7. The girl from Ipanema.
7. The girl from Ipanema
Kordaat stap sy met haar waatlemoenboude
in 'n tanga oor die Copocabana
haar borste hie skorsies
maar oorryp spanspekke
en haar lippe twee oorryp pruime.
Sy is 'n hele spyskaart sundowners
soos "Sex on the beach",
"Wild Orgasm",
"Blow Job"
en ander beloftes van seks.
Ek eet haar met my oe
en wonder oor haar oorryp koejawel
en die smaak van bitterlemoene.
Die vrugteslaai van uitnodiging
stap stadig en swalk
op haar hoe hakke.
Sy is 'n hoer, sy vra geld.
Ek begeer nie betaalde seks
of 'n one night stand in 'n sleazy hotel
nie. Nee, ek soek na iets meer,
soos die ghitaarspeler op die hotel se boulevard
wat pluk-pluk aan die snare:
"Tall and tan and young and lovely,
The girl from Ipanema goes walking,
And when she passes goes 'a-a-ah'".
Soos Antonio Carlos Jobim
weet ek hoe mens kan verlang
na iets meer as 'n kortstondige
e-k-s-t-a-se.
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion