Printer Friendly
The Free Library
4,635,585 articles and books
Member login
User name  
Password 
 
Join us Forgot password?

'n Stygende lyn ... tog ontbreek fyner afwerking.


Vos, Cas. 2003. Enkeldiep. Pretoria Pretoria (prĭtô`rēə), city (1991 pop. 667,700), Gauteng, administrative capital of South Africa and formerly capital of Transvaal.  : Protea protea

of South Africa. [Flower Symbolism: WB, 7: 264]

See : Flower Or Plant, National
 Boekhuis. 68 p. Prys: R79.95. ISBN ISBN
abbr.
International Standard Book Number


ISBN International Standard Book Number

ISBN n abbr (= International Standard Book Number) → ISBN m 
 1-86919-037-8.

Resensent: B.J. Odendaal (Dept. Afrikaans en Nederlands, Duits & Frans, Universiteit van die Vrystaat)

Cas Vos het in 1999 op eie onkoste as digter gedebuteer met Vuurtong. Daarna het Gode van papier in 2001 gevolg, en nou weer we·er  
adj.
Comparative of wee.
 Enkeldiep, albei by die toonaangewende Protea Boekhuis.

Daar is 'n stygende lyn in Vos se digterskap te bemerk, maar soos aangaande sy vorige bundels meen ek dat heelparty van die gedigte in hierdie derde een by deegliker oorweging en fyner afwerking kon baat. Ek verduidelik aan die hand van 'n voorbeeld.
Boodskap in 'n bottel

   Ek slinger 'n verseelde bottel
   met 'n boodskap woordeloos in die see;
   dit breek soos 'n vis deur golwe,
   Snags is die Suiderkruis die vis
   se ligkaart in die woelige water.

   Vinne groei en beur snakkend
   na waters waar geheime leef.
   Die boodskap glip onstuimig
   in wiegende blou water
   tot 'n onthulling.

   Met 'n gekurkte oog
   en 'n lyf glad soos glas,
   spoeg hy sy boodskap sprakeloos
   uit op die wit sand
   van 'n onbekende hartland.


Die boodskap-in-'n-bottel-beeld vir 'n blindelingse, maar hoopvolle waagkans op kommunikasie is geen nuwe nie. Vos sorg vir iets minder geyk deur die bottel 'n vis te laat word, hoewel duidelike naklanke van D.J. Opperman se Joernaal van Jorik te verneem is. Die afhanklikheid van die boodskapsender word beklemtoon deur die "Suiderkruis"- en "ligkaart"-motiewe, wat religieuse betekenisse kry. Uitdrukkings soos "woelige water", "onstuimig" en "spoeg hy sy boodskap sprakeloos uit op (...) 'n onbekende hartland" getuig van die waagstuk wat aangegaan word.

Die gedig kom uit die eerste afdeling van die bundel, waarin die ontstaan en bestaan van poesie 'n belangrike tema is. 'n Mens neem neem (nem) Azadirachta indica, a large evergreen tree having antifungal, antibacterial, antiviral, and antimalarial activity; long used medicinally for a wide variety of indications.  dus aan dat "Boodskap in 'n bottel" veral 'n gedig oor digterlike kommunikasie is.

Daar is egter 'n aantal spesifieke dinge dinge  
n.
Grime or squalor; dinginess.



[Back-formation from dingy1.]

Noun 1.
 in die gedig wat hinder hin·der 1  
v. hin·dered, hin·der·ing, hin·ders

v.tr.
1. To be or get in the way of.

2. To obstruct or delay the progress of.

v.intr.
. Reel twee se "met 'n boodskap woordeloos" kom ooreen met "sy boodskap sprakeloos" aan die einde, sodat die gedig beter afgerond voorkom. Die sintaktiese omkering waardeur "boodskap" en "woordeloos" naas mekaar te staan kom, trek egter te veel aandag, terwyl die oenskynlike teenstrydigheid wat daardeur teweeggebring word, ruin of niks bydra tot die gedigbetekenis nie. Eintlik is "woordeloos" oorbodig in daardie sin.

"Snakkend" in die tweede strofe is nog 'n woord wat die digter se heroorweging verdien. Die woord sou gepas wees in verband met 'n vis of 'n mens, maar die onderwerp van die betrokke sin is "vinne"--en of vinne kan "snak"?

Voorts kom die vergelyking van die bottel met "n lyf glad soos gJas" in die slotstrofe toutologies voor. Die uitspoegery waarvan in hierdie strofe sprake is, is eweneens beeldspraak. Die meer voorstelbare uitspoeg van die bottel deur die see word oortuigend oorgedra op die boodskap wat in die bottel bevat is. Maar dan maak die slotwoord "hartland" die metaforiek in die gedig onnodig eksplisiet, bowendien op 'n ietwat maklike wyse. Het Breyten Breytenbach Breyten Breytenbach (born September 16, 1939) is a South African writer and painter with French citizenship.

Breyten Breytenbach was born in Bonnievale in the Western Cape, approximately 180 km from Cape Town and 100 km from the southernmost tip of Africa at Cape
 dit DIT

di-iodotyrosine.
 dan nie al toentertyd in "Ek wag in my hart" gehad oor die geyktheid van die hart-beeld nie?

Gelukkig is daar net soveel wat digterlik slaag in Enkeldiep as wat daar dinge is wat hinder. Vos beklemtoon as 't ware ware See Groupware, Hardware, Shareware, Software.  self iets hiervan in die gedig "X-straalfoto" (opgedra aan "die kritikus"!): "al is die liggaam geheel ontwrig / onsigbaar klop die hart van die gedig".

Gedigte wat in hulle geheel meer bevredig, sluit "X-straalfoto", "Stasie", "Teesprake", "Siek vrou vrou
Noun

S African an Afrikaner woman, esp. a married woman [Afrikaans]
", "Maan", "Soetlemoen", "Son", "Riskant" en "Sterre" in.

Soos in sy vorige bundels kom die verse in Enkeldiep meestal iewers tussen vaster en vryer vormgewing te staan. 'n Hele aantal kere sal die twee slotreels van gedigte rym om 'n sekere slotsom of eindpunt te beklemtoon--soos in "X-straalfoto"--sonder dat 'n rympatroon noodwendig in die res van die gedig voorkom. Andersins kom eindryme heel heel (hel) calx; the hindmost part of the foot.

cracked heels  pitted keratolysis.


heel
n.
1.
 toevallig voor. Soms is die versreels en strofes reelmatig in lengte, ander kere nie. Die enkele slag dat Vos wel 'n geykte vaste vorm aanpak, naamlik met "Villanelle vil·la·nelle  
n.
A 19-line poem of fixed form consisting of five tercets and a final quatrain on two rhymes, with the first and third lines of the first tercet repeated alternately as a refrain closing the succeeding stanzas and joined as the final
 vir die oudag", loop die poging plek-plek skeef weens geforseerd- en troebelhede soos "(n)ou wil ek herinneringe vir jou koop", "(n)oudat die jare jou oe in 'n poel doop" en "laaf jou mond met herinnering se kuur".

Die gedigte is in ses See Stock Exchange of Singapore.

s s

Used on the consolidated tape to indicate a transaction of less than a round lot: AEPPr 5ss47.
 afdelings gerangskik, met titels wat Iosweg samehangende tematiese komplekse aandui. Agtereenvolgens heet hulle "Vrugwater" (geboorte, kunsskepping, voortdurende transformasie, kwesbaarheid), "Mantels na die wind" (veranderlikheid, verraderlikheid, teesprekenhede, hartstogtelike bevliegings en derglike), "Doodtevrede" (lyding, verganklikheid, berusting), "Die laaste dans" (die balans/tweespalt tussen hoop en doem, vreugde en desperaatheid, deernis en kwesbaarheid, lewenslus en sterflikheid, ensovoorts), "Nuwe nageslag" (nalatenskappe van hoop of skrik, byvoorbeeld) en "Vaste grond" (troos, verlossing, nuwe groei).

Nog losser lyk die bundelsamehang rondom die bundeltitel. "Enkeldiep" kom direk ter sprake in die gedig "Achilleshier", wat die kwesbaarheid- of fnuikingsgedagte as die oorkoepelende tema aangee.

Dit verg nogal beredenering om sommige van die bogenoemde afdelings onder die dak tuis te bring.
COPYRIGHT 2003 Literator Society of South Africa
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.
Copyright 2003, Gale Group. All rights reserved. Gale Group is a Thomson Corporation Company.

 Reader Opinion

Title:

Comment:



 

Article Details
Printer friendly Cite/link Email Feedback
Title Annotation:Enkeldiep
Author:Odendaal, B.J.
Publication:Literator
Article Type:Book Review
Date:Nov 1, 2003
Words:817
Previous Article:Nog 'n omdigting van Bybelse onthougoed.(Boegoe vannie liefde)(Book Review)
Next Article:Gefnuikte verwagtings.(Koggelmanderman)(Book Review)
Topics:



Related Articles
Male, Female: The Evolution of Human Sex Differences.(Review)
Hamilton, Lyn. The Etruscan chimera; an archaeological mystery.(Brief Article)(Young Adult Review)(Book Review)
Ehrenhaft, Daniel. Tog it to Naomi.(Brief Article)(Book Review)
'n Speurtog met baie ompaaie, maar sonder 'n werklike konklusie.(Die Plaag, die stil geknaag van skrywers, termiete en Suid-Afrika (uit Nederlands...
Daisy The Cripple Creek Donkey.(Brief Article)(Children's Review)(Book Review)
Gepaste styl laat 'n teks kommunikeer.(Stylboek: Riglyne vir paslik skryf)(Book Review)
Toeganklike lirieke met 'n digterlike aanslag.(Kaalvoet. Liedtekste)(Book Review)
Farrar Straus Giroux.(Brief Article)(Children's Review)(Book Review)
What are you reading?(Leadership and the New Science: Discovering Order in a Chaotic World, 2d ed.)(Women's Ways of Knowing)(How to Get Ideas)(The...
Dirty Cheap.(Brief article)(Book review)

Terms of use | Copyright © 2008 Farlex, Inc. | Feedback | For webmasters | Submit articles