'n Ander ek.'n Ander ek. E. K. M. Dido. Roggebaai: Umuzi. 2007. 254 pp. ISBN ISBN abbr. International Standard Book Number ISBN International Standard Book Number ISBN n abbr (= International Standard Book Number) → ISBN m : 978-1-4152-0034-6. Reeds die titel Titel (Тител) is a town and municipality in the South Bačka District of the Vojvodina, Serbia. The town of Titel has a population of 5,831, while the population of the municipality of Titel is 16,936. van E. K. M. Dido se mees onlangs verskene roman dui aan dit DIT di-iodotyrosine. hier om kwessies rondom identiteit gaan. Anders Anders is a name in Scandinavian languages, the equivalent of the Greek Andreas ("manly") and the English Andrew. Anders is the German word for different. In Sweden, Anders has been one of the most common names for many centuries. as byvoorbeeld in 'n vorige roman, naamlik 'n Stringetjie blou krale (2000), gaan dit egter nie om die vind van 'n gekleurde identiteit in 'n postapartheidsbestel na die politieke veranderinge in 1994 in Suid-Afrika nie. As slagoffer van 'n ernstige gewelddadige aanranding en verkragting, verkeer die vroulike hoofpersoon (Gertruida Reiger) vir ses See Stock Exchange of Singapore. s s Used on the consolidated tape to indicate a transaction of less than a round lot: AEPPr 5ss47. maande in 'n bewustelose toestand. Wanneer sy bykom, ly sy aan geheueverlies en skep skep n. A beehive, especially one of straw. [Middle English, basket, from Old Norse skeppa, a dry measure, and from Old English sceppe (from Old Norse skeppa). sy vir haar 'n voorlopige identiteit met as naam Egidius Papier. Die volledige uitleg vir die keuse van hierdie naam (80-81) doen enigermate afbreuk, aangesien die leser daarmee doelbewus ingelig word en suggestie inboet vir uitsegging. Die naam Egidius verwys naamlik na die bekende anonieme gelyknamige Middeleeuse elegiese gedig waarin die spreker in 'n alleengesprek die gestorwe vriend(in) se dood betreur. Binne konteks sou die keuse van hierdie naam 'n projeksie kon wees van die hoofpersoon se persoonlike situasie waarmee verwys word na die tydelike en figuurlike dood van "die een / eintlike / ware ware See Groupware, Hardware, Shareware, Software. ek", terwyl haar geheueverlies haar noop om die identiteit van "'n ander ek"--as alter ego--te moet aanneem. Op geslaagde wyse onderbreek Dido die chronologiese verloop van die gebeure om die besonderhede aangaande die aanranding en verkragting vir die leser stap vir stap te laat ontvou (102, 103, 114, 121, 155-156, 182). Deur hierdie ervaring op dramatiese wyse as sporadiese terugflitse--geskryf in die dinamiese teenwoordige tydvorm--aan te bied, word dit nie slegs tot die hoofpersoon se bewussyn gemaak nie, maar op dramatiese wyse as 't ware herbeleef as "nou" om daarmee die traumatiese gevolge daarvan te bevestig. Alhoewel hierdie roman nie soseer polities gelaai is soos byvoorbeeld haar debuutroman Die storie van Monica Peters (1996) en 'n Stringetjie blou krale (2000) nie, openbaar Dido weer we·er adj. Comparative of wee. die diep gesetelde maatskaplike bewustheid wat kenmerkend van haar werk n. 1. See Work. geword het. Die gebeure, waarvan die hede Two places called Hede are known to Wikipedia:
Die implisiete outeur se deernis met die misdeeldes in die samelewing is in hierdie roman veral gerig op die bergies--die (hoofsaaklik gekleurde) werkloses wat in haglike omstandighede in en teen die hange van Tafelberg 'n blote bestaan- en 'n oorlewingstryd voer. Met die hoofpersoon se tydelike gebrek aan 'n identiteit, skep die outeur die geleentheid om die oe van die meer bevoorregtes, wat hulle dikwels in 'n ivoortoring bevind, oop te maak vir die bergies se onbenydenswaardige en mensonwaardige bestaan. Wanneer Egidius (alias Gertruida) die hospitaal moet verlaat, aangesien hulle haar nie langer kan huisves wanneer sy nie meer in 'n koma is nie, word sy--as "'n ander ek"--een van die bergies, omdat sy nie kan onthou wie sy werklik is nie en geen ander heenkome het nie. Dido laat sien dat etiese waardes ondergeskik gestel kan word aan die mens se drang om bloot te oorleef: om te steel beteken om te leen van die meer gegoede landsburger (134-135; 187). Die neerhalende houding van die meerderheid sosiaal bevoorregtes teenoor die bergies word geillustreer aan die hand van enkele voorbeelde: 'n verbygaande jongman verwys na hulle as "social parasites" (122); 'n vrou in die bus se: " 'O Grieta! Wat gaan van ons word as bergies ook nou bus ry?'" (204) In plaas daarvan om die romangebeure self tot die leser te laat spreek, doen die eksplisiete vermelding van die reg op respek van iedereen in die samelewing egter afbreuk. Tydens een van haar momente van "onthou", roep die hoofpersoon naamlik die Grondwet van die land op: "Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word." (160) Hiermee word die didaktiese element en die begeerte van die implisiete outeur om mens en samelewing tot 'n meer omvattende begrip van naasteliefde en wedersydse respek aan te spoor spoor n. The track or trail of an animal, especially a wild animal. v. spoored, spoor·ing, spoors tr. & intr.v. To track (an animal) by following its spoor or to engage in such tracking. , dus enigermate te ooglopend. Kontraswerking kom op allerlei vlakke in die roman voor: teenoor die beskermende en kleiner ruimte van die hospitaal, staan die groter ruimte van Kaapstad wat geen vanselfsprekende beskerming bied nie; teenoor die sindelike hospitaal, staan die walglike nagskuiling. Teenoor bepaalde "engele" wat die hoofpersoon goedgesind en behulpsaam is (onder andere Suster Anchen in die hospitaal, haar mede-bergie Brainey en Motjie van die sopkombuis) staan enkele "duiwels" wat onsimpatiek teenoor haar optree (onder andere aanvanklik suster Martin, Vusi wat haar tas probeer steel, enkele persone in die nagskuiling, en dan veral die opsigter by die nagskuiling). Terwyl die meeste van hierdie bykarakters as of goed of sleg uitgebeeld word, word Brainey op genuanseerde wyse met deernis en humor humor, according to ancient theory, any of four bodily fluids that determined man's health and temperament. Hippocrates postulated that an imbalance among the humors (blood, phlegm, black bile, and yellow bile) resulted in pain and disease, and that good health was in sy volle mens-wees uitgebeeld. Soos in vroeer werke, spreek Dido ook in hierdie roman ernstige sosiale probleme aan, maar handhaaf sy weereens haar kenmerkende onpretensieuse en soms naiewe skryfstyl en vertelwyse, en skemer die onderliggende humor en erbarming vir die mens in sy feilbaarheid telkens deur. Soos in vorige romans, toon ook hierdie roman 'n wegbeweeg van die hegemonie van die taal van die voormalige wit oorheerser en handhaaf Dido 'n losser, meer informele taalgebruik. Die vertellersteks is deurgaans geskryf in Standaardafrikaans, maar benewens Standaardafrikaans, is dialooggedeeltes soms geskryf in Kaaps, isi-Xhosa en in Afrikaans deurspek met Engelse woorde. Hierdie verskeidenheid dra meermale by tot 'n humoristiese effek, soos byvoorbeeld die jukstaponering van "pisplek" en "toilet" op bladsy 123. Oor die vermenging van Afrikaans en Engels spreek die implisiete outeur haar afkeuring uit wanneer die hoofpersoon suster Martin daaroor betig (47). Struktureel beskou is die afwisseling tussen die derde- en die eerstepersoonsvertelwyse veral in die eerste drie hoofstukke dalk 'n te gerieflike oplossing om die leser met 'n sogenaamde perspektief van buite in te lig oor die omstandighede rondom die bewustelose hoofpersoon. Anders is dit gesteld op bladsy 242 wanneer die hoofpersoon vir die eerste keer haar naam Gertuida Reiger onthou en na haarself in die derde persoon verwys asof sy "hoog bokant die vrou [haarself--HdeV] staan en haar dophou". In hierdie geval is die perspektiefwisseling struktureel goed verantwoord, aangesien die intensiteit van die oomblik van herkenning van haarself 'n intuitiewe drang tot afstandname laat ontstaan. Oorgange op ander plekke in die roman is egter nie ewe geslaagd nie en grens soms aan struktuurbreuk. Benewens die voorspelbaarheid en toevalligheid van sommige gebeure, oortuig die onwaarskynlikheid daarvan nie altyd nie: terwyl die hoofpersoon se eggenoot haar byvoorbeeld, ten spyte van haar verminking, nie in die hospitaal herken nie (hoofstuk 1), herken Motjie, die vrou by die sopkombuis, haar na aanleiding van 'n foto waarop die hoofpersoon en haar dogter verskyn (224). Die wyse waarop sowel Antonie Reiger as Egidius/Gertruida Reiger albei redelik vroeg in die roman op spontane wyse afsonderlik die ongewone aanspreekvorm "Gie" (vir "God") gebruik, voorspel ook reeds die slot. Ten spyte van bogenoemde enkele besware, bied die roman die leser 'n geloofwaardige insig in die lot van die bergies, en munt die roman uit in die deernis en tegelyk onderliggende humor waarmee die uitbeelding geskied. Heidi de Villiers Universiteit van KwaZulu-Natal, Pietermaritzburg |
|
||||||||||||||

Printer friendly
Cite/link
Email
Feedback
Reader Opinion