5. Onthou.
5. Onthou
Na vermoedelike skilderye (dalk fliektonele)
Oggend glip 'n oopgelate venster binne,
blakend--
'n blonde jongeling
teen die donker voue skuifgordyn;
stryk oor 'n pluistapyt se pienk (of: groen olyf);
ets spitse af
van hoehakskoene, uitgeskop
(frommelings van 'n rompie in die skemer voorgrond?);
talm, bloesend, by newels bra en broekieskous;
vleg plooiings
pastel-lig
in 'n afgevalle laken;
laat fasette skitter in 'n smuktafel se kristallyne vrag;
ontwaar oplaas
op 'n perlemoenglansbed
haar gelate naaktheid
--roep sinsverrukkings voor die gees:
ledemate van die maan in gaasgordyne
windbeweeg
snakke uit gevalle klere wat opslaan in parfume wat afgee aan
strelings huid en haar wat reikhals na oorstelping ...
heter dade handvoltrek
tot 'n skouspel woordstorting.
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion