'n Hunkering na die heimat.Leroux, J. 2004. Een vir die wolfskof. Pretoria: LAPA LAPA Length Adaptive Pressure Assessment (PII Group) LAPA Leased Access Programmers Association (Jackson, MS) Uitgewers. 378 p. Prys: R139,95. ISBN ISBN abbr. International Standard Book Number ISBN International Standard Book Number ISBN n abbr (= International Standard Book Number) → ISBN m : 0 7993 3315 8. Johnita le Roux Roux , Pierre Paul Émile 1853-1933. French bacteriologist. His work with the diphtheria bacillus led to the development of antitoxins to neutralize pathogenic toxins. se derde roman, Een vir die wolfskof, is in manuskripvorm as naaswenner van Sanlam en Insig se Groot Romanwedstryd aangewys. Soos in haar vorige romans, die bekroonde Die dagsterwals en Kus van die Winterskerpioen, vorm die heimwee van 'n ontheemde geslag na hulle plek van herkoms en die problematiese saambestaan van mense n. 1. Manliness; dignity; comeliness; civility. v. t. 1. To grace. weer we·er adj. Comparative of wee. 'n belangrike gegewe. Dit is 1995, 'n jaar na die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. Die verhaal sentreer om die lewe van twee vroue: die praktiese Berta Jordaan, 'n verpleegster, en Larey Lombard, haar puntenerige en effens neurotiese berader. Die verhaal betrek egter ook hul onderskeie gesinne en, aan die hand van grepe uit die verlede, 'n uitgebreide familiegeskiedenis. Tydens haar gereelde terapiesessies probeer Berta sin maak van die bagasie wat haar man, Jakes, as soldaat van die vorige staatsbestel met horn saamdra, asook die impak wat dit op hulle huwelik het. Soos Kilian in Andre P. Brink se Die jogger voel Jakes horn in Verb 1. horn in - search or inquire in a meddlesome way; "This guy is always nosing around the office" nose, poke, pry, intrude search, look - search or seek; "We looked all day and finally found the child in the forest"; "Look elsewhere for the perfect gift!" die nuwe bedeling deur sy eertydse bevelvoerders in die steek gelaat--hy is van sy mag, maar ook van sy manlikheid gestroop. Aangesien hy van tyd tot tyd vir psigiatriese behandeling opgeneem word, spandeer hy al hoe hoe, usually a flat blade, variously shaped, set in a long wooden handle and used primarily for weeding and for loosening the soil. It was the first distinctly agricultural implement. The earliest hoes were forked sticks. minder tyd by die huis. In sy afwesigheid wend Wend Any member of a group of Slavic tribes that by the 5th century AD had settled in the area between the Oder and Elbe rivers in what is now eastern Germany. They occupied the eastern borders of the domain of the Franks and other Germanic peoples. Berta 'n dapper Dapper lawyer’s clerk; swindled into believing himself perfect gambler. [Br. Lit.: The Alchemist] See : Dupery poging aan om liggaam en siel bymekaar te hou in 'n voorstedelike buurt wat toenemend tekens van agteruitgang en verval toon. Dit is duidelik dat Berta haar ontuis voel in die omstandighede en terugverlang na die Hantamwereld van haar kindertyd. Hierdie hunkering na die heimat herinner onwillekeurig aan die verstedelikte Afrikaner se verlange na die platteland platteland Noun the platteland (in South Africa) the country districts or rural areas [Afrikaans] en plaaslewe--'n tema wat veral in die ouer Afrikaanse prosa sentraal gestaan het. Ook Larey hou egter 'n paar geraamtes agter haar beheerste facade facade (fəsäd`), exterior face or wall of a building. The term implies ordered placement of its openings and other features and thus seems inapplicable to a wall without design. as berader skuil: sy is as kind gemolesteer, haar huwelik het misluk en sy kan nie sonder vrees 'n deur oopmaak nie. Alhoewel sy haar ervarings vroeer aan die hand van allerlei stories verwoord het, spits sy haar aandag as berader eerder toe op die skryf van 'n "tesis" oor die bloedspoor van verskillende geweldsvorme in die Suid-Afrikaanse samelewing. Berta se vertellings oor haar en Jakes se familiegeskiedenis gryp Larey se verbeelding egter in so 'n mate aan, dat sy die oorlewerings as storiemateriaal begin gebruik en gebeure uit die verlede as't ware ware See Groupware, Hardware, Shareware, Software. herskryf. In die opsig speel Berta as klient 'n deurslaggewende rol in die helingsproses van haar berader, aangesien Larey die geleentheid kry om haar emosies aan die hand van die geskiedenis "uit te speel": "Dis twee totaal verskillende aanslagte met 'n tesis en 'n storie (...)! In die eerste moet jy dit uitspel, maar in die tweede moet jy dit uitspeel (...) Dis juis in daardie uitspeel wat ek vermoed genesing le" (p. 66). Per toeval word die twee vroue metgeselle op 'n reis wat hulle tot diep in die Sederberge neem neem (nem) Azadirachta indica, a large evergreen tree having antifungal, antibacterial, antiviral, and antimalarial activity; long used medicinally for a wide variety of indications. : Larey om 'n pasient, Ruben Dotwana, te vergesel na die plaas, Eeden, waar sy ma woon, en Berta om Jakes-hulle se familieplaas, Swerwersrus, te besoek en die koperkruis op Doman Kiewiets se graf te plaas ten einde Meisie Kiewiets se vloek af te weer. Tydens hulle tog loop hulle die spore van die verlede na--die moord op die Verburgs en die jong Noun 1. Jong - United States writer (born in 1942) Erica Jong Magdalena wat in die skietrondawel deur mak Boesmans weggesteek is; Bettie van Deventer wat met haar seun Theuns die berge ingevaar en vir 'n paar jaar daar aan die lewe gehou is; Ouma ouma Noun S African 1. grandmother, often as a title with a surname 2. Slang any elderly woman [Afrikaans] Ella se broer, Frikkie, wat 'n kind by Meisie Kiewiets verwek het en later op wreedaardige wyse deur Meisie se broer, Doman, vermoor is. Hulle reis word in talle opsigte ook 'n reis van selfsoeke; 'n tipe Jungiaanse individuasie- en helingsproses ten opsigte waarvan Meisie Kiewiets as "gidsfiguur" 'n deurslaggewende rol speel. Naas Ouma Ella is sy die enigste lewende skakel met die verlede en dus ook die enigste persoon wat aanwysings na die graf kan gee. Uiteindelik keer die twee vroue as veranderde mense terug. "Dis of ek nou eers mens word," merk Larey op wanneer hulle die eenvoudige nagmaal van rooi koeldrank en broodrolletjies deel: "Tot hier was dit of ek geslaap het, gedroom het" (p. 300). Ook Berta verwoord nuwe voornemens en insigte. Teenoor Larey erken sy byvoorbeeld 'n ongemaklikheid met die proses van berading: "[S]ulke eierdanse is nie vir my nie (...). Al daardie gefyntrap rondom rou senuwees; die aanmekaar se oopkrap van ou wonde; die suutjiespoep om 'n hoekie. Maar ek dink dink - /dink/ Said of a machine that has the bitty box nature; a machine too small to be worth bothering with - sometimes the system you're currently forced to work on. First heard from an MIT hacker working on a CP/M system with 64K, in reference to any 6502 system, then from fans tog ek is gereed om nou te spesialiseer in psigiatriese verpleegkunde--'n ou ideaal van my waarvoor daar hog nooit vir my kans was nie (...) Buig of bars: in die nuwe jaar doen ek dit. Jakes en die kinders sal net eenvoudig nou vir my ook 'n kans moet gun. Vir hulle het ek al deeglik genoeg genurse dat hulle op eie bene kan begin staan" (p. 311). Wanneer Berta na 'n inbraak in hulle huis en 'n gewelddadige aanval op haar seun, Jako, besluit om saam met Jakes na Swerwersrus te verhuis en die Kiewietse se grondeis met alles wat in haar is tee te staan, kies sy egter die ou pad van aggressiewe vergelding--om by wyse van spreke "met die wolwe in die bos te huil" (p. 351). Wanneer sy boonop meedoen aan Jakes, wat intussen wonderbaarlik herstel het, se impulsiewe jaagtog na die township township: see town. , boet die roman geloofwaardigheid in. Dat die intelligente en sensitiewe Berta na haar reis van selfsoeke en die simboliese gebaar van skulddelging en versoening wat sy daarmee maak, tot so 'n besluit kom, is werklik onoortuigend. Binne die groter diskoers van grondhervorming en plaasgeweld in Suid-Afrika, maak dit selfs nog minder sin. Tog bled Berta se siniese opvatting: "Woorde alleen is hol. Daarom trek ons" (p. 354), 'n interessante korrektief op Larey se effens optimistiesie opvatting dat woorde alleen genesing en versoening kan bewerkstellig: "Woorde is nie hol nie. Woorde het baie krag. Onthou wat Meisie Kiewiets gese het van 'n vloek: dis niks meer as net 'n klomp woorde nie, maar daar le psigiese krag daarin as jy dit toelaat (...) Woorde kan selfs kliere aktiveer. Woorde kan genees" (p. 354). Berta se keuse dien verder ook as 'n illustrasie van die motto: "Die toekoms is niks anders nie as die verlede wat deur 'n ander poort binnekom." Anders as Larey wat 'n doelbewuste breuk met die verlede bewerkstellig deur haar eks-man se proefbuise stukkend te trap, is Berta as gevolg van haar omstandighede en keuses nie in staat om uit die foute van die verlede te leer nie; trouens, sy werk daaraan mee dat die geskiedenis hom in 'n sekere mate herhaal. Maar hierin 16 daar ook 'n element van troos: net soos wat die gewraakte patrone van geweld, vooroordeel, vergelding en haat deur die eeue herhaal word, net so bestaan daar ook altyd die moontlikheid van genade en versoening. Die genade le in die enkel dade van goedheid wat een mens tydens die moordende wolfskof van die titel aan 'n ander doen: Jakes wat vir Stofile van die dak afhelp; 'n Boervrou wat 'n vermeende moordenaar se beseerde been versorg en Diergaardt wat vir Doman Kiewiets voor sy teregstelling met Skriflesings probeer vertroos. Ten spyte van die grootse opset en ryk simboliek, vergelyk byvoorbeeld die rol wat wolwe, water, kraaie, klaviere en kruise speel, is die roman nie vry te spreek van kritiek nie. Die dialoog tussen Larey en Berta skep skep n. A beehive, especially one of straw. [Middle English, basket, from Old Norse skeppa, a dry measure, and from Old English sceppe (from Old Norse skeppa). soms 'n geforseerde indruk, terwyl dit dikwels klink asof Larey dele de·le n. A sign indicating that something is to be removed from printed or written matter. tr.v. de·led, de·le·ing, de·les 1. To remove, especially from printed or written matter; delete. 2. uit 'n terapiehandleiding aanhaal. Hoewel dit 'n slim tegniek is om die notas wat Larey in die loop van die verhaal op helderkleurige papiertjies neerskribbel as hoofstuktitels te gebruik, skep dit soms die indruk dat die verhaalstof doelbewus namens die leser gemterpreteer word. Ook die gebruik van argafese uitdrukkings, soos "sidderende snikke", "verslae stilte", "klaende klanke" en "liggies vertoorn" raak stilisties hinderlik en rym nie met die moderne mo·derne adj. Striving to be modern in appearance or style but lacking taste or refinement; pretentious. [French, modern, from Old French; see modern.] Adj. 1. idioom waarin die roman afspeel nie. Hierdie bedenkinge ten spyt, is Een vir die wolfskof 'n roman wat belangrike vrae stel oor vergelding, ontheemding, vergifnis, genesing, geweld en genade. Nie alle lesers sal noodwendig tevrede wees met die antwoorde wat die teks self op hierdie vrae verskaf nie. Tog is dit 'n roman wat die leser tot nadenke stem en dwing om sy/haar gevestigde aannames te bevaagteken. Miskien Ie die grootste waarde van Le Roux se omvattende en ambisieuse roman juis hierin! Resensent: Thys Human Departement Afrikaans, Universiteit van Johannesburg |
|
||||||||||||||||||

Printer friendly
Cite/link
Email
Feedback
Reader Opinion