'n Gehunker na Kalahari genot.Ek onthou hoe ons tussen Baas Danie se twee duine op Duineland gestaan het net toe die volmaan opkom en die aandhemel in skitterende skakerings van grys en bleekblou, silwer droomland verf. Toe Kai-mas (grootma) se geroep en Surikus, my sussie se serenade agter die rooi duine wegsterf, was dit ek, jy en die volmaan op Duineland, Baas Danie se Kalahari trots. Ons het ooreengestem om die volgende volmaan weer te ontmoet, kom wat wil, op die Kalahari Express.' Dit is hoe ons baas Danie se ou rooi Ford gedoop het wat ons pligsgetrou elke vakansie van die plaasskooltjie oplaai vir n welverdiende rus op Duineland. Duineland, waar die springbok en kudu vryelik wei, gele tussen die mooiste twee rooi Kalahari duine. En toe ons langs mekaar in die Kalahari Express sit en jy geheimsinnig n vars wortel in my hand druk, fluisterend, "Moenie dat hulle sien nie, dis n teken van my ... " en hoe, toe ek die eerste hap neem, almal die gekrak van varsheid en Kalahari sand hoor. Al twaalf oe is gelyktydig op my mond gerig wat gebult het met oranje varsheid. "Dis heel waarskynlik n lekker van Tom Tom se cuca winkeItjie," se Tarub. "Nee, nee, dis n albaster. Net n albaster kan so bult" antwoord Anis. "Mmmm, laat ek sien, ek is seker dit is Tikati se damalekkie (tuisgemaakte toffie)," voeg Hues by terwyl sy haar vingers dramaties oor my bultende wang vryf Net toe glimlagjy, en toe ek virjou glimlag, sien hulle n bietjie wit en oranje in my mond. "Dis oranje! Dis oranje!" skree Mansib net toe die Kalahari Express n slaggat in die pad tref voor ons die afdraai na Duineland neem. Toe is dit tyd vir ons om plat en doodstil te le sodat Kai-mas en Surikus dink ons is nie in die kar nie. Jy het langsaan my ingebeur metjou hand oor myne en gefluister, "Is dit lekker?" "Nee, stamperig," se ek menend jy praat van die rit vanaf die afdraai." Ek meen die wortel, meisiekind," se jy toe. "Ja nogal, baie soet, dankie." Ek het net begin giggel toe ons voor die rooi steen plaashuisies stilhou en die geshhhh van die ander my stilmaak. "Die kar is dan leeg" hoor ons vir Kai-mas nader kom. "Waar is die kinders dan tog?""Ek hoor n geproes", grinnik Surikus terwyl ons onder die komberse probeer wegkruip met my hand styf in joune. En nou, elf jaar later, met n bondel wortels styf in my hande, wag ek op die Kalahari Express wat onlangs opgeknap is en nog steeds die duine roete ry terwyl ek wonder hoe jy nou sou gelyk het, wat jy nou sou gedoen het, as dit nie was vir jou jeugdige dwaasheid nie, oppad najou rusplek tussen die twee duine in die duine vallei waar nou net die volmaan oor jou waak, my wortel liefde. Ek, n eensame figuur altyd in swart geklee self's al dra ek die rooiste rooi rok, altyd hunkerend vir n bietjie oranje genot, vol van varsheid en Kalahari sand. Hieredie story is oorspronklik in Engels gepubliseer in die boek We must choose life. Writings by NamibianWomen on culture, violence, HIV and Aids, saamgestel deur Elizabeth I Khaxas, Women's Leadership Centre, Windhoek 2008. Deur Floria Kharas |
|
||||||||||||||

Printer friendly
Cite/link
Email
Feedback
Reader Opinion