2. Piekniek, miskien 1971.
2. Piekniek, miskien 1971
Waar die groot omhaal van son en wolke oop verloop
--in 'n streek waardeur hoofwee afgemete mik
op elders--plaasgeluide aanspoel en toeslik--
gooi hulle eendag 'n deken op die ouwerf oop;
uit saalsakke word plaat en platespeler gehaal
(Debussy se Faun?), en skons, 'n warmfles met tee;
in die ru boord kry hulle nog 'n vrug of twee;
en later staan hul voor mekaar, skaamwonderkaal;
maar niemand daar met voorgevoel vir ou verraad nie
--nie hy of sy nie, bevange van hul jong geluk,
nog die perde wat bekke kweek die weft af pluk--en
geen oomblik het die dag getalm in sy vaart nie.
Net die geheue wat hul soms nog parte speel,
'n vervalle tuin se ongeskondenheid verbeel.
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.
|
Reader Opinion