Printer Friendly
The Free Library
4,444,465 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

Behandeling vir MIV en vigs word 'n werklikheid.


Die regering se besluit om anti-retrovirale terapie in die openbare gesondheidstelsel te voorsien is prysenswaardig omdat dit die grondwetlik verskanste regte van lewe en gesondheid gestand doen. Nou staan meer Namibiers wat met MIV en vigs saamleef die kans om langer en meer produktiewe lewens te lei, terwyl die uitwerking van die siekte op ons gemeenskap en ekonomie verminder word.

In Mei vanjaar het die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste riglyne vir anti-retrovirale terapie bekend gestel, wat standaarde stel vir dokters wat antiretrovirale medikasie voorskryf. Die eerste fase van die voorsiening van die medikasie het egter net ses streke, naamlik Khomas, Karas, Caprivi, Oshana, Erongo en Kavango gedek. Teen die einde van die jaar behoort alle mense wat met MIV en vigs leef toegang tot anti-virale behandeling in hierdie streke te he. Van volgende jaar af sal anti-retrovirale behandeling ook in die oorblywende sewe streke van Namibie voorsien word. Die ministerie het ook aangekondig dat planne onderweg is om die medikasie in Namibie te vervaardig.

Watter behandeling is daar vir MIV en vigs?

Nevirapine is die medikasie wat gebruik word om die oordrag van MIV van moeders na hul babas gedurende die geboorteproses te voorkom. Na-Blootstelling-Profelakse (PEP) word voorsien om die infeksie van gesondheids-werkers wat per ongeluk kontak met die bloed van geinfekteerde pasiente gehad het, te voorkom en om slagoffers van verkragting teen infeksie te beskerm. Hoogs aktiewe anti-retrovirale behandeling (HAART), wat gewoonlik 'n kombinasie van drie soorte medikasie is, word aan mense gegee wat gevorderde MIV infeksie het.

HAART genees nie vigs nie, maar vertraag die vordering van die siekte, deur die liggaam se vermoe om opportunistiese infeksies afte weer, te herstel. Te danke aan die behandeling, is MIV/vigs nou 'n behandelbare siekte net soos suikersiekte en hipertensie. Die behandeling begin eers wanneer 'n persoon wat die MIV virus opgedoen het, begin om vigs te ontwikkel. 'n Geinfekteerde persoon kan vir baie jare goed leef sonder die noodsaaklikheid vir behandeling deur goed na hulself om te sien en 'n goed gebalanserde dieet te volg.

Wanneer pasiente anti-retrovirale behandeling kry, moet hulle die medikasie gereeld en elke dag van hul lewe neem. Indien die behandeling gestaak word wanneer 'n pasient beter begin voel, kan dit lei tot die mislukking van die behandeling terwyl die virus 'n weerstand teen anti-retrovirale medikasie kan opbou.

Wie sal HAART ontvang?

Alvorens pasiente HAART ontvang, sal hulle berading ontvang en voorberei word om die medisyne lewenslank te neem. Elke gesondheidsentrum wat die behandeling verskaf sal 'n komitee he wat verantwoordelik is vir die hersiening van verwagte voordele en moontlike newe-effekte van die gekose behandeling; die moontlikheid van interaksie van medikasie in gevalle waar die pasient byvoorbeeld orale voorbehoedmiddels neem, asook die vennootskap tussen die pasient en die versorger.

[ILLUSTRATION OMITTED]

Ewe belangrik is die komitee se hersiening van of die pasient hom of haarself vir die res van sy of haar lewe kan verbind tot die beoefening van veiliger seksgewoontes, ten einde die oordrag van MIV te voorkom. Die beoefening van veilige seks is krities vir mense wat medikasie neem omdat hulle 'n mutasie van die virus, wat weerstandig is tot antiretrovirale mediaksie, kan oordra.

Die komitee kan besluit om die behandeling te vertraag indien die pasient nie in staat of bereid is om hom of haar ten volle tot die navolging van die behandeling te verbind nie. Voortgesette monitering en deurlopende opvoeding en ondersteuning van pasiente is noodsaaklik sodra die pasient met terapie begin. Dit sluit in opvoeding en berading vir familielede en vriende wat die pasient moet ondersteun met die neem van medikasie sonder om een dag oor te slaan.

Benewens behandeling met HAART, behoort pasiente wat opportunistiese infeksies en MIV verwante siektes opdoen, ook toegang te he tot behandeling daarvoor. Die riglyne is duidelik dat in gevalle waar behandeling misluk, die nodige en toepaslike sorg en ondersteuningsdienste beskikbaar moet wees. Ander voorwaardes wat met die voorsiening van HAART gepaard gaan, sluit in maklike toegang tot vrywillige berading en toetsing vir vroee diagnose van MIV infeksie en om die tydige toegang tot behandeling te verseker. Diegene wat mediesehulpfonds dekking geniet, sal nie in die openbare gesondheidstelsel van HAART voorsien word nie.
Gedurende die afgelope jaar was daar minder infeksies in die
ouderdomsgroep 13-19 jaar, maar die infeksie tempo het in alle ander
ouderdoms-groepe toegeneem.

MIV voorkoms volgens ouderdomsgroepe in 2002

13-19 jaar                   10,7%
20-24 jaar                   22%
25-29 jaar                   28%
30-34 jaar                   27%
35-39 jaar                   21%
40-44 jaar                   16%
45 jaar en ouer              12%

Bron: National HIV Sentinel Survey 2002
COPYRIGHT 2003 Sister Namibia
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Dutch language
Author:deur Marietjie Naude, Vertaal
Publication:Sister Namibia
Date:Sep 1, 2003
Words:750
Previous Article:Bience Gawanas: aanvaar die uitdaging van maatskaplike veranderinge.(Dutch language)
Next Article:Alexia ncube: okwa yooloka ashike ota dulu.(Dutch language)



Related Articles
Waarom is dit belangrik om 'n testament te he?
Veldtog vir Seksuele regte bevraagteken seksuele norme.
Urgent need to protect babies from aids.
Alexia Ncube: Anders en Bekwaam; Die verknorsing van andersbevoegde mense en in besonder die van andersbevoegde vrouens word vir lank reeds deur die...
Die Namibiese Vrouemanifes Netwerk: 5% [right allow] 50% vroue en mans in die streeksowerhede--kry die balans reg! Verkiesingsveldtog 2004 vir...
50/50 Veldtog verseker geslagsbalans op plaaslike owerheidsvlak.
Die Namibiese Vrouemanifes Netwerk: 50-50 vroue en mans in die plaaslike regering--kry die balans reg! Veldtog vir geslagsgebalanseerde "sebra" party...
Vroue en Vigs.
Naomi Kisting: ons kan die aangesig van die wereld verander!
Anita Isaacs: begin die lewe van nuuts af met HIV en Aids.(PROFIL)

Terms of use | Copyright © 2008 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles