Aardbewing.
Aardbewing
sy staan op 'n stukkie aarde
die wind is ysig stil
myne, dink sy, en kyk na die
blomme om haar
as die wurm onderlangs begin
wriemel
en die bome begin
buig
wankel sy nie
haar oog vang die rysmiere wat
uitpeul en soos droe angs die lug in
verdwyn
haar nek buig agteroor
duisende voels maaier in
die lug rond iets
pions in haar oop mond
laat haar steier
sy val agteroor begin
op droe grond dryf en
wieg en wankel
graafloos word sy ingespit in
haar aarde
die blomme gaan sit op haar graf
myne, sing huile in
die wind
COPYRIGHT 2007 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2007 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.
|
Reader Opinion