3. rokname.
3. rokname
iets naamloos dore en blind
hardnekkig het ons twee
laat weier om mekaar
van jongs af prys te gee ...
juwele die onthou ek eintlik nie,
van hoede toentertyd met tulle
onthou ek vaag. maar rokke
so baie helderte het ek van hulle
daar was die houtskoolrok
met Ioodgrys kolle, tarentaal.
die een met troupantkleure
haar naam was fluister-asemhaal-
van-blomme
as jy loop
of hier en daar selfs in 'n stoel
doodstil rondsit.
die bloue was my-hart-voel-
klop-onder-my-bors.
die swart-en-wit-gestreepte een: sebra
vir meestal net vanaand
met uitgaan dra
en dan 'n pronksingvink
die ene swart en geel
hang aan 'n graspluim wat die wind
wat oor haar gaan sag streel
daar was 'n nuwerwetse een
met ingeweefde kreuk
hoe mens haar ook al was of stryk
met byna vleeslik haar eksoties vreemde reuk ...
en toe jy kwalik was en skuifelend
het ons 'n nuwe weer gekoop
en lieg-lieg lag-lag het ons haar
stilstreel-en-saggies-soen gedoop
en dan was daar 'n allerlaaste een
ontwerp deur hartseerliefde, nee!
so menslik op ons afgedwing
te onvertaalbaar nee! nee!
om haar 'n naam te gee
COPYRIGHT 2004 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2004, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion