufikwe Mpawe',

60. Ha-a-yi ziyatheth' izizwe,

61. Ziyatheth' iinkokeli;

62. 'Vryheid of dood oorwinning is gewis',

63. That is what we have said in the past,

64. And the struggle continues.

65. Aluta!

66. Aluta!

Zolani Mkiva se pryslied (Vertaling)

1. The umbilical cord umbilical cord (ŭmbĭl`ĭkəl), cordlike structure about 22 in. (56 cm) long in the pregnant human female, extending from the abdominal wall of the fetus to the placenta.  has snapped!

2. The umbilical cord has snapped!

3. The umbilical cord has snapped!

4. The anchors of hatred and oppression The offense, committed by a public official, of wrongfully inflicting injury, such as bodily harm or imprisonment, upon another individual under color of office.

Oppression, which is a misdemeanor, is committed through any act of cruelty, severity, unlawful exaction, or
 have snapped;

5. The ruffians of racism ... (unclear due to audience participation) are no longer

6. The days of Baasskap are over,

7. That is then, Mandela.

8. The nations of the world reacted and applauded vociferously,

9. Incidentally, I heard Fidel Castro Noun 1. Fidel Castro - Cuban socialist leader who overthrew a dictator in 1959 and established a Marxist socialist state in Cuba (born in 1927)
Castro, Fidel Castro Ruz
,

10. The Commandant General of the international defence units,

11. I heard him saying: Solidarity in Action

12. Solidarity forever.

13. Now then, I have heard Yassar Arafat,

14. The Chairman of the PLO,

15. Saying: Long live the struggle against apartheid,

16. Long live!

17. Yes comrades,

18. Nations are talking,

19. Leaders are talking.

20. Incidentally,

21. I have heard Boutros Boutros Ghali saying: It will be contra contra

Member of a counterrevolutionary force that sought to overthrow Nicaragua's left-wing Sandinista government. The original contras had been National Guardsmen during the regime of Anastasio Somoza (see Somoza family). The U.S.
 bones mores for the masses of South Africa not to liberate themselves.

22. Yes, comrades,

23. Nations are talking,

24. Leaders are speaking.

25. Yes, comrades,

26. The day for which we waited has arrived,

27. That is why we are saying:

28. People of this united land,

29. Stand up, stand up with pride!

30. Yes, comrades,

31. The honey-bird is never without plans.

32. I wonder what the people of this land have done?

33. Stand up, Mandela, stand up with pride!

34. The honey-bird is never without plans.

35. I wonder what the communists have done?

36. Stand up Joe Slovo, stand up with pride!

37. The honey-bird is never without plans.

38. I wonder what the workers of this land have done?

39. Stand up, Jay Naidoo, stand up with pride;

40. Really, the honey-bird is never without plans.

41. I wonder what the students of this nations have done?

42. Stand up, Sibusisu Bengu, stand up with pride!

43. The honey-bird is never without plans.

44. I wonder what the teachers have done?

45. Stand up Sheppard Mdladlana, stand up with pride!

46. The honey-bird is never without plans.

47. People of South Africa stand up with pride!

48. I wonder what the preachers of this land have done?

49. Stand up Archbishop Tutu, stand up with pride!

50. The honey-bird is never without plans.

51. People of South Africa stand up with pride!

52. That is Mandela.

53. The rest of the world cried with us,

54. Nations wept (mourned),

55. I heard Colonel Gadaffi saying:

56. 'Karambanini, karambanini, akuya ta gayi ta kura'.

57. Yes, Sam Nujoma Samuel Daniel Shafiishuna Nujoma (born May 12, 1929) was the first President of Namibia. He was inaugurated in 1990 and was subsequently re-elected in 1994 and 1999, serving until 2005. Early life
Nujoma was born in the north of the country, in Ongandjera, Ovambo.
 spoke and said:

58. 'Emangulukenenge esi sili'

59. Yes, 'oljo esimbo uThemba ufikwe Mpawe',

60. Yes, nations are talking,

61. Leaders are talking,

62. 'Vryheid of dood oorwinning is gewis'

63. That is what we have said in the past,

64. And the struggle continues.

65. Aluta!

66. Aluta!

Dit is ooglopend dat 'n mens hier met 'n moderne mo·derne  
adj.
Striving to be modern in appearance or style but lacking taste or refinement; pretentious.



[French, modern, from Old French; see modern.]

Adj. 1.
 weergawe van die pryslied te doen het. Die bekende konvensies van die pryslied word of geignoreer, of is in 'n gewysigde vorm aanwesig. Naas Xhosa word Afrikaans, Engels, Portugees, ensovoorts gebruik wanneer figure in hulle eie taal aangehaal word.

Die pryslied is ewe bevolk met name, maar anders as by Mhlangeni se pryslied word die name van Mandela se voorgeslagte glad nie genoem nie. Mkiva plaas eerder Mandela vroeg in die pryslied op die wereldverhoog wanneer hy in reel 8 vermeld dat die nasies van die wereld op Mandela reageer. Daarop volg reels 9 tot 21 waar verskeie politieke wereldleiers aangehaal word.

Vanaf reel 26 fokus die pryssanger op Suid-Afrika, en op die lang verwagte dag wat hom aan die afspeel was. Die pryssanger spreek die ganse Suid-Afrika aan. Daarna kom die veelseggende reel "Ntengu-ntengu-macetyana" die eerste keer voor. Hierdie reel kom uit die volksverhaaltradisie waar kinders op vlug moet slaan terwyl hulle agtervolg word deur 'n skurk/monster, en dan in 'n boom klim. Wanneer die skurk die boom begin afkap, verskyn die heuningvoeltjie en uiter die towerformule: "Ntengu ntengu macetyana, kazi aba bantwana benze ntoni na? Mthi, yithi gomololo!" ("Heuningvoeltjie, heuningvoeltjie, klein houtsplinters, wat het hierdie kinders gedoen? Boom, staan regop!"). (6)

Die herhaalde gebruik van die "ntengu-ntengu macetyana"-frase is 'n goeie voorbeeld van 'n verhaal wat so bekend is dat slegs 'n woord of drie in die pryslied of in 'n gesegde gebruik hoef te word om 'n mens aan die hele verhaal te herinner (Canonici 1996: 30). Die wyse waarop Mkiva die volksverhaal in sy pryslied inspan inspan
Verb

[-spanning, -spanned] Chiefly S African

1. to harness (animals) to (a vehicle); yoke

2.
, hou in dat hy in der waarheid die teenoorgestelde betekenis van die verhaal aktiveer. Waar dit in die verhaal om die onskuld van die kinders gaan, word die aandag hier gevestig op die bydrae van bepaalde groepe in Suid-Afrika (studente, onderwysers, predikante, ensovoorts) en word eksplisiet erkenning gegee aan individue--word hulle vermaan om vas te staan soos die boom in die verhaal wat nie gevel kon word nie. Daar word gesuggereer dat hierdie helde van die struggle nie deur apartheid afgekap en ondergekry kon word nie. In hierdie opsig word Mandela as voorbeeld voorgehou (reel 33). Reels 53 tot 61 roep weer we·er  
adj.
Comparative of wee.
 (soos reels 9 tot 21) die onderskraging van ander wereldleiers en Mandela se bekendheid binne die internasionale gemeenskap in herinnering.

Soos reeds vermeld, wyk Mkiva se pryslied in talle opsigte van die tradisionele pryslied af. Wat betref die gebruik van Mandela se biografiese besonderhede, steun die pryssanger hoegenaamd nie op Mandela se tradisionele afkoms nie. In die geskrewe weergawe van die pryslied wat Mkiva later geproduseer het, word Mandela se voorgeslagte wel vermeld (Kaschula 1997: 10-14). Soos die helde van die struggle hulle min of meer naas Mandela se voorsate as getuies in Mhlangeni se pryslied aanmeld, word Mandela in Mkiva se pryslied eweneens deur strugglefigure en talle internasionale leiers geeer. Reels 7 en 52 is identies ("Nguye lowo ke uMandela") en beteken "Dit is dan hy, hier: Mandela". Albei kere gaan hierdie reel die opnoem van wereldleiers vooraf. Die klem val dus prominent op Mandela wanneer dit handel om die wereld se betrokkenheid by die stryd teen apartheid. 'n Moontlike rede hiervoor is dat Mandela die internasionale ikon van die struggle was. Tog ondermyn die opnoem van soveel plaaslike strugglefigure in die gedig (soos hierbo beskryf) Mandela as die enigste belangrike vegter vir vryheid. Dit is trouens die opvallendste verskil as die prysliedere van Mhlangeni en Mkiva met die tradisionele pryslied vergelyk word. Lofbetuiging en erkenning kom Mandela nie uitsluitend toe nie. Krog stel dit so: "Die belangrikste funksie van albei prysliedere was om Mandela op die dag van sy inhuldiging [daaraan] te herinner dat hy nie alleen vir die pas verworwe vryheid verantwoordelik was nie. Oor die jare heen het talle ander mense planne gemaak en offers gebring, en as hy daar staan, dan staan hy daar namens hulle almal" (Krog 2002: 80). Die twee pryssangers skep dus ook saam aan die biografie van die vryheidstryd, aan die biografie van Suid-Afrika.

Antjie Krog se "pryslied"

Krog stel Mandela in die eerste strofe voor deur 'n beskrywing van sy fisieke voorkoms te gee: "skraal skouers", "houtskool en as is sy hare", "sandkleurig", "vlesige palmkussings". Die verskaf van hierdie gegewens is kenmerkend van die tradisionele pryslied, en in hierdie opsig fokus Krog meer as Mhlangeni en Mkiva op die persoon van Mandela. Ook in reel 15 gee sy 'n kort beskrywing van die moesie op sy bolip. Deur die opnoem van hierdie eienskappe hang sy 'n portret van Mandela voor die leser op.

Krog wend Wend

Any member of a group of Slavic tribes that by the 5th century AD had settled in the area between the Oder and Elbe rivers in what is now eastern Germany. They occupied the eastern borders of the domain of the Franks and other Germanic peoples.
 tradisionele stylfigure van die pryslied aan in die gebruik van aaneenskakeling in reels 6 en 7 ("uNosekeni, uNosekeni die ma van Mandela") en die meld van Mandela se voorgeslagte in reels 10, 11 en 12. Soos Mhlangeni noem sy iNqunu, waar Mandela vandaan kom, en die naam van sy stam, die Thembu-stam. Dit is dus veral in strofe een en twee dat Krog Mandela se biografiese "familiebesonderhede" saamgroepeer.

Beide Mhlangeni en Mkiva het die struggle as 'n belangrike onderdeel van Mandela se geskiedenis behandel. Krog doen dieselfde in die vierde strofe. Die metafoor wat sy gebruik: "eerste ratelaar van Umkhonto weSizwe" is baie treffend, daar Mandela die eerste aanvoerder van die militere vleuel van die ANC ANC
abbr.
African National Congress


ANC African National Congress: South African political movement instrumental in bringing an end to apartheid

ANC n abbr (=
 was (Mandela 1995: 274-287 en verder). Die benaming "Die Swart Pimpernel" is deur die pers uitgedink omdat Mandela herhaaldelik daarin geslaag het om die polisie te ontduik (Mandela 1995: 267). Op dieselfde manier as wat prysname dikwels in prysliedere gebruik word (vergelyk Mhlangeni se gebruik van "Dalibhunga") gebruik Krog in hierdie strofe algemeen bekende benaminge vir Mandela terwyl sy ook kreatief nuwe benaminge skep.

Krog maak dus gebruik van Mandela se biografiese besonderhede as basis vir haar pryslied, alhoewel sy dit tot kort snitte van sy biografie beperk (korter byvoorbeeld as in Mhlangeni se pryslied). Anders as die twee Xhosa-pryssangers betrek sy geen name van ander persone nie, hetsy van die struggle of die internasionale gemeenskap. Nelson Mandela is in haar "pryslied" die spil. Nie alleen maak sy voorkoms deel van haar gedig uit nie, maar sy dra ook op besondere wyse by tot die skep van Mandela se biografie in haar gedig.

Eerstens is daar reel 4: "kop en skraal skouers staan hy bo almal uit". Die gebruik van hierdie uitdrukking is baie effektief om Mandela se belangrikheid en grootsheid onder die aandag te bring, al is sy skouers in werklikheid maar "skraal". Mandela se waardigheid is af te lees lees  
pl.n.
Sediment settling during fermentation, especially in wine; dregs.



[Middle English lies, pl.
 uit 'n relatief toevallige karaktertrek vermeld in die vierde strofe: "hy wat nie lag nie en nie huil nie".

Krog ontgin in die laaste strofe op dieselfde manier as Mhlangeni die betekenis van die naam Rolihlahla. In die laaste sewe reels van haar gedig wyk Krog op treffende wyse af van die procede van haar voorgangers. Mandela word onderskeidelik genoem 'n "opspoorder van harte", iemand wat die "pante van 'n verskeurde land" bymekaar maak, 'n "heelmaker van mense" (wat 'n herhaling van reel 14 is), "die stigter van vrede". Hierdie opeenstapeling van metafore is tipiese parallellismes: dieselfde waarheid word op verskillende wyses verwoord om die belang daarvan te beklemtoon.

"Biografie" en die pryslied

Die eerste doel van hierdie artikel was om aan te toon hoe die eietydse pryslied aangewend word in die konstruksie van 'n literere biografie. Die bondige vergelyking tussen die drie prysliedere het duidelik laat blyk hoe die prysliedere biografiese besonderhede inspan, maar ook hoe daartoe bygevoeg word om 'n biografie van iemand (bv. Nelson Mandela) te verbeeld. Die opvallendste kenmerk van hierdie biografie se konstruksie as dit vergelyk word met die individualiteit van die Westerse biografie, is die kollektiwiteit daarvan.

Hierdie teenoormekaarstelling van die kollektiewe aard van die Afrikabiografie soos beliggaam in die pryslied en die individualisme van die Weste soos dit in die begrip biografie na vore kom, behoef verdere ondersoek--ook ondersoek van die transkripsies van ouer en meer onlangse prysliedere. Die begrip "biografie" behoort dus nader gepresiseer te word.

Die bydrae van Krog

In hierdie vergelyking van drie prysliedere val Antjie Krog se "pryslied" op, aangesien dit 'n unieke verskynsel is: 'n pryslied in Afrikaans wat doelbewus die konvensies en middele van Afrikaprysliedere inspan. So maak Antjie Krog 'n bydrae tot die genre van die pryslied. In Mhlangeni en Mkiva se prysliedere sien ons hoe die pryslied hom moderniseer ten opsigte van tematiek en die vernuwing van ou konvensies. Krog gaan verder: die pryslied word getransponeer en getransformeer tot 'n genre wat alle kulture van Suid-Afrika toebehoort.

Dink 'n mens aan 'n konsep soos "die Suid-Afrikaanse letterkunde", is Krog se gedig 'n teks wat hieraan gestalte gee deur oor die klowe van verdeelde wereldbeelde te eggo. Dit sluit ten nouste aan by haar vertalings van poesie uit Suid-Afrika se inheemse tale in Met woorde soos met kerse en Die sterre se Tsau (2004). Krog se bydrae is onontbeerlik vir 'n ver-beelde Suid-Afrikaanse letterkunde. Dit is onderstreep tydens die tweejaarlikse kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging in September 2006 waar H. P. van Coller en Bernard Odendaal hierdie verskynsel rondom Krog ondersoek het in 'n referaat getiteld "Antjie Krog as bemiddelaar oor die grense van Suid-Afrikaanse literere (sub)sisteme heen". Viljoen ondersoek ook breedvoerig Krog se poging in Met woorde soos met kerse om "transformation through translation" (2006: 43) te bewerkstellig.

Slot

'n Teksspesifieke knelpunt wat moontlik die vergelyking tussen Krog se pryslied en die Xhosa-prysliedere kan ondermyn, is die ooreenkoms tussen Krog se pryslied en die van Mhlangeni (reels 21 tot 24 en 28 tot 30 onderskeidelik). Die vraag ontstaan of Krog die bewoording van haar gedig vir die vertaling van Mhlangeni s'n gebruik het of andersom. Moet die datum The singular form of data; for example, one datum. It is rarely used, and data, its plural form, is commonly used for both singular and plural.  "10 Mei 1994" gelees word as die datum waarop die gedig geskryf is, of bloot as 'n (verdere) eksplisiete verwysing na die dag van Mandela se inhuldiging, naas die frase "in die sandkliphart vandag"? Indien Krog se gedig eerste geskryf is, hoe verklaar 'n mens dan die duidelike ooreenkoms tussen die tekste? Was sy by die Uniegebou teenwoordig daardie dag, en sou sy genoeg van die imbongi se optrede verstaan het om daardie reels in haar geheue weg te bere?

Hoewel dit nuttig sou wees om die ontstaangeskiedenis van Krog se gedig te ken, is dit egter nie volkome noodsaaklik nie. Deur Xhosa-prysliedere doelbewus te betrek, maak Krog dit duidelik by watter tradisie sy haar aansluit--'n tradisie waarbinne kollektiewe outeurskap 'n wesenlike rol speel. Weliswaar funksioneer hierdie outeurskap sterker binne die memoriserende tradisies (soos Zulu-izibongo), maar selfs by die improviserende Xhosa-tradisie is dit nie uitgesluit nie. 'n Xhosa-imbongi mag 'n reel of twee van 'n ander imbongi hoor en besluit om dit in sy eie pryslied te gebruik (Opland 1998: 61). Die feit dat Krog tot haar spesifieke formulering kom, (moontlik) deur middel van vertaling van 'n ander imbongi se woorde, kompliseer dinge dinge  
n.
Grime or squalor; dinginess.



[Back-formation from dingy1.]

Noun 1.
 natuurlik verder. (7) Heelwat ondersoek na die kwessies van intellektuele eiendom en die orale tradisie in Suid-Afrika behoort nog gedoen te word.

Hoe dit ook al sy, die wesenlike le vir Krog allig in 'n verkenning van die ander literere sisteme van Suid-Afrika, eksperimentering met die literere konvensies van hierdie sisteme, en, waar moontlik, om daaraan mee te doen. Deur haar 'n genre en versmiddele toe te eien wat nie tradisioneel tot die Afrikaanse digter se domein behoort nie, verryk sy die Afrikaanse poesietradisie. Haar pryspoesie word voorts 'n oproep tot vrede en versoening in Suid-Afrika--'n deurlopende eienskap van Krog se lewe en oeuvre.

Bronnelys

Amedja, K. 2005. The story of five heads. <http://amedja.tripod.com/the_stor_21.html> Geraadpleeg op 12.09.2005.

Canonici, N. N. 1996. Zulu Oral Traditions. Durban: University of Natal The University of Natal was a university in Natal, and later KwaZulu-Natal in South Africa. It was founded in 1910 as the Natal University College in Pietermaritzburg, and expanded to include a campus in Durban in 1931. .

Cope, T. 1968. Izibongo: Zulu Praise Poems. Oxford: Clarendon.

Finnegan, R. 1970. Oral Literature in Africa. Nairobi & Dar es Salaam Dar es Salaam

Largest city (pop., 1995 est.: 1,747,000), capital, and major port of Tanzania. Founded in 1862 by the sultan of Zanzibar, it came under the German East Africa Co. in 1887.
: Oxford University Press.

Kaschula, R. 1997. Xhosa oral poetry and its reception: past and present. South African Journal of Folklore folklore, the body of customs, legends, beliefs, and superstitions passed on by oral tradition. It includes folk dances, folk songs, folk medicine (the use of magical charms and herbs), and folktales (myths, rhymes, and proverbs).  Studies, 8(2): 1-16.

Kaschula, R. 2002. The Bones of the Ancestors Ancestors
See also father; heredity; mother; origins; parents; race.

archaism

an inclination toward old-fashioned things, speech, or actions, especially those of one’s ancestors. Also archaicism. — archaist, n.
 are Shaking: Xhosa Oral Poetry in Context. Cape Town Cape Town or Capetown, city (1991 pop. 854,616), legislative capital of South Africa and capital of Western Cape, a port on the Atlantic Ocean. It was the capital of Cape Province before that province's subdivision in 1994. : Juta, Hadleigh: Brad.

Krog, A. 1994. Focus of the imbongi. Die Suid-Afrikaan, 49: 12-15.

--. 1995. Gedigte 1989-1995. Groenkloof: Hond.

--. 2002. Met woorde soos met kerse. Kaapstad: Kwela n. 1. A kind of danceable music popular among black South Africans; it includes a whistle among its instruments.

Noun 1. kwela - a kind of danceable music popular among black South Africans; includes a whistle among its instruments
 Boeke.

--. 2005. 'n Ander tongval. Kaapstad: Tafelberg.

Mafela, M. J. 1997. Reflecting on trends in Tshivenda praise poetry. South African Journal of Folklore Studies, 8(2): 49-62.

Mandela, N. R. 1995. Long Walk to Freedom. New York New York, state, United States
New York, Middle Atlantic state of the United States. It is bordered by Vermont, Massachusetts, Connecticut, and the Atlantic Ocean (E), New Jersey and Pennsylvania (S), Lakes Erie and Ontario and the Canadian province of
: Back Bay Books.

Neethling, S. J. 2005. Naming among the Xhosa of South Africa. Lewiston, New York Lewiston is a village in Niagara County, New York, USA. The population was 2,781 at the 2000 census. The village is named after Morgan Lewis, a governor of New York.

The Village of Lewiston is within the Town of Lewiston. The Earl W.
: Edwin Mellen Press.

Nyembezi, C. L. S. 1981. Inyoka Enamakhanda Ayisikhombisa. In Nyembezi, C. L. S. Igoda. A school readers series. Pietermaritzburg: Lincroft Books.

Opland, J. 1990. Xhosa izibongo: Improvised im·pro·vise  
v. im·pro·vised, im·pro·vis·ing, im·pro·vis·es

v.tr.
1. To invent, compose, or perform with little or no preparation.

2.
 line. South African Journal of African Languages African languages, geographic rather than linguistic classification of languages spoken on the African continent. Historically the term refers to the languages of sub-Saharan Africa, which do not belong to a single family, but are divided among several distinct , 10 (4): 239-250.

--. 1998. Xhosa Poets and Poetry. Cape Town: David Philip.

Stuart, J. 1968. Izibongo: Zulu Praise-Poems. Oxford: Clarendon.

Viljoen, L. 2006. Translation and transformation. Antjie Krog's translation of indigenous South African verse into Afrikaans. Scrutiny2, 11(1): 32-45.

Westley, D. 2002. A select bibliography bibliography. The listing of books is of ancient origin. Lists of clay tablets have been found at Nineveh and elsewhere; the library at Alexandria had subject lists of its books.  of Southern Bantu Praise Poetry. Research in African Literatures, 33(1): 153-177.

Aantekeninge

(1.) Verreweg die meeste akademiese werk oor die pryslied is in Engels gelewer, asook in enkele ander tale van Suid-Afrika. Deur in Afrikaans oor prysliedere te skryf, betree 'n mens aan die een kant nuwe terrein maar aan die ander kant glad nie. Die doel van hierdie artikel is om die genre enigsins aan lesers bekend te stel, maar nie om 'n volledige oorsig oor die pryslied of die studie daarvan te gee nie. Westley (1998) se bibliografie is 'n uitstekende hulpmiddel om vir sodanige oorsig te raadpleeg.

(2.) Ek noem hierdie kwessies rondom terminologie kortliks, hoewel sodanige kwessies eintlik al behoorlik deur vakkundiges soos Opland deurgetrap is.

(3.) Krog se artikel in Die Suid-Afrikaan skep die indruk dat Mkiva se optrede op die van Mhlangeni gevolg het. Uit die beeldmateriaal van die inhuldiging blyk dit egter dat Mkiva op die dag twee keer opgetree het. Die tweede keer was hy inderdaad na Mhlangeni, pas nadat Mandela op die podium podium

In architecture, a pedestal on a large scale. It may be any of various elements that form the base of a structure, such as the platform forming the floor and substructure of a Classical temple, a low wall supporting columns, or the structurally or decoratively
 verskyn het. Hy het egter ook vroeer, voor Mandela se aankoms, opgetree, en dit is hierdie teks wat Krog en haar span asook Kaschula getranskribeer en vertaal het. Geen transkripsie van Mkiva se tweede optrede kon opgespoor word nie.

(4.) Ek bewus van die ortografiese onreelmatighede in Krog se transkripsies en die feit dat Kaschula se transkripsie van Mkiva se pryslied waarskynlik betroubaarder is, hoewel die diskrepansies nie groot is nie. Om Krog se transkripsies te verbeter of oor te doen was egter nooit die doel van hierdie artikel nie, dus word haar transkripsie van Mhlangeni se pryslied as voldoende vir hierdie ontleding beskou.

(5.) Hierdie onvertaalde reel beteken basies "Ek stop" of "Ek verdwyn".

(6.) Die deeglike uitleg wat 'n eksterne keurder in sy/haar anonieme verslag van die herkoms van die frase gegee het, kon nerens anders opgespoor word nie. Ek gebruik dit dus met dank dank  
adj. dank·er, dank·est
Disagreeably damp or humid. See Synonyms at wet.



[Middle English, probably of Scandinavian origin.
.

(7.) Vergelyk Viljoen (2006: 39) oor die wyse waarop Krog se eie poetika neerslag vind in haar vertalings van inheemse poesie.

Jacomien van Niekerk is verbonde aan die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria. E-pos: jacomien.vanniekerk@up.ac.za
COPYRIGHT 2007 Tydskrif vir Letterkunde
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2007 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:van Niekerk, Jacomien
Publication:Tydskrif vir Letterkunde
Date:Mar 22, 2007
Words:6001
Previous Article:Antjie Krog en haar literere moeders: die werking van 'n vroulike tradisie in die Afrikaanse poesie.
Next Article:Swerwende verse.

Terms of use | Copyright © 2012 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles