Printer Friendly
The Free Library
19,573,962 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

6. I left my heart in San Francisco.


6. I left my heart in San Francisco

   Ek laat jou agter hart
   verweerde hart
   stukkende hart
   gebroke hart
   in Frisco op 'n mistige oggend
   toe ek op die Greyhound klim na Dallas.
   Jy laai my af op die halte. Ons gaan
   mekaar waarskynlik nooit weer sien
   nie. Ons was geleentheidslovers. Twee uitruilstudente
   by Berkeley in huis vir navorsers.
   Ons het 'n seisoen van somer gedeel en vanoggend
   is dit hefts. Ek staan met my enkelkaart, maar my hart
   sal terugkeer na jou en ons nagte vol ekstase en opwinding
   in die kamer met toegewasemde ruite. Snags stap ons oor die
   hangbrug
   van ons nuutgevonde hartstog. Ek verduidelik vir jou die
   samestelling:
   hart(s)tog. Dat daar altyd in die hart 'n tog, 'n vertrek opgesluit
   le.
   As kenner van Germanistiek begryp jy beter as wat ek vermoed ...
   Nou is dit die oomblik. In die verleehalte van afskeid.
   Ja, ek sal skryf. Vir oulaas voel ek jou sagte borste
   teen myne: die hartklop van ons eensgesindheid.
   Hoe lank voordat jy my
   vergeet, my hart?
   En 'n ander vrou
   aan jou lippe
   hang?
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Author:Hambidge, Joan
Publication:Literator
Article Type:Poem
Date:Aug 1, 2003
Words:182
Previous Article:5. Om op jou jags te maak.
Next Article:7. The girl from Ipanema.



Related Articles
O Beautiful for Spacious Skies.
HOME AT LAST : The pilgrimage of Claude McKay.
Mortal Companion.
Teaching With Fire: Poetry That Sustains the Courage To Teach.
Blue in Black and White.
Echoes of Howl.
Howl on Trial.

Terms of use | Copyright © 2012 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles